Stellenbosch-bylmoorde: Verhoor begin dan

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

EWN berig Van Breda het vlugtig in die hof verskyn en daar is bekend gemaak dat sy verhoor op 27 Maart sal begin. Sy borgtog is verleng. Die saak is al verskeie kere uitgestel aangesien selfoonrekords en DNS-verslae nog uitstaande was.

Van Breda is in Junie op borgtog van R100 000 vrygelaat. Hy is in hegtenis geneem meer as ʼn jaar ná die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015 op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch. Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Sy suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Van Breda en sy meisie, Daniella Janse van Rensburg, moet intussen weer op 11 April in die hof verskyn op aanklag van dwelmbesit.

Die twee is op 5 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelms nadat dagga glo in hul besit gevind is. Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en Janse van Rensburg is op borgtog van R200 vrygelaat. Van Breda is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annie ·

Borgtog van die bedrag beteken niks. Laat hulle sit vir ewig

Conrad ·

Uiteindelik en mag geregtigheid geskied.
Hier is baie erfgeld- hy dink seker dit gaan hom red- want geld koop mos alles.
Vir meer as n jaar loop en geniet hy die lewe na sy ouers en broer vermoor is en sy sussie vir dood agtergelaat was. Is daar dan geen gevoel nie? Daardie lyftaal!
Sterkte aan die familie wat hierdeur ook nog moet gaan.
Die wiel van die reg draai stadig, maar seker.

lulu ·

Mag sy arogansie hom knak hy is so skuldig as die mannetjie hiermee wegkom asgevolg van swak sapd ondersoek dan……… Oeps vergeet ek wat ek wou sê

Justice ·

Wanneer laas was van Breda aan `n dwelm toets onderwerp? – die donker kringe om sy oe lyk maar bra verdag.

Alida ·

As hy skuldig bevind word erf hy niks. Die reg se jy erf niks met bloed op jou hande nie. Hy is verwaand en arrogant. Ek hoop sy ouers se geld is vas dan kan die vent niemand omkoop nie.

Chris ·

Ek het in ‘n vorige brief aan Maroela media genoem wat jy moet doen as jou kind wil begin dwelms vat. Dit is tragies wat gebeur het. Hier is ‘n sprekende voorbeeld. As die ouers dit vroegtydig gedoen het sou hulle nog vandag geleef het. Ek herhaal as jy sien jou kind wil dwelms vat gee hom die eenvoudige keuse. Hy/sy vat wat hulle wil maar vat net genoeg sodat dit die eerste en laaste keer is. Hulle kom soos diewe in die nag besteel jou, kraak jou af mergel jou uit, vernietig jou as mens. Hy/sy is selfsugtig.

Gatiep ·

Kannie glo n moordenaar loop so doodluiters tussen ons rond nie… SLUIT HOM NOU DADELIK TOE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.