Stellenbosch-bylmoordsaak uitgestel

Henri van Breda tydens 'n vorige hofverskyning buite die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda tydens ‘n vorige hofverskyning buite die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, het Vrydag net vir ʼn paar minute in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.

Die staat het aan die hof gesê die staat is nog nie gereed om te begin nie en het versoek dat die saak uitgestel word. Die saak is tot 18 November uitgestel vir voorverhoorverrigtinge. Van Breda (21) se borgtog is tot dan verleng.

Van Breda is in hegtenis geneem meer as ʼn jaar na die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22), die aand van 26 Januarie 2015. Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Sy suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jakes ·

Staat hou hul kaarte teen die bors…hoop van harte hul goed in plek.
Skuldig of onskuldig, die gewag en uitstel vreet aan ‘n beskuldige.

Karma ·

Liewe land!!! “Die staat is nog nie gereed om te begin nie” …. Meer as ‘n JAAR het verloop voordat die NVG besluit het om ‘n arrestasie te maak en die staat is STEEDS nie gereed om met die saak te begin nie? Nou hoe lank gaan dit dan nog vat voor hulle gereed is? Met die Griekwastad-moorde is dinge binne redelike tyd afgehandel (ek dink binne 2½ jaar) en die oortreder gevonnis. Kyk uit, mense, hier kom nóg ‘n Inge Lötz-saak!

Cherokee ·

Ek is ook verbaas Karma. Dit is sowat 1½ jaar en steeds is hulle nie gereed om hul saak te stel nie.

Berhalet Beukes ·

Ja nee… Dan wonder ‘n mens hoekom ons land lyk soos dit lyk!

Kapenaar ·

En oor RSG nuus se hulle hy is Dinsdag ge arresteer vir besit van Dagga, maar hy is stteds op straat…???? Wanneer koop hy nog ‘n byl?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.