Stellenbosch-moord: Nog ʼn verdagte vas

Marie Verwey. Foto: Verskaf

Marie Verwey. Foto: Verskaf

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Marie Verwey (80) van Paradyskloof.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Verwey. Die verdagte sal Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Volgens Rwexana is nog ʼn vierde persoon vir ondervraging ingeneem, maar nog nie in hegtenis geneem of aangekla nie.

Nicole Geldenhuys (32) en haar kêrel, Romeo Hendricks (40), het Maandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn in verband met die moord op Verwey. Die saak is tot 27 Februarie uitgestel wanneer die paar om borgtog sal aansoek doen. Hulle word van moord, roof en huisroof aangekla.

Verwey is op 16 Februarie in haar Villa Merwe-gastehuis in Paradyskloof vermoor. Haar liggaam is omstreeks 12:30 gevind. Sy is na bewering verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Maroela Media verneem van ʼn familielid van Verwey dat Geldenhuys glo Verwey se oorlede man, Stephen, se verpleegster was. Volgens die familielid het Geldenhuys na Stephen se dood nie meer daar gewerk nie, maar die dag van Verwey se moord by die gastehuis opgedaag.

ʼn Ander familielid het aan Maroela Media gesê Verwey was ʼn baie saggeaarde vrou. “Sy het elke jaar kom kuier, maar sy kon later nie meer nie, omdat sy nie meer kon trappe klim nie. Sy het vroeër in haar lewe kanker gehad, maar sy het dit oorwin.”

Verwey se man was ʼn brigadier in die polisie. Hy is glo later ongeskik verklaar om te werk, waarna hulle die Villa Merwe-gastehuis in Stellenbosch begin het.

Volgens die familielid is duur juwele tydens die rooftog gesteel. Verwey laat haar twee seuns, Francois en Gabriël, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan. H. ·

Van wanneer af is n Konst. n woordvoerder van die polisie..Nie te min Gelukkig is die duiwels aangekeer,,Dankie aan die wat hulle wer doen

Paul ·

Deesdae is almal woordvoerders. Dis nie soos in ons dae toe daar aangewese skakeloffisiere was nie

Cherokee ·

Ag seblief Johannes. as jy skakel en iemand tel die telefoon op en reageer op navrae is daardie een die default woordvoerder want vrae word gevra en word beantwoord. Finnis en klaar.

Christa ·

Paradyskloof – Ek hoop die Satan is hou uit die Paradys verban!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.