Stellenbosch in die Wes-Kaap sal nie hierdie naweek watervoorsieningsprobleme ondervind nie.
“Die stad Kaapstad het die munisipaliteit in kennis gestel dat hy nie hierdie naweek instandhoudingswerk gaan doen in Wemmershoek nie,” het Vernon Botha, woordvoerder vir die munisipaliteit, gesê.
Botha het vroeër gesê Pniel, Johannesdal, Kylmore, Meerlust, Lanquedoc en Klapmuts sal tussen Saterdag om 05:00 en Maandag om 18:00 watervoorsieningsprobleme ondervind. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdie boodskap veroorsaak het,” het hy gesê. -SAPA