Stellenbosch-sakeman kry borgtog

Johan “Mossie” Serdyn het Vrydag glo ’n vermeende betreder op sy sakeperseel doodgeskiet. (Foto: Facebook)

Johan “Mossie” Serdyn (69) is Woensdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat ná bykans ’n week agter tralies.

Serdyn, ’n bekende sakeman en kanovaarder, het vandeesweek op ’n moordklag in dié hof verskyn nadat hy Vrydag glo ’n vermeende betreder by sy sakeperseel in Plankenbrug doodgeskiet het.

Serdyn het reeds Maandag om borgtog aansoek gedoen, maar die saak is na Dinsdag en toe weer na Woensdag uitgestel omdat die ondersoekbeampte eers Serdyn se sogenaamde “borgtogprofiel” wou evalueer.

Serdyn se prokureur, William Fullard van Gideon Engelbrecht Inc, kon nie Woensdag aan Maroela Media bevestig wanneer Serdyn se verhoor sal begin nie, maar het vroeër aangedui dat hulle beslis sal argumenteer dat Serdyn uit selfverdediging en binne die raamwerk van die wet opgetree het.

Volgens Fullard is die vuurwapen wat Serdyn gebruik het wettig en gelisensieer.

Fullard het voorts gesê dat Plankenbrug, ’n nywerheidsgebied in Stellenbosch, gereeld onder misdaad deurloop.

Serdyn is op 24 Julie by die einste sakeperseel aangeval en van sy ander vuurwapen, ’n pistool, beroof. Dié voorval is by die polisie aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Hoe werk borgtog? R5000 in hierdie geval, R15000 by Senekal se onrus en R3000 vir die hoogverraad, sterftes en miljarde se skade laas maand. Duidelik bevoordeel die regstelsel (foutstelsel) kriminele aktiwiteit.

Elinette ·

Dít maak nie saak nie. Die inbreker (krimineel) het meer regte as die gewone, wetsgehoorsame, belastingbetalende burger.

Frank John ·

Ai, as die wets gehoorsaames meer vervolg word as die kriminele in ons land laat dit my wonder.

Elinette ·

Jy moet maar iets vir die naarheid gaan kry by Dis-Chem. Jy gaan nog báie naarder word in die nabye toekoms, want HKGK.

Harley Davidson ·

Ek hoop mnr Fullard doen sy werk ordentlik en dagvaar die “polisie” speurder omrede sy kliënt onnodig getraumatiseerd en geviktimiseer is deur die individu se onprofessionele werks etiek.

Anoniem ·

Gebed is kragtig. Met opset wat hulle dit elke dag uitgestel het.
Wanneer sal die ………………leer dat ‘n mens nie sonder toestemming
enige perseel/grond betree nie.
Sterkte Mossie ons staan agter jou

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder of die ondersoekbeampte mnr Serdyn se bortogaansoek wou “evalueer” omdat hy die misdadiger wou beskerm of was hy werklik bekommerd dat mnr Serdyn sou “vlug”? Belaglik. Misdadigers mag in Cele brein doen net wat hulle wil en ons mag nie onsself of ons eiendom beskerm nie al sê sommige prokureurs anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.