Stellenbosch-sentrum ontruim ná dreigement

Eikestad Mall. Foto: Skermskoot/Google Maps

Eikestad Mall in Stellenbosch in die Wes-Kaap is Vrydag ontruim nadat daar ʼn bomdreigement ontvang is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die bedryfsbestuurder van die sentrum het omstreeks 10:15 ʼn oproep van ʼn onbekende persoon ontvang wat beweer het daar is ʼn bom in die sentrum. Die polisie se bom- en honde-eenheid was op die toneel.

Die sentrum se bestuur het intussen in ʼn verklaring bevestig daar is onmiddellik begin om die sentrum te ontruim nadat die dreigement ontvang is en dat die polisie ook dadelik ontbied is.

“Geen inkopiegangers is tydens die ontruiming beseer nie en die polisie het teen 11:50 gesê daar is geen gevaar nie en dat die sentrum sy bedrywighede kan hervat.”

Volgens die sentrum se bestuur is protokol hul prioriteit en dit is gevolg om inkopiegangers en huurders se veiligheid te verseker.

Die sentrum het verlede maand ʼn ontruimingsoefening gehou.

Daar was Donderdag ook drie bomdreigemente in Durban, KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Lyk my almal word mal en dit is nou eers Julie. November gaan dit erger raak Kersfees shopping.

zoom zoom ·

Kan die oproep nie getrace word nie??? En sodoende iemamd in hegtenis te neem.

Alida ·

Moderne tegnologie is vir ons almal toegangklik as jy weet hoe om dit te gebruik.

Wilma ·

Die robbies moes reeds ini tronk wees ma oeps ek vergeet. Ons woon in Afrika

Gr ·

Ai en die buiteland staan tou om in hierdie SA te bele????? CR moet wakker word niemand bele in oorlog sone nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.