Stellenbosch-vrou uit prostitusie gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Stellenbosch wat glo in prostitusie gedwing is, is gered en ʼn swanger vrou het bystand ontvang, het die stad Kaapstad Maandag gesê.

“Die polisie-eenheid wat prostitusie, dwelmhandel en onwettige dobbel ondersoek, het oor die naweek boetes van R15 000 uitgereik,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, gesê. “Die eenheid het agt boetes ter waarde van R7 000 in Brooklyn vir prostitusie uitgereik. Die beamptes het boetes ter waarde van R8 000 by Parksig Villas in Bellville uitgereik vir prostitusie.”

Die Brooklyn-polisie het ʼn 19-jarige vrou van Stellenbosch gered wat in prostitusie gedwing is. “Sy is na ʼn veilige hawe geneem en die saak is aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek,” het Smith gesê.

Die eenheid het ook ʼn swanger vrou gehelp wat by prostitusie betrokke geraak het. Die 29-jarige vrou is ses maande swanger en sê sy is uitgeskop toe sy swanger geraak het. “Die eenheid reël vir haar bystand deur middel van ʼn nie-regeringsorganisasie,” het Smith bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.