Stelsel beperk, só lyk kanse vir beurtkrag

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Hoewel die elektrisiteitstelsel tans beperk is, word daar geen beurtkrag vir Dinsdag verwag nie.

Eskom het vanoggend in sy daaglikse verklaring gesê hy het tans voldoende kapasiteit om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen. Dit danksy eenhede wat weer in ʼn werkende toestand is ná instandhoudingswerk.

Luidens die verklaring het die kragvoorsiener ook noodreserwes gereed indien hy later in die knyp sou kom.

Onbeplande onderbrekings het omstreeks 07:00 op 12 812 MW gestaan. “Ons spanne werk hard aan beplande asook onbeplande instandhouding. Ons doel is om onderbrekings na minder as 9500 MW te verminder om sodoende beskikbare kapasiteit te vermeerder en die risiko van beurtkrag te verminder,” lui die verklaring.

Eskom vra gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik deur onder meer geisers tydens spitstyd en ongebruikte elektriese toestelle by die kragprop af te skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sê maar net ·

Ag asseblief, kan iemand nie net die waarheid praat nie. Dit kos ons meer aan elektrisiteit wanneer daar beurtkrag is. Die stelsel dra swaarder wanneer als op 1 slag weer aangesit word en sodoende betaal ons meer. Ons is direkte kliënte by Eskom vir die afgelope 10jaar. Ons krag gebruik raak nie meer nie, maar die bedrag wat ons betaal, wel. Die tariewe is nie verhoog nie. Met ander woorde jy trek meer energie, waar jy miskien 4,000kWh gebruik het vir jou huis of plaas, gebruik jy nou 6000kWh vir presies dieselfde goedere. Maak dit sin? Dit is meer rand in die sak vir Eskom as daar beurtkrag is. Net vir ons om Eskom beskikbaarheid by ons huis op die plaas te hê, kos ons R2560.00 (dis die lynhuur), dan het ons nog nie eens ‘n lig aangesit nie. Met die hele huis se krag en pompe vir besproeing is dit ‘n verdere R8,000 tot omtrent R9,000.00. Ek weet daar is baie mense wat baie meer as dit betaal. Ek noem maar net 1 gesin se penarie. Nou wil ek weet, as ons nooit agterstallig is nie, waar is die derduisende ander Eskom mense wat elke maand getrou hul krag betaal. Dan behoort Eskom mos nie in die moeilikheid te wees nie.

Linda ·

Snaaks net die vorige berig is dat die spertyd vir kommentaar op Eskom se voorgestelde tarief verhoging gisteraand was, en dat mense asseblief in hul massas moes reageer, en nou ewe skielik is die netwerk alweer onder soveel druk, dat dit touch & go is dat beurtkrag sal volg. Asseblief Eskom, julle is al so voorspelbaar soos 7e Laan op TV. In die ou bedeling sou julle aangekla word van Hoogsveraad of Sabotasie oor julle die hele land se ekonomie kniehalter en verwoes. Nou word julle soos bewaarde wild hanteer en almal doen n eierdans. Kry die ANC nie skaam oor absoluut niks wat julle die hand aanslaan ‘n sukses is nie? En dan dans en paradeer julle nog so op elke funksie en geleentheid. Dis verstommend!

wonder ·

Dalk moet Eskom n beter stelsel kry.
Laat net n sekere hoeveelheid krag per punt toe. Met ander woorde vir elke huis n hoeveelheid eenhede. En as dit op is moet jy tot vlg maand wag. Dalk sal dit mense aanspoor om met krag te spaar. Dan kan jy self jou implimente afsit en aansit as jy krag het. Dit sal dai sterk stroom krag wat deurkom nadat die krag af was, ook beperk. En sal jou toestelle minder bom. En dan sal mense wat glo dat n geyser aan is goedkoper as om af te sit, besef hul droom van gesigte.
My vraag aan Eskom, Hoe verkoop jy n produk as jy weet jy kan dit nie lewer nie?????

Julius ·

Die tyd gaan kom dat eskom te veel krag gaan hê en te min klieënte. Baie mense is reeds nie meer afhanklik van eskom nie, ek is een van hulle.

m ·

Ek wens hulle kan ophou praat van “beurtkrag”, noem die ding by sy naam, dis ‘n beplande kragonderbreuking!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.