Stelselprobleme by Capitec glo opgeklaar

Foto: Capitec/Facebook

Capitec sê die probleme met sy aanlyn stelsel is uitgestryk.

“Al ons bankkanale is nou beskikbaar en werk,” het die bank vanoggend op sosiale media bevestig.

“Dankie aan ons kliënte vir julle geduld, ons vra opreg om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is,” lui die inskrywings op Facebook en Twitter.

Sommige sosialemediagebruikers het egter vanoggend in kommentaar aangedui dat hulle steeds probleme ondervind met onder meer oorplasings. Dít nadat kliënte langer as 24 uur probleme met die bank se aanlyn stelsel ondervind het.

Capitec het Vrydag verduidelik dat hy ’n infrastruktuurprobleem met sy sentrale stelsels wat sy bankkanale ondersteun ondervind. Klante kon gevolglik nie gebruik maak van die bank se app, USSD-betaaldiens en internetdienste nie.

“Ons is regtig jammer dat ons jou in die steek gelaat het,” sê Capitec nou. “Dit is nie die vlak van diens wat ons beoog om te lewer nie en verseker jou dat ons hard daaraan werk om beter te doen.

“Dankie aan ons kliënte vir julle geduld, en aan ons span vir hul pogings om die probleem op te los. Alle kanale werk nou.”

Diegene wat steeds probleme ondervind is aangeraai om ʼn foutboodskap aan Capitec aan te stuur sodat die bank ondersoek kan instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.