Stelsels by binnelandse sake landwyd af

(Argieffoto bloot ter illustrasie.)

Die departement van binnelandse sake het Vrydag aangekondig dat sy stelsels landwyd aflyn is. Dít beteken dat die meeste dienste wat deur binnelandse sake gelewer word, tans nie aan lede van die publiek beskikbaar is nie.

Dit sluit die uitreik van doods-, geboorte- en huweliksertifikate in. Handgeskrewe doodsertifikate sal egter vir begrafnisdoeleindes uitgereik word. Lede van die publiek kan steeds hul paspoorte afhaal.

Die probleem is glo veroorsaak deur ʼn gebreekte kabel wat met die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) verbind word.

Luidens ʼn verklaring deur die departement werk hul spanne onverpoos om die probleem te herstel. Daar is egter nie ʼn aanduiding van wanneer die probleem opgelos sal wees nie.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat deur hierdie netwerkfout veroorsaak is.”

Verskeie sosialemediagebruikers het Vrydag reeds vroeg oor die jongste oponthoud by kantore van binnelandse sake gekla.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrikaners is raadop met die gedurige stelselprobleme by verskeie kantore van binnelandse sake.

Aanlyn stelsels stort dikwels verskeie kere per dag ineen terwyl lede van die publiek met die gebakte pere moet sit.

Dit maak dit uiters moeilik om paspoorte of ID-dokumente te hernu. Boonop staan mense soms ure lank in toue net om onverrigtersake weggestuur te word. Verskeie mense het onlangs ook aan Maroela Media gesê dat hulle geweldig sukkel om enigiemand by binnelandse sake telefonies in die hande te kry aangesien hul fone gedurig af is.

Die departement pak die skuld op die bywerking van die aanlyn stelsel.

Volgens Siyabulela Qoza, woordvoerder van binnelandse sake, het “tegniese probleme” tydens dié proses ingesluip, maar die departement werk daaraan om dit te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AW ·

Wonderlik, Hou so aan ASB!!

Julle bly maar n aanhoudende teleurstelling !!

Wiehann ·

Ek was van more self in die ry om my paspoort op te tel, maar ek is gesê ek kan dit nie doen nie, want hul kan nie die paspoort uit die stelsel vat nie (Dit was by die bank gewees). So dis nonsens dat hul jou paspoort vir jou gee. Hul moet dan die ure wat verlore is oor naweke inhaal of die plekke vir langer oop los dat mens jou goed kan gaan optel as die stelsel weer aan is.

Pietertjie ·

Daar is maar NIKS wat die regering net normaalweg in stand kan hou nie.

FC ·

What a joke this SA is.
Oom C, roep maar vir Oom Jan van R om orde te kom herstel hier in SA.

marius ·

As die stelsel werk val die hele ry van elf en dertig miljoen flou ….

Blikkies ·

Ek stem, dit verbaas my ook glad nie, maar opvallend die een kommentaar op Twitter? SARS is nooit van lyn af nie, en dit is die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.