‘Stem Lesufi uit oor e-tol-leuens’

Die afskaffing van die e-tolstelsel is as ʼn leuen blootgelê en daarvoor moet die ANC en premier Lesufi uitgestem word, sê Vuyiswa Ramokgopa, Rise Mzansi se Gautengse premierskandidaat. (Foto: RISE Mzansi)

Daar heelwat teenstrydighede in die stellings deur Gautengse premier Panyaza Lesufi en die minister van finansies, Enoch Godongwana, oor die afskaffing van die e-tolstelsel in Gauteng.

Lesufi het die afgelope week in sy provinsiale rede gesê die e-tolhekke gaan teen die einde van volgende maand gedeaktiveer word, ʼn stelling wat net twee dae later in Godongwana se begrotingstoespraak weerspreek is.

Volgens die minister van finansies het Gauteng nie voldoen aan die noodsaaklike kriteria om met e-tol weg te doen nie.

“Die afskaffing van die e-tolstelsel is as ʼn leuen blootgelê en daarvoor moet die ANC en premier Lesufi uitgestem word,” sê Vuyiswa Ramokgopa, Rise Mzansi se Gautengse premierskandidaat.

(Foto: Outa)

Die situasie benadruk net hoe belangrik aanspreeklikheid in die regering en geloofwaardige inligting aan die inwoners van Gauteng is, sê Ramokgopa.

“Die verspreiding van vals beloftes vererger net die uitdagings wat ons provinsie reeds in die gesig staar. Dit is belangrik dat die inwoners van Gauteng hul rug styf maak teen sulke misleiding en manipulasie.”

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng. (Foto: X)

Ramokgopa sê leiers soos Lesufi moet aanspreeklik gehou word vir hul optrede – en dit sluit in om op 29 Mei te gaan stem vir leiers wat die welstand van die provinsie prioritiseer. “Die wanorde in die provinsiale en nasionale strukture van die ANC-regering wys wat ons almal weet: die ANC is begaan oor stemwerwing, nie doeltreffende regering nie. Ons kan nie bekostig om agteroor te sit terwyl die ekonomiese welvaart van Gauteng in gevaar gestel word deur selfdienende individue wat hulle as leiers voordoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

TRP ·

Hulle verstaan die konsep van “die linkerhand mag nie weet wat die regterhand doen nie”, heeltemal verkeerd.

Papsak ·

Ja stem hom uit nog n leunhaar van sy soort stem hulle almal uit laat dit beter kan gaan sonder hulle want regtig niks word verwyder nie maar ons moet betaal boeta wat nie reg is nie stem hom uit en sy kaders

Ore ·

Het Lesufi ooit ‘n mandaat om namens SANRAL te besluit? Kan MM dalk help en al sy beloftes vs afhandeling vir ons lesers saamstel? Tipies ANC, belowe en dan gebeur daar niks en want wie is verantwoordbaar ? Soos een Gordhan op TV tydens ‘n onderhoud gesê het…..”ek is die minister, dis nie my werk om die instansies te laat werk nie”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.