‘Stem met jou verstand,’ vra DA se Steenhuisen

DA-leier John Steenhuisen by die party se saamtrek in Johannesburg. (Foto; DA)

Met net meer as ʼn week voordat Suid-Afrikaners op 1 November hul kruisies in die plaaslike regeringsverkiesing gaan trek, het die amptelike opposisie Saterdagoggend op Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg saamgetrek.

“Dit gaan jou ʼn paar sekondes in die stembus neem om jou kruisie te trek en jou stempapier te vou, maar die keuse wat jy uitoefen gaan jare lank blywend wees,” het DA-leier John Steenhuisen aan die skare gesê.

Hy het mense gemaan om mooi na te dink oor aan wie hulle hul steun gee en het mense gevra om met hul verstand te stem.

“Vergeet vir ʼn oomblik van al die emosionele pleidooie van partye wat smeek vir lojaliteit omdat hulle een keer, lank gelede, ʼn rol in die vryheidstryd gespeel het.

“Vergeet van die splinternuwe partye wat kort voor elke verkiesing oornag soos ʼn plaat paddastoele verskyn en dan weer net so vinnig verdwyn.

“Vergeet van die klein partye wat net nie die getalle het hom jou behoorlik te verteenwoordig nie en beslis ook nie die getalle het om die ANC en EFF uit te hou nie.

“En vergeet van dinge soos onafhanklike kandidate wat nie vir enige spesifieke, waardes, beleid of manifesaanbiedinge staan nie en nie vir enigiets aanspreeklik gehou word as die stemme gemaak is nie.

“Stem slim, stem met jou verstand,” het Steenhuisen gesê.

DA-ondersteuners by die party se saamtrek in Johannesburg. (Foto: DA)

Hy sê die komende verkiesing gaan oor dienslewering, die instandhouding van infrastruktuur en om aanspreeklik te wees vir elke sent staatsgeld wat bestee word.

Steenhuisen sê dienslewering het reeds in tientalle munisipaliteite landwyd in duie gestort en 107 van Suid-Afrika se 278 munisipaliteite het óf reeds ineengestort óf staan op die rand van ineenstorting.

“Dit is ʼn ramp vir die miljoene Suid-Afrikaners wat geen ander keuse het as om in die mislukte munisipaliteite te bly nie.”

Die DA-leier het verwys na gebiede waar rioolvuil onder ANC-geleide munisipaliteite in die strate afstroom of in strome en riviere gepomp word, kragonderbrekings wat dae lank duur, en watertekorte wat niks met droogtes of damvlakke te doen het nie.

“Ek het die verrotting en verval in ANC-geleide dorpe gesien en dit is verskriklik. Niemand behoort dit te aanvaar nie.”

Steenhuisen het die verval in talle munisipaliteite vierkant voor die deur van die ANC gelê en sê dié party plaas deurlopend sy eie belang voor dié van die mense wat hy veronderstel is om te dien.

Hy sê die DA kan betroubare dienste lewer, en dat mense meer geneig is om toegang tot water, krag en gereelde vullisverwydering te hê as hulle in ʼn DA-beheerde munisipaliteit woon.

“Gee ons vyf ononderbroke en vasberade jare om finansies te stabiliseer, korrupsie uit te roei en dienslewering weer op dreef te kry. As daardie vyf jaar jou oortuig dat die DA vertrou kan word, kan ons oor nog vyf jaar daarna praat. Dit is hoe ʼn volwasse demokrasie veronderstel is om te werk.”

Volgens hom hoef niemand lewenslank lojaal aan ʼn party te bly nie en dat niemand ʼn party hul stem skuld bloot oor hul ras, taal of kultuur nie.

Lees John Steenhuisen se volledige toespraak hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Jr ·

Ja slim dis die mnr wat in parlement staan, ons vertel wat ons klaar weet, praat maar doen niks. Was nog nooit in n hof om iemand aan te vat. Soos Groenewald sê “Dis onaanvaarbaar ja en dis onaanvaarbaar en weer sê ek dis onaanvaarbaar. Wharra wharra, wharra

Frik ·

Die DA is op die afdraande pad en probeer nou oral stemme soek, veral onder Afrikaanssprekendes.
Mense moet beslis n ingeligte besluit maak en hul kruisie maak by die party wat waarlik hul belange op die hart dra en sal opstaan teen die verval van ons munisipaliteite.
My keuse is beslis die VF Plus!

Papsak ·

FRIK KRY GRIP VF+ IS TE KLEIN EN DOEN NIKS VIR ONS WITTES NIE DA DOEN BAIE MEER SO SORRIE VIR JOU DINK WEER

Frik ·

Absoluut onwaar!
VF Plus het geweldig gegroei in 2019 se verkiesing en daarna nog meer gegroei in tussenverkiesings wat daarna gehou is.
En ja, selfs wyke afgevat van die DA!
O ja, ek het baie ” grip”!

Corne123 ·

Ag dankie ek maak so dit hoekom DA ook nie my stem kry nie net nog n blaffemde brakkie party

Sobymykoolkop ·

NOOIT gedink die liberale gaan so senuagtig raak oor die ” splinter ” VF+ nie. DA nog altyd net in die afrikaner stem belang gestel, finish en klaar

Harley Davidson ·

Hy praat net oor ander partye en se niks van sy party se Lee beloftes en tekortkominge nie dit is of hy weet nie of hy is ontsettend arrogant.

Hardekwas ·

En dit is juis hulle wat besluit wat met jou belasting geld gebeur. N groot dilemma.

Die Goodwoodianer ·

Die probleem is dat die DA al vir omtrent 15 jaar ons dorpie afskeep. Ons betaal ons rekeninge en belasting dieselfde soos enige ander gebied. So hoe nou gemaak? Klink my ook dat al meer mense in Goodwood oorbeweeg na die VF+ toe, so hoekom dan nie? Dink die tyd is reg vir POSITIEWE verandering.

Papsak ·

Da julle is ysters doen baie vir ons land hoop julle kom in bid hard vir julle

Adriaan ·

Die DA is n liberale party en ek beskou, reg of verkeerd, dinge soos kwotas, regstellende aksie en BEE as liberale idees. Ek dink die verval waarvan Steenhuisen praat is die gevolg van voorgenoemde liberale idees se toepassing. Ek is in die verlede al te veel keer deur die DA se slimpraatjies gevang en sal nie weer vir hulle stem nie.

RB ·

Ek lag lekker oor sy toespraak . . .
Maan mense om mooi na te dink en met hul verstand stem!! Hy praat met mense wat stem vir die laaste party wat KFC uitgedeel het.

In elk geval het hul geen idee hoe om andersins die keuse te maak nie, want elke party wat ‘n stem soek kom flik-flooi met mooi praatjies en beloftes van son, maan en sterre op ‘n silwerbord.
Nie èèn van daardie partye gee ‘n snars om vir kiesers nie.
Elkeen kom lieg ‘n storie van welvaart en ‘n toekoms vol uitmuntende dienslewering.

In SA is ‘n eerlike politikus so volop soos vars roomkoek onder ‘n koelteboom in die barre woestyn.

Dries ·

Jy sal eendag moet verduidelik waar jy grstaan het toe als verval het. Dit is n misdaad om nie n standpunt in te neem nie

RB ·

Dries, ek het ‘n baie sterk standpunt.
Ek luister net nie na politici waar sê en doen nooit ontmoet nie.

Wys wat dòèn die party aan verval en praat dàn.
DA het genoeg geleentheid gehad om te doen maar hulle stel teleur as dienslewerende-party.

Moenie kommer, ek pleeg geen misdaad. Ek doen ook gereeld my deel as vrywillige om totale verval in ons stad te keer. Dienslewering bestaan nie dus doen ons hier wat ons kan sonder groot vertoon, media, toesprake en
t-hempies wat ‘n party bemark. :-)

Baardman ·

DA misken al die ander partye. Kom ons kyk hoe hardloop hulle rond om koalisies te vorm na die verkiesing. Dan is almal weer goed genoeg. Nee wat DA, ons sal maar VF PLUS stem.

JohanR ·

Gee nie om vir wie daar gestem word net solank die ANC en EFF se blok op die stambrief oorgeslaan word. Nog 5 jaar van ANC munisipaliteite, en dink wat ‘n nog vwerder riool land dit sal wees!

KB ·

JohanR, dit het tyd geword om standpunt in te neem, ons kan nie deesdae bekostig om meer lou wees nie.

Werner ·

Die arme blanke wat dink dat om sy kruisie te trek gaan vir hom iets beteken droom van wors in n honde hok

KB ·

Bly jy in Christchurch of in Canterbury? (Ek sien jy het reeds geëmigreer) ;-)

Werner ·

Julle trek al vir 27jaar julle kruisies en dit gaan net al hoe slegter.Tyd dat daar vir ons na ander alternatiefwes gekyk word.Dit klink vir my na n logiese gevolgtrekking.Mense wat dieselfde ding oor en oor doen ten koste van hulself klink vir my dom.En nee ek bly net hier gaan nerens heen nie.

Harley Davidson ·

Jy stem vir ‘n party wat iets doen en die DA raadslede in pretoria is lui doen niks behalwe pronk op die plaaslike koerant se voorblad en verder het almal ‘n tweede werk en die wyke kom laaste Ek sal definitief nie vir die DA stem nie.

KB ·

Ons bly in dieselfde stad (dalk dieselfde wyk!). By my is die DA Raadslid reeds vir drie jaar met pensioen.

Jaco ·

Ek bly in Kaapstad, waar die DA die stadsraad met ‘n 2derde meerderheid beheer. Die wyk waarin ek bly is al vir jare sterk DA. In die woonbuurt waar ek bly, is daar maklik 10 totaal onwettige huiswinkels. Kla by die munisipaliteit EN by die DA raadslede (verkose en proporsioneel) help NIKS. So as die DA nie eens onwettige huiswinkels kan toemaak nie, watse ander nog meer dringende goed kan hulle ook nie doen nie?

KB ·

Ek glo jy sal nie vir Alan Winde se party stem nie, nooit weer nie.

Samuel ·

Steenhuisen, dit is ‘n infame leuen dat stemme vir kleiner partye gemorste stemme is. In ons kiesproses tel elke stem. Ek sien hoe in Kaapstad dinge nie dieselfde is as vyf jaar gelede nie. DA het arrogant geword. Mens hoor of sien niks van jou wyksraadslid nie, behalwe nou voor die verkiesing.

My vraag is egter, watter politikus kan jy vertrou. Ek vertrou nie een van hulle nie. Nie een nie, want as hulle jou stem het, is hulle pad op. Die hele spul is daar vir hulle self en om hulle ego’s te streel.

KB ·

Wel John, as ons met ons verstand moet stem, beteken dit die DA sal nooit ‘n Afrikaner-stem kry nie (julle onderhoude is op Engels of in bitter swak geradbraakte Afrikaans, selfs oor RSG!), julle praat baie en doen bitter min, julle resultate is power, julle deursettingsvermoë ‘n druppel in ‘n emmer…
Nee John, wanneer ek met my verstand stem (en ek gaan!), dan is dit vir vooruitgang en resultate = VF PLUS.
Die DA is reeds oorlede, met die ANC in ICU, en die EFF in HoëSorg van die SA Politieke Hospitaal.

Shakespeare ·

Ek plaas hierdie inset vir almal wat oor die DA braak. Julle maak die pad oop vir die EFF om die opposisie party te wees. JA, die VF+ is betroubaar en dinamies maar sal nooit die ANC/EFF kan keer nie. Julle gaan julle broeke vuilmaak as die EFF die opposisie party is, maar dan is dit te LAAT. VIR ALMAL VAN ONS. Dink mense dink.

Johannes ·

Shakespear dit is eenvoudig net so as jy ‘n navolger van Jesus Christus is kan jy nie vir die Da,ANC of EFF stem nie maak nie saak wat voorle nie. HUlle almal is gekoop en word beheer edeur die Nuwe whttps://lovinglifetv.com/videos/reld orde wat insluit die Rothchilds en kie. Die ANC en EFF aanbid kommunisme en saten en hulle doel is om die Christelike geloof en beginsels en die blanke te vernietig. Ons moet vastaan in Jesus Christus en teen hierdie bose euwel heir op aarde veg en dit sluit die DA in.

wim ·

Gogga maak vir baba bang. Wie was die DA se vennoot in PTA & JHB?

Christine ·

Geen party gaan geslaagd wees buite die Weskaap nie. Ongelukkig sit die ANC se kaders in al die munisipale poste en gaan hulle doodeenvoudig geen samewerking gee vir geen inkomende party nie. Opdragte gaan net nie uitgevoer word nie en dit neem tyd om werkers dissiplinêr aan te kla en af te betaal. Ek wonder hoe beplan veral die DA of FF+ om hierdie tipe boikot-aksie die hoof te bied sou hulle buite die Weskaap enige munisipaliteite wen. In Tshwane en Johannesburg het hulle nie geslaag nie al het hulle goeie intensies gehad, want die ANC werknemers in die poste het alle werkopdragte geboikot.

Joe Olivier ·

Ek wonder hoeveeel van die DA stemmers het in ’92 JA gestem, en toe indirek die anc in bewind in gestem. Nou is dit te laat en onomkeerbaar. As almal maar vir Oom Jaap en Oom Andries geluister het.

Frank John ·

Ek wil ook sê; dink voor jy stem. Die persoon wat jy instem is jou verteenwoordiger in die parlement/minusipaliteit. Hy/sy is jou mondstuk. As dié persoon daar is en net daar sit en niks sê of doen nie wat maak dit saak vir watter party hy/sy is nie, verteenwoordig daai persoon jou?

Frik ·

Stem saam.
Daarom bly VF Plus en sy kandidate die regte keuse om voor te stem.

Magda ·

Wel om eerlik te wees het ek ondervinding van VF se mense in di weste van Pretoria en wees verseker na vele klagtes oor Kalafong Hospital het n VF amptenaar my klagte geneem en ja na klomp opvolg emails Geen terugvoering gekry tot nou toe ni, en dit was maar een van my klagtes aan di VF, bly nou in Kosi Baai en wees verseker stem sal ek gaan stem maar vir GEEN PARTY NI. VERWYDER net my naam vd verkiesings rol af, want hier is geen PARTY wat di moeite werd is om voor te stem ni.

Frank John ·

So jy sê jy gaan nie stem nie dus aanvaar jy die meerderheid stem en sal jy gelukkig wees met wie ander gekies het en sal jy nie kla nie want jy het mos nie gestem nie? Jy weet ook nie dat as jy wel stem en jy help om ‘n sterk opposisie te maak dat die beheerende party beter moet regeer want die opposisie sal opstaan en veg teen verkeerde besluite?
Ek vra maar net want ek weet dat draadsitters nie tel nie en dat hulle moet stil bly en geen komentaar kan lewer nie. Soos by ‘n sports byeenkoms, as jy nie vir een van die spanne kant kies nie kan en gaan jy nie opgewonde raak as enige een van die spanne punte aan teken nie.

Ettienne ·

Gebruik my verstand:

Die DA staan nie ‘n federale stelsel voor nie,
Die DA ondersteun nie regtig Afrikaans nie,
Die DA ondersteun nie ‘n onafhanklike Wes-Kaap nie ens, ens.

Jip ek gaan met my vestand stem – dus nie vir die DA nie

Pim die Skim ·

Mense soos Anton, Frik, Corne123, sobymykoolkop slaan die Spyker op die kop. Dit is net ‘n rooinek, ‘n jood, ‘n swarte wat te laat was om die soustrein te vang en die ergste van hulle almal – die wit Afrikaansekoolkop – wat ‘n gewese leier van die party blindelings bly ondersteun met sy “It angers me…” uitlatingen. Dit sal interessant wees om te sien wat die DA se standpunt rondom aborsie en homoseksualiteit is… Ja, ons gaan November ‘n munisipale verkiesing hê en daaromis aborsie en homoseksualiteit nie belangrik nie, maar vir my is dit. Ek sal nooit daarmee gemaklik wees dat iemand my verteenwoordig wat nie standpunt in neem teen aborsie nie.

KB ·

Ervaring die afgelope 3-4jaar (in ons DA-verkose wyk, wat net agteruit gaan, het my gewys waarvoor “DA” eintlik staan:
Discimus Absens
(“Ons leer deur afwesig te wees”)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.