‘Stem van die perde’ buite July gehoor

Aberdeen sê die perde is slagoffers van die bedryf. (Foto: Facebook)

’n Niewinsgewende organisasie het Saterdag terwyl die swierige Vodacom Durban July aan die gang was, vir ure buite die Greyville-resiesbaan in die stad betoog oor ’n minder swierige dog noodsaaklike doel – die toestand van perde wat gebruik word vir perdewedrenne.

Tara Aberdeen, woordvoerder van Ban Animal Trading, het aan Maroela Media gesê dié organisasie het vanjaar vir die tweede jaar vreedsaam tydens dié jaarlikse geleentheid betoog om bewusmaking te skep oor die behandeling van perde vir die doel om aan die wedrenne deel te neem.

Sowat 30 betogers het van 10:00 tot 13:00 buite die renbaan betoog. Dít nadat net 20 betogers verlede jaar aan die vreedsame betoging deelgeneem het.

“Ons wil bewusmaking skep oor hierdie multimiljoenrandbedryf. Almal sien die prag en die praal aan die Durban July verbonde, maar die perde is egter slagoffers in dié bedryf. Hulle is nie gewillige deelnemers nie en is slegs daar vir vermaakdoeleindes.”

Volgens Aberdeen word die betoging veral gedryf deur die wrede metodes wat gebruik word om resiesperde vir wedrenne voor te berei. Van dié metodes sluit die spuit van wettige asook onwettige middels om perde se prestasies te verbeter. “Dit word gebruik om van hulle kampioene te maak.”

Sy vertel dat die organisasie deurlopend baie navorsing omtrent die bedryf doen en bevind het dat wanneer resiesperde hul rakleeftyd bereik het, hulle dikwels van kant gemaak word.

Indien nie, word hulle egter goedkoop aan persone verkoop wat nie weet hoe om na dié diere om te sien nie. “Mense is nie bewus hiervan nie. Ons wil die perde se stem wees.”

Aberdeen hoop dat dié nou jaarlikse bewusmaking sal voorkom dat duisende in die toekoms na perdewedrenne soos die Durban July sal stroom.

“Almal kom vir die partytjie. Ek verstaan dit, maar kan dit nie gedoen word sonder die perdewedren nie?”

Die 123ste Vodacom Durban July, wat vir talle ’n hoogtepunt op die sosiale kalender is, is vanjaar aangebied. Die dag se hoofwedren is gewen deur Do It Again, afgerig deur Justin Snaith en met Richard Fourie as jokkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Piet kokewiet ·

Niks fout fout met perde resies hierdie perde word luuks behandel

Merie Perd ·

Net jammer daar moet jokies op hulle rue wees. Hierdie outjies is meer korup en onbetroubaar as die hele anc en eff saam. Een van die outjies het my eenkeer vertel dat as ek op perde wil wed en wen moet ek nooit my geld op n gunstelling sit noe. Die wedrenne word gekook. Oop en bloot

Zombie ·

Die perde word moontlik “goed” versorg terwyl hulle inkomste kan genereer, maar wat gebeur met hulle wanneer hulle nie meer aan die wedrenne kan deelneem nie. Is die voer, ingee en of inspuit van wettige en of onwettige substanse tot voordeel van die perd of die eienaar?
Ek sal graag ook ‘n berig wil lees oor die die afrigting van die arme saalperde. Gerugte wil dit hê dat hulle aan ekstreme vorme van sogenaamde afrigting onderwerp word.

Stephan de S ·

Zombie, ek weet niks v perde-resies nie, maar beantw vir jouself hierdie vraag: wat word v elke ander perd wie se rakleeftyd verby is.

Johanna Botha ·

Wat gebeur met die ouer perde wat nie meer so goed presteer nie ….word hulle net uitgesit na hulle beste jare ?

Punter ·

These sports stars (Horses) are treated like royalty.Even when they retire they are treated well.They dont get put down just because they cant race anymore.Some go to stud and others live out their life very comfortablely.

Gottlieb ·

Dit is oor persewedrenne en soortgelyke praktyke dat ek weier om myself as ‘n diereliefhebber te beskou. Dis juis diereliefhebbers wat diere in hokke aanhou, met opset of in onkunde diere mishandel, en dood maak of ander mense betaal om dit namens hulle te doen. Ek is so min ‘n diereliefhebber as wat ek ‘n mens liefhebber is. Vir die res glo ek soos Jesus tydens die bergpredikasie gesê het: ‘Doen aan ander soos jy graag aan myself gedoen wil hê’ Ek sal daarom nie op ‘n perd se rug ry of hom met ‘n karwats slaan om hom te dwing om te hardloop nie. Ek sal hom ook nie aan ‘n slagtery verkoop oor hy te stadig hardloop nie. Ek sal geen dier vir my smaak of vermaak laat mishandel of dood maak nie.

A Mac ·

Soveel mense, soveel sake, soveel opinies. Niemand sal ooit tevrede wees in enige saak nie.

Rene ·

Ja lees die Bybel (waarvoor diere gemaak is) die Bybel se ook als oor liefde vir geld (Om vinnig ryk te word) so moet liefs nie een ding uit die Bybel trek as die ander ding ook daar staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.