Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn peiling op sy webwerf om te bepaal watter taal gebruikers sou verkies.
Tans het 40% van gebruikers aangedui dat die webwerf in Engels moet wees en 27% het aangedui dat hulle sal verkies as die webwerf in Engels, Afrikaans, isiZulu, Setswana, Tshivenda en Xitsonga moet wees. Altesaam 9% verkies die webwerf in al 11 amptelike tale en 19% het aangedui dat hulle ʼn Engelse webwerf sal verkies mits vertalings op versoek beskikbaar is. Altesaam 4% van gebruikers het gesê die webwerf kan hoofsaaklik in Engels wees, met ʼn paar kernbladsye wat vertaal is.
Vishvanathan Pillay, waarnemende kommissaris van die SAID, het in September 2014 in ʼn kennisgewing wat in die staatskoerant gepubliseer is oor die taalbeleid van die organisasie, gesê die SAID sal hom beywer om al elf die amptelike tale te gebruik vir regeringsdoeleindes, waar Engels, Afrikaans, isiZulu en Sesotho die gekose nasionale tale vir regeringsdoeleindes is.
Volgens die kennisgewing sal alle elektroniese platforms, insluitend eFiling, e@sy File, die SAID-webwerf, die SAID-intranet en menslike hulpbronne en finansiële stelsels soos SAP weens finansiële beperkings en praktiese doeleindes in Engels aangebied word. “Die transaksietaal van die organisasie vir eksterne en interne bedryfsdoeleindes sal Engels wees,” lui die kennisgewing.
Eksterne bemarkingskommunikasie sal op ʼn provinsiale vlak plaasvind volgens die tale wat persentasiegewys in daardie provinsies voorkom (Engels sal in al die provinsies gebruik word):
Gauteng: isiZulu (19.8%), Engels (13.3%), Afrikaans (12.4%), Sesotho (11.6%)
KwaZulu-Natal: isiZulu (77.8%), Engels (13.2%)
Limpopo: Sepedi (52.9%), Xitsonga (17%), Tshivenda (16.7%), Engels
Mpumalanga: siSwati (27.7%), isiZulu (24.1%), Xitsonga (10.4%), isiNdebele (10.1%), Engels
Noord-Kaap: Afrikaans (53.8%), Setswana (33.1%), Engels
Noordwes: Setswana (63.4%), Afrikaans (9%), Engels
Oos-Kaap: isiXhosa (78.8%), Afrikaans (10.6%), Engels
Vrystaat: Sesotho (64.2%), Afrikaans (12.7%), Engels
Wes-Kaap: Afrikaans (49.7%), isiXhosa (24.7%), Engels (20.3%)
Die inkomstebelastingvorm (ITR12) sal in al 11 amptelike tale gedruk word. Kommunikasie met kontaksentrumagente sal in Engels geskied.
Die SAID beplan ook om ʼn taaleenheid op te rig as deel van sy kommunikasie-afdeling.
3 Keer gestem. Wonder of dit werk. Indien wel kan dit handig wees.
Die werklike aantal mense in die land wie se moedertaal Engels is, is in die minderheid. Daar is meer Afrikaans, Zulu en Xhosa sprekendes. Waarom word Engels in ons kele afgedruk!!!
Vir wie vra jy? Óns is nie skuldig!
Ek verkies en ken net Afrikaans. Daardie keuse sien ek nie raak nie en ek ken nie ‘n ander taal nie. Hoe moet ek stem? Ek het al telkemale oor ‘n paar jaar my probleem in Afrikaans aan SARS gestel, maar ek kry geen antwoord nie. Blykbaar dink hulle daar dat almal in Suid-Afrika Engels ken. Engels is regtig vir my Grieks.
Johan, ek glimlag oor wat jy sê omdat die Engelsman wat n jou luister wanneer jy gebrekkige Engels gebruik, frons. Intussen is hy (en sy) eentalig en kan nie ‘n woord Afrikaans praat. Onthou dit – jy kan ten minste op ‘n manier oor die weg kom in hulle taal terwyl hulle nie ‘n tweede taal ken. Jý is hûlle steeds myle voor!
SAID moet eerder kyk na die persentasie taalgebruik van die persone wat wel belasting betaal….
SAID moet eerder kyk na die persentasie taalgebruik van die persone wat wel belasting betaal….
SAID moet eerder kyk na die persentasie taalgebruik van diegene wat wel belasting betaal…
SARS se inbel nommer gee jou die opsie 1 vir Engels en 2 vir Afrikaans, maar daar is egter nooit iemand beskikbaar om jou in Afrikaans te help nie!!!!!!!