Stem vir SA kinders se Google Doodle

Een van die inskrywings in die 15 - 17 jaar-kategorie deur Alexandra Wuzyk van Hoërskool Secunda

Een van die inskrywings in die 15 – 17 jaar-kategorie deur Alexandra Wuzyk van Hoërskool Secunda

Die publiek kan nou stem vir Suid-Afrikaanse skoliere tussen ses en 17 jaar oud wat aan die “Doodle 4 Google”-kompetisie deelgeneem het.

Die tema vir vanjaar was “Die Suid-Afrika van my drome”.

“Die doel van Doodles is om mense te verras en te vermaak wanneer hulle die Google-tuisblad besoek,” aldus die kompetisie-webwerf. Google het dieselfde kompetisie in 2010 as deel van ʼn wêreldwye veldtog vir die Sokkerwêreldbeker gehou maar hou jaarliks die kompetisie wêreldwyd in verskillende lande.

Verskeie bekende persoonlikhede is genooi om as beoordelaars op te tree en die top 20 inskrywings is aangewys. Die skrywer John van de Ruit, Springbok-rugbyspeler Pat Lambie, en sangeres Yvonne Chaka Chaka is van die gas-beoordelaars.

Die publiek kan nou vir die uiteindelik wenner stem. Die wen-Google Doodle gaan op 2 Desember 2014 vir 24 uur lank op die Google-webwerf te sien wees.

Die wenner ontvang ook R100 000 tegniese toelating vir hul skool, ʼn Android-tabletrekenaar, R500 Google Play-geskenkbewys, ʼn geraamde afskrif van die Doodle, ʼn T-hemp met die wen-Doodle daarop en ʼn Google-geskenkpakkie.

ʼn Wenners word ook in elk van die vier ouderdomskategorieë aangewys. Dié vier wenners ontvang elk ʼn Android-tabletrekenaar, ʼn geraamde afskrif van sy/haar Doodle en ʼn T-hemp met sy/haar Doodle daarop en ʼn Google-geskenkpakkie. Klik hier om meer te lees oor die pryse.

Klik hier om te stem.
Klik hier om meer te lees oor die geskiedenis van Google Doodles.
Klik hier om vorige Doodles te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.