Stemdag is 8 Mei

Suid-Afrikaners sal op Woensdag 8 Mei vir die sesde keer in ‘n demokratiese algemene verkiesing stem, het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig.

Dit beteken kiesers is nou in die pylvak om nog vir oulaas by die OVK se kantore in hul plaaslike munisipaliteit te registreer.

Opposisiepartye het met jubeling op die aankondiging van die kiesdatum gereageer, met sowel die DA as die EFF wat in die parlement met handgebare aangedui het dis tyd dat die ANC as regering vervang word.

Die atmosfeer vir die staatsrede was gans anders as die afgelope nege jaar onder oudpres. Jacob Zuma. Sowat 47% minder geld is aan die seremonie bestee. Van Zuma was daar geen teken by die staatsrede nie – hy het, soos oudpres. FW de Klerk, nie opgedaag nie. Oudpresidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe was wel teenwoordig.

Die DA het gereeld met tussenwerpsels vir Ramaphosa aan ANC-korrupsie herinner, terwyl die EFF om een of ander rede vir Motlanthe luidrugtig toegejuig het.

Die EFF het grootliks stil gesit en luister, ‘n besluit wat volgens die EFF-leier, Julius Malema, verband hou met Ramaphosa se bereidwilligheid om met die Openbare Beskermer saam te werk in verband met die onthullings oor korrupsie en staatskaping by die maatskappy Bosassa.

Malema het egter nogmaals die deur vir samewerking met die opposisie oopgemaak deur te sê Ramaphosa is die laaste leier van die ANC wat ‘n staatsrede  sal hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Meerkat ·

Goed, die staatsrede is nou gelewer, nou sal ons graag wil hoor wat hul verkiesingsbeloftes is en hoe hulle beoog om daardie beloftes gestand te doen. Planne op die tafel sal help. Gaan daar vernuwing in die beloftes wees, of gaan hulle net harder dryf vir daardie wortel van grondonteiening sonder vergoeding?

nee-wat ·

Ek stel nie belang in wat hulle beloftes is nie. Hulle swaai in ieder geval vinnig oor na verskonings toe. Ook natuurlik is dit nooit *hulle* skuld nie.

Ek is net bly ek kan nou my kruisie loop trek vir ‘n toekoms vir my gesin en my kinders aangesien selfbeskikking die enigste uitweg is. Front Nasionaal: hier is ons kans!

Posduif ·

En braai daardie dag, sal ongelukkig nie daar kan wees nie, maar stuur groete vir Grietjie.

Andre ·

Op 8 Mei gaan miljoene SPOOKKIESERS stem …. daardie kiesers wat na 25 jaar van ANC regering nog steeds nie adresse op die kieserslys verstrek het nie.

Karien ·

Wonder of dit nou ‘n vakansie dag gaan wees om te stem…

Michael ·

Karien ek dik dit sal n vakansie dag wees vir die mense wat wel werk. Vir die politiek

charmaine ·

Hoop dis n vakansiedag? Ons loop gelukkig net oor die pad na die skool waar ons stem so vroeg of laat maak nie saak nie, solank ons net kan braai!!!!!!

Albatros ·

Ek gaan regtig nie jaar weer stem nie. Ons word n rat voor die oe gedraai.

GP ·

Aan al die wat te lui is om te gaan stem, hoop julle is tevrede met wat die ANC EFF BLF ens doen, want dit is vir hulle wat julle sterker maak. Hoop julle gaan werk daardie dag.

Posduif ·

Nie lui nie, ons gaan braai. Wel ek gaan braai. Baie beter as om my tyd so te mors. In elk geval geen party om voor te stem nie. Die een is so papsak soos die ander.

GP ·

Stem saam almal wat nie stem nie, die een so papsak soos die ander. Geniet daai braai.

Worsie ·

Kan nie verstaan hoekom julle jaar na jaar in rye gaan staan en jul tyd mors nie. Dis so voorspelbaar dis n jammer mens kan nie geld op dit sit nie. Die ANC sal weer wen, maar gaan steun verloor teenoor EFF, die DA gaan ook stem verloor, teenoor die VF en FN maar wat julle nie kan in sien, is dat die uitslag is in die hande van die meerderheid, nie ons minderheidsgroepie nie.. los liewer die stemmery en gaan onstpan langs die swembad of vat Wagter vir n loop, jy mors net jou tyd

GP ·

Dalk verstaan jy nie Worsie. Ons almal weet die ANC gaan waarskynlik wen, maar daar bestaan ‘n ding soos opposisie partye. Hoe sterker hierdie partye is hoe meer kan hulle opposisie gee teen die ANC. Vat maar vir wagter vir ‘n lopie sodat daar niemand is wat vir ons kan praat nie.

Ek wens al die EFF en BLF ondesteuners het soos jy geredeneer.

ekke ·

jou vote gaan automaties na die ANC toe as jy nie gaan stem nie. so as jy besluit om eerder te gaan braai, vote jy vir die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.