Stemdag tot openbare vakansiedag verklaar

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag amptelik die munisipale verkiesingsdag op 1 November vanjaar tot openbare vakansiedag verklaar.

Volgens Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van Ramaphosa, is die besluit geneem ingevolge artikel 2A van die Wet op Vakansiedae van 1994.

Volgens Seale versoek Ramaphosa werkgewers om voorsiening te maak dat werknemers hul grondwetlike stemreg op 1 November kan uitoefen.

Hy moedig ook alle geregistreerde kiesers aan om van die vakansiedag gebruik te maak om te stem en só hul burgerlike plig te vervul.

“Kiesers word ook daaraan herinner dat hulle slegs hul stemme sal kan uitbring by die stemlokale in wyke waar hulle geregistreer is. Indien kiesers dit oorweeg om binnelands te reis, sal hulle nie hul stemme kan oordra na stemlokale buite hul aangewese wyke nie,” sê Seale.

Ramaphosa doen ook ʼn beroep op kiesers om te alle tye die Covid-19-afsonderingsregulasies na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hennie J ·

Nou wat is so nuuswaardig aan die aankondiging? Vir meeste kaders in die staatsdiens is elke dag n vakansiedag.

Jdb ·

Curil begaan’n strategiese fout. Deur Maandag’n vakansiedag te maak, gaan die ANC baie stemme aan die shebeens verloor.

marius ·

Openbare vakansie dag . Nie openbare stemdag . Dit se alles van die spul .

Miskruier ·

Slim, as mens langnaweek weg wil gaan, verloor jy jou stem.

Samuel ·

Our people ken nie van covid regulasies nie. Dit gaan ‘n heerlike langnaweek wees. Pffffft.

annie ·

Kies: ‘n Laaang lekker rusdag iewers langs die see of sommer net… Of ‘n laaank-staan-met-‘n-masker in ‘n tou vir ‘n onverkwiklike kandidaat van ‘n party wat net mooi niks vir die inwoners se behoeftes omgee nie.

Hendrik ·

Hier is my ongewilde mening: Ons stem nie want ons gemeenskap is ‘n selfstandige gemeenskap wat eie water, elektrisiteit en riool het. Ons het ons eie infrastruktuur en sekuriteit.

Swerwer ·

ANC sal alles in hul vermoeë doen om die knoeiery te verbeter.

anniekiewiet ·

Watter voordeel gee dit aan werkers? Meeste besighede is altyd oop op openbare vakansiedae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.