Stemmateriaal by party-agent se huis gekry

Van die stemmateriaal wat by die huis aangetref is. Foto: Power987 News / Twitter

Van die stemmateriaal wat by die huis aangetref is. Foto: Power987 News / Twitter

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat daar stemmateriaal by die huis van ‘n party-agent gekry is.

Volgens die OVK is verkiesingsamptenare van ʼn stemlokaal in Nigel aan die Oos-Rand verwyder nadat stemmateriaal by ‘n party-agent se huis opgespoor is.

“Personeel in wyk 77 het verkiesingsprotokol oortree deur die huis van die agent te gebruik om die stemmateriaal oornag daar te bêre tussen spesiale stemdae,” het die OVK gesê. Die OVK sê daar is op die stemmateriaal beslag gelê waarna dit na ‘n nabygeleë polisiestasie geneem is waar dit nou gestoor word.

“Ons bedank diegene wat dit onder ons aandag gebring het vir hul waaksaamheid om die geloofwaardigheid en integriteit van die verkiesingsproses te help verseker,” het die OVK gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dirkie Burmeister ·

Dit sal interressant wees as julle vir ons kan uiteensit hoe en wie en die verkiesingsagente aanstel.Hoe is dit moontlik dat so iets kan gebeur, met voorbedagte rade seker maar waarom word die strengste wette nie toegepas met die hantering en vervoer van die dokumente nie.Wat sou gebeur het as die publiek dit nie gerapporteer nie?Hoe is dit moontlik?

henk ·

gerieflikheidshalwe vergeet hulle om te se by ‘n anc party agent!!!! Hoeveel is daar nog?

justi ·

Goeie dag, Jasper, Henk en Dirkie……..ek stem 100% met wat jul se.

Theresa ·

Jip. En die 7de het nog nie eers die son sien opkom nie. Selfde ou storie. Almal weet wat gaan die uitslag tog wees. Dink die mense regtig as die ANC verloor almal gaan dit “aanvaar” sonder om ‘n vinger te lig. Ek lag vir julle………..

Walla ·

Hulle ‘ANC’ sal alles doen om SKELM te wees, kan nie n woord glo wat die spul , van ou JACOB tot die laaste een oor hulle lippe uiter nie.

cathy du plessis ·

Meeste van ons glo nie vir n oomblik dat die stem materiaal daar gebere is vir storing nie. Ons glo daar is beslis korrupsie daarby betrokke in die guns van die regerende party. Hulle kan se wat hulle wil en ons mag glo wat ons wil.

Sanet ·

En slange sal hulle bly, hulle lieg en bedrieg die mense so dit raak al n gewoonte. Maar volgens hulle is alles veilig. Lieg, lieg en lieg dis al wat hulle kan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.