Stemme dalk by kerslig getel

(Foto: pixabay)

Eskom gaan binnekort fase 2-beurtkrag in werking stel.

Die kragvoorsiener het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase 2 van 16:00 af in werking sal tree en tot Woensdag om 05:00 sal geld.

Volgens Eskom verkeer die kragnetwerk onder groot druk ná sy Kusile-netwerk uitgeskop het. Opwekkingseenhede by die Matimba- en Arnot-kragstasie het ook vroeër uitgeskop en is sedertdien nog nie herstel nie.

Die kragvoorsiener waarsku dat beurtkrag na verwagting vir die res van die week kan voortduur terwyl herstelwerk gedoen word. Eskom het verlede week beloof dat die ligte sal aanbly tydens die tel van stemme in die munisipale verkiesing. Dit lyk egter nou of tellers moontlik kerse sal moet nader hark om te verseker al die stemme word teen Donderdag getel, soos die Onafhanklike Verkiesingskommissie vroeër gesê het.

Sowat 17 933 MW is tans op beplande instandhouding, terwyl 3 451 MW se kapasiteit weens tegniese probleme nie beskikbaar is nie.

Eskom herinner intussen verbruikers dat beurtkrag “as laaste uitweg” ingestel word om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf.

Landsburgers word weereens gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pietertjie ·

En wanneer skop die brandstofpryse in? Of skop dit die verbruiker uit?

Mariana ·

Altyd dieselfde stasies. Altyd probleme. Dit gaan nooit weer normaal wees nie.

Mrs H ·

Dalk te colonial om deur affirmative action bestuur te word

Johann ·

SO BEGIN JY ANARGIE!!!!! Dis AL wat die ANC en EFF nodig het om die stemmery ongeldig te laat verklaar. Absolute beplande terrorisme!

JohanR ·

Hoekom doen hierdie ANC regering nie die regte ding en bedank, want hulle is vrot vrot vrot! Sit sommer die drake van Game of Thrones op hulle!

marius ·

En so word die mishoop groter en die haan wat bo sit se vere minder , en die luise meer . Dis die waarheid .

Chris dupreez ·

Die nuwe eskom base het n bankrot en absolute vrot bedryf gekry om reg te ruk en dit gaan nie maklik wees nie. Maar hulle sal, ongelukkig gaan ons almal maar moet swaardrae daaraan, en dit alles te danke aan jakob zuma en sy trawante.

Moeggeploeg ·

Dieselfde ou storie oor en oor. Wonder of ek afslag op my beskikbaarheid fooi gaan kry?
Hoekom so baie probleme?
Onbevoeg

Hennie ·

Die blackouts en verhoogde petrol pryse is weerhou van die publiek, maar ek dink dit is “too little too late” vir die ANC… skade is gedoen!

Henk ·

WIE HET R20 000-00 VIR N GENERATOR OF R120 000-00 RAND OM OFF-GRID TE GAAN, ESKOM SPANDEER MILJARDE OM KRAG STASIES TE BOU EN NOG MILJARDE OM DIT TE ONDERHOU MAAR WANNEER ONS DIT WERKLIK NODIG HET IS DIT NET AF SORRY NE!!. ONS BETAAL VOORUIT VIR ONS KRAG MAAR SIT MEER SONDER KRAG AS ENIGE IETS ANDERS. DIT MOET NOU STOP, JAAG DIE ESKOM BASE WEG SOOS HONDE.

Pieter ·

lekker man, as jy dom is moet jy maar voel, en ongelukkig lei die res ook daar onder. Stem vir jou gratis toebroodjie en t-hemp elke jaar.

Plaaskind ·

Ek het al gehoor dat sommige party se kiesers verniet krag ook ook kry. maak sommer boos van woede

Karlahari ·

In Pietermaritzburg gedurende 1999 verkiesing is inwoners in sekere gebiede gratis elektrisiteit belowe as hulle ANC ipv IVP stem.
Hulle kry nou nog gratis krag.

Papsak ·

Dan ze ek weer stop hier arm mense daar nie werk maar sit petrol op krag kos en bly plekke en ons moet net betaal hoe werk dit ons nie vie cokkewiet griep of lockdown gevra nie so stop julle shut

Papsak ·

Kom ons stop almal om krag te betaal jy kan nie betaal vir niks en vir jy nie gebruik nie

gwb ·

Ja ne ANC, krag sal aanbly tenminsye tot die stemme getel is…. nou dat die kruisie getrek is. kan ons maar afsit… what a JOKE!

Jax ·

Stemme gaan seker ook eers teen Kersfees klaar getel wees. Die dame wat my van moes nagaan het nie eens geweet watter letter volg mekaar in die algabet nie – die letter “i” Kom mos voor die letter “e” – mens, het sy gesoek… Die beste van alles – my lewensmaat wat reg agter my gestaan het en dieselfde van as ek het, het dieselfde onder vind – weer gaan sy eers na “e” en soek met bloed rooi naels en n lemmetjie groen liniaal hard na presies dieselfde van tot ek vir haar sê, “poplap, dis eers ‘e’ en dan ‘i’ – daar waar jy my van gevind het. Sy lig haar liniaal asof sy my wil piets en sê baie nors: move on. My emosies was soos die windrigting in die Kaap – oral in 3 telling

Petrie ·

Ons vertrou maar net dat “donker werk” nie “konkel werk” sal wees nie en dat stemme reg getel sal word.

Waarnemer ·

Raak ontslae van Cyril en sy kaders en sommer ook van Andre de Ruyter en sy eskom kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.