Stemme klaar getel: Só lyk uitslae

So lyk die nasionale verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, oranje die IVP en pers die VF Plus. (Grafika: OVK)

Ná meer as 60 uur is die stembriewe in die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagmiddag klaar getel.

Dié uitslae sal eers geoudit word voordat die finale uitslae aangekondig sal word. Janet Love, adjunkvoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het gisteraand gesê 1 020 stempunte sal geoudit word nadat daar bewerings van onreëlmatighede was.

Altesaam 17 671 439 stembriewe van 22 925 stemlokale is getel. Volgens die OVK was 235 451 stembriewe bederf.

Soos die uitslae tans daarna uitsien, het die ANC weer eens met ʼn oorweldigende meerderheid gewen. Die ANC het 10 026 385 (57,5%) stemme ingepalm, aansienlik meer as die DA wat met 3 621 188 (20,77%) stemme weer as amptelike opposisieparty uit die stryd getree het.

Die EFF kon daarin slaag om 1 881 389 (10,79%) stemme landswyd te werf, gevolg deur die IVP met 588 839 stemme (3,38%), die VF Plus met 414 864 (2,38%) stemme, die ACDP met 146 262 (0,84%) stemme en die UDM met  78 030 (0,45%) stemme. Die tien top-partye word voltooi deur die ATM, Good en die NFP.

Die stempersentasie in die verkiesing was 65,99%.

Die amptelike finale uitslae sal na verwagting om 18:00 by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekendgemaak word.

Só lyk die provinsiale uitslae:

So lyk Gauteng se provinsiale verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, pers die VF Plus, en oranje die IVP. (Grafika: OVK)

Gauteng

ANC: 2 168 253 stemme (50,19%)
DA: 1 185 743 stemme (27,45%)
EFF: 634 387 stemme (14,69%)
VF Plus: 153 844 stemme (3,56%)
IVP: 38 263 stemme (0,89%)

Wes-Kaap

DA: 1 140 647 stemme (55,45%)
ANC: 589 055 stemme (28,63%)
EFF: 83 075 stemme (4,04%)
Good: 61 971 stemme (3.01%)
ACDP: 54 762 stemme (2,66%)

Oos-Kaap 

ANC: 1 357 137 stemme (68,74%)
DA: 310 538 stemme (15,73%)
EFF: 154 821 stemme (7,84%)
UDM: 51 233 stemme (2,6%)
ATM: 30 082 stemme (1,52%)

Noord-Kaap

ANC: 228 265 stemme (57,54%)
DA: 101 198 stemme (25,51%)
EFF: 38 527 stemme (9,71%)
VF Plus: 10 641 stemme (2,68%)
Cope: 3 400 stemme (0,86%)

So lyk KwaZulu-Natal se provinsiale uitslae. Groen verteenwoordig die ANC, helderoranje die IVP, geel die DA, rooi die EFF, en donkeroranje die NFP. (Grafika: OVK)

KwaZulu-Natal

ANC: 1 951 027 stemme (54,22%)
IVP: 588 046 stemme (16,34%)
DA: 500 051 stemme (13,9%)
EFF: 349 361 stemme (9,71%)
NFP: 56 587 stemme (1,57%)

Limpopo

ANC: 1 096 300 stemme (75,49%)
EFF: 209 488 stemme (14,43%)
DA: 78 360 stemme (5,4%)
VF Plus: 20 572 stemme (1,42%)
APC: 5 290 stemme (0,36%)

Mpumalanga

ANC: 858 589 stemme (70,58%)
EFF: 155 573 stemme (12,79%)
DA: 118 915 stemme (9,77%)
VF Plus: 29 512 stemme (2,43%)
BRA: 8 816 stemme (0,72%)

Noordwes

ANC: 590 780 stemme (61,87%)
EFF: 178 013 stemme (18,64%)
DA: 106 744 stemme (11,18%)
VF Plus: 41 269 stemme (4,32%)
UCDP: 4 630 stemme (0,48%)

So lyk die Vrystaat se verkiesingsuitslae. Groen verteenwoordig steun vir die ANC, geel die DA, rooi die EFF, en pers die VF Plus. (Grafika: OVK)

Vrystaat 

ANC: 541 535 stemme (61,14%)
DA: 155 694 stemme (17,58%)
EFF: 111 427 stemme (12,58%)
VF Plus: 35 031 stemme (3,96%)
ATM: 6 897 stemme (0,78%)

Buitelandse stemme

DA: 14 802 stemme (74,45%)
ANC: 2 153 stemme (10,83%)
VF Plus: 908 stemme (4,57%)
EFF: 765 stemme (3,85%)
ACDP: 338 stemme (1,7%)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

135 Kommentare

James ·

Wel die volk het kies wie hulle vertrou en wil he as hulle leiers. Moet nie later kla nie, julle wat vir meerderheid gestem het,het die mense werk voorsien wat julle nou dienste moet verskaf!!!

Geenvolk ·

Daar is geen sprake van ‘n volk nie. Een groot onwel mengsel het gestem.

Ronel ·

Die volk het gestem vir leë beloftes en social grants. En wat die voorvaders hulle verplig om voor te stem, want apparently gaan jy in iets verander as jy doen wat die voorvaders vir jou sê nie.

Andries ·

1. As Afrikaners toekomstig vir die VF+ sal stem, sal dit vir dieselfde redes wees as tans, nl. omdat die VF+ onbeskroomd die BLF aangevat het vir swart bevoordelende rassisme.
2. Die VF+ sal in die volgende verkiesing alle realistiese Afrikanerstemme op hulle vestig, as hulle hierdie stryd uitbrei na die afbraak van dieselfde swart bevoordelende rassisme soos vervat in Broad Based Black Economic Empowerment.
3. Die VF+ sal ook toenemend gesien moet word as voorvegters vir die behoud van moedertaal onderrig en sal daarmeesaam die gebruik van Afrikaans op skole, universiteite, in die staatsdiens en openbare lewe moet bevorder.
4. Die VF+ sal sy stem dik moet maak oor CR se lamsakkige hantering van korruptes in die staatsdiens.
5. Die VF+ sal die euwels beveg van die sg. “supply chain” waardeur enige meerderheidspartygenoot toegelaat word om sonder tenderprosedures toerusting aan staats en munisipale instellings te voorsien op só ‘n wyse dat pryse 10, 100 en 1000 maal eskaleer om kaders se sakke mee te vul en die balastingbetaler R-miljarde te kos.
6. Die VF+ sal op elke denkbare wyse moet veg vir die privatisering van die semistaatsinstellings soos Spoornet, SAL, SAUK, ens.
7. Die VF+ sal veg vir die privatisering van staats en semistaatsgrond, sodat dit beskikbaar gestel word vir privaatbesit.

As die VF+ hierdie doelwitte kan najaag, is daar geen rede nie dat in 2024 die VF+ ‘n 1+miljoen stemme kan kry. Só sal die VF+ ‘n tuiste vir minderhede skep.

Arthur Mc Dermott ·

Goeie werk Pieter ! Wat het fout gegaan in WesKaap ?

Dries du Toit ·

Baie opgewonde. Die klein minderheid Afrikanerstem staan sterk verteenwoordig . +-40 % van die Afrikaner word nou verteenwoordig deur die VF+. Wat n verantwoordelikheid vir dr. Pieter Groenewald en sy span. Ons bid julle alle sterkte toe

Alwyna ·

Daar is darem n handjievol Suid-Afrikaners wie se oë oop is!!!

Andreas ·

Dries, ja ek stem. Maar as mens so na die grafiese kyk, dan kom mens onder die indruk van hoe verspreid ons werklik is! En waar is die VF+ in die WES-Kaap?

Boepie ·

Dries, verduidelik asb. hoe kom jy by 40% van Afrikaners uit???

Gert ·

My som kom uit by 50%, maar uit die aard van die saak behels dit baie aannames, soos byvoorbeeld dat dieselfde persentasie Afrikaners gestem het as ander groepe, en dat slegs Afrikaners vir die VF+ gestem het. Hopelik is daar later ‘n meer akkurate som, dis nodig dat die persentasie redelik akkuraat bepaal moet word, want dit sal bepaal of die VF+ namens ‘n groot deel van Afrikaners praat.

Paul ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat al die provinsies oorweldigend vir die ANC stem maar dan stroom hulle na die Wes-Kaap om ons bronne uit te put. Bly waar julle is ons soek nie nog mense in die wes-kaap nie.

kolla ·

Een van die dae is daar meer swartmense (tans 38%) as bruinmense (tans 42%) in die Wes-Kaap. Blankes is maar 12%. Lyk maar weer soos ANC/EFF wereld nie te ver in die toekoms nie.

kolla ·

Ek is redelik verbaas dat daar so min witmense in die Wes-Kaap is.

Cherokee ·

Kolla, gevestigde mense verhuis nie so maklik bloot omdat die aas ‘n goeie munisipaliteit is nie. Daar is te veel verbonde daaraan.

Ants ·

Hemel Cherokee, jy kan darem maar ‘n klomp kwet kwytraak as jy die tyd het!

Helena. ·

Of jy gestem het of nie gestem het nie..geen klagtes gaan gehoor word nie..so bly dis oor en verby en die blf is nerêns in sig nie..die spul narre.

EFf ·

Ongelukkig is die eff sterk en opposisie in drie provinsies, so ons gaan moet regmaak vir eie staat wanneer hulle ons gaan begin jaag.

Johan Pretorius ·

Die bal is in Ramaphosa se hande. Hy kan dit speel of aanslaan. Hy sal eerstens moet ontslae raak van al die ongure karakters in sy kabinet. Van hulle behoort oranje klere te kry en in die tronk opgesluit te word. Die groot probleem is die baie skelms wat in die Staatsinstansies werksaam is. Hulle sal vervolg moet word. Daar is ook baie munisipale raadslede en amptenare wat ondersoek en vervolg moet word. Die VBS fiasko sal ook behoorlik ondersoek moet word en die nodige regstellende stappe gedoen moet word.
Hy kan die bal aanlslaan en Zuma se voorbeeld volg en die land verder vernietig.

Manie van Worcester ·

hy sal aanslaan , hy moet vewoes want hy is anc en een van hulle

Spyker ·

Ramawatsenaam gaan Pieter Groenewald ‘n kabinetsposisie aanbied, en hy sal dit aanvaar.

Chris Ws ·

Spyker ek sal graag wil weet wat is jou punt nou eintlik??

Koos ·

Hierdie oorwegend groen resultate bevestig maar net weereens dat die oorgrote meerderheid van die Suid Afrikaanse bevolking GEEN fout vind met korrupsie, openlike en blatante bevoordeling van mense in magsposisies en uiterste swak dienslewering aan die algemene publiek nie.

jaco ·

Ja, net soos wat die meerderheid wit mense in die ou SA verkiesing op verkiesing op verkiesing vir die Nasionale Party gestem het en blind was om te sien waarheen hulle “hervormings” gaan lei… Hoeveel keer het ek in daardie jare by nogal konserwatiewe “regs” denkende mense gehoor “ek stem vir die Nasionale Party want my pa en my oupa het ook” en “ek stem nie met hulle beleid saam nie, maar ek het vertroue in hulle leiers”.

Gert ·

Een kultuur se terroris is n ander kultuur se vryheids vegter. Laat hul mekaar maar op die ou end verorber.

Onversoenbare Kultuurverskille ·

Onthou dat sekere kulture gladnie fout vind met korrupsie en wanbestuur nie, daarom kan ons nie meer saam hulle in een land leef nie.

Anton ·

Die geel ouens het ook niks fout gesien met Sweizer-Reneke, Kleinfontein, BBBEE en AA nie. Dit moet ook in alle eerlikheid genoem word. Hulle het ook geval vir die ou vrees taktiek.

KerbKerneels eels ·

En dis ongelukkig die harde realiteit, Koos. Daardie bree publiek wat nie moeite doen om te lees of luister wat werklik aangaan nie. Hulle stem net uit gewoonte maar weer vi anc.

Straaltjie ·

Ek is meet bekommerd oor die eff wat so gegroei het. Dit beteken meer bevolking wat die blankes wil uitroei

Willie H ·

Jaco jy praat baie waar, ou maat. Wonner nou net hoeveel van die tuisland, tuisland manne gaan soontoe trek as die dalk toegestaan word.

Anoniem ·

Dit is kommerwekkend hoeveel die eff gegroei het en hoeveel steun die party het. Veral aangesien heelwat jong mense wat vir hulle sou stem, nie geregistreer het nie/ nie gestem het nie.

HOBBO ·

Nou is die bewyse daar. Korrupsie is meer aanvaarbaar as werk en ‘n dag se loon.

Lief vir korrupsie en ellende ·

Die massas is lief vir misdaad en sal nooit verander nie. Dankie deklerk.

pieter ·

Gee onswitmense en bruinmense die wes kaap ,swatmense kan die res kry,

Andreas ·

Pieter, kyk na hoeveel stemme vir die VF+ is daar in die Wes-Kaap uitgebring, hulle wil ons nie daar hê nie, ons is ‘gypsies’ in ons eie land.

Kabous ·

Wittes in die Wes-Kaap verkies die DA. Net die DA kan die ANC daar verslaan, en die dienslewering is goed. Die VF+ het niks om vir Kaapenaars te bied nie.

Andreas ·

Kabous, en jy het nog nie van koalisie gehoor nie, maar intussen stem julle daar vir ‘n party wat SEB en kwotas voorstaan, dus om elke keer as jy voor in die ry beland, jou agtertoe te skuif.

Anoniem ·

Kabous lyk my julle vergeet dat nie alle witmense Afrikaans is nie…’n groot persentasie is Engels en hulle vereenselwig nie met VF+ nie. Sal interessant wees om te weet watter % blankes is Afrikaans of Engels

Ellisras ·

Neem ‘n kaart met waar die swakte dienslewering is. Plaas dit oor die kaart waar ANC gestem is. Dit is presies dieselfde. “Our People” gee nie ‘n duit om by die stembus vir swak dienslewering, korrupsie. En dat die land op die afgrond is nie. 70% van die kiesers kan nie dink nie.

Andre ·

@Ellisras – As wat jy sê waar is dat 70% van die kiesers nie kan dink nie, het daar sedert ’92 niks verander nie. In ’92 het amper 70% van BLANKES vir de Klerk se gewaande utopia gestem. Soos die Engelsman sal sê: “What is the difference?”

Veritas ·

Met ‘n stempersentasie van slegs 66% is dit duidelik dat Jan Publiek besig is om keelvol te raak vir die leuens en oneerlike optrede van politici.
Nou wag ons net om te sien of Cyril sy woord gestand gaan doen en lede van sy party, wat in staatskaping- en korrupsie ondersoeke genoem word, gaan laat vervolg en of hy sy mandaat gaan gebruik om die laaste druppels bloed uit die belastingbetaler te pers.
Ek dink nie dat JZ en sy makkers alleen betrokke was met die diefstal van biljoene nie. Dit wil voorkom asof die hele ANC deel hiervan was. Ons wag in ademlose spanning op die eerste hosaak.

Manie van Worcester ·

nie in jou leeftyd al word jy vandag gebore sal iemand vervolg word nie

Kerneels ·

Tussen Buldog, afriforum en FF+ mag daar dalk wél hofsake voortvloei uit Zondo-kommisie, indien C nie optree nie – hoop ek!

Cherokee ·

FF+.. dankie dat jy na húlle verwys, Kerneels. Lyk egter nie of hulle op die map is nie.

Onnie ·

Snaaks dat die provinsies waar dit die slegste gaan met die mense en dienste deur ANC en EFF gewen word (Limpopo, Mpumalanga, Noordwes) en die provinsie waar dit die beste gaan (Weskaap) deur die DA gewen is. Dit moet baie sê….

Henning ·

Onthou net dat die DA wat tot dusver regeer het, nie dieselfde DA is wat van nou af gaan regeer nie. Oor 5 jaar van nou gaan dit nie dieselfde lyk in die dorpe/ provinsie onder hulle beheer nie.

Andreas ·

Henning, ‘n nuwe ‘Groot Trek’ het sopas vir die Afrikaner begin, die VF Plus het sy steun verdubbel, hierdie was nou maar net die begin, terugkyk is daar nie, die DA gaan nog baie van die Afrikaner stem met die volgende verkiesing verloor.

Anoniem ·

Ag nee wat Henning, stem nie saam nie. Mens hoef maar net terug te kyk na die vorige 5 jaar waar DA wel goeie diens gelewer het, en nie vreeslik verander het nie.

MyFlokMarelize ·

Nou gaan ANC en EFF in ‘n koalisie gaan… Met ‘n derde meerderheid gaan die grondwet verander en hallo grond onteirning sonder vergoeding.

Tuisland ·

Presies, on om dit te keer moet ons nou hard saamstaan vir n tuisland anders verloor ons als.

@MFM ·

Nie net grondonteiening nie, pensioenfondse gaan in die visier kom, asook die Reserwe bank, en die nasionale gesondheidsplan is alles deel van daai ANC -EFF huwelik in die toekoms. Ons turf sit. As jy nog nie jou geldjies in die buiteland belê het nie, doen dit vinnig. En as jy kan emigreer, doen dit ook. ‘n Vloedgolf ellende wag vir SA en daar is wragtig niks wat dit gaan stop nie.

Andreas ·

MFM, ry daai perd! Of sal ek eerder sê: “trap daai fiets!”

Liberaal ·

Oeps, julle wou mos vir ons liberale lokvalle val en ons glo.

Cherokee ·

Dankie Liberaal, net wanneer die gesprek nou genuine ernstig raak, sorg jy vir ‘n glimlag:-)

Huh?! ·

Waar is my familie in die Oos Kaap se stemme? Stemme wat vir die VF + uitgebring is, maar wat glad NIE reflekteer op die Oos Kaap stats nie?

Cherokee ·

Huh, dit is om oor te wonder nè! Ek het gekyk by Natal, en toe ek sien .50% + 2 stemme toe is ek tevrede want ons stemme is daar.

TB ·

Kyk die wat nou stem vir die meerderheid party moeni later kom kla en huil en toi toi en brand oor beurtkrag, dienslewering werkloosheid, petrolverhogings en en en nie. Dinge sal presies wees wat dit nou is as nie erger nie. Geen verbetering gaan plaasvind nie. Kom ons kyk wat gebeur….

Albert-John ·

En tog is dit PRESIES wat hul gaan doen!! Oor so paar maande gaan die lot staan en kopkrap oor waarom daar nog nie aan hul behoeftes voorsien word soos beloof is deur die ANC nie, dan brand, dans en breek hul weer af dat dit klap. Hul kan eenvoudig NIE VERSTAAN dat die regerende party NOOIT die mas sal opkom nie. Maar nou ja, hul stem vir hul eie ondergang. Die regdenkendes het hierdie nonsens sien kom en weet wat gedoen moet word: bly veg vir jou voortbestaan in hierdie hool of pak op en emigreer. Daar is geen ander opsies.

Tanya ·

Groste klon klug 3 dae vior stemming het hulle op straat n stem lockaal gesit wat nie eers wettig is nie aan hulle word aan gery hierdie land sal nooit weer regvredige steem he nie

JP Louw ·

Weet maar een ding, piepklein partytjies beteken nie veel nie, …want hulle gaan nooit ooit (iets) kan bestuur nie. Krag moet eerder saam gegooi word!! Die DA het baie hard betaal vir foute wat gemaak is – hoop hulle / ons almal leer hieruit…
1. Onderlinge twis, openbare beskuldigings en vele hof sake…
2. Swak / onbeholpe leiding – hoop dit verbeter.
3. Onnodige skoorsoek met kleiner partye.
4. Het nie Gupta-gate, state capture en Bosasa se skandes werklik benut nie.
5. Hulle was lank stil, en het te laat begin werk aan die verkiesing sonder ‘n behoorlike strategie.
6. Metro issues…
Groete en sterkte!

Andreas ·

Lees gerus wat het ek so entjie ondertoe geplaas. Rom, rom rom, die VF Plus kom!

Cherokee ·

en Louw, jy sê dit selfs sonder om skaam te kry vir jouself – mens behoort meer trots te h
:-(

Cherokee ·

Daar verêrre ek my so, ek pos die brief voor ek klaar geskryf het!

Jordaan ·

Julle inligting oor provinsiale regering uitslae vir Gauteng is verkeerd, die ANC het 50.19%, nie 53% nie. Julle het provinsiale gedeelte van nasionale verkiesing se syfers gebruik.

Mariné Lourens ·

Dagsê Jordaan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Jordaan, ek wens jy oortuig hulle nou om die VF+ se persentasie te verhoog!

Gatvol in Gauteng ·

Nou wonder ek nogsteeds of die wat gese het hulle gaan nie stem nie want hulle stem sal geen verskil maak nogsteeds daai deuntjie sing… hoop almal wat so kommentaar lewer het darem die moeite gedoen om te gaan stem en die wat nie het nie bly maar eerder stil.

Anton ·

Nou moet VF plus hard aan die werk spring vir selfbeskikking, anders gaan die EFF ons uit mpumalanga en noordwes druk.

Abe ·

Anton,
Daar’s geen moontlikheid van selfbeskikking nie. ‘Weet nie waar kom jy aan daardie illusie nie. Sit dit uit jou kop uit.

Cherokee ·

Abe, een van die gemeenste dinge wat jy kan doen is om iemand se drome te verwoes.

Eddie Roos ·

Die Buitelandse stem is gewoonlik ‘n goeie aanduiding van hoe die uitslag behoort te wees !

Abe ·

Wildeboer,
Dit is nie so maklik om n staat (volkstaat) te stig soos meeste kommentators meen nie. Daar is ook n aantal voorvereistes voor dit kan realiseer: 1. Daar moet n geskikte grondgebied wees. 2. Daar moet n samehorigheid onder die voornemende burgers wees. 3. Dit moet aanvaarbaar wees vir die huidige overheid. 4. Daar moet n geskikte realistiese historiese agtergrond in plek wees.

Abe ·

Wildeboer,
Verder: Elkeen van die voorvereistes hierbo genommer moet ook aan vereistes voldoen word, bv grondgebied moet nie deur n beduidende getal andersdenkendes beset word nie. Vir verdere inligting google “selfbeskikking” – artikels geplaas deur verskeie instansies.

Abe ·

Wildeboer,
Dit is voor die hand liggend dat die voorveeistes vir selfbeskikking hierbo genoem, (+nog ander ook) nie in die geval van SA bestaan nie.
Kan jy miskien aan n model van selfregering dink wat voorvereistes soos ek hier uiteensit nie nodig het nie?

Reti ·

Daardie rooi kolletjie bo in FS is nie ware toedrag van sake nie. Hulle is aangery in vragte vol om in landelike plek te kom stem.

Piet ·

Kanie glo dat daar nog mense in die buiteland bly wat vir die anc stem nie, dis nou die buitelandse stemme.. Plaas daai klomp knolkoppe terugtrek en in die land kom bly wat die anc so opmors… my boodskap aan hulle is, kom eet van jou pap waarvoor jy stem dan praat ons weer…

Andreas ·

Afrikaner, kyk na die uitslae, om vir die ANC of DA te stem, maak julle die agterdeur vir die EFF oop, as julle almal VF Plus gestem het, waar sou hy nie vandag gestaan het nie? Maar genadiglik is daar oor paar jaar weer ‘n verkiesing.

Let wel, ‘n ‘Nuwe Groot Trek’ het sopas vir die Afrikaner begin, weg van die DA af, die VF Plus het sy steun verdubbel, hierdie was nou maar net die begin, terugkyk is daar nie, die DA gaan nog baie van die Afrikaner stem met die volgende verkiesing verloor.

BlinkStephaans ·

Ouens ek weetnie… na my mening is daar net een manier om die anc se greep op die land te breek. Iemand moet opstaan… iemand wat nie noodwendig ñ politieke speler is… maar wat die respek van meeste mense in die land het. Die goeie mense wat weet wat reg en verkeerd is maak die oorgrote meerderheid van elke ras in SA uit. Iemand wat hulle kan saamsnoer… iemand met kredietwaardigheid… dan gaan jy ñ ander storie sien…en daar is sulke mense in ons midde. Na my mening het ñ party wat minder as 1miljoen stemme nasionaal kry geen mandaat. As jy kyk wie tans die mandaat het is daar groot fout… en ek vermoed dit is omdat daar geen opsies is wat regtig sin maak. Die persoon wat navore kom met n plan wat goed deurdag is… sonder n agenda… en n span denkers bymekaar sit wat weet wat aangaan…. daai span gaan ons vorentoe vat.

Andreas ·

Blinkste, ek hoor wat jy sê, kom ons wees realisties, kyk na die grafika hier bo en die spikkeltjies pers. Ek het idee dat die besigheidsplan soos wat Solidariteit nastreef is een om ernstig op te neem.

Willemien ·

Die demografie is teen die Afrikaner. Dit sal nie help om te droom van groot veranderinge terwyl die wit bevolking besig is om uit te sterf.

Andreas ·

Willemien, as die Afrikaner sy kant bring sal ons nie uitsterf nie.

Cherokee ·

Ek het onmiddellik met die lees van die syfers besef, dit wat Dries du Toit ook raak gesien het en na verwys; die feit dat uit die spesifieke groep, die enigste groep waaruit stemme vir die VF+ so opklink, ‘n groep van sowat 4½ miljoen (waarvan nie almal stemgeregtig is), het byna ‘n half miljoen stemme verskyn. Óf.. ons het groter ondersteuning as verwag vanuit die bruin geledere. Die stempersentasie kan uit daardie oogpunt gesien word, en dàn is dit veel groter. Die veld vir die ANC, EFF en DA is baie wyd. Die veld vir die VF is gespesialiseerd.

Felix ·

Ek sit en wonder van gister af, want ek sien die VF+ in die Wes-Kaap is nerens, so ek het weer idee dat dit het nie ‘n vaal kol gemaak nie. Vergelyk gerus vanjaar se stemme en % met vorige jare per provinsie.

Stoffel ·

Mens kan net spekuleer hoeveel Afrikaners is op die bevolkingsregister. StatsSA hou nie daarvan rekord nie. Ook nie die ouderdomsprofiel nie. Twyfel of Engelse in groot getalle vir die VF+ gestem het.

kolla ·

Felix, lyk of baie VF+ ondersteuners in die Wes-Kaap hul stem ge-split het. Hulle het nasionaal vir VF+ gestem en provinsiaal vir DA.. Nasionaal staan VF+ staan nou min of meer op die vlak wat hulle na die 1994 verkiesing was. Afrikaner se konserwatiewe stem het van DA teruggegaan na VF+.

Felix ·

kolla, ek praat net van nasionaal. Die verwysing na provinsie was dan ook na die nasionale stemme wat uitgebring is.

Cherokee ·

Beslis nie nêrens Felix, maar bloot nie onder die eerste 5. Dit verwys weer na my stelling. Die ANC, DA en EFF het ‘n veld van ± 65miljoen gehad waar geoes kon word. Die oesland van die VF+ was slegs 4½ miljoen morg groot. Het jy gekyk na die Noord-Kaap? Het jy gekyk na die Vrystaat? Kyk na oorsese stemme!

Felix ·

Ek sien Netwerk24 berig laatmiddag dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus sê baie mense wat voorheen nie gaan stem het nie, het vanjaar gestem en dit is waar die party se groei vandaan kom.

Ek kan dit nie glo nie, maar hy behoort seker te weet.

Buiteland ·

Buitelandse stemme lyk goed; wat sê die kenners van dit? Watter invloed het dit op die totale uitslag?

Nou wat nou ·

Die mense wat sê Afrikaners kan nie saam staan nie
Nou wat Nou?Trots Afrikaner(boer), dankie my mense

Volgende stap ·

Ja ons kan saamstaan en ons volgende stap sal wees om selfregeringsopsies te bekyk. Saam sal ons n baie goeie eerstewereldland bou.

Weskusklong ·

Ek ondersteun ‘n Volkstaat wat nie deel van SA vorm nie, maar twyfel of die VF+ dit verder sal voer. Die leierskap ontvang R2 miljoen salarisse per jaar en het dus heelwat om te verloor.

Felix ·

Afrikaners kan saamstaan, maar hulle (Maroela) moet net nie meer as een berig per dag op hul webwerf plaas nie.

Boerboel ·

Hulle kan vir ons die Kruger park gee. Daar is baie kos.

Boerboel ·

Manne en dames drink maar vanaand n’ KWV op VF plus en braai n’ vleisie.
Trots Suid Afrikaner!
Dinge kan net beter gaan. Ons moet net vertrou.

Cherokee ·

2 Ure later… Kerneels…. loop jy nog reguit? Kerneels? Kerneels… Kerneels!!!

Oo wee ·

So tipies. Ná 25 jaar se (voorspelbare) herhaling op die reguit pad ondertoe, spring daar steeds ‘n paar bleeksiele op wat “handjies klap en koekies bak” oor die ‘wonderlike resultate’, en dit is een van die redes waarom intellektuele en wakker mense op strepe emigreer.

Cherokee ·

Hhehheahahehehehhe… Felix, Oo wee het intussen die oorsese stemme vir die VF+ raakgesien, 4.57%, en tjoepstil geraak. Wat ‘n nar.

D ·

Ek glo beslis nie die stemmery was veel anders as die voriges nie, solank daar n papier en pen metode is, sal korrupsie volg. VF+ sal wel baie sterker wees oor 5 jaar, as mense net wil ophou DA stem.

jAN ·

die president voel so opgewonde oor die volk wat vir anc gestem het, sodat hulle in beheer kan bly , maar ai, hulle het staatgemaak op die jonges die wat nie werk nie , tie teen geen of min skool opleiding wat net afbreek en brand , dan is dit nou hulle wat anc aan bewind plaas…..

JPLouw ·

Vir ALMAL wat die Here God waarlik lief het en aanbid: Psalms 46:
5 Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
6 God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
8 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela.
9 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

dejager ·

Hierdie was eintlk meer ń sensus as ń verkiesing.Ek glo nie veel het verander nie

Wonder-maar-net ·

Nogal interessant om te sien hoe veel in die buiteland vir die anc en eff gestem het; anc = 2153, eff = 765 Totaal = 2918 (0,154%)
Die volgende vrae kom op; (1) waarom bly hulle nie in SA nie? (2) Is hulle almanl in regeringsposte in die buiteland?

Daar is berig dat daar oor die 125,000 mense in die buiteland reregistreer het om te stem, ‘n klein getal van 18,966 het gestem. (0,157%)

jan ·

Buitelandse stem:
Ek verstaan dat jy in elke land net in ‘n sekere stad kon stem wat dit vir die meerderheid haas onmootlik/onbekostigbaar maak om te stem. Byvoorbeeld in Australie moes jy in Canberra stem, nogal heel onbekostigbaar vir iemand wat in byvoorbeed in Perth , of nog nader – Sydney, woon.
Soos jacob zuma gese het: “die anc sal regeer tot die wederkoms” Maak maar die somme met “1 man, 1 vote”

En tot op hede kan die meerderheid mense in die wereld nie vestaan waarom die VSA (Nie die vereniging van staatsamptenare nie) ‘n proses het wat aan elke staat ‘n geleyke kans gee nie.

Oo wee twee ·

Kan maar net lag oor sekeres wat van pure blydskap soos baba otjies in die hool se modder rond rol omdat hulle partytjie glo “presteer” het. Intussen woon ons gesin heel lekker en rustig oorsee dankie, en ons het ook nie aan die Afrika-Sirkus se patetiese stemmery deelgeneem nie.

Ou Koos ·

JY EN DRIES IS EEN EN DIESELFDE PERSOON CHEROKEE JOU NAR!!!

Tina de Lange ·

Geniet julle oorwinning ANC+EFF… julle mense en ons mense het julle daai meerderheid GEGEE pasêlla

M athilda Henning ·

Op al die kaarte lyk die VF+ meer as die EFF, tog wys die getalle en persentasies andersom.

Attie. ·

VF+ moet weet daar is baie wat huistoe wil kom. Jy kan jou lyf nie onbepaald Engelsman wil hou nie. Wys deur beskaafd optree die pad huistoe en ons bly bid vir die land en sy mense. Kapenaars kan bv almal DA stem by provinsiaal maar VF+ by nasionaal, dan baat almal. Ek wil die Kaap in DA hande behou en sal nooit van die Kaapse DAs verwag om hul provinsiale regering op die spel te plaas nie maar ons moet net saam ‘n plan maak vir 2024.

Willem Frost ·

Verkiesing het weereens bewys dat demokrasie in Afrika n klug is. Verkiesings gaan nie daaroor om n effektiewe regering daar te stel nie; dis maar net n nuttelose oefening in rasse demografie. Die ANC regering sou nie sy skandale in n beskaafde eerste wêreld landoorleef het nie; hy sou lankal moes bedank. Nou is dieselfde skandalige spul weer met n groot meerderheid aan bewind. Dit is ook opmerklik dat die gepeupel betoog, brande stig en klippe gooi oor die regering se gebrek aan dienslewering, maar as daar n verkiesing is stem hulle maar weer vir dieselfde klomp onbekwames en skelms. Weet maar dat die ANC sal voort strompel van die een skandaal na die volgende; hulle weet mos daar is geen gevolge vir wanbestuur, magsmisbruik, korrupsie, diefstal en bedrog nie.

MoenieKantLynSitNie ·

Die wat nie gestem het nie, het letterlik veroorsaak dat die ANC en EFF hul tweederdes kry om die grondonteieningswet deur te druk! Waarom weggebly Afrikaners? Ons gaan nie die geveg wen as ons nie opdaag nie!

Nasionaal het die ANC en EFF saam 68.3%. Dis sowat 1.6% meer as tweederdes.
1.6% is sowat 279 000 stemme. As ons dus 279 000 meer stemme vir of die VF+ of selfs DA gehad het, kon ons self die tweederde meerderheid keer!

Dit lyk vir my of ons Afrikaners ons eie grawwe grawe en sommer ons kinders sin ook. Die wat nie gestem het nie, asb. doen dit volgende keer vir jou kinders!!!!!

Jannie Swart ·

Aanvaar dit die ANC het gewen. Ek het ANC gestem en ek is trots daarop. President CR is die beste persoon om die land te lei. Die DA het nie die nodige getalle om dit te doen nie. Meer as 10 miljoen mense het vir CR gestem. Dit is oorweldigend en moenie vir my noem dat dit slegs ‘n klein gedeelte van stemgeregtigdes was wat vir hom gestem het nie. Elkeen het ‘mn keuse en die mense wat nie gestem het nie moet nie nou hul monde uitspoel nie. Ons het keuses en ons keuse was dat CR president moet wees. Kom ons ondersteun hom

Hendrik ·

@ Jannie Swart. Ek aanvaar dat jy ook die korrupsie goedkeur (of deel jy ook daarin)

Werner Ernst ·

Jannie. Die ANC se leiers sal alles wat hulle by jou kan vat, neem en uitdeel om aan bewind te bly en jou uitkryt as rassis as jy nie daarvan hou nie. Jy kan maar daarvoor stem maar ek gaan nie.

Hendrik ·

Werner Ernst, 100 jaar terug was die kakies ook so braaf NA die Engelse oorgevat het. Ongelukkig sal daar altyd ‘n Jannie Swart wees.

RH ·

Corruption from the start! Recall the voting and get external support. This is lies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.