Stemtye verleng by vier oorsese punte

Foto: Maroela Media

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het stem-ure by vier internasionale belangekantore verleng vir Suid-Afrikaners wat die Sabbat eerbiedig. Kiesers buite Suid-Afrika se grense trek op 27 April hulle kruisies.

“Die besluit om stem-ure by die kantore te verleng kom ná ʼn versoek van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) om Joodse kiesers tegemoet te kom wat op 26 en 27 April die Sabbat vier,” het die OVK in ʼn verklaring gesê.

“Die SAJBD het die vier plekke vir verlengde ure voorgestel gegrond op skattings van waar Joodse kiesers waarskynlik gaan stem.”

Die buitelandse kantore waar stemtye tot 23:30 verleng gaan word, is in Londen, Tel Aviv, Los Angeles en New York in die VSA.

Jode en Christene eerbiedig die Sabbat as ʼn dag van geloof, waarop daar ook nie gewerk word nie.

Kiesers in Suid-Afrika stem op 8 Mei in die algemene verkiesing.

Ramadan, Moslems se heilige maand, begin op 8 Mei. Die OVK het Moslem-kiesers gevra om aansoek te doen vir spesiale stemme op 6 en 7 Mei, sou hulle dit verki

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.