Stephen McGown, die Suid-Afrikaanse man wat ontvoer en ses jaar lank deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, het Donderdag gesê hy haat nie sy ontvoerders nie.
“Ses jaar is ʼn lang tyd. Baie het verander. Ek wil nie ʼn wrok koester nie. Ek wil vergewe en vergeet … ek weet nie of dit meer daaroor gaan om te vergeet en dit net agter my te sit, eerder as om te vergewe nie,” het McGown gesê.
McGown het Donderdagmiddag vir die eerste keer sedert sy vrylating op 29 Julie die media toegespreek tydens ʼn geleentheid by Gift of the Givers se kantoor in Johannesburg. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het op 3 Augustus bevestig McGown is uiteindelik vrygelaat. Daar was sedertdien heelwat bespiegeling oor hoe McGown se vrylating bewerkstellig is, maar Nkoana-Mashabane het gesê die Suid-Afrikaanse regering betaal nie lospryse vir gyselaars nie.
“Om eerlik te wees, ek is kwaad oor my ma [wat in Mei oorlede is],” het McGown Donderdag gesê. “Ek is kwaad dat ek nie vrygelaat is voor haar dood nie. Hulle het geweet my ma is siek. Hulle het dit geweet. Om my ma met net twee maande te mis – ek is kwaad daaroor. Maar ek moet hierdie ding laat gaan.”
McGown se vrou, Catherine, en sy pa, Malcolm, was tydens die konferensie aan sy sy. McGown, wat tydens sy aanhouding die Islam-geloof aangeneem het, het gesê hy sal die terreurgroep vergewe. “Ek sal vergewe en ek sal aanbeweeg. Jy kry net een lewe en ek wil nie die las hiervan op my skouers dra nie. So dit is oukei. Dit sal wees.”
McGown het deur Mali gereis toe hy op 25 November 2011 in Timboektoe gevange geneem is. Hy was een van drie toeriste wat deur die ontvoerders gevange geneem is. ʼn Vierde toeris, ʼn Duitse man, is doodgeskiet toe hy geweier het om in die ontvoerders se voertuig te klim.
Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
35 Kommentare
Kom ons gun hulle na SES jaar van hel en die lewe wat moet aangaan, rus en vrede, n lekker bederf vakansie. Skiet n rand of twee en kom ons help die twee mense. Sy vrou het by hom gestaan, waaroookal hy sou wees. Jy is ;n groot ster girl. Komaan, kom ons help hulle tweetjies om mekaar weer in vrede te ontdek en al die jare op te vang. Wie is in
Was dit regtig nodig om na die Moslem geloof oor te gaan?
Gaan Mcgown die Islam geloof behou en verder be-oefen en ook uitleef?
Soos ek van die TV onderhoud verstaan is hy baie opgemaak met Islam. Want toe hy die geloof aanneem toe kry hy goeie kos en klere en beskuit ens. Beloning? Maar 6 jaar van sy lewe is van hom weggeneem!. En hy sê Islam is goed. Iewers in die 6 jaar het sy denke deurmekaar geraak. As Islam so wonderlik en liefdevol is: Hoekom het hulle hom nie die geleentheid gegun om sy moeder voor afsterwe te sien nie,
Tragiese verhaal met n tragiese einde