Stephen McGown: ‘Ek haat nie my ontvoerders nie’

Stephen McGown en sy vrou, Catherine (10 Augustus 2017). Foto: ANA

Stephen McGown, die Suid-Afrikaanse man wat ontvoer en ses jaar lank deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou is, het Donderdag gesê hy haat nie sy ontvoerders nie.

“Ses jaar is ʼn lang tyd. Baie het verander. Ek wil nie ʼn wrok koester nie. Ek wil vergewe en vergeet … ek weet nie of dit meer daaroor gaan om te vergeet en dit net agter my te sit, eerder as om te vergewe nie,” het McGown gesê.

McGown het Donderdagmiddag vir die eerste keer sedert sy vrylating op 29 Julie die media toegespreek tydens ʼn geleentheid by Gift of the Givers se kantoor in Johannesburg. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het op 3 Augustus bevestig McGown is uiteindelik vrygelaat. Daar was sedertdien heelwat bespiegeling oor hoe McGown se vrylating bewerkstellig is, maar Nkoana-Mashabane het gesê die Suid-Afrikaanse regering betaal nie lospryse vir gyselaars nie.

Stephen McGown en sy vrou, Catherine (10 Augustus 2017). Foto: ANA

“Om eerlik te wees, ek is kwaad oor my ma [wat in Mei oorlede is],” het McGown Donderdag gesê. “Ek is kwaad dat ek nie vrygelaat is voor haar dood nie. Hulle het geweet my ma is siek. Hulle het dit geweet. Om my ma met net twee maande te mis – ek is kwaad daaroor. Maar ek moet hierdie ding laat gaan.”

McGown se vrou, Catherine, en sy pa, Malcolm, was tydens die konferensie aan sy sy. McGown, wat tydens sy aanhouding die Islam-geloof aangeneem het, het gesê hy sal die terreurgroep vergewe. “Ek sal vergewe en ek sal aanbeweeg. Jy kry net een lewe en ek wil nie die las hiervan op my skouers dra nie. So dit is oukei. Dit sal wees.”

McGown het deur Mali gereis toe hy op 25 November 2011 in Timboektoe gevange geneem is. Hy was een van drie toeriste wat deur die ontvoerders gevange geneem is. ʼn Vierde toeris, ʼn Duitse man, is doodgeskiet toe hy geweier het om in die ontvoerders se voertuig te klim.

Lees alle vorige berigte oor Stephen McGown op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Maryna Cilliers ·

Kom ons gun hulle na SES jaar van hel en die lewe wat moet aangaan, rus en vrede, n lekker bederf vakansie. Skiet n rand of twee en kom ons help die twee mense. Sy vrou het by hom gestaan, waaroookal hy sou wees. Jy is ;n groot ster girl. Komaan, kom ons help hulle tweetjies om mekaar weer in vrede te ontdek en al die jare op te vang. Wie is in

FM ·

Maryna, ek dink dis ‘n goeie idee. Maar waar kan ons ‘n bedraggie inbetaal?

N Lourens Reitz, ek dink dit sal hom tyd neem om weer sy voete te vind, en met tyd mag hy weer tot ander insigte kom wat sy geloof betref. Ontvoering oor ‘n lang tydperk kan vreemde dinge aan ‘n mens doen. Dis sekerlik ‘n moeilike pil om te sluk vir sy familie.

Alle sterkte aan hom en sy familie.

N Lourens Reitz ·

Gaan Mcgown die Islam geloof behou en verder be-oefen en ook uitleef?

Garath ·

Soos ek van die TV onderhoud verstaan is hy baie opgemaak met Islam. Want toe hy die geloof aanneem toe kry hy goeie kos en klere en beskuit ens. Beloning? Maar 6 jaar van sy lewe is van hom weggeneem!. En hy sê Islam is goed. Iewers in die 6 jaar het sy denke deurmekaar geraak. As Islam so wonderlik en liefdevol is: Hoekom het hulle hom nie die geleentheid gegun om sy moeder voor afsterwe te sien nie,

Sputnik ·

As Islam so goed is, waarom het hulle hom in die eerste plek ontvoer??

Pieter J ·

As hy Moslem bly en sy is ‘ n Christen wat is die kans dat hulle storie ‘n gelukkig einde kan he ????

Pop ·

Tragies dat die man nou so uitdraai. Wonder of gaan sy vrou ook nou draai en gewade begin dra.

Luister ·

Baie bly dat hy vry is! Gun hom en sy familie om in vrede net eers weer saam te wees.
Diegene wat so krities is; onthou, julle was nie in sy skoene nie.

Hartseer ·

Dis vir my baie hartseer. Dis soos om jou siel te verkoop.

Bil ·

Iewers klop iets nie so lekker nie… Hoelank het dit nie die ander mense wat ontvoer is gevat om net op te hou bewe nie en hy kan dadelik vergewe?

Willem ·

Welkom tuis. Jammer oor jou ma. Gelukkig leef jou pa en jou vrou nog – en jy! Dink maar mooi oor Islam want dis alles behalwe ‘n religie van liefde…

Jaco Grobler ·

Gee nie om watter geloof hy is nie, met die spesifieke aksie tree op soos ‘n christen deur te vergewe. Baie groot van hom.

John ·

Breinspoeling? Christene moet volgens die Bybel bereid wees om te sterf vir hul geloof. Die Moslems erken nie Christus as die Seun van die Hemelvader nie, maar sien hom bloot as ‘n profeet gelyk aan Mohammed wat aan ‘n soortgelyke bende behoort het en in ‘n skermutseling gesterf het om in 700 nC tot geloofsheld verhef te word. Ons kom nie tot die Vader behalwe deur middel van Christus nie. Die Franse Hugenote het hier beland omdat hulle nie wou afsien van hul geloof nie. Vergewe… dis nie ons ligtelike besluit wat tel nie. Wat het die kerel in die eerste plek op so ‘n gevaarlike plek gaan soek… geld?

jaco ·

die franse hugenote het in dieselfde drie-enige God as die Rooms-Katolieke geglo, maar hulle is deur die Rooms-Katolieke vervolg. Christene wat Christene vervolg is ‘n groter skande as ander gelowe wat Christene vervolg.

Wonder maar net ·

Hoe verkoop jy jou God jou geloof en jou standpunt

anton ·

Wens hy wil net daai baard en hare sny dat hy weer soos n mens kan lyk. :-)

Is lam ·

Verstommend. Hy het seker nie so slgete tyg gehad nodat hy Moslem is nie. Is sy familie nou “infidels”? Sal hy hulle soos die Quran vereis doodmaak as hulle nie ook Islam aanvaar nie? Wonder maar net….

E.K. - ek sê net! ·

Ek gun hom vrede en mag hy kan vergewe en aangaan, ek dink nie een van ons wat NIE in sy skoene gestap het weet waardeur hy werklik is nie. Sy godsdiens is sy persoonlike saak, niks met my uit te waai nie nog minder met enigeen hier.

Ada ·

Miskien moet hy maar eerder teruggaan waar hy obviously nou eerder hoort met sy nuwe geloof dresscode en kapsel

Weg van die Huis ·

Goeie More
Ek glo nie enige een van ons verstaan die ware toedrag van sake nie. Om vir ses jaar lank weg te wees van jou familie -geliefde en enigiets wat sin maak sal jy enig iets doen vir oorlewing. Tydens die instink van oorlewing tel geen geloof-waardes-oorsprong en of verwyte nie maar net die instink om te kan oorleef.
Maklik om te praat oor sy hare-sy baard en sy oorleweings taktiek. Het Jesus Christus ook maar nie n baard gehad met lang hare soos Jan Van Riebeeck nie – nou oordeel jul die man. Ek skaam my vir die kortsigtige Boere Nasie wat eers wil fout soek en wil oordeel as om die oomblikke vir die man en sy familie bly te wees.
Besef julle wat so maklik klippe gooi hoeveel van ons huidige broodwinners mans en vrouens buite SuidAfrikaanse grense werk om vir ons families te sorg en 95% van die areas is ISLAM georienteerd (Moslems).
Al my mense wat vir my werk vir die laaste 10 jaar is Moslems en ek dink nie 2 keer om die geld wat hul my betaal vir my familie te gee vir n beter leefstyl nie. Jul moet leer van oorlewing voordat jul kan oordeel, Ek sal tot n Boedhis word sodat ek my familie weer kan sien.

Cherokee ·

Nee, dit is jý wat moet leer… van geloofswaarde. Dìt is die manier om te oorleef.

HB ·

Ek kan nie verstaan dat mense so maklik kan oordeel nie. As jou seun 6 jaar kan oorleef deur
n ander geloof aan te neem terwyl hy aangheou word sou jy hom nie ondersteun het nie. Gee hierdie mense die kans om tot verhaal te kom. Niemand anders weet wat dit geverg het om te oorleef en jou ouers ‘n groter hartseer te spaar nie.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Weg van die huis – stem 100% saam met jou (sien my vorige opmerking E.K. ek sê net). Kan nie glo hoe mense die man geoordeel het en hulle weet GLAD nie wat hy als moes deurmaak nie.

FM ·

Die lewe kan baie maklik vir diegene wat vanuit ‘n gemaklike rusbank oordeel en veroordeel, alles weet en antwoorde vir alles het ook (baie) skeef loop. Daar is geen waarborge nie.

Sterke aan Stephen en sy vrou.

ja is... ·

Dit het alles met jou uit te waai. Dit het alles met my uit te waai, want die Here se in sy woord. Gaan uit en gaan verkondig my woord.
1 Konings 8:60

(60)Dan sal al die volke van die wêreld besef die Here is God; daar is nie ‘n ander nie.

Psalm 105:1

(1) Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.

Jesaja 49:6

(6) Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ‘n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.

Jesaja 52:7

(7) Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Die Here sê ook in Sy Woord mens mag nie oordeel nie…

Cherokee ·

Aan ‘jy-sê-net-alweer’, … wàt ‘n desperate buite konteks antwoord op ‘n leersame kommentaar.

Jesus Kind ·

Matteus 10:18

(18) Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig.

Matteus 28:19-20

(19) Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
(20) leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Vers 19 staan bekend as die “groot opdrag” of die “sendingopdrag”.

Markus 16:15-16

(15) Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.
(16) Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.

Lukas 21:12-13

(12) “Maar nog voordat dit alles gebeur, sal hulle julle gevange neem en vervolg. Hulle sal julle oorlewer vir verhoor in die sinagoges en vir opsluiting in gevangenisse; hulle sal julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
(13) Dit sal vir julle ‘n geleentheid wees om van My te getuig.

Mariska ·

Bly die man is terug by sy huis. As hy in 6 jaar se tyd van geloof kan verander (en ek neem aan hy was voorheen ‘n Christen), mag sy vrou versterk word om hom tot ander insigte te bring.

Ada ·

Ek het voorheen kommentaar gelewer en Maroela het dit nie geplaas nie.Seker nie polities korrek nie? Ek gaan weer probeer en net my woorde effens rondskuif.Aangesien islam nou so goed vir hom is moet hy dalk nie teruggaan nie.Ek sien dat hy wel islam adverteer deur sy voorkoms en hare en baarddos.Het hy dalk sy siel vir n pot lensiesop verkoop? Dit is net n vraag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.