Harmony Gold Mining Company het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig een van sy werknemers by Target-myn is noodlottig beseer.
“Een van ons werknemers is dood tydens instandhoudingswerk by die ondergrondse verkoelingsaanleg by Target-myn in Welkom in die Vrystaat,” het Lauren Fourie, woordvoerder van Harmony Gold, gesê. “ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.”
Die bestuur het sy medelye betuig met die familie, vriende en kollegas van die werknemer.