Sterftes langs kuslyn aangemeld

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdag gesê verskeie mense is die afgelope paar dae langs die land se kuslyn dood.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê ʼn 59-jarige man het Maandagoggend by Melkbosstrand inmekaargesak. Die man was op die strand nadat hy branderplank gery het en het vermoedelik inmekaargesak as gevolg van ʼn hartaanval. Omstanders het noodhulp toegepas voordat paramedici by hulle oorgeneem het. Die man is egter kort hierna op die toneel dood verklaar.

Twee mans het Dinsdag by Alkantstrand in Richardsbaai verdrink. “By ons aankoms op die toneel was die Meditrax-ambulans reeds daar. Volgens hulle is twee mans deur seestrome meegesleur.”

Lewensredders kon daarin slaag om een van die mans uit die water te red. Paramedici kon egter nie daarin slaag om die man by te bring nie en hy is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Uitgebreide see-en-kuslynsoektog het geen teken opgelewer van ʼn tweede man nie en die polisie se duikeenheid sal aanhou om verder te soek.” Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die NSRI het intussen ʼn beroep op die publiek gedoen om nie lanterns die lug in te stuur nie, aangesien dit verwar kan word met noodfakkels.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.