Sterkstroom-busongeluk se dodetal styg

Foto: @WCHEMS/Twitter

Die dodetal van ʼn noodlottige busongeluk naby Sterkstroom in die Oos-Kaap het gestyg nadat ʼn vyfde persoon, ʼn bejaarde man, in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Die bus was Woensdag van Oos-Londen na Pretoria op pad toe dit op die N6 naby Sterkstroom omgeslaan het.

Maroela Media het vroeër berig vier persone is op die toneel dood en 24 ander, insluitend ʼn kind, is na Frontier-hospitaal geneem.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê ʼn 73-jarige man het ook gesterf. Twee van die slagoffers is uitgeken as ʼn sewejarige seun en sy 27-jarige oom van Queenstown, het Mdleleni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.