Steun gevra teen onteiening sonder vergoeding

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Donderdag begin met ’n openbare steunwerwingsveldtog om standpunt teen onteiening sonder vergoeding in te neem.

Dít volg nadat die parlementêre ad hoc-komitee wat met die wysiging van die Grondwet gemoeid is, die wetsontwerp gepubliseer het wat ten doel het om die Grondwet in hierdie verband te wysig. Die publiek het tot 31 Januarie 2020 om op die wetsontwerp kommentaar te lewer.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dit is geen toeval dat hierdie wetsontwerp tydens die Desembervakansie gepubliseer is nie. Hy moedig die publiek aan om nie toe te laat dat hierdie wetsontwerp ongesiens deurgestoomroller word nie. AfriForum versoek dus die publiek om aan AfriForum ’n mandaat te gee om die wetsontwerp teen te staan.

“AfriForum het reeds aan sy regspan opdrag gegee om kommentaar op die wetsontwerp voor te berei. Hierdie reaksie sal in Januarie 2020 by die parlement ingedien word. Ons benodig egter soveel as moontlik steun van die publiek om ons stem in hierdie verband te versterk,” sê Roets.

Die publiek kan hul stem by AfriForum se veldtog voeg deur die webblad www.onteiening.co.za te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Die terroriste maak net soos hulle wil as ons nie gaan standpunt in neem teen die korrupte ANC dan gaan daar niks oor bly nie

Neels ·

Daar is boggerol wat ons kan doen. Besluite is klaar geneem.

Maljan ·

Waar is die petisie? Al wat ek sien is n klomp kanaries wat twiet.

Sdl ·

Ek het erns n steun… waar moet ek dit aflaai vir nasie bou?

Johannes Jurgens Oosthuizen ·

Absoluut teen interning sonder vergoeding!!

Hannah Van der Merwe ·

Ek wil soooo graag hierdie ondersteun maar kan nie die instansie vertrou om my persoonlike besonderhede persoonlik te hou en my nie te pla met gemorspos in die toekoms nie. Het hulle n werkbare oplossing?

Schalk ·

Korrupte spul gee vir hul alles hulle sal dit so op d….. Gaan kyk hoe lyk die plase wat opr die afgelope 20 jaar vir hul gegee is.Nerens in afrika kon hul boeties suksesvol bestaande strukture in stand hou nie.Zimbabwe was n florende land tot Robert die plase afgevat het by WIT boere nou vrek hul van die honger.SlimANC wil selfde doen.Jammer SAL ESKOM Bosbou is ook onteien soos plase kyk hoe lyk hulle in hul maai.HIERDIE STELLINGS IS WAAR EN SAL WAAR BLY.Niemand kan n kultuur verander nie so aanvaar korrupsie moord verkragting diefstal dit is die kultuur van die meerderheid Suid Afrikaners.Westerse waardes is anders so in Afrika het sy kultuur as jy hier wil bly is dit n realiteit.

garrie kleinhans ·

dit mag nie en kan nie….hierdie is die einde van suid afrika soos ons dit geken het…totale anargie en moord is die onafwendbare gevolge….Rhodesia het dit bewys…

Emma Venter ·

Sonder die boere gaan ons nie kos he nie. Here laat U wil geskied en verhoed die onreg teenoor die boere. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.