Steun ʼn student-veldtog: 5 000 studente benodig studiegeld 

studente

Foto: Argief

Die vakbond Solidariteit het pas sy ‘Steun ʼn student’-veldtog bekendgestel.

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum is vroeg vanjaar oorval met ʼn rekordgetal aansoeke vir studiehulp, tot so ʼn mate dat soveel as 5 000 voornemende studente nie met finansiering vir vanjaar se studie gehelp kon word nie.

Hierdie uitdaging het ontstaan ten spyte van die feit dat die studiefonds ’n rekordgetal van 1 500 studente in 2017 met studies gaan help. Die totale bedrag van R40 miljoen is die grootste bedrag wat hierdie studiefonds tot nog toe uitbetaal het.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê duisende oproepe van voornemende studente stroom sedert 3 Januarie in. “Die nood is groot en die behoefte nog groter. Daar word rekord gehou van hierdie jongmense se name en ons wil poog om hulle op ’n individuele grondslag behulpsaam te wees.”

Hermann het gesê hoewel sommige voornemende studente hulself op tersiêre vlak kan bekwaam, het hulle nie toegang tot die nodige geld nie. “Dit is nie altyd moontlik vir studente om lenings aan te gaan nie en die staat se befondsing is ook nie vir hulle beskore nie,” verduidelik Hermann.

Solidariteit wil hierdie 5 000 studente ook met studiegeld help en doen ʼn beroep op die publiek om betrokke te raak en ʼn verskil in hierdie jongmense se lewens te maak. “Word vandag deel van dié boufonds en skenk maandeliks ʼn bedrag aan die studiefonds wat aangewend sal word om ʼn student te ondersteun.”

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig. Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks miljoene rande om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help.

SMS “Studeer” na 34802 of besoek www.solidariteit.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jem

Baie geluk aan Solidariteit. Dankie aan almal wat by draw om n verskillende te maak. Ek is baie trots op Solidariteit.

Trots Afrikaans

Maak net seker hulle is Christelik Afrikaans en vir Christus en Afrikaans.

jaco

Gaan hierdie studente almal eendag werk kry nadat hulle hulle wonderlike grade gekry het? Dieselfde Solidariteit het dan tot by die VN gaan kla oor hoe regstellende aksie toenemend blankes werkloos maak.

Jane

TROTS OP JULLE WOW .. Dankie dat julle bou en werk aan kinders wat al moed verloor het se toekoms. Ek het ongelooflik baie agting daarvoor. GELUK!

jaco

Studeer deur akademia sonder feea must fall optogte en maande sonder enige klasse. Kry jou graad oor 4 jaar en stap dan, in die jaar 2021 uit en begin werk soek. Die een deur na die ander gaan in jou gesig toegeklap word met: sorry no work because you are white”. Begin dan n eie besigheid. Ek weet nie hoe nie, want jou studieskuld gaan op R600 000 of meer staan. Nou stel jy mense in jou eie besigheid aan en dan verplig arbeidswette jou om regstellende aksie toe te pas. Doen jy dit nie, word jy beboet. Doen jy… Lees meer »