Talle mense het Sondag by die Emmarentiadam in Johannesburg bymekaar gekom met wit T-hemde en groen harte op hul gesigte geverf om deel te neem aan ʼn wêreldwye betoging vir omgewingsvriendelike energie.
Die geleentheid is deur die burgerlike organisasie Avaaz en die klimaatregtegroep 350.org georganiseer. Dit was een van honderde wat wêreldwyd gehou is in aanloop tot die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingsberaad wat Dinsdag plaasvind. Omgewingsaktiviste doen ʼn beroep op wêreldleiers om 100% skoon energie te gebruik om ʼn moontlike klimaatsveranderingskrisis te vermy.
Die betogers het as deel van die geleentheid in die vorm van ʼn hart gestaan terwyl ʼn radiobeheerde helikopter foto’s geneem het. Hierdie foto’s gaan saam met foto’s van die ander soortgelyke geleenthede by die klimaatberaad in New York vertoon word.
ʼn Spanleier van die 350.org-groep, Ferrial Adam, het aan die skare gesê dat almal hulle hul deel kan doen om klimaatsverandering te voorkom. “Ons moet meer betrokke wees. Ons moet druk plaas op ons plaaslike raadslede wat dit weer sal oordra aan die provinsiale en nasionale leiers,” het Adam gesê. Sy het verder aangevoer dat hidrobreking die slegste ding is wat gedoen kan word in ʼn water-skaars land soos Suid-Afrika.
Dis nou al jare na Climategate. Hoe is dit dat daar nogsteeds mense is wat aangaan oor klimaatsverandering?