Steun vir Mogoeng ná uitspraak

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: GCIS)

The South African Friends of Israel het Vrydag sy misnoeë te kenne gegee nadat die Regterlike Dienskommissie (RDK) se Regterlike Gedragskomitee (RGK) bevind het dat hoofregter Mogoeng Mogoeng om verskoning moet vra vir sy uitsprake oor die konflik tussen Israel en Palestina.

Die organisasie sê die komitee se uitspraak poog om die hoofregter te sensor en te snoer, nadat hy bloot sy Bybelse liefde vir Israel uitgeleef het.

“Die hoofregter se opmerkings is wettig, regverdig en nie kontroversieel nie,” sê Bafana Modise, woordvoerder van The South African Friends of Israel.

Die organisasie sê Mogoeng se uitsprake is gemaak in ooreenstemming met sy geloofsoortuigings wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm word, tesame met die regterlike kode wat regterlike gedrag reguleer.

“Hierdie uitspraak is ʼn vorm van institusionele kansellasiekultuur teen regters wat die Christelike oortuigings uitleef waarin steun vir Israel en vrede benadruk word,” meen Modise.

Maroela Media het vroeër vandag berig die RGK het in Julie 2020 met ʼn ondersoek begin na Mogoeng nadat verskeie organisasies, waaronder die drukgroep Africa4Palestine, ʼn klag teen die hoofregter ingedien het nadat hy tydens ʼn paneelgesprek kritiek gelewer het op die ANC-regering se eensydige benadering tot die stryd tussen Israel en die Palestyne.

Mogoeng het destyds tydens ’n webinaar van die Israeliese koerant Jerusalem Post pro-Israeliese uitsprake gemaak en ook gesê die Bybel se gesag is hoër as dié van die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Regter Phineas Mojapelo, lid van die RGK, het intussen bevind dat Mogoeng by ʼn politieke omstredenheid of aktiwiteit betrokke geraak het wat strydig is met die kode vir regterlike gedrag. Daar is ook bevind dat Mogoeng die aansien van die regterlike amp gebruik het om die private belang van die regter of ander te bevorder en dat hy betrokke was by aktiwiteite buite die reg wat onversoenbaar is met die vertroue in en die onpartydigheid van regters. Mogoeng het ook versuim om die skeiding van magte te respekteer.

Modise sê The South African Friends of Israel is ten sterkste gekant teen die uitspraak.

“Dit kan nie wees dat ʼn paar klein maar lawaaierige en ekstremistiese groepe die laaste sê het oor die oortuigings en sienings van vredeliewende Suid-Afrikaners nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Flip ·

Indien sy uitspraak ten gunste van Palestiena was sou almal hom geloof en geprys het en daar sou geen probleme gewees het nie.

Yvonne ·

Ongelukkig word die lawaaieriges deur die grootbek linkse media ondersteun wat hulle sieninge buitensporig uitbasuin!

Samuel ·

Dit is verby middernag as mens nie jou Christelike geloof mag uitleef nie, regter of nie. Die Bybelse gesag is hoër as enige grondwet.

Johan ·

Christelike geloof uitleef….deur Israel te ondersteun. Hoe kom jy daarby uit? Lyk my julle is baie verward, Israel is anti-christene. Verstaan julle nie die Nuwe testament nie!

Jaco ·

Hy beweer hy hou so mooi by die Bybel, so nou wonder ek maar net, het hy al ooit in die openbaar gekla oor ander “sondes” waaroor die Bybel duidelik is, maar wat wettig is in SA? Ek dink naar net aan goed soos aborsie, dobbelary en die openlike rassisme van regstellende aksie. Of id ek heeltemal verkeerd? Is daardie goed regtig nie sonde nie?

Sonia ·

Ek dink die Regter doen sy werk soos jy voorstel tydens hofsake – hierdie is iets heeltemal anders – ons het meer mense soos hy nodig en minder mense soos jy

Jannie van Niekerk ·

Die regter het vir Israel teen die palestynse terroriste gepraat. Wanner hy op die regbank sit is hy een van die baie min wat alyd onpartydig is. Sy uitsprake is altyd geoped deurdink

JohanR ·

My steun aan jou regter…..jy het niks verkeerd gedoen. Die naam Israel is soos ‘n rooi vlag voor die ANC. As hulle net kon regkry wat Israel al bemag het! Hulle het gegaan van ‘n land met min water, tot ‘n land wat water uitvoer na lande om hulle. Hulle het die woestyn maak blom, en hier in SA dwaal ons maar net in die woestyn rond te danke aan die ANC!

Dirk Mostert ·

Waarvoor ‘n “Bybelse liefde vir Israel”? Die Jode in Israel beoefen die Joodse godsdiens, maar is nie etniese Israeliete nie. Hulle het van die huidige Kazakstan na Europa migreer gedurende die Middeleeue. Hulle is die oorsaak van kommunisme. wat teen die Christendom is.

Jannie van Niekerk ·

Niemand kla oor die mense wat die palestynse terroriste ondersteun nie. Waarom moet Regter Mogoeng uitgesonder word omdat hy Israel ondersteun? Ek ondersteun hulle ook. Wie gaan my keer?

Petrus Johannes ·

Hoof Regter ek staan saam u U het niks om sorry te se nie .Laat hul voertsek en hul Bybel gaan lees

Casper ·

Hoekom spreek ‘n regter hom uit oor sy bybelse liefde vir ‘n land wat juis die apartheidsregering bygestaan het.Hoekom spreek hy nie sy bybelse liefde uit oor die moorde in sy eie pragtige land uit nie.Het julle hom al ooit gehoor kritiek lewer oor geslagsgebaseerde misdade of plaasaanval en plaasmoorde,Arizona.Regter Mogoeng hou jou by jou leuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.