‘Steunpilare’ van gemeenskap in huis doodgesteek

Murray Ross (67) en sy vrou, Julie (60), is Saterdag helder oordag in hul huis in die Umtentweni-omgewing doodgesteek (Foto: Port Shepstone Country Club)

Die gemeenskap van Umtentweni, KwaZulu-Natal, is geruk ná die moord op ʼn egpaar wat as “steunpilare van die gemeenskap” beskryf is.

Murray Ross (67) en sy vrou, Julie (60), is Saterdag helder oordag in hul huis in die Umtentweni-omgewing doodgesteek.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is beamptes omstreeks 12:15 na die dubbelmoordtoneel ontbied.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die egpaar met verskeie steekwonde aan die kop en nek aangetref,” het Gwala bevestig.

“Die huis is geplunder en dit lyk of die moordenaars die huis oopgedwing het.”

Die Port Shepstone-polisie ondersoek sake van moord en huisroof. Die aanvallers is intussen steeds op vrye voet.

Die Port Shepstone-buiteklub het in ʼn nuusbrief sy medelye aan die Ross-egpaar se familie betuig. Murray en Julie was jare lange lede van die klub.

“Ek het nie woorde om my hartseer uit te druk nie. Murray en Julie was steunpilare in ons gemeenskap. Hulle het ook ʼn groot rol gespeel in die voortbestaan van die klub,” het Ryan Ringo, die voorsitter van die klub, gesê.

Die klublede beoog om Vrydagmiddag by die klub ʼn gedenkdiens vir die Ross-egpaar te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Anargie heers in Suid-Afrika en dit is duidelik dat dit styg,die polisie is nie bevoeg of bereid om hulle werk te doen nie, ons is op onsself aangewese vir selfbeskerming.

Inkpot ·

Selfbeskerming?
Hoe beskerm jy jouself en jou gesin sonder ‘n vuurwapen as jy deur moordbendes oorval word?

Aai ·

Inkpot doen aansoek vir een dan het jy ‘n kans om jouself en gesin te beskerm.

Inkpot ·

Dis nie so maklik om ‘n lisensie te kry nie. As dit maar net was.
Onthou ook dat die uitvaagsels nie alleen kom nie, hulle kom in groepe en almal is gewapen. Hoe beskerm jy jou gesin teen so oormag?
Maar ja, ek stem saam, mens moet eintlik nooit ongewapen wees nie.
DIs immers Suid-Afrika

Jan Seerot ·

Jy moet jouself ‘n kans gee. Daar moet iets wees wat jy na kan gryp; ‘n dolk, bofbalkolf, gholfstok, vuurwapen. Gee jouself ‘n kans. Die waarskynlikheid dat jy totaal verras gaan word is groot, maar indien nie, het jy ‘n kans. Dink dit, doen dit.
Ek het messe, kolwe en bakleigoed oral in my huis gehad. Een by die kluis as jy dié moet oopmaak. Op die snaakste plekke was bakleigoed. My pistool was nie in die kluis as ek by die huis was nie. Net daardie halwe kans om jouself te verdedig. As jy dan moet sterf, sterf vegtend.
As jy die Lotto wil win, moet jy ‘n kaartjie koop.

Cherokee ·

Julle behoort nie sonder(‘n) vuurwapen(s) te wees nie, Inkpot.

Swerwer ·

Hoed gee jou pos af aan iemand wat daartoe in staat is om hierdie barbarse gedrag te stop, jy is beslis nie van plan eh het nie die guts om teen jou mense op te tree nie. Ga, sies man en dan …………………………………………………….

Elinette ·

Hou op om te “Hoed” hier en daar. ‘n MINISTER van polisie het nie beheer oor watter misdade gepleeg word nie. Ons kan die wonderlikste “hands-on” Minister van Polisie hê en misdaad sal steeds hoogty vier. Dit kom neer daarop dat ons land – dit wat daarvan oor is – al hoe meer en meer agteruitgaan a.g.v. korrupsie, wanbestuur, ‘n vervalle ekonomie, wat lei tot groter werkloosheid, meer armoede en swaarkry en landsgrense wat letterlik en figuurlik oop lê vir enige Jan Rap en sy maat om oor te stap. Ons wéét wie die grootste misdadigers in die land is en dit is beslis nie die deursnee-tipe blanke persoon nie. Ongelukkig, dit wat nóú in die land aan’t gebeur is, is presies waarteen mense soos Dr. Verwoerd, oud-Pres. Swart, Botha en die ou NP hard baklei het.

Inkpot ·

Hoekom is daar so baie moorde in Suid-Afrika?
Omdat dit so maklik is want polisiewerk is swak en omdat die moordenaars nie met hulle eie lewe hoef te boet nie.
Hulle kom letterlik weg met moord!
Dis om van siek te word om in ‘n land met so korrupte stelsel te leef … of eerder altyd in vrees te leef.

Daniel ·

Hulle kom miskien nou weg maar gaan eendag geoordeel word vir hulle dade in die hiernamaals

Hennie ·

Nou kan ou hoed nog ‘n kerf op sy onbevoegde stok maak!

miavos ·

Hulle IS steunpilare – nie ‘steunpilare’ nie. Wat ‘n tragiese uiteinde!

Kokerboom ·

Die aanslag op witmense in die land is uiters onrusbarend!!!Nogsteeds tree ons mense so naief op in hul daaglikse omgang!!!Die boewe in die land vrees NIE die gereg en tree onbeheersd op.

Skappie ·

Wonder wanneer gaan hierdie moorde eendag ophou. Elke dag lees mens van moorde, mense wat geskied word of dood gesteek word. Innige simpatie aan die gesin, en vriende van hierdie ouerpaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.