Steve-album kry goue status in ʼn week

Steve Hofmeyr. Foto: Verskaf

Steve Hofmeyr. Foto: Verskaf

Skaars ʼn week nadat Steve Hofmeyr se nuwe country-album, If you could read my mind, uitgereik is, het dit goue status bereik.

“Vreugde aan die wêreld, country het weer sy merk gemaak! Duisend dankies vir soveel ondersteuning vir my CD,” het Steve Sondag oor dié blits-sukses gesê.

“Ek is oorstelp van geluk dat die musiekwêreld in 2015 steeds soveel plek het vir goeie, bekende, beproefde en ware countrymusiek. Julle het my gedagtes gelees … en as die album mooi lyk onder jou Kersboom, koop sommer nog een.”

If you could read my mind bestaan uit 15 van die gewildste countryliedjies, waaronder ’n roerende  verwerking van “Teach your children wat Steve saam met die Coleske-broers, Ewald en Arnold, opgeneem het.

Countrylegendes aan wie Steve hulde bring op sy album, sluit onder andere in The Eagles (“Heartache tonight), Creedance Clearwater Revival (“Have you ever seen the rain”), Gordon Lightfoot (“If you could read my mind”), Don Williams (“Gypsy woman”) en Glenn Campbell (“Rhinestone cowboy”).

Die album is beskikbaar op iTunes en landswyd in musiekwinkels en word deur Universal Music SA versprei.

Steve-Hofmeyr-country

Steve Hofmeyr sing weer country-musiek. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Karolis ·

En dit nogal sonder die Stem!
Mooi so Steve, nou is klomp bekke stil.

J.Z ·

Steve,baie geluk ,stem, sing hulle bekke stil,en hou aan om die waarheid te praat al hou party nie daarvan nie.

riana ·

Mooi Steve hou so aan wys jou net jy het die stem en jou musiek bly wonderlik. Baie geluk met jou cd en goue status . Mooi musiek is voedsel vir jou siel . Niemand kan jou stop nie!

Charl ·

En dit nogals alles in Ingils en met n regte egte cowboy hoed op – ai Steef, hoe teleurgesteld is ek nou

christine ·

Baie geluk. Min het ek kon dink toe jy in martriek, so geloop het een na skool na jou ma se kar jy is vol drome. Altoos kop onderstebo loop jy en kloppe skop. Altyd vir my seun gevra wie is daai outjie, as hy verduidelik, se ek as jy jou skoene so vel af skop trek ek jou gatvelle af.

Rupert Ashford ·

Mooi Steve, geniet die resultate. Vir die bitterbekke – “It’s gonna be a heartache tonight…”:-)

Beatrix Stevens ·

Well Done Steve…… Daai CD moet ek koop”” Love Country”’ met so n stem…. geen wonder”” Gaan Groot…. en gaan Goud”’ Jou musiek bly die Beste”” Moet nooit ophou sing….

Charmaine ·

Hoekom nie engels nie? of verstaan julle dit nie? Baie geluk Steve. Jy verdien GOUD!

BoereBikerBaby ·

Aitsa! dis mos hoe dit gedoen moet word. Baie geluk Steve!

Ek het gister die movie Treurgrond ook gekyk. Baie dankie vir dit, hopelik sal dit baie mense laat besef hoe ernstig die plaasmoorde in SA geneem moet word. Weereens, welgedaan!

Sue ·

Steve jy is ‘n baie geseende mens. Alles wat jy doen is ‘n sukses. Dis seker omdat alles wat jy doen met oorgawe is. Go Steve GO!!!!

sarie van heerden ·

Ek hou nie altyd van AL die liedjies op Steve se ‘cd,s nie maar solank daar EEN snit is waarvan ek hou koop ek dit. VEELS GELUK STEVE

anne ·

Jean, ek dink jy ruk nou regtig die dam onder die een uit hier. Gelukwense het niks met aanbidding vir die man te doen nie.

Jean ·

Ek kan die heeldag na my vrou en kind luister.
Toe ek enkel was kon ek die hele dag Bybel lees.
Jy weet dis snaaks, maar ek kan die heel dag en nag asem haal.

Ek weet ek kan die heel dag TV kyk ook, maar ek weet daar is iets fout daarmee, so ek doen dit liewers nie.

Ek wens so nou en dan ek kon die heel dag slaap, maar dan doen ek dit ook nie.

Hey, as jy gaan veg vir ‘n standbeeld se voort bestaan, dan gaan jy sonder twyfel die ander standbeeld dienaars se held word, reg?

Jean ·

Judges 6:30 Then the men of the city said unto Joash, Bring out thy son, that he may die: because he hath cast down the altar of Baal, and because he hath cut down the grove that was by it.
31 And Joash said unto all that stood against him, Will ye plead for Baal? will ye save him? he that will plead for him, let him be put to death whilst it is yet morning: if he be a god, let him plead for himself, because one hath cast down his altar.

Liza Opperman ·

So tipies weer Suid Afrikaners…..gun niemand hulle stukkie son nie…..ai ek sak my kop in skaamte….

Well done Steve! Ek gun almal hulle stukkie son!

Dingetjie Datjie ·

Dankie Steve dat jy Country se naam hoog hou. Al ons Country legends gaan een na die ander weg en iemand moet aanhou om hulle musiek en nuwe country musiek in te bring. Ek is ‘n country baba en dit sal ‘n baie hartseer dag wees as Country musiek nie meer daar is nie! Hou so aan Steve!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.