Steve Biko-hospitaal ontvang reuseskenking uit China

Van die toerusting wat geskenk is. Foto: ANA.

Die Chinese regering het Dinsdag hoogs gespesialiseerde mediese toerusting aan die Steve Biko akademiese hospitaal in Pretoria geskenk.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het dit ontvang.

“Ek wil regtig baie dankie sê vir hierdie skenking, namens die regering en die mense van Suid-Afrika. Dié soort toerusting sal altyd hoog in aanvraag wees, daar kan nooit genoeg wees daarvan nie,” het Motsoaledi gesê by die oorhandigingseremonie binne die hospitaal.

Motsoaledi het gesê die toerusting sal gebruik word om dit wat die hospitaal het aan te vul en ander ouer toerusting te vervang. “Die toerusting wat ons ontvang het, was reeds in ons aankopeplan omdat ons toerusting so verouderd is. Dit is ʼn groot verligting, want nou kan daardie geld elders aangewend word.”

Die toerusting sluit 24 monitors vir tekens van lewe, SynoVent E5/Neonatale-ventilators en A7-narkosewerkstasies in.

Motsoaledi het ook aan die Chinese verteenwoordigers gesê dat mense dink dis ʼn skande om na staatshospitale toe te gaan. “Ek as minister kry egter my behandeling hier, dit is die beste hospitaal dié. Mense dink egter dis propaganda as ek hierheen kom,” het hy gesê.

Die Chinese afvaardiging het hul minister van gesondheid ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

ek ·

As die staat nie die geld so steel nie sal dit nie nodig wees vir skenkings nie!!!

Nettie ·

Ag, boel, mnr. dokter Motsoaledi. Jy, Minister van Gesondheid, jou mediese behandeling by ‘n staatsinstelling ontvang? Jy dink seker almal is so onnosel soos die meeste ANC kaders!

Hierdie skenking van mediese toerusting van China laat my net meer en meer dink dat RSA sterk oppad is na ‘n kommunistiese diktatorskap soos wat in van die Oosterse lande heers. Rusland blaas in ons nek oor ‘n 2de kernkragsentrale-ontwikkeling, ons voer omtrent alles van China in en baie na China uit …..

ja neh ·

“Daardie geld kan elders aangewend word” …. Ja seker vir die volgende partytjie!

Lions ·

Daai land gee nie verniet goed verniet weg nie. Kyk bietjie hoe het hulle begin oorneem in Namibië. Noem my nou maaar negatief. Dit is ek beslis nie. Om een of ander rede het van die regerings in Afrika ‘n liefde ontwikkel vir die Chinese. Paop maar net, dis al wat ek sê. Kyk bietjie in hoeveel lande in die wêreld is die Chinese betrokke? Hoekom wonder ek? Wat sou hulle in ruil wou hê?

Made in China ·

Lions, ek stem volkome met jou saam. Versigtig vir die Chinese, die een hand wat gee en die ander hand wat neem.
Die mense wat hulle goedpraat het nog nie ervaring van hulle gehad nie. Ek was in Afrika werksaam en het hulle brouwerk en konkelwerk gesien. Gaan kyk in hoeveel lande in Afrika “wheel ‘n deal” hulle. Geslepe nasie…VERSIGTIG vir hulle!!!

Reinhardt ·

Die chinese is ooral betrokke want daar is 1miljard van hulle… dit is n 7de van die wereld se bevolking.

Anoniem ·

Kom ons kyk hoe lank neem dit om verniel, gebreek of gesteel te word.

Geregtigheid ? ·

Ek wonder self hoe lank dit sal neem voordat dit vernietig of gesteel is !!!!

Rooikop Mamma ·

Mmmm kry die beste toerusting hoop hulle het opgeleide personeel wat daarmee kan werk anders breek dit weer in die eerste week. Net jammer hulle kry die beste toerusting maar lewer sulke uiterse swak diens hulle is gereeld in die nuus daaroor

Suzie ·

Baie dankie sou ek se, maar hopenlik is die ongeskikte personeel ook dankbaar en bereid om hul werk beter te doen.

charmaine ·

Geld sal seker aangewend word opknappings by wonings en as bonusse uit betaal word.
Eers die Gupatas en nou die Chineese? Niemand gee en verwag nie iets terug nie, veral nie in die politiek nie, so wonder wat gaan SA vir hulle gee? Krag, Nuclear, Land?

o ·

Sal graag wil sien of die toerusting oor ‘n paar maande nog in werkende orde is. Is daar ‘n instandhoudingskontrak met kundige tegnici ook geskenk?

Jaco ·

Busniess insider het Suid Afrika se natuurlike hulpbronne geskat as $2.494 Biljoen , die rykste land in die wereld in metale (Hierdie berekening was olie uitgelaat). Die tweede rykste land in die wereld in natuurlike hulpbronne is Rusland maar met $1.6 biljoen…..Die Chinese weet dit ……hul weet ook dat dit maklik sou wees om dit vir hul te vat, want ons land word beheer deur idiote!!

Paul Joubert ·

Beste Hospitaal ? My skoonpa het onlangs meer as 7 dae gele en wag dat iemand hom moet help by Steve Biko. Dit is sekerlik uitstekende diens vir ‘n Wereld bekende Hospitaal wat in aanmerking kom vir skenkings van China.

John ·

?.. vir die skenking? Sulke goeie, goeie harte die mense van Sjina… ja, sowaar. Hulle verwag nooit, nooit iets terug nie… ons ware, ware vriende… Nee, nee, regtig, glo my….

Ek wonder... ·

In ruil waarvoor? ïets vir iets”?!!!Jy kan uitstekende toerusting he, maar as die personeel onkundig en traak-my-nie-agtig is, gaan dit nie regtig ‘n verskil maak nie. Ek neem aan die toerusting het ook onderhoud nodig? Wie gaan dit doen? of is dit dan ‘n kwessie van “sorry toerusting is buite werking en ons het niemand om dit reg te maak nie”?

M ·

Ai tog, kan ons regering nie sien die mense wil ons land oorneem nie. Voor hulle hul oë uitvee is ons Klein China, ek dink ons is eintlik al klaar met al die China Towns en winkels wat ons mense so goed ondersteun.

1 ·

Wat help hierdie gespesialiseerde mediese toerusting as niemand die opleiding het om met dit te kan werk nie? Of gaan dit nou gestoor word en nooit gebruik word nie, miskien verkoop word?

D ·

Gee so paar maande en n groot tender word aan die Chineese toegeken.

Hein ·

Ja Mnr die minister. Ek het ook al die jare van staats hospitale gebruik gemaak. u sê dat u dit steeds gebruik masr noem nie dat die hospitaal ontruim moet word sodra u daar aankom met die 20 lyfwagte nie. Noem ook nie dat u onmiddellik gehelp word nie en ander tot ‘n week elke dag moet terugkom en hoop diz nou my beurt nie. Lyk my julle almal hou daarvan om snert te Praat.

Bertie ·

Wonder wie gaan die toerusting gebruik, skenk hulle ‘n paar gesondheids personeel ook? Wonder maar net.

bren ·

Ja wonder hoe lank dit gaan heel bly of voetjies kry?? haaglik.

o ·

Nog ‘n minister in ZuptaChin lala-land. So jammer dat daar soveel massas is wat al die snert wat gepraat word vir soetkoek opeet.

Johann ·

As ek so na almal se opinies kyk, stem ek seker maar saam met meeste van dit, MAAR, voordat ons vingers gooi en aantuigings maak….kom ons wees eerder dankbaar vir so skenking. Ons kan nie ons lewens met soveel haat en wrok leef nie. Ten minste is die skenking mediese toerusting wat kan gebruik word, en nie n skenking van luukste motors vir ministers nie. Of is ek nou onredelik?

JA Johann ·

Jy is redelik die REALITEIT is egter iets anders .. die mense kan nie die spesialis afdelings hanteer of beman nie, Carte Blanche het ‘n ruk terug ‘n baie groot campaign gelaunch en prematuur eenhede in hospitale ingerig en al wat ‘n fancy toerusting is aangekoop vir miljoene .. alles het na ‘n ruk toegesluit en ongebruik gestaan omdat niemand dit kon beman nie .. Dalk moet hulle vir BASIESE healthcare geld gee . want ongelukkig word die goed nie gebruik nie.

Justice ·

Johann jy is reg in jou seining en ek stem saam met jou – ongelukkig is die waarde van hierdie skenking alreeds in die volgende toerusting tender vir al die staatshospitale verdiskonteer wat op `n omstrede wyse aan die Chinese maatskappye toegeken gaan word. Die kwaliteit van die toerusting mag dalk nie aan die internasionale standaarde van bv. Duitse mpye voldoen nie. Dit is maar `n ander modus operandi van `n gunsloon om besigheid te bekom wanneer jou standaarde en prys dalk erens tekort mag skiet in `n oop tender.

REALIS!! ·

Whaaaaaaaaaaa julle mors julle tyd met gespesialiseerde toerusting …. vra maar vir CARTE BLANCHE wat het geword van die miljoene waarmee hulle hospitale opgegradeer het en nuwe prematuur eenhede aan laat bring het ? DIT was binne ‘n maand of twee TOEGESLUIT agter slot en grendel, niemand kon die gespesialiseerde eenhede BEMAN nie, want daar mag mos nie meer WITTES daar werk nie . so ja .MORS MAAR lekker julle geld, daar sal NIKS van kom nie .. Die hospitale se DAKKE val inmekaar, die hospitale het nie eers PLEISTERS nie, maar julle wil gespesialiseerde eenhede in hospitale inbring .die verpleegsters lê en slaap en gee nie eers aandag aan die NOODGEVALLE nie .. DUH!!

Scalla ·

Mooi gebaar van hul om toerusting te skenk, maar vorentoe gaan hul beslis iet in ruil daarvoor verwag,

Kobus ·

Ja dit is n mooi gebaar, maar is dit die moeite werd as hulle die swak gehalte klere wat hulle by Woollies, Edgars,Jet en Mr Price aflaai en in tussen betaan ons klerebedryf nie meer nie en hoeveel posted is daarmee heen

Boetman ·

Gee die land vir die Chinesse. As jy daar moor word jy in die openbaar tereggestel

Alida ·

Die hospitaal het nou alles maar ek sien nie opgeleide personeel nie. Geboue en toerusting help NIKS as daar nie opgeleide mense is om dit te gebruik nie. Siek wereld waarin ons leef. Daar is miljarde gesteel by die Gesondheidsdepartement nou moet ons bakhand staan vir skenkings SIESA.

Theresa ·

Raait. Nou het jul die skip (nie ‘n roeibooitjie nie – ‘n skip) narkose toerusting veral!! Hoop die kaptein word fyn gekies.
En werklik, ons hoop van harte dit word opgepas, GEDIENS en onderhou. lewens ter sprake… en ja, dis waar wat mense hierbo sê: daar is nie so ‘n ding soos ‘n “free lunch” nie. Raai, raai…

Moruti Stof ·

Baie dankie aan elkeen wat die bevoegdheid van ons wat diens lewer by Biko so bevraagteken. Ek self dank Vader self dat Hy, op welke wyse ookal, voorsien in wat nodig is hier. Ek lei af uit die kommentaar dat personeel by Biko dus almal van lae integriteit is en onbevoeg is. As integriteitloosheid dus die norm is om by Biko te mag dien. neem ek die titel met trots aan, en sal voortgaan om daar te dien.
Dankie ook aan elke korrespondent, wat hul waardering vir ons pogings uitspreek. Dit word hoog op prys gestel.

BIKO ·

AG ons is bly dat daar EEN competent enetjie is .. die klagtes oordonder ongelukkig die EEN outjie wat bevoeg is, vir die rukkie wat hy/sy nog daar gaan wees. FACE THE FACTS, moenie na uitsonderings kyk nie, kyk na FEITE! Lekker DIEN ou maat, moet net nie jou vliegtuigkaartjie Australie toe vergeet as jy klaar daar GEDIEN het nie.

Johan ·

Ek nie snaaks nie maar China doen nie net skenking sonder om iets uit die deal te kry nie kyk waar sit al die ander lande wat goud en minerale het ,oor geneem deur China ….wat het China hulle geskenk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.