Steve Biko-hospitaal sukkel met stukkende stoomketels

Die Steve Biko Akademiese Hospitaal (Foto: Carina Stander)

Die Gautengse departement van gesondheid gee dringend aandag aan die herstel van drie stoomketels in Pretoria wat onklaar geraak het. Die voorval veroorsaak dat daar tans onvoldoende stoomvoorsiening aan die Steve Biko- akademiese hospitaal en omliggende instansies in die stad is.

Die hospitaal se stoomketel verskaf stoomkrag aan verskeie gesondheidsfasiliteite in die hospitaalkompleks, waaronder die Tshwane-distrikshospitaal, die mond- en tandheelkundige hospitaal, die rehabilitasiehospitaal, die forensiese lykshuis, die gesondheidskrisissentrum, die hospitaalskool en die SG Lourens-verpleegkampus.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement, sê die stoom word onder meer gebruik vir die sentrale lugversorging en lugverwarmers, die voorbereiding van kos, warm water, steriliseringsdoeleindes en verkoeling (vrieskaste).

Die hospitaal het drie ketels wat gebruik word. Twee gebruik steenkool en ʼn derde ʼn kombinasie van gas en brandstof.

“Een van die ketels word tans herstel en sal na verwagting teen Mei gereed wees. ’n Tweede ketel het Maandag onklaar geraak en is nou buite werking hangende herstelwerk,” sê Modiba.

Die departement verwag dat die derde ketel binne die volgende paar dae weer in gebruik geneem sal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Vra asb Limpopo LUR om minder ambulanse te koop en sommige fondse na Gauteng oor te plaas vir ketelonderhoud

Sandra ·

Geen instandhouding nie, wag dat dit breek voordat enig iets gedoen word, dan is dit te laat – too little, too late…. met ANC gaan alles ten gronde

JohanR ·

Hierdie was eens op ‘n tyd ‘n splinternuwe moderne hospitaal. Deesdae is dit taxi’s, mense wat sommer daar slaap, gebreekte hysbakke, verpleeg personeel wat nie ‘n damn omgee en soe aan en soe aan. Dankie tog ek kan privaat bekostig, want by Steve Biko wil ek asseblief nie opeindig nie! Saam met die ANC verval alles!

Di ·

NET SO – geen wonder hospitaal personeel word fisies aangerand nie want hulle is onbevoeg en LUI. Sit net daar en wag vir hulle salarisse

sonneblommekie ·

Sorry – maar dis seker ESKOM se skuld ….

Wat is nié stukkend en gebreek in ons eens mooie SA nie …??

Henk ·

Instandhouding kan net plaasvind as die regte (persone) die hospitaal bedryf.
Skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.