Steve: ‘Devon lyk goed’

Steve en Devon Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Dinsdag gesê die operasie wat sy seun Devon moes ondergaan nadat hy geslaan is, was geslaagd.

“Devon lyk goed en sal moontlik vandag ontslaan word,” het Hofmeyr aan Maroela Media gesê. Devon moes Maandagoggend ʼn operasie ondergaan nadat hy laat Donderdagaand in ʼn hospitaal opgeneem is.

Armand Hofmeyr, Devon se broer, het vroeër gesê Devon se kakebeen is af geslaan en hy het ligte bloeding op die brein.

Volgens berigte het die onderonsie Donderdagaand om 23:00 buite die Platteland-kuierplek in Centurion gebeur.

“Die konflik Donderdagaand was oorwegend ʼn laataand, handsak-onderonsie. Net twee het hul hande gelig, en sal vasgevat word. Die geslotebaantelevisie is gelukkig duidelik oor wie dit was. Ek staan by Devon en hoop maar hyself leer iets hieruit,” het Steve in verband met die voorval gesê.

Steve het intussen bevestig dat daar nog nie ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak is nie. Hy wou egter geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Petro ·

Ag eks so bly om te hoor hy lyk goed :-) Word gou gesond Devon!!!

willem Botha ·

Sterkte Steve en seun ,beweeg aan en dankie vir die onselfsugtige werk wat jy doen om vir ons en ons kinders want net soos jou seun niks met apartheid te doen gehad het nie maar verdruk word deur diskriminerende wetgewing net so is ons kinders ook slagoffers.

Chris T ·

So as jy Klippies en Coke inkry raak jy “aktivisties”! Of is dit wanneer jy ‘n dame van die verhoog weg probeer hou? Help my asseblief om die regte perspektief te verkry

Dries du Toit ·

Steve het groter dinge wat hom besig moet hou. Hierdie handsak gevegte van sy kinders trek sy aandag af van die belangrikste aanslagte teen hom en die Afrikanervolk. Ons het nou gehoor . Dit is verby en laat ons voortgaan met die belangrike gevegte vir ons voorrbestaan

Liza ·

Regtig Dries? En wat doen jy as jou kind jou nodig het? Jy los alles en staan hulle by! Die res kan beslis wag!

Asjas ·

Hy het Vrydag aand by Rafters opgetree, sy show was awsome, professioneel en uitstekend. Net te kort …
Maar wat ek eintlik wil se is dat hy glad nie sy persoonlike probleme opgebring of saamgebring het nie.

Andreas ·

Asjas, so moet dit wees, respekteer hom. Dit sal nou intereassant wees as hulle die ‘regte’ storie vertel wat by die kuierplek gebeur het. Ek het maar stilgebly, dis nie my plek om hier te vertel nie, maar van wat ek elders gelees het Devon wou verhoed dat ‘n sangeres vir haar beurt die verhoog bestyg.

Siener ·

Devon ek is bly alles het goed afgeloop. Kla die moeilikheidmakers aan of laat hulle jou help met die plaasaanval opleiding.

Elsabie ·

Goeie nuus. So bly dit gaan beter. Sterkte vorentoe. En word gou gesond!

Snip ·

Sterkte vorentoe. Hoop julle kan rustig voort gaan met jul lewe.

Adam ·

‘n Aktivis en ‘n drankbottel was nog nooit ‘n goeie kombinasie nie en ek glo nie plaasboere kan hulle die luukse van rustig slaap veroorloof nie.

Heksie ·

Devon moet gou gesond word, maar my kind wat soek jy in sulke kuierplekke?
Onthou lafaards kom altyd in groepe …
Ek is seker jy kan jou tyd met beter dinge verwyl.

Blommie ·

Ja nee, goeie Christen Afrikaner boerseuns hoort nie in sulke hole nie, wat soek hy daar?

kolla ·

Dalk pakslae gekry omdat hy moeilikheid gesoek het? Sal nie verbaas wees nie, runs in the family.

JR ·

Dop en deurmekaar kop. Nee wat ou seun. Jou pa is Steve en het pad gestap. Jy is klein Devon. Nog in doeke en aan’t kruip wat lewenservaring aanbetref. Vergeet wie is jou pa. Krap jou eie pad oop.
Bly jy is ok na operasie. Leer net die les. Daars ander mense en hardebaarde daar buite. Respekteer almal en hulle sal jou respekteer.
Mooi loop.

Unknown # KK ·

Moet mense altyd die negatief raak sien omdat hul ongelukkig is or hul eie lewe en besluite. Almal begaan foute. Bly jy is op ‘n pad na herstel Devon!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.