Steve doen regstappe oor konsert

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

JONGSTE: Die plaaslike munisipaliteit in George het sy besluit hersien oor Steve Hofmeyr se konsert in die stadsaal. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sê hy doen tans regstappe teen die George-munisipaliteit nadat die munisipaliteit sy toestemming teruggetrek het dat Hofmeyr in die plaaslike saal in dié stad ʼn konsert mag hou.

Die George-munisipaliteit het vroeër vandeesweek sy ooreenkoms met die bemarkingsagentskap, wat die saal namens die sanger gehuur het, beëindig.

Groot ongelukkigheid bestaan egter oor dié besluit aangesien al die kaartjies vir die konsert glo reeds uitverkoop is en die konsert deel van die bekendstelling van die sanger se jongste album, getiteld Skree, sou wees.

Hofmeyr het Vrydag aan Maroela Media gesê die konsert sal voortgaan, selfs al moet dit na ʼn ander plek geskuif word. “Dit is egter ons laaste opsie,” sê hy.

Die sanger sê baie van die winste van dié konsert sal in die gemeenskap teruggeploeg word. “Uiteindelik, [terwyl] kliënte jare lank al hoes om my fooi te betaal, gaan bykans 95% van my konserte se wins na die oorlewing van klein gemeenskappe, soms Afrikaans, Christelik, [die gemeenskappe se] kleuterskole, skole en kerkies. Hiervoor is ek dankbaar en sal daarom baklei vir ons,” sê hy.

Chantel Edwards-Klose, kommunikasiebestuurder van die George-munisipaliteit, het aan Maroela Media bevestig dat die munisipaliteit sy toestemming teruggetrek het dat Hofmeyr in die plaaslike saal ʼn konsert mag hou.

Sy wou nie bevestig hoekom dié besluit geneem is nie. “George-munisipaliteit behou ingevolge die amptelike beleid die reg voor om die huur van enige munisipale geriewe met ʼn kennisgewing van 48 uur te kanselleer,” sê sy.

Edwards-Klose meen die munisipaliteit het binne sy reg opgetree. “In hierdie geval het die munisipaliteit sy reg uitgeoefen aangesien die voorgestelde konsert nie [deur die munisipaliteit] goedgekeur word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Hans ·

So hul kanseleer Steve se konsert omdat dit afrikaans is niks anders nie.

Lolla ·

Voor jy die munisipaliteit ondersteun met Black Empowerment, (en ons almal weet waar daardie gelde heen gaan), betaal eerder n boer vir die huur van sy skuur of ope lug terrein, en ons almal weet hoe handig daardie gelde vir die boer gaan wees! Die stadsale is buitendien nie meer soos ons dit onthou met blink gevryfde marmer en skoon vensters nie…. Marmer is steeds daar, maar vuil en gekraak, alles verniel en vervalle. Steve, ek betaal eerder dubbel meer, en neem my eie kampstoel en koellerboksie, sit onder plaas sterre soos Lefienja heksie, en geniet dit ter dee sonder om dit wat ons haat, te ondersteun en te befonds. Gaan slaap beter omdat ek weet ek het vandag n bydrae gemaak teenoor n boer wat dit brood nodig het. Dubbelle pryse of de not.

Lolla ·

Ja Hans. Net so en ek kan nie help om te wonder of hulle n EFF opdaging dalk verwag , of iets weet wat hulle ons nie se nie. Maar Steve, n ruk terug het Sting n privaat vertoning gehad wat baie eksklusief was net na n terroriste aanval, en die konsert aan die wat omgekom het en hul famillies opgedra. Dit sal so ongelooflik fantasties wees, as ons n lys van privaat eiendomme wat kwalifiseer vir sekere aantal besoekkers en aanhangers en eienaars wat bereid is, om ons kultuur op hoe standaarde voort te sit in smaak en styl. Van n plaas na n plot na n stads paleis ens… Ook die feit en idee dat ons onder mekaar beter na mekaar omsien en ondersteun, eerder as die Gupta neufie se seun, of die instansie of besigheid wat nie n wit mens in diens wil neem nie, soos munisipaliteite. “WHITE POVERTY SUPPORT” eerder as white empowerment, anders is daar weer ontstokenheid en marakkas. Ek vir een sal graag so iets wil sien, en weer n gevoel van kameraadskap onder wit mense geniet, n oomblik van leef en geniet sonder die allerdaagse vrees en twyfel waarmee ons leef. N oomblik se verstandelikke, emosionele en psiggiese ontsnapping vir ons wit volk bymekaar in positiewe spasie. Klink dit nie hemels nie?

Ray ·

Vat hulle Steve, maak soos jy op Zambezi gemaak het. Hulle wil nie sien dat iemand iets goeds doen vir die plaaslike mense nie. Gelukkig is daar nie net Munisipale geriewe in ons land nie.

Wel

Ten minste vir nou

Roelof ·

Steve , jy moes jou dinge van die begin af gereel het dat dit op iemand se plaas moes wees .Baie meer mense en en betrek dan die klein gemeenskappe sou ek voorstel.
Dan het jy nie nou hierdie probleem gehad nie.

Lee ·

Dis wat ek ook gedink het of hulle en die ANC het die besluit gemaak en die Stadsraad onder druk geplaas. Daar is mos van hulle ook daar as Raadslede. Regtig pateties George. Dink bietjie van watter vakansiegangers julle grootste inkomste per jaar is!! Net die ander ras het mos voorkeur in SA deesdae ons mag niks meer doen nie.

Marianne ·

Ek is mal oor Steve, dis skandalig dat klein geestelikes, Politiek aan Musiek koppel. Wat het die een met die ander uit te waai?
Mense in Politieke vergaderings skree, sing en daans mense by ‘n lekker konsert doen dieselfde.
Kom aan man!

Carien Janse Van Vuuren ·

Ek stem saam, Steve vat hulle vas. Dit is uiters swak om een van ons eie kunstenaars só te behandel.

Eish ·

Daar moet tog n rede vir die besluit wees. Maak dit liewer bekend alvorens ons gewone mensies n politieke geurtjie daarin bespeur.

Sakeman ·

Hiermee bevesteg ek dat ek my tak in George sal toemaak. Ek skuif inelkgeval my werksgeleenthede almeer oorsee. Koebaai George.

carol ·

Sakeman maak seker jy het n ekstra vliegtuig kaartjie gekoop (vir my) hahahaha

Johan ·

Nou maar seg vir ons watter besigheid dan weet ons mos wat aangaan!

Gert ·

En dis die DA munisipaliteit van George waarvoor julle gestem het wat Afrikaans doodsmoor en vryheid van spraak vernietig!!

Amelia ·

Ek het gedink dit is so maar nou weet ek die DA is die verkeerde party. Seker gedink dat Steve die stem sal sing en dan bibber en beef George daarvan.

Lolla ·

Ag Willem, wag tot DA by jou kinders se Afrikaanse skool (Overvaal) opdaag en saam met EFF te kere gaan en sing “one bullet, one boer child”! Bly asb n bietjie op hoogte met die DA verraaiers toe?

Zumie ·

Willem. Die DA is eintlik maar net soos die ANC sonder entoesiasme…

Hannes ·

DA munisipaliteit. Nog vrae oor of hul vir afrikaner regte en Afrikaans iets voel.

vissie ·

Tipies DA mentaliteit wat teen alles is wat Afrikaans en wit wees teenwoordig – leberaliste

Phillip ·

Vat hulle hof toe soos daai gastehuis wat nie swart op hulle perseel wil he nie, is dit nie ook die selfde wat hulle nou doen nie ? help my reg mense of tel dit net vir swart mense ?

Tydmors met hoftoe ·

Gebruik die tyd om ander venue te kry.
Doen dit op n skool se rugbyveld of iewers waar jy welkom is…
Hof toe, gaan daardie 95% wat “in die gemeenskap teruggeploeg word” net opvreet…

Great ·

George staans aam en slaan ‘n tent op, geniet die gratis bemarking deur die Munisipaliteit en begin bou jul eie saal. Daai saal is 10 teen 1 seker in elk geval al so verwaarloos, niks bly mos behoue nie.Betaal ook niks aan enige skooltjie of kerk van George se minderbevoorregte gemeenskappe nie.

Jerry ·

Steve is seker n lid van Afri-Forum, hulle wil ook almal die hele tyd hof toe sleep!

Spikkels ·

Jerry wat het dit met Steve se konsert te doen. Hy dagvaar want hul kanselleer iets wat reeds betaal is op nr 99 net omdat dit Steve is wat in hul saal gaan optree. En ek is nie n lid van Afriforum nie.

Ray ·

Hi Jerry,

Eintlik het Afriforum niks hiermee uit te waai nie, (of hulle het of nie is in elke geval nie ter sprake nie), dit gaan oor dubbele standaarde en natuurlik dat Steve se loopbaan meer gefloreer het onder die nuwe vlag (whohooo) maar sy naam word geskryf op die ou vlag sodat mense daarop kan trap (Want die lappie het sy loopbaan vd grond af gekry).

Gaan oor mense wat geen idee het waarvoor hulle staan nie, maar oor alles wil kommentaar.

Dus ten minste staan Steve vir iets (en sorry Steve, nie jou grootste fan nie), maar ten minste is hy konsekwent en het goeie intensies met die konsert. Nie besig met populere politiek nie.

Go Steve, miskien maar in Aus weer probeer optree? Geld insamel vir die boere.

Lolla ·

Ja Hans. Net so en ek kan nie help om te wonder of hulle n EFF opdaging dalk verwag , of iets weet wat hulle ons nie se nie. Maar Steve, n ruk terug het Sting n privaat vertoning gehad wat baie eksklusief was net na n terroriste aanval, en die konsert aan die wat omgekom het en hul famillies opgedra. Dit sal so ongelooflik fantasties wees, as ons n lys van privaat eiendomme wat kwalifiseer vir sekere aantal besoekkers en aanhangers en eienaars wat bereid is, om ons kultuur op hoe standaarde voort te sit in smaak en styl. Van n plaas na n plot na n stads paleis ens… Ook die feit en idee dat ons onder mekaar beter na mekaar omsien en ondersteun, eerder as die Gupta neufie se seun, of die instansie of besigheid wat nie n wit mens in diens wil neem nie, soos munisipaliteite. “WHITE POVERTY SUPPORT” eerder as white empowerment, anders is daar weer ontstokenheid en marakkas. Ek vir een sal graag so iets wil sien, en weer n gevoel van kameraadskap onder wit mense geniet, n oomblik van leef en geniet sonder die allerdaagse vrees en twyfel waarmee ons leef. N oomblik se verstandelikke, emosionele en psiggiese ontsnapping vir ons wit volk bymekaar in positiewe spasie. Klink dit nie hemels nie?

GC ·

Alles wat Afrikaner is in hierdie land sal op getrap word. Die DA is net soos die res, hulle voel niks vir die Afrikaners nie. Afrikaners moet hulle eie ding begin doen, gaan hou die konsert onder n boom eerder as om die stadsraad se sakke vol geld te stop.

Boet Fasie ·

Dit gaan alles oor kleur, as die EFF die saal wou huur sou die munisipaliteit dit nie geweier het nie – sies

Vra maar net ·

Ek het 1 groot vraag. Vir wie moet ons dan nou eintlik stem? Die DA het gelyk of dit die regte keuse was maar nou wonder ek. Al hoe meer korrupsie en hand om die blaas met al die ander verkeerde partye

A ·

Kyy ‘n ander plek dan is die munisipaliteit die huur geld ook kwyt

Genieve ·

Wonder wat le agter die kansellasie daar moet tog iets wees en as Steve al klaar betaal het vir die venue wat kon dan gebeur het. Iemand moet tog iets weet.

Deloris ·

Steve ons staan agter jou……gooi rooi ou maat… voorwaarts mars …

Natasha ·

Ons het ‘n kleinhoewe tussen George en Mosselbaai. Jy is welkom om te gaan loer en kyk of jy moontlik een van die geboue kan gebruik vir jou konsert. Laat weet dan stuur ek die adres. Groete uit Louisiana

Martha Ann Calitz ·

Miskien kan daar ook meer kaartjies wees vir die Mosselbaai mense.
Dankie

Adriaan Swart ·

Kry jou geld terug van die munisipaliteit Steve voordat dit soos in so menigte gevalle verdwyn. Munisipaliteite is almal mos bankrot. Dagvaar hulle dan vir die onkoste en ongerief om die konsert te skuif en kry daardie bevel met regs onkoste.
Vat die munisipaliteit se geld wat hulle in elk geval op KFC of platters sou klaar.

Alida ·

Steve kan op die strand by Hartenbos gaan sing en duisende mense trek. Die strand is almal s’n. Stuur almal in hul peetjie in.

Sê-maar-net ·

Laat dit nu vir almal ‘n les wees. Nu gaan jy sukkel om jo geld terug te kry en op 99 moet skarrel pm plek te kry. Ons Afrikaner goedgeloofwigheid moet nu einde kry dit maak my rooi om di nek om sulke optredes raak te sien. Steve hoop en bid jy kom reg maar di uiteinde vn hierdie storie is ooglopend en hukom ons toelaat dt dit gebeur, slaan my dronk.

ferdi ·

Vergeet van DA stem vir COPE Steve jy kan opy plaas kom sing gratis en verniet

Jannie ·

Ferdi jy hou van grapies maak, wat gaan Cope vir jou doen? Pasop.

Prof Basson ·

Sal George boikot en nie weer daar gaan vakansie hou nie. Dankie

Susan ·

Dankie Steve vir elke Afrikaanse liedjie. Ons wil jou graag hoor sing al is dit op die strand van Mosselbaai!! Maar jou wil ons hoor….

Susan ·

Mosselbaai en Hartenbos vir Steve….ons Maak ons harte oop vir jou! Dink net op die strand….in die opelug…Sal n belewenis wees

Alida ·

Susan ek se mos die strand is n gratis venue. Hulle moet net ney privaat sekuriteit aanstel om die gemors daar weg te hou. Ek is seker die inwoners sal sorg vir n verhoog, beligting en klanktoerusting. Hoe gouer ons onafhanklik raak van stadrade met dubbel standaarde hoe beter. Daar is baie boere met groot geboue. Steve kan n naweek optrede daar hou en die mense kan lekker kamp sonder enige inmenging. As Angus Bugan n miljoen mense kon akkomodeer op n plaas hoekom kan Steve of ander kunstenaars dit nie ook doen nie. Staan op mense en behou ons kultuur.

Alida ·

Ek wou nog se ons het nie nodig om na enige politieke party te luister om ons eie kultuur uit te leef nie. Doen dit op plekke waar hulle GEEN se het nie en nie welkom is nie.

anerine ·

Toe hulle hoor 95% gaan terug geploeg word in die gemeentskap….se hulle ja….dink hulle dit gaan na hulle toe, Steve nie so dom om dit vir hulle te gee om te mors op hulle persoonlike geriewe nie, ai toggie as jy dom is is jy dom kan slim met geld koop nie. en CR JY BETER WAKKER WORD al wat jy doen is Biotion ads doen….dink hy
vir een oomblik die mense wat in minder bevoorregte plekke bly kan dit bekostig.

Maria Marais ·

Dis mos so duidelik soos dag lig dat die Munisipaliteit mos rassisties optree maak nie saak wat se flou verskooning gebruik word nie en dit wys mos direk hoe die ANC regerende mense in die munisipaliteit weereens optree teenoor iemand wat vir sy taal en mense veg … vir jul informasie nie net jul idees en denke is reg nie en alle mense het die reg om om te lewe en te laat lewe…

Driekie ·

Dit gaan nie soseer oor Afrikaans nie…. Dit gaan oor STEVE… En waarvoor hy staan……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.