Steve glo nie welkom by KKNK

Steve Hofmeyr voor duisende aanhangers by die jaarlikse Afrikaanse musiekfees by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Steve Hofmeyr voor duisende aanhangers by die jaarlikse Afrikaanse musiekfees by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Steve Hofmeyr is glo nie welkom om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree nie.

“Ons het nie van hom ʼn voorstel ontvang om by ons op te tree nie, maar as ons ʼn voorstel ontvang het, sou ons dit van die hand gewys het,” het die KKNK Donderdagaand op hul amptelike Facebook-blad gesê.

Die KKNK het die plasing gemaak nadat verskeie mense navraag gedoen het oor hoekom Hofmeyr nie op vanjaar se program is nie.

“Die Absa KKNK is trots Afrikaans én Suid-Afrikaans en daarom is ons verhoë eerder beskikbaar vir inhoud wat ons help om brûe te bou.”

Hofmeyr is in die spervuur nadat hy op 23 Oktober op Twitter geskryf het: “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”

Sy twiet het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak. Talle Twitter-gebruikers het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur. Die komediant, Conrad Koch wat die stem is agter die karakter Chester Missing, het homself ook uitgespreek teen Hofmeyr en die twee hoofborge van Afrikaans Is Groot, naamlik Pick n Pay en Land Rover.

Hy is ook verlede jaar ná die Innibos-fees deur sommiges oor die kole gehaal nadat hy met die sing van Die Stem afgesluit het.

Die KKNK se kommentaar is met gemengde gevoelens aanvaar, en verskeie mense het in die kommentaar onder die KKNK se plasing aangedui dat hulle nie die fees gaan bywoon nie.

Pat Laws skryf: “Goeie besluit KKNK. In hierdie diverse samelewing van ons is brûe bou belangrik. KKNK sal nog lank hierna oorleef en suksesvol wees.”

Pierré Jordaan skryf: “Dis ʼn hartseer dag vir kunste in Suid-Afrika. Kunste behoort neutraal te staan en nie kant te kies nie. Van wanneer af word ‘n kunstenaar se sienings gebruik wanneer hul genooi word? Het ons nou ‘n ‘Big Brother’ nodig om vir ons te besluit?”

Cornelius Julies skryf: “Wat, hoe en waar ʼn mens dinge doen of sê, sal nagevolge hê. Dis jammer oor Steve, maar ʼn mens moet soms versigtig wees. Ek hoop nogtans dat KKNK van krag tot krag sal gaan en ook dat Steve weer tot sy reg sal kom en dat almal in ons land meer versoenend en verdraagsaam sal wees.”

Jacques Oosthuizen skryf: “Dis baie ruggraatloos van julle. Ek sal verseker nooit weer in die toekoms na die KKNK toe gaan nie. Totsiens van trotse Suid-Afrikaner en ek sal by Steve Hofmeyr staan solank as wat ek leef.”

Die KKNK het gesê omdat daar uiteenlopende menings in die polemiek oor vryheid van spraak teenoor haatspraak is, moedig hy gesprek hieroor aan. “Daarom bied ons ’n debat, gelei deur Freek Robinson, oor die onderwerp aan. Kom gesels saam en sê jou sê, op Maandag 6 April om 09:00 by Arbeidsgenot.”

Hofmeyr het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is trots dat hy kon deel wees van die KKNK, en dat dit vir lank die vlagskip van uitdrukking en opinies in sy gunstelingformaat, die verhoog, was. “So dit is ook alles nou verby. Hierdie is moontlik die eerste keer dat dié kunstefees kunstenaars hul wêreldbeskouings voorskryf. Dit is ʼn tragedie,” het hy gesê. “Maar niks sal my weghou van my lojale gehore nie. Ons sal elders daardie vryhede moet geniet.”

Kaartjieverkope vir vanjaar se KKNK het Dinsdag by Computicket oopgemaak. Die KKNK is van 3 tot 11 April in Oudshoorn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

159 Kommentare

Meraai ·

Totsiens KKNK!! Nooit sal ek hulle weer ondersteun nie. Dis nou pateties!

Divan ·

Toemaar Meraai
Ek en my gesin sal opmaak, want as daai ouman nie daar is nie, sal ek daar wees!

Sollie ·

Divan ek STEM! Nie dat ek hom ooooit gaan kyk het nie, maar ja, nou is daar meer plek vir ander mense as die ewige ou spul Steve ondersteuners wat net nie wyer as hul ore kan dink en op een deuntjie hamer.

Sollie ·

Freddie, lees MOOI ek praat van die ONDERSTEUNERS van die man wat op een deuntjie hamer! Een deuntjie is nie letterlik bedoel hier nie; maar dit wys watter slim mense luister na die ou. Dan dink hulle hul kry kultuur in as hulle na hom gaan kyk. Tyd dat KKNK weer klas kry, dankie tog!

Sollie ·

Divan – weet jy wat is die skokkkendste van hierdie hele ding? Mense op hierdie forum wat skreeunde hul ondersteuning aan die sanger gee. Hulle volg slaafs ‘n “man” wat sy vrou die een dag verneuk en die volgende dag as die derde party uitkom met die sak patats haar as “popsterafleiding” te beskryf en dan weer later met einste “popsterafleiding” gaan staan en trou. DIS nou hierdie sg Afrikaners se held, die een wat hul as leier wil hê! Dis ook dieselfde spul wat Kurt Darren op hierdie einste forums verguis het omdat hy DURF in die openbaar sing het op uitnodiging van Zuma, maar gerieflikheidshalwe vergeet het van bogenoemde sanger wat saam met Zuma gebraai het op sy, die sanger se uitnodiging. So is die “Afrikaners” op hierdie forum!

Jacques ·

Ag nee RERIG KKNK. Is julle gedreig of wat? Steve praat NET die waarheid en hulle sê immers die waarheid maak seer. Ons lewe in ‘n land met omgekeerde apartheid.

Freddie W ·

Sollie, hoe kan jy praat waarvan jy niks weet nie? Gaan LUISTER na ‘n paar van sy liedjies. Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. deel met ons van watse liedjies jy van praat!

Werner ·

Ek en Sollie worry nie oor Speve se singery nie. Dit gaan oor sy ekstreme uitlatings wat Afrikaners in ‘n slegte lig stel internasionaal.

Freddie W ·

So Werner wat jy sê is, dit pla jou dat Steve hom uitlaat oor moorde op Boere, vroue en kinders? Of watse uitlatings stel die Afrkaaner in ‘n slegte lig?

JdP ·

Werner, waar val jy nou uit met ‘internasionaal’? Die res van die wêreld stel toe mos nie belang in ‘n spulse Neil Diamond impersonator OF die Afrikaner nie…dis ‘n klein, klein persentasie van die totale bevolking en tydens hulle bewind is van die mees skokkende menseregtevergrype in die naam van God gepleeg. Dink jy daar’s ‘n trotse naam om in stand te hou? I beg to differ.
En Freddie W – jy klink werklik agterlik; jy kan nie ‘Afrikaner’ spel nie, dude! Steve en Sunette is tog openbaar uitgevang en verneder, nadat gevind is hulle het hulle syfers gemanipuleer. In hofdokumente. Of gaan jy daai detail ignoreer?! Bly. Stil.

Werner ·

JdP, jys 100% reg, as sanger en sg. “aktivis” is hy onbekend. By Internasionaal is my kommentaat gebaseer oor die hofsaak wat hy teen die buikspraak pop verloor het – dit was op al die “Dumbass” kolomme van oorsese publikasies..

Phillip Fourie ·

Indien Pierré Jordaan wil he dat die kunste neutraal moet wees dan moet die kunstenaars ook neutraal wees. Ongelukkig is dit nie die doel van kuns om neutraal te wees nie. Dit is die oorweldigende doel van ware kuns om ‘n boodskap te lewer wat mense sal laat dink. Kuns mag ander kleure en taalgroepe aanval maar nie met blatante rasisme nie.

Susan ·

KKNK is in elk geval nie meer wat dit was nie. Hoogtyd dat iemand anders n NIE-politieke fees reel waar ons na die sangers se talente kan luister en nie hulle politieke oortuigings nie.

Anoniem ·

Beste nuus ooit!!!!!!!! Sal weer KKNK begin ondersteun en hoop Afrikaans is Groot maak dieselfde besluit hierdie jaar. Trots Afrikaans – Anti-Steve!

Tokkie Janse van Rensburg ·

Snaaks dat jy onder ‘n skuilnaam skryf en jou dan nog steeds trots Afrikaans kan noem. KKNK en jy is die verloorder hier nie Steve nie.

Viv ·

Nuwe reel soos gemaak deur Tokkie – mens kan nie onder n skuilnaam skryf, maar ook trots Afrikaans wees nie.

Joev64 ·

Anti-Kultuur, Bly ons kon mekaar daar misloop!
Hulle wil jou graag daar sien, jou bydrae is vir hulle goed.

Divan ·

Ek is met jou Anoniem! Enigste nadeel, te oordeel aan die ander kommentaar, is dat Klippies en Coke verkope by KKNK drasties minder gaan wees.

Kevin ·

Met jou op die een Anoniem! Te oordeel aan die ander kommentaar gaan daar ‘n beter kwaliteit toeskouer daar wees. Enigste nadeel is dat die Klippies en Coke verkope drasties laer gaan wees.

Hannes ·

Stem saam. Hulle moet maar vir Casper d Vries en soortgelykes nooi

Divin ·

Hoekom klink Kevin en Divan na dieselfde siel. Seker een van daardie geplantes om die skaal van kommentaar beter te laat lyk????

Was nog nooit by KKKNK nie en sal ook nooit soontoe gaan nie. Gemors wat in modder rondploeter.

Freddie W ·

Moet se baie van die stalletjies se verkope, sowel as restaurant verkope ens ens ens. sal minder wees.

Jo ·

Hoe lyk dit dan vir my asof Divan en Kevin een en dieselfde persoon is??? Dis mos nie moontlik dat presies dieselfde kommentaar deur twee verskillende persone geplaas word nie? Ek meen, woord vir woord. Of het julle “twee” bymekaar afgeskryf, hmm? Sou dit een en dieselfde persoon wees, is dit oneties, oneerlik en bedrog om jouself as twee persone voor te doen net om die Anti-Steve-kommentaar swaarder te laat weeg.

Johannes ·

Anoniem jy is ‘n lafhaart hoekom anoniem Steve praat net die waarheid (dis feite) en ABSA is alles behalwe trots afrikaans.As ander feeste dieselfde voorbeeld volg gaan dit direk vyande van sommige eg afrikaners maak want elke mens is geregtig op ‘n opinie en Freek Robinson het nie ‘n idee hoe om debat te lei nie (kyk gerus Robinson Regstreeks op Kyknet dan sal julle sien waarvan praat ek.Go Steve waar deure toegaan gaan ander deure oop.

Liezl ·

As jou spelling en taalgebruik die van ‘n “eg afrikaner”(sic) is, wil ek definitief nie een wees nie. Ek is skaam om in dieselfde boksie as jy en jou mede Steve ondersteuners gesit te word. VIVA KKNK!!

Frans ·

Ek ken nie apartheid nie. Ek ken nie baie van die geskiedenis nie. Al wat ek weet is dat dit lelik was. Dit is ook nie vandag nodig om onder mekaar te baklei nie. Steve Hofmeyr is ook net n mens wat glo in n sekere uitkyk vir sy land en sy mense…en onder daardie lys van mense is daar wittes en swartes…ook almal net mense. As jy van blou of pienk hou…dan kan niemand anders jou verander om eerder van geel te hou nie. Ons almal verskil en het ons eie sieninge in die lewe. Steve doen niks verkeerd. Hy veg vir doe taal wat jy praat…vir die land waarin jy bly…en vir al daai nostalgiese standbeelde wat die heeltyd plat geslaan word omdat dit deel is van n Afrikaanse Geskiedenis. Straat name word verander omdat dit in Afrikaans is. Daai klink vir my meer rassisties as enige iets wat Steve al gese of gedoen het…kyk wat se een van die ministers so twee maande terug: “Afrikaans en Rassisme is presies dieselfde ding”. Was hy gekruisig of verbied of afgeskakel en sleg gese. NEE!!! Maar soos ek se…as jy hou van blou…kan ek niks verander nie. Net soos as jy Anti-Steve is, kan ek niks doen nie. Maar onthou hoekom hy dit doen. Die vraag is nie hoekom is Steve Rassisties nie, die vraag is hoekom is almal ewe skielik teen hom omdat hy as wit Suid Afrikaner sy mening lig. Die vraag ook is nie hoekom sing Steve die stem nie…die vraag is hoekom staan 50 000 Suid Afrikaners op en slaan hulle hand teen hulle bors en sing saam…

Werner ·

Daai sing van die hand op die bors … dis emosionele uitbuiting met ‘n goeie porsie Klippies – Ons land het verander en sal nooit weer dieselfde wees nie.

Elmien ·

Jy mis niks glo my. Kom ons ondersteun vir Steve by optredes waar hy welkom is en waar ons welkom voel!

Freddie W ·

As daar iemand in Oudtshoorn is met ‘n bietjie initiatief sal hulle ‘n saal in die hande kry en ‘n plannetjie met Steve maak en ‘n show aan die gang kry. Dit sal nou bak wees en absa se neus daarin vryf. (terloops, absa is nie eers meer ‘n Suid Afrikaanse bank nie, net hul “retail” afdeling bestaan nog as absa, sodat die dom Suid Afrikaaners hulle nog sal ondersteun)

Willem ·

Wil Zuma nie daar ‘n nommertjie kom sing nie? Ek is seker hy sal nie weggewys word nie. Hy hoef nie oor sy masjiengeweer te sing nie, maar dalk sal Janpierrewiet werk?

O’ja en Zuma twiet nie sy sêgoed nie, hy vertel dit sommer van die verhoog af as hy mense toespreek.

Frikkie Theart ·

Die KKNK is in elk geval n’ pot sn@t,te veel crime,te veel boemelaars en n’ paar individue wil miljoeners raak uit n’ enkele fees.Snaaks genoeg hoe Steve goed was om die dollars te laat inrol vir KKNK maar nou ja !!!

Dries ·

Ja Frik dis baie waar. Daar gaan beslis minder crime en boemelaars wees die jaar te oordeel aan meeste van die kommentaar.

Liezl ·

Dries, daar slaan jy nou die spyker op die kop. Hoog tyd dat die standaard van bywoners bietjie verhoog word. Good riddance! Ek vind dit jammer dat n talentvolle kunstenaar hom nie liewer beywer vir positiewe goed nie, want hy het nou sy mark so effe verklein. Kan dit nie regtig bekostig as Afrikaanse sanger nie.

Leeutjie ·

Steve is Groot Afrikaans en trots om Afrikaans te wees. Hy staan vir ons taal en is nie skaam om nie anonieme kommentaar te lewer nie, maar wel op sy naam (Steve). Ek is ook teleurgesteld dat een van ons Groot sang geeste nie by KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat (help my reg as ek verkeerd is) juis ‘n Afrikaanse organisasie is vir bevordering van ons taal en kunste. Indien ek reg is, wat het verkeerd geloop??

Indien dit oor taal gaan wil ek net noem dat Steve ook pragtige Engelse musiek sing soos o.a. Neil
Diamond se liedjies.

Ekself is een stem maar ek dink as daar ‘n algemene boikot kan plaasvind hieroor sal dit die organiseerders hiervan miskien laat wakkerskrik.

Terry ·

LMGA!! Doen Steve regtig Neil Diamond liedjies??? Die dag as Neil Diamond Steve se liedjies sing sal ek beiindruk wees!!

Delia ·

Ja Terry, nou kan ek ook se LMGA……jy wil neerhalend wees teenoor Steve, terwyl jy nie eers weet wat hy alles sing nie! Ek is ‘n ND fan, en Steve doen sy liedjies uistekend!

Johan ·

siestog, weet jy nie eens dat hy ND besoek het en toestemming gekry het on sy liedjies te sing. Hy het ook onderrig deur ND gekry.

Andre du Preez ·

Wragtag??? Het Neil Diamond hom lesse gegee?? En daar is Steve aka Chuck nou beter as ND… (Steve, het jy dartem die bloubal song vir Neil geleer?)

Kobus ·

Hoekom wil mense alewig boikot? Dis nie ‘n goeie karaktereienskap nie. En… vandat PnP hulle borg aan steve onttrek het, het die lunatic fringe ook “BOIKOT!” geskree. Raai wat? PnP holdings see aandeelprys is op!

Sollie ·

Jip Kobus, net so! Mense moet onthou “twee swaeltjies maak nie ‘n somer nie” en een sanger ook nie ‘n fees nie. Wat het die twee met mekaar te doene? GO FIGURE HAHA!

Freddie W ·

Kobus, as ek ontevrede is met ‘n organisasie se besluit is, is dit my volste reg om hulle nie te ondersteun of hoe?
Sollie dit gaan nie oor dat een sanger ‘n konsert maak nie, gaan kyk weer waaroor hierdie gaan!!

Kobus ·

Freddie presies so! Maar nou word Afrikaners deur die lunatic fringe bevel om die event te boikot…reg?

Freddie W ·

Nie waar nie Kobus, ek sal my nie as ‘n lunatic beskou nie, of hoe? Beskou jy iemand wat vir sy mense se regte opstaan as ‘n lunatic. Dit is hoekom jy Afrikaaners kry en Afrikaans sprekende mense . Die Afrikaaner staan by sy volk, die ander praat net Afrikaans.

Kobus ·

Ag Freeedie!! Ek is ‘n Afrikaner. Jy en die Lunatic Fringe kan my nie beveel om nie een te wees nie. Ek het ook christenskap in my lewe en ek gun almal ‘n plekkie onder die son. Jesus het gebid vir die mense wat hom gekruisig het, jy, my vriend, moet ernstig dink oor waar jy gaan opeindig.

Freddie W ·

Jammer ek wou die sot uithaal maar die webblad het duidelik gedink dit is die regte woord en wou my nie toelaat om die woord uit te haal nie, die ander woord was seker nie veel beter nie. Wat ek eitlik wil weet is, gun jy, wat so ‘n Christen is, vir Steve ‘n plek onder die son? Jy raak nou soos ‘n hele klomp mense, sodra soos wat Steve mense bewus maak,van wat gebeur en sodra hulle in ‘n hoekie gedruk word skreeu hulle rassisme. Christenskap gaan jou nie help wanneer jy, jou vrou en kinders verkrag en vermoor word nie, ag jammer maar dis net die “lunatic fringe” wat bewus is van wat in die land aangaan. Terwyl ons oor Christenskap gesels, wat dink jy as Christen van die kind wat in kookwater verdrink was? Maar ja ek sal dan eerder aan die “lunatic fringe” behoort as om my hele lewe as ‘n sot met my kop in die grond deur te gaan. Jy my vriend het nog nooit ‘n ou mens gesien wat eers met ‘n strykyster gebrand is, vingers afgesny, kop inmekaar geslaan en so vir dood gelaat. Sê my as Christen is dit reg? Jy is duidelik nie bewus wat huidiglik in die land aangaan nie. Gaan maak jou eers bewus van wat in die land aangaan, dan praat jy van “lunatic fringe”.

Leeutjie ·

Dis so jammer dat jy so aanvallend is en sielkundige speel oor mense se karaktereienskappe. Aan die een kan praat jy Godsdiens en aan die ander kant oordeel jy. Waar is jy nou eintlik Kobus?

Kevin ·

Dries
My punt presies. As ons wil boikot en saboteer kan ons net sowel immigrante se winkels aan die brand steek.

Freddie W ·

Kevin so wat stel jy voor doen iemand as hulle ontevrede is met iets? As jy k@k diens by absa kry, hou jy jou bek, nee wat maak jy as jy wurms in jou hoender by Kentucky kry, gaan jy weer terug, nee. Verduidelik asseblief hoe is ‘n standpunt in te neem en iets nie by te woon nie dieselfde as wikels afbrand is

Paul van zyl ·

Stom geslaan oor die manier wat jy dink. Punt is dit gaan nie net oor Steve nie. Dit gaan oir ons as n afrikaner nasie. En as n sanger weggewys word omdat hy Die Stem sing wys hulle afrikaans weg. So dus die boikot. Daar reeds n page op fb boikot die kknk. As hulle 30000 likes kry gaan hulle n fees hou en mense kan dan hulle eie keuse maak of hulle kknk toe wil gaan of n nuwe afrikaanse fees vir afrikaners.

Sollie ·

Die grap van “likes” of fb is dat dit so vals is. Mens “like” sommer net oor hul vrinne sê hul moet nie omdat hulle ‘n snars omgee of eers in elk geval KKNK toe sou gaan nie. Nes die e-pos jare gelede wat almal maar net aangestuur het, iets in die lyn van Microsoft sal jou USD10 gee as jy die e-pos aanstuur. Regtig? Maar mense het dit in hul derduisende aangestuur en ek wou my paplag. Selfde met “like” op fb, ons doen dit “maar sommer”….Ons dink nie! Ek hoop “die nuwe Afrikaanse fees” sal sommer ekstra klasse êrens in ‘n tentjie gee waar mense kan leer van spelling en die gebruik van leestekens ens. Dan gaan hul aan en aan oor Afrikaans, hul taal en bla-bla-bla, maar hul doen nie eers moeite om dit reg te praat of reg te spel nie. DIS hoe die taal sterf, mense wat eintlik nie omgee nie! Paul van Zyl, jou skrywe is ‘n goeie voorbeeld van dit…

EMK ·

Paul van Zyl wie is die “hulle” wat die sg fees gaan hou? Tsk… ‘seblief! Terloops volgens Rapport is die Steve ook nie welkom by Inniebos fees nog minder by Bloemfontein se fees.

Botie Namibia ·

In Namibia het ons nog bazaars..en nooi mense wat mooi sing om te kom…

Eurika ·

Steve staan vir Afrikaans en kultuur asook geskiedenis. Hoe kan dit dan sleg wees moet die mense wat se hul is eg Afrikaans dan verskil van Steve se siening ek persoonlik dink nie so nie. As Die Stem nie die landslied in Apartheid was nie en Steve het hom gesing sou almal die CD wou koop. Die Stem is nog deel van ons huidige landslied maar mag nie ten volle gesing word nie dit klink vir my kinderagtig. Die woorde van Die Stem kom niemand te na nie dit word opgedra aan ons land Suid Afrika. Dis al rede hoekom Steve nie welkom is by KKNK nie. Go Steve Go.

Peet ·

As 5 buite-egtelike kinders en talle skelm verhoudings kultuur en geskiedenis is, is dit beslis nie myne nie. Ek is ‘n trotse Suid Afrikaner wat my nie met Hofmeyr se streke kan vereenselwing nie. Good Riddance en ek sal KKNK ondersteun

gerrie ·

wonnnner wat se geraamtes is in julle kas, gelukkig is steve darem eerlik

Hein ·

Mmmmmm Peet, laat hulle wat sonder sondes is maar die eerste klippe gooi né, is die een se sondes grootte as die ander s’n?

Viv ·

Maar Peet, Steef is dan nes ons President – vele vroue en kjinners – en blykbaar, volgens sy volgelinge, sore hy ok vir helle. Wat’s dan nou so vreeslik verkeerd – what’s good for de goose, is good for de gander, of hoe???

Susan ·

Zuma het 5 vrouens. Steve volg seker maar net sy voorbeeld. Gelukkig kos dit ons nie soveel miljoene soos Zuma se vrouens nie hehehehe. Ek wonder of hy beter sou sing as hy net 1 vrou gehad het. heheheh

Werner ·

Hehehe! Ai Susan, goed! @ Viv – omdat Stevie Hoff soos ons president is, laaik ek hom nie. En hy het saam met Zoempie gebraai. EN hy hou ook voor as dieselfde as Seve Biko.

Eurika ·

Stem volkome saam met Leeutjie. Steve se hart is reg wonder hoeveel ander kan dit se.

Lieb ·

Dis nie met hofmeyer se hart waar die probleem is nie. Eish! As ek so na al die buite egtelike konnerkies kyk dink ek hy het ‘n ander probleem

Eurika ·

Ja sy ander probleem is hy staan vir waarin hy glo. Staan sy skoene vol as dit by sy taal en kultuur kom. Kan jy dieselfde se Lieb.

gerrie ·

gelukkig los hy nie sy kindertjies op Durban se strand en verdwyn nie

Lieb ·

Goeie punt gerrie, hy los hulle net by die ma, en sy moet maar alleen opsnork tot die bloedtoetse deurkom

Charlene ·

So omdat Steve vir die wit boere opstaan is hy nou die vark in die verhaal. Steve staan op en maak sy mond oop omdat NIEMAND anders teen die geweld teen ons wit mense wil opstaan nie. Steve daar is baie van ons wat nie ons tyd sal mors om na die kknk te gaan.
en ek dink kknk moet dalk hulle naam verander want julle doen niks vir ons kultuur, ons taal, ons mense en/of ons land nie! Steve doen wel!

Sollie ·

Charlene jy veralgemeen erg. Van wanneer af is een sanger se gesing(sic) dan nou die enigste vorm van kultuur. Om nou te sê die KKNK doen NIKS vir kultuur, ons taal en “ons” mense is growwe veralgemening!Ek kan nie WAG om te gaan; veral die dramas en verhoogopvoerings, dis baie meer kultuur as bv om ‘n Amerikaanse sanger (Neil Diamond) se liedjies te sing!

Kobus ·

Heng Sollie! My opinie presies! En al sy ondersteuner dink hulle is die uitverkorenes en almal wat nie in steeef glo nie is misbaksels. Hy doen niks behalwe sing en tweet nie en dit doen niks vir ons Afrikaners nie.

Charlenemei ·

So omdat Steve vir die wit boere opstaan is hy nou die vark in die verhaal. Steve staan op en maak sy mond oop omdat NIEMAND anders teen die geweld teen ons wit mense wil opstaan nie. Steve daar is baie van ons wat nie ons tyd sal mors om na die kknk te gaan.
en ek dink kknk moet dalk hulle naam verander want julle doen niks vir ons kultuur, ons taal, ons mense en/of ons land nie! Steve doen wel!

Eurika ·

Ek stem saam met Petra nadat Steve nie meer die laaste liedtjie op die Skouspel verhoog gesing het nie, het Skouspel elke jaar bietjie vir bietjie afgeneem en so sal dit gaan met al die groot optredes wat Steve uitsluit. Toemaar Steve een van die mooi dae betaal hulle jou net wat jy vra om jou weer op die verhoog te he. Steve vra dan n plaas se geld moenie speel nie.

Mariana Fourie ·

Regtig KKNK. Dis my dorp en julle kan besluit wie soontoe mag kom of nie? Swak! Nou ja dan ondersteun ek julle net nie want ek mag ook kies wie ek wil sien en na wie ek wil luister. Die Stem is Afrikaans en deel van die huidige volkslied. Verstaan nie die uitgangspunt hier nie. Bou julle brue na die eenkant en klap maar na die anderkant. Mag ons nooit almal eendag huil nie.

Mariana Fourie ·

Regtig KKNK. Dis my dorp en julle kan besluit wie soontoe mag kom of nie? Swak! Nou ja dan ondersteun ek julle net nie want ek mag ook kies wie ek wil sien en na wie ek wil luister. Die Stem is Afrikaans en deel van die huidige volkslied. Verstaan nie die uitgangspunt hier nie. Bou julle brue na die eenkant en klap maar na die anderkant. Mag ons nooit almal eendag huil nie. Mariana.

FRANCOIS BESTER ·

KKNK…ABSA…Ons het julle nie nodig nie..Steve lok besoekers wat betaal by feeste…ABSA moet kliente kry om besigheid by hulle te doen..Die wit Afrikaners is nog steeds die grootse bron van inkomstes by KKNK en ABSA..Die stem sal al hoe meer gesing word in Suid Afrika…dit is die wittes se ‘ToiToi’…ABSA verloor kliente..KKNK gaan 25% omset verloor hierdie jaar…As Mandela kon president word dan keer niks vir Steve om president te word nie..at least is hy iets!!!!!

Bernie ·

Steve en Sunette kan mos n show doen, en Bok van Blerk en maybe Emo Adams

Edna ·

Wens meer Afrikaners wil n standpunt inneem soos Steve regtig… Kyk hoe lyk ons land, kyk wat gaan aan… Hy se tenminste wat in sy hart is oop en eerlik… So ek se ook wat in my hart is… “Steve ek respekteer jou siening en ek sal beslis nie by die KKNK wees nie” Wens mense wil hulle blinkers afhaal en verder dink as wat hulle neuse lank is…

Johannes ·

Edna ek stem.Maar baie afrikanes te te papbroekig om dit te doen

Freddie W ·

Ons gaan elke jaar KKNK toe en geniet dit, gaan shows toe, stalletjies maar geniet die kuiertuin die meeste. Gaan dit hierdie jaar maar mis.!!!

Willie ·

Myne ook Riaan. Maar waar die klomp liberaliste gal braak is dit maar reg. Daardie kommentare sal bly staan lyk dit vir my. Maar ja, steur nie aan kleinlikhede nie.

Varkus ·

Voel jy nou beter Markus? Jy is erger as Zuma om die huidige stand van sake te blameer op mede Afrikaners se stem in die referendum. Dit was meer as 20 jaar gelede boeta! En dink jy vir een oomblik daardie referendum was onpartydig?? En nou wil jy mede Afrikaners daarvoor blameer?

Ek gun jou jou onkunde. En jy en jou sg. 700 FaceBook vriende kan maak soos julle wil – waarom dan jou opinie afdwing op mense wat demokraties mag doen wat hulle wil?

sam swanepoel ·

Waar is die sogenaamde Vryheid van spraak. As die anc alles op apartheid blameer se niemand niks daaroor nie. Is julle mense bang broeke.

Tiaan ·

Graag wil ek vir julle wat so anti Steve is n feit gee. Op 12 Des 2014 om 09:25 op SABC 3 het n swart “madame” Nkosi sikelela se volledige weergawe gesing NIEMAND maak n ophef van dit nie. Al die anti Steve’s moet net die oogklappe afhaal

Freddie W ·

Victor is jy dan nie buwus van die bohaai wat opgeskop word as Steve Die Stem sing ?

Victor ·

In my lewe het die twee het absoluut niks met mekaar te doen nie Freddie! Ons moet hierdie graad 1 mentaliteit ontgroei!! Ons ka nie elke keer “juffrou. juffrou!” skree as iets ons nie pas nie. Steve is net te dof om sy platform reg te kies.

Freddie W ·

Victor, as Steve juffrou juffrou skree waneer ‘n boer vermoor word, is dit graad een mentaliteit? Afrikaaners en meeste Suid Afrikaaners raak g@tvol vir die moorde op sy mense en ek sal nie sê dat dit graad een mentaliteit is nie! Graad een mentaliteit is om Oudtshoorn toe te gaan en jou kop in die grond te druk soos die Volstruise daar! Ek sal ook nie sê dat Steve dof is nie, ek glo hy het al meer geld gemaak as jy, ek en al die ouens tesame wat hier komentaar gelewer het, beslis nie dod nie. Wat sal jy voorstel ‘n beter opsie vir Steve is? Moet hy stilbly en maak of daar geen probleme in die land is nie?

Victor ·

Freddie, ouboet, Dis Afrikaners. Nie Afrikaaaners nie, En Stief praat net – hy doen niks. Talk is cheap – wat het hy ooit regekry behalwe om my as ‘n Afrikaner in die verleentheid te stel.
Ek stel voor dat ons as Afrikaners mobiliseer en ‘n teenwoordigheid kry wat alle rondlopers in afgelee gebiede voorkeer en uitvind wat hulle wil he. Ek het ‘n stelsel in die Kroonstad en Steynsrus omgewing in plek gestel en veldbrande en plaasaanvalle in die gebied verminder. Toe ek die agbare Stief vra vir ‘n donasie, het hy my ge-ignoreer. Hy praat en praat, maar wil nie sy geld sit waar sy mond is nie

Freddie W ·

Victor, my Afrikaaners het darem een minder a in as joune, ek het ‘n verskoning ek is Engels. Eerstens ek het die grootste respek en waardering vir wat jy vir jou gemeenskap en medemens doen en dit is wonderbaarlik. As almal wat hier komentaar lewer so betrokke geraak het soos jy sou dit seker nie so swaar op ons boere gewees he nie. Die ding is dink jy Steve het genoeg geld om vir elke persoon geld te gee wat daarvoor vra? Daar is menige groepe wat geld vra en julle sal nie die eerse of laaste wees nie, ek het my eie besigheid en ek sal bankrot wees as ek vir almal geld gee wat daarvoor vra(Ek raak die moer in oor drie of vier oproepe ‘n dag van telesales mense, dink hoeveel kry hy) Ek dink in elkgeval dat dit swak is om iemand te ignoreer (dit kan besigheid wees), maar hoe het jy gevra, per e-pos en hoeveel keer, en is jy bewus van die geld wat hy klaar skenk? Hoekom ek vra, ons het lank gelede ‘n donasie van ‘n bekende sanger vir my dogter se skool gesoek en ons het niks gehoor tot een van die ouers uiteindelik persoonlik met die sanger ‘n geleentheid gekry het om te gesels, en en hy het nooit van die versoek gehoor nie. So as jy per e-pos of foon vir ‘n donasie gevra het, is jy seker hy het die versoek gekry, want met ons ondervinding het die boodskap nooit by die sanger uitgekom nie. Ek persoonlik was ek nooit ‘n Steve fan tot ek een van sy shows gesien het.

Charl ·

Ai. Die wat hulleself so graag uitgee as “ware Afrikaners”, en so definitief weet dat enigeen wat nie van Steef hou nie, nie n “ware Afrikaner” is nie…….die uitverkorenes darem. Soveel beter as ander. Maar vir een of ander rede is n bewondering vir Steef en logiese denke in een inverse relatie met mekaar

Jo ·

Bedoel jy dalk STEVE, Charl? Of sukkel jy bietjie met spelling?

Freddie W ·

Charl, dit is so waar, dit is hoekom jy Afrikaaners kry en Afrikaans sprekende mense. Die Afrikaaner staan op vir, en staan saam met sy volk, die ander praat net Afrikaans.

charl ·

Ai, ou Freddie – nes ek gese het – hoe groter die bewondering vir Skeef, hoe swakker is die spelling…..Afrikaaners, my maat, is beeste. Ja, dis reg, beeste. Afrikaners, aan die ander kant, is mense. En sommige van hulle hou van Skeef, en ander nie. Afrikanerskap het niks uit te waai met of jy vir of teen Skeef is nie.

Kobus Zeelie ·

Skokkend!

Hoe kan die KKNK namens feesgangers so ‘n besluit neem?! Ek is van mening dat organisasies moet ophou om sulke besluite te neem en gat te kruip net om polities korrek te wees!

Viv ·

En intussen brand Rome……sing Steef, sing. Maar hoekom is dit dan nou dat die ware Afrikaners so baie die rooitaal gooi tussen die Afrikaans deur – wanneer julle, en Steef, kan Afrikaans skryf, en spel kan julle my Afrikanerstatus beoordeel. Intussentyd, geniet maar die gesing van iemand wat geen respek vir vrouens het nie, en minder vir kinders.

Kobus ·

VIV, kry vir jou ‘n Bells! My punt presies! Wat wel skokkend is, is dat hy ondersteuners het. Ergste, is dat hulle van mening is dat hulle in die meerderheid is, gebaseer op wat wonder ek!

Freddie W ·

Kobus, doen jouself ‘n guns, gaan deur die antwoorde hier dan sê jy weer wie is in die meerderheid!!!!!

Freddie W ·

Terloops, jy was duidelik nog nooit by een van STEVE se shows nie, ook is hy van die min mans wat erken dat hy buite egtelike kinders het, en soos ek verstaan ondersteun hy hulle, die waarvan hy weet. Naas Botha het tot dusver nie ‘n sent bygedra vir sy buite egtelike kind nie. Maar deel asseblief met ons hoekom jy sê hy geen respek vir vrouens en kinders het nie.

Schalk ·

Freddie. Wat het Naas Botha nou met die saak te doen? Of het jy nie eintlik iets om te se nie?

Schalk ·

Freddie. Ek kan jou antwoord oor die respek vir vroue. As ek kyk na sy hoeveelheid buite egtelike kinders, lyk dit vir my of hy hulle net vir een doel gebruik. Verder gooi hy n vrou met tee in die gesig, maak nie saak wat aanleiding gegee het daartoe nie. Hy kon n man gewees het, en soos een opgetree het. Eendag gaan hy hom vererg vir die verkeerde persoon en n pakslae kry.

Freddie W ·

Schalk ek het ‘vergelyking tussen twee bekende ouns gegee jy sal dit seker een of ander tyd verstaan. Ek dink dit is kool toe Steve in elk geval tee oor daardie vrou van huisgenoot se kop gegooi het, dit se geensins dat hy nie respek het vir vrouens nie, en daar is menige sterre wat verhoudinge het op toer, dit is seker moeilik om vir jou te verstaan.

Viv ·

Skies Freddie, ek het nie geweet hy ondersteun die waarvan hy weet nie. Dit verander alles.

Frans-Petrus Zeelie ·

Ek verstaan die kontroversie rondom Steve Hofmeyer se uitsprake laasjaar, MAAR ‘n platform soos die KKNK of Pick ‘n Pay for that matter kan nie namens die publiek besluit om enige iemand se “stem stil te maak” net omdat hulle nie met dié se politieke mening saamstem nie. Dit is so goed soos Loftus of Kaapstad Stadion of die Staats Teater begin te weier om ANC of EFF byeenkomste toe te laat, net omdat hulle nie met een van die organisasies se politieke mening saamstem nie. Die publiek kan self besluit of hulle Steve by die KKNK gaan ondersteun of nie. Is Vinette Ebrahim ook verban van die KKNK weens haar “rasse haat” van vroër die jaar se uitsprake? Ek stem nie met alles wat Steve sê saam nie, maar daar is geen manier wat ek hierdie tiepe “blokkery” van ‘n groot organisasie kan aanvaar nie. Ek kan nog verstaan as die KKNK Steve verbied om ‘n sekere lied te sing, of kontraktueel verplig om sekere uitsprake nie te maak tydens die funksie nie, maar om politieke standpunt in te neem, is verby verkeerd. Ek dink ‘n ladswye en nasionale boikot van die KKNK moet uitgeroep word. Die KKNK is presies dit: Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, nie die KKPO nie (Klein Karoo Politieke Opinie).

Freddie W ·

Frans, dit is nog die beste komentaar op hierdie “thread” tot dusver. Ek glo nie PnP of absa of die idioote wat die fees reel daaraan gedink het nie. Bravo!

Dirk ·

Freddie, ‘n mens spel dit “idiote” …. Onthou nou mooi. “Afrikaners” en “Idiote”….SOT!

andredekock ·

Maroela Media se Voorwaardes luis”
Maroela Media se voorwaardes lui:
Individuele vryheid: dat elke mens in die eerste plek vir homself verantwoordelik is en vry van dwang behoort te wees om sy/haar roeping na te streef.
Vrye gemeenskapsvorming: dat elke mens homself in gemeenskapsverband uitleef – die hoekstene van die beskawing en ‘n sinvolle lewe.
Respek aan die gesag van die tradisie: dat die bewyslas vir die verwerping van ‘n gebruik of tradisie by die verwerper lê.
Die verbod op Steve is soos die moord op Charlie Hebdo. Eensydige stilmaak van opinie. Dis teen die grondwet en teen vryheid van spraak. Almal het nie saamgestem oor wat gese is by Woodstock deur die dronk en bedelmde kunstenaars nie-maar dis hulle reg om te se wat hulle wil. KKNK het ‘n lyn oorskry wat hulle duur te staan gaan kom.

KKNK se voorwaardes is blykbar: jy mag hier optree as ons met jou standpunte saamstem. Anders nie. HKGK!

Derick ·

KKNK, kan maar saam met die SAUK en al die ander gaan bars, wat wil dikteer wat gese word en watter gesiggies mag in programme wees… Dit is terloops al hoekom 7de Laan nog op tv is, is omdat hulle almeer swart gesiggies indruk….onderdruk van SAUK.

Hoekom is dit as iemand opstaan vir die regte van wit mense is hy ‘n rassis, maar as iemand opstaan vir swart bemagtiging is alles reg. Hoekom kan daar organisasies wees vir swart besighede, maar indien dit vir blankes is, is sal geen borg hulle ondersteun nie…

SA moet ‘n nie rassige land word? wel nuus vir julle, ALLES in die land word op ras gebasseer….

Charl ·

Derick – kan jy asb vir my voorbeelde gee van hoe Steve opgestaan het vit witmense se regte – nee ek is ernstig, ek wil graag weet.

Freddie W ·

Goeie punt Charl! EK weet dat Steve baie praat en twiet en ook dat hy dom genoeg was om ‘n buikspraak pop hof toe te sleep en toe nog die hofsaak verloor het..

Ja, praat en opsweep kan Steve baie goed doen, maar hy het nog niks reg gekry of gedoen nie. Wat hy wel baie goed regkry, is om ons Afrikaners te verdeel. eerder moet hy sy mond begin hou.

Marlene Oosthuizen ·

Dan boikot ons maar almal KKNK. Wie gee hulle die reg om vir Steve te se hy mag nie daar sing nie. Wie betaal die ingang en koop by die stalletjies – DEFINITIEF nie die bestuur van KKNK nie. Geen Steve Geen KKNK vir my dankie. As die witman durf sy mond oopmaak in die land is dit rassisties maar as mnr Malema dieselfde goed sê is dit vryheid van spraak. Dit maak my siek

fri ·

Marlene. Dit is hoe dit moet wees. Goed gedaan. Geen kk en k as hulle sulke besluite wil neem nie Bravo! Go Steve Go!

Riaan Keyter ·

Mag ons dan geen standpunt he in SA as jy wit is nie? Ek is self nie mal oor sy sang nie, maar hy is tenminste nie politieskorrek nie. Hoe lank moet ons nog gatkruip vir wat in die verlede gebeur het, hel mense dit is twintig jaar later! Kyk wat om julle aangaan, is julle tevrede met dit of julle met te bang on iets te se!

jakoos ·

Dis nie net ‘n klap na Steve nie, dis eintlik ‘n vuishou, ‘n skop in die dinges vir die Afrikaner. Enigeen wat hierna nog die KKNK steun is ‘n verloper en ‘n volksverraaier. Maar die arme mense besef nie dat in die toekomstige SA hulle die eerstes sal wees om aan die pen te ry want die ANC mag baie dinge verkeerd doen, maar hy verdra nie verraderlike gatkruipers nie.

Sollie ·

Jakoos? WAAR val jy uit met volksverraaier en verloper? Ag nee regtig, ek kan nou duidelik hier sien watter tipe hou van die sanger en dan is ek goddank bly hul bly ALMAL weg van die KKNK.

Jo ·

Of ek nou persoonlik van Steve hou of nie, hy is een van die BAIE MIN Suid Afrikaanse sangers wat wel kan sing. Meeste van die ander probeer sing. My respek het vir Steve gestyg, juis omdat hy die Stem durf sing het en ook omdat hy sy mond oopmaak en nie Polities Korrek probeer wees soos soveel van die ander blanke Suid Afrikaners nie. As die mense die moeite gedoen het om die stuk te lees, sou hulle geweet het waaroor dit gaan. Dit klink vir my asof die meeste van Steve se critici net die opskrif of Tweet gelees het en so hulle eie gevolgtrekking gemaak het. Gewoonlik ‘n baie gevaarlike situasie. Steve het die rasse kwessie in SA mooi in perspektief gestel. Daar was niks rassisties in sy stuk nie…

Asjas ·

Jo – baie dankie! Ek het al begin moed opgee. Dis asof bitter min mense daar buite werklik verstaan wat dit is wat Steve getweet het. Lees die sin en dink daaroor. Die wat so anti-Steve skree het nog nie gesnap nie.

carel ·

kan iemand dalk n lys kry van al die besighede wat die kknk betrokke is? Ons moet hul en hul produkte boikot.

lyk my ons moet sommer na die naam “kknk” kyk lyk of dit iets anders beteken K K en nog meer K?

Sal my nou nooit wwer daar sien nie.

Marius ·

Ek luister nie na afrikaanse musiek nie – dit suck – maar hoekom altyd polities korrek wees? Viva Steve!!

Jax ·

Nee wat, KKNK – daar waar my respek vir julle by die deur uit!

Tiaan ·

Graag wil ek vir Victor reghelp. Victor, die swart madame mag op SABC3 Nkosi se hele weergawe sing vir die hele land. Steve het die hele Stem gesing by n konsert waar al daardie mense betaal het. Die probleem is dat Die Stem nie gesing mag word nie. As Nkosi se hele weergawe gesing mag word is daar seker NIKS fout as die volledige weergawe van Die Stem gesing is. Hoop die verduideliking maak die prentjie duideliker vir jou

Asjas ·

93 Comments and counting …
I think Steve is a force to be reckoned with.
Hoe meer julle hom gaan probeer stil maak hoe harder gaan hy sing.
Viva Steve!!

RLN van New Zealand ·

Steve kom maar New Zealand toe, hier oordeel ons nie, ons luister na jou lekker musiek.

Chris ·

Freddie W moet asb nie vir Kevin deurmekaar maak met feite en ‘n goeie redenasie nie.Die libs verstaan dit regtig nie.

Puik.

Gideon Erasmus ·

So jammer dit is Vrydag, kan nie wag tot volgende week om my jarelange verbintenis wat met Volkskas en toe Absa was te gaan eindig nie!! Ek gaan met ‘n lied in die hart dit eindig, en as enige een van julle wonder…

anita ·

Julle klink nou soos die anc en eff..jaa vir grond..nee vir grond..ja vir kill the boer kill the farmer! Steve jy se jou se in die openbaar..ons se dit agter toe deure,, ja het jy gehoor wat se zuma,, ek sal as ek hom OP sy maermerie skop,,, nee weet jy wat sal ek doen, ry hom om as ek hom in die straat sien…steve jou bek kort nog jammm..en soos n leser gese het, steve se kinders is versorg..hy kry nie staats toelae nie,, oooo ek vergeet wit kry silts,,

Antonie ·

hmmmmm ek is nogal n buitestaander in hierdie geval… ekt niks e se oor de KKNK of oor Steve se situasie nie maar al wa ek sien is n Afrikaner wat opstaan vir sy “volk” en sy “volk” wat sy rug op hom draai… dis nogal sad vir my om te weet dat vandag se Steve more nog n miljoen van julle sal ees en so sal almal van die trotse Afrikaners een vir een uitmekaar uitdryf…. eendragt maakt mag was die gesegde gewees as reg onthou en uitspreek… vandag se “volk” raak verlore terwyl die grond onderhulle voete weggeneem word… net n observsie… ek staan eerder op vir iets as wat ek wegskram… daar word gepraat van opbou en enigheid… dis n eenrigting straat daardie op hierdie stadium… my opinie is… leer saamstaan en opstaan vir ouens soos Steve…

Louis Klusmann ·

Dit is uiters swak en ruggraadloos van die bestuur van ABSA KNNK om Steve te straf oor sy meening . Dit wil my voorkon of hul nie SA se geskeidenis ken nie . Terug skool toe vir julle en gaan leer die werklikke Geskiedenis van die land en nie die ANC se weergawe nie

Werner ·

AI Klusmann , regtig!!? dis “ruggraatloos” en “mening” en “voorkom” en “werklike” – Ouboet, ek wil nie snaaks wees nie maar ek dink jy moet teruggaan skool toe! Wat wel ‘n feit is en erg komies, is dat die Hofnar ondersteuners nie eintlik baie slim is ne.

Ivorine ·

Hoekom laat dit my terug dink aan Kerkorrel en die voel vry ouens, hulle het ook uit gespreek en was verban, wat maak KKnk nou anders as die destydse politiek, dis net omdat dit nou na die ander kant toe omstede is. Word KKnK dalk beinvloed deur hulle borge van die Nasionale kunste (dws die regering) laat my wonder?

Andri ·

Ek voel dan almal moet Absa KKNK boikot. Dit is die waarheid apartheid het omgeswaai. Hoekom dan swart mense ook toelaat? Gaan die Kknk dan nou ook diskrimineer oor velkleur. Dit is vryheid van spraak, elke persoon het reg om sy opinie te gee, swart mense is nie almal skuldig nie maar meeste in ons regering is, word hul toegang geweier?

Eugene Marais ·

Is reg Steve, kom terug na Perth toe. Hier hou ons kknk net vir jou!!!

Wouter ·

En nou, nou mag ‘n mens nie meer jou opinie lug nie? Steven het bloot sy opinie gelug. Is die KKNK nou die opinie polisie? Ek dog KKNK gaan oor kunste maar nou speel hulle politieke verdrukking. Hulle moet maar gaan KKK, en dis my opinie.

Jacques du Preez ·

Dit blyk dat hulle hom wel vir publisiteit sal gebruik, juis nou dat hulle kaartjieverkope afgeskop het… Maar hierdie is nie ‘n storie nie – Steve het nie aansoek gedoen om daar te wees nie. Ek gaan ook nie vanaand maan toe nie. WTF?
En dan troos die KKNK met die kersie op die koek: ‘n heerlike, opwindende en baie, baie belangrike…wait for it…DEBAT. Wat ‘n wank?! Ek sal eerder my eie oë met my naels uitgrou as om daar in die 40 grade celsius Karoo te gaan debat voer. Really? Wie is hierdie freaks? – hulle sê hulle is op soek na kunstenaars wat hulle sal help om brûe te bou (soos ‘n regering!) Waar? Daar tussen duisende dronk, vetkoekvretende cheapskates, vaak onder die gratis bome. KKNK is net ‘n lang konsert. Dis al. Niks meer.

JZ ·

Ek het nie geweet die knkk kyk nou na jou polletieke denke en nie na afrikaans nie as n deelnemer nie,Ek wonder wat Langehofen daarvan sou se,daarom sal ek my ook van knkk distansieer oor hul politiekke siening.

Kobus ·

JZ – Seker Jacob Zuma want jou Afrikaans val effe kort!
Dis KKNK – Hoofletters Apie
Politieke – nie polletike of polletiekke nie!
Langenhoven – nie Langehofen nei!

Lyk my regtig dat Steve julle van julle intelligensie beroof het.

Susan ·

Ek wonder of Steve beter sou sing as hy net 1 vrou gehad het.? Gelukkig kos al sy vrouens ons nie so baie soos Zuma sin nie. hehehehe

Susan ·

Wonder wie hou al hierdie kommentaar dop voor dit geplaas word. Ek het 100% saam gestem met Jaques maar dit word geplaas onder iemand se naam wat ek 100% NIE mee saamstem nie!!!

Amanda ·

Vir die wat so kkk en hul wonderlike besluit is. Gaan maak naam. Kry jou naam op jou bors en rug. Dan as daar weer ‘n saamtrek is van die ANC en EFF laat ons julle sien.
Geniet en sing uit volle bors en maak seker ons sien julle asseblief!!! Moenie wegkruip word gesien. Wag ek dwaal af, terug by die saamtrek van julle geliefde ANC en EFF. Sing uit volle bors en leer solank die lirieke!!!Sluit ook asseblief solank by Umkhonto we Sizwe aan!!!
“Umshini wami”, also known as “Awuleth’ Umshini Wami” (English, Bring me my machine gun), is a controversial Zulu language “struggle song” used formerly by members of Umkhonto we Sizwe !!! (Sien hoekom julle moet aansluit??)
Dan leer julle ook Peter Mokaba se lekker sing vuis in die lug : Julle geliefde Malema, which includes the lyrics “Shoot the Boer” (“Dubul’ ibhunu”). The ANC, which had previously defended its right to sing the song.
Kan nie wag om julle sien !!! Hard en duidelik!!! Kom julle wat soos die hensoppers agter toe deure julle opinies lig maar in die openbaar nee!! Julle self verkoop of nee skeinheilig te wees oor wat julle tans in hierdie land ervaar. HENSOPPERS!!! RUG DRAAI teen broers.Judas het GOD ook verraai. Nee ek ken HOM nie!!!!! Het julle nooit die STEM gesing.?? Skreeu ten hemele asseblief dat die RUGBYRAAD julle ook kan hoor!!! Die Engelse weergawe word gesing julle verafsku seker die gedeelte ook. TV’s word afgesit en julle ween in droefheid!!! Magtig man, dis ‘n lied en die lied moor en vergiet geen bloed of brand met ‘n strykyster of verkrag of nog erger. Kookwater in die keel af… Die lied bestaan uit lirieke en note en stemme wat saam sing!!!!! Kyk ek tik want ek is so uit die weer in………

Werner ·

Amanda, Judas het Jesus verraai (vir 30 silwerstukke), nie God nie. en Petrus het gese “Nee, ek ken Hom nie”. Gaan bietjie weer ‘n slag kerk toe!

En verder, dis “skynheilig”. Ek kan beslis noem dat al Steve se aanhangers ‘n paar varkies kort is en ook nie kan spel nie. Kom, vee die skuimpies van die mond af en bedaar tog!

Sollie ·

Amanda, vat ‘n chillpill ou girl, netnou siet jy ‘n koronêr! Jy veralgemeen net soos meeste “slim” mense hier. Net omdat ons dink die sanger is geen MAN en geen voorbeeld, nou kom jy met Peter Mokaba en Die Stem en JUDAS (wat he tdie arme oorlede ou siel uit die Bybelse tyd nou met enigiets te doene?)…en… en..jy het vergeet om kersvader en liewe Heksie ook sommer te betrek. Ons let ook op jou pc het allerhande leestekens en jy gebruik hulle in oormaat. Mooi loop meisie, en onthou: k a l m bly! Ns Jy het my vreeslik laat lag, dankie man!

Leeutjie ·

Ai Sollie… lees, skryf en laat iemand Amanda se stuk vir jou mooi verduidelik. Jy het duidelik ‘n bietjie remediering nodig. Jou humorsin is ook af!

suzette ·

Steve se reguit wat die meeste van ons dink…..ons moet konsekwent wees in ons land. Hy mag nie die stem sing nie, maar Malema mag “Kill the Boer” sing? Dis sleg dat hy nie by die KKNK gaan ees nie, maar gelukkig het hy duisende aanhangers wat hom ondersteun deur sy CD’s te koop en sy konserte by te woon

Elbie ·

Jammer KKNK, bitter teleurgestel, julle sal nooit weer een van my vriende of familie lede by een van julle feeste sien nie. Belaglik verby en julle noem julle Afrikaners, gaan ook nou sommer my lidmaatskap met julle kanselleer, maar julle maak geld uit die Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.