Steve Hofmeyr in hospitaal opgeneem

Steve Hofmeyr (Foto: Facebook)

Die sanger Steve Hofmeyr is Woensdagoggend in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy ʼn bloedklont deur sy hart en long oorleef het.

Hy het in ʼn inskrywing op sy Facebook-blad dié nuus met sy aanhangers gedeel. “Ek skryf hierdie uit ‘n hospitaalbed. Ek het ‘n bloedklont deur die hart en long oorleef. Hoekom? Want so elke dan en wan stuur God Sy simpelste engel om my te herinner dat ek nie vir altyd sal leef nie. Gister was so ‘n dag.”

Hofmeyr het bevestig hy sal teen Vrydag weer op die verhoog wees.

Steve en sy vrou, Janine, se dogtertjie Romy-lee vier binnekort haar eerste verjaarsdag. Sy is op 19 Junie 2017 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Jenny ·

Wat n kosare man..wat ek geleer ken het en nie goeie dinge van gedink het nie..ja trotse harte is maar nie mooi d3nkers nie..dankbaar ek kon n hartsverandering ondergaan..
Sterkte Steve en gesin..

Tilla ·

Hi Steve,

Dink jy moet ‘n blaaskans vat en eers volkome herstel. Sonder jou wat vir die land opkom sal almal verlore wees.

Word gou gesond!

Tilla

willie ·

Sterkte ou yster! Ons bid vir ñ spoedige herstel en geluk met jul kleinding se 1ste!

Susan ·

Steve alle sterkte v jou God hou sy hand oor jou Hy gee jou nog n kans gebruik dit goed Jy is n wonderlike mens wat n passie het wat hy doen en wat v ander omgee Sterkte aan familie Ons bid saam met julle Glo en vertrou Steve sal gesond word

Elize human ·

Gou gesond word Steve kyk agter jouself jou kids het hulle pa nodig

Lukie Carelsen ·

Hi Steve

Eisch dis verskriklik erg om te hoor vd terugslag wat jy beleef het MAAR die feit is GOD is nie klaar met jou nie! Jy is ‘n baie kosbare en belangrike persoon in S.A. Ek glo dit met my hele hart. Ek sou so graag vir jou wou kom sien en met jou gesels. Dankie vir jou geweldige positiewe en onbaatsugdigde bydrae t.o.v. alle Suid Afrikaners en veral dat jy opstaan vir geregtigheid en nie geintimideer word deur enige politiese of rassistiese druk op jou nie. Jy het nog ‘n baie groot rol om te vevul in ons land. Ek glo dit met my hele hart. Jy GAAN dit maak! Mag die Here jou seën!

Jou vriend. Lukie

Estelle ·

Jy is een van ons land se ikone !! God het jou bewaar en Hy beplan nog baie vir jou. Hou aan bid Steve. Jy is een in n miljoen!!

Estelle ·

Jy is n kosbare kind van God. N vegter vir ons land. Jy staan op wanneer ander lankal gaan le het. Moenie jou steur aan die sarkastiese opmerkungs nie. Jy is GREAT. Mense wat nog nooit foute gemaak het nie moet nog gebore word. Jy is n ikoon!! Jy staan vas. Bly so en ons mense wat lief is vir jou (in elk geval oortref ons die wat jaloers is op jou) staan saam jou. Daar is net een Steve. Mag God jou seen met jou familie

Afrikaanse Knaap ·

Ek stem saam oom Steve. Bly met ons, ons het oom nodig.
En eet meer groente.

Annelie ·

Baie, baie sterkte Steve en familie, julle is in ons gebede

Boer in Beton ·

Jy moet dit nou rustiger vat Bul….. jou dogtertjie gaan jou nodig hê…….

Anli ·

Baie sterkte vir j en voorspoed met j gesondheid! Dankie vir ons waarvoor jy opstaan.

KG ·

Ek glo God ken Steve se hart en intensies, en neem dit nie so verkeerd op en oordeel so vinnig soos net ons ou mensdom dit kan doen nie.

Sterkte Steve, word gou beter!

Sonnette de Beer ·

Steve, ek stem saam met Lukie. Ek ken jou al van Springs teater dae af…many moons ago. So bly jy doen jou ding op jou manier. ??

Elsje Groenewald ·

Baie sterkte Steve en gesin! So 8jr terug 2klonte in linkerlong, 3klonte in regterlong en 1 in aorta vasgesteek,operasie gehad,11weke in ICU,nog 3mnde in hospitaal. Die suurstof tekort na my brein het nou veroorsaak dat ek Dimensia het. Maar God het not week vir my om af te handel. My gebede is met jou en jou gesin. Liefdegroete.

FM ·

Steve, ou Bulperd. Ons Vader spaar jou, want Hy het jou nog nodig in hierdie land. Sterkte ou maat. Jy is baie werd vir ons gewone mense. Jy gee jou nie anders voor as wat jy is nie. Jy is ” genuine”. Doen so voort.

Waarheid ·

Dankbaarheid dis oorgenoeg, sterkte vir jou jou vrou en geliefdes..,vou mekaar toe met liefde, ons word maar net vir mekaar geleen. Voorspoed.

Anni ·

Sterkte Steve. Hoop jy is gou beter. Vat dit maar rustig. Jy het ‘n familie waarvoor jy nog gespaar moet bly.

Magaretha van heerden ·

Steve ons volg jou dinge hier in UK Jy het baie gedoen om die SA saak in die wereld te wys. Word nou net eers gesond! Sorg ook soos elkeen van ons dat jou saak reg is met God en dat jy Jesus as jou Saligmaker aangeneem het. Anders help alles vir SA niks. Ons werklike burgerskap is nie op die aarde nie en ons Vader sien die onreg wat in SA aangaan. Ons waardeer jou en vertrou jy herstel gou.

Stella ·

Elke mens is geregtig op sy/haar opinie, so ook Steve. Mag jy gou aansterk vir jou klein dogtertjie se onthalwe. Hoop jul ander wat uitsprake lewer dat jul of jul gesinne nie ook so paadjie of erger moet loop nie.

Anoniem ·

Wanneer mens se eerste reaksie (uit ‘n hospitaalbed) is om God te loof, is dit opreg, al wil almal dit afmaak as aandag soek. ;-)

Oom Kalahari ·

Sterkte en wens jou ‘n voorspoedige herstel toe vol seeninge. Hoop jul as gesin en familie lede asook vriende gaan jul dogtertjie se verjaardag vol lof en prysing geniet.
God stuur wel sy Engele om oor jou te waak en jou werke op aarde is nog lank nie voltooi nie. Jonk is jy nie meer nie en moet dit rustig vat en na jouself kyk. Vir baie van ons Afrikaners beteken jy baie en waarvoor jy staan asook omgee. Daar sal ‘n paar liberale bakstene gegooi word maar neem dit met ‘n knippie sout en van wie dit kom.

Sterkte ou Grote en gou gesond word.

Bossie ·

Liewe genade maar daar is aaklige mense in hierdie land. Bly net stil indien jul nie van die man hou nie. Steve, sterkte. Ons bid vir jou. Dankie vir wat jy alles vir ons doen. Dit word waardeer. Mag God jou veilig in Sy Hand hou.

Wim ·

Ek is bly jy het so ‘n gevaarlike ding oorleef Steve. Ons sal jou nog graag lank wil hoor sing

CS ·

Baie Sterkte Steve, hoop jy word gou gesond en pas jouself mooi op

Sue ·

n Pulmonary Embolism is nie n speelding nie. Steve kan regtig baie blessed voel en weet dat God se Engele hom bewaar het. Ekt Pulmonary Emboli (3 lonte deur my hart en long) gehad in 2014 en was 5 dae in ICU. Dit kon baie erger gewees het. En Steve, niks brawe optredes nie boet, jy sal moet weet jou asem gaan nie weer dieselfde wees vir baie lank nie. Daar le nou nog toetse en behandeling voor. Dis nie net van “huis toe in 3 dae en als is fine nie”

Sterkte daar en pas jouself op.

Zelda de Ridder ·

Ai ai die witbors kraai.!!!!! Steve sterkte. God sal jou hierdeur dra.?

danie * ·

Ai mense met hul snaakse kromentare!! Sterkte steve en famielie.

Johan. H. ·

Sterkte, Enige ou wat opstaan teen die bla bla van die dominerendes, is my hero!

Karin ·

Ek verstaan nie. As jy nie van iemand hou nie, hoekom lees jy ‘n besig oor hom of haar. En dan nog kommentaar lewer. Ons kan nie van almal hou nie, maar gaan dan verby die berig.
Sterkte, Steve, ek hoop en bid jy is jou weer op die been.

Reguit ·

Baie sterkte toegewens. Gee asb ‘n ekstra soentjie vir soete klein engeltjie Romy-Lee.

Isabel ·

Vsder hou asb U Hand oor Steve. Genees hom asb volkome. In Jesus Heilige Naam. Amen.

Annette Groenewald ·

Sterkte Steve man, moenie nou sports maak nie, jy is nou op jou beste! :) Jy moet bietjie afskaal en dit beteken nie om af te skeep nie, net vir jou eie gesondheid! Dink aan jou xx

connie de klerk ·

Baie sterkte Steve, onse Vader sal jou dra en genees. Ons moet net op ons kniee bly voor Sy aan gesig en Hom Loof en Prys vir Sy liefde vir ons.

VASBYT ·

SJOE BAIE STERKTE< ons hoop jy herstel baie gou om weer by jou vrou en pragtige klein dogtertjie aan te sluit .. VAT DIT MAAR RUSTIG .. daar is baie druk op jou .. Jou LEWE is belangriker as jou loopbaan … VASBYT ..

Ouma ·

Gou gesond word Steve! Jy bly ‘n yster en ‘n vegter. Baie sterkte

Leon ·

Sterkte jou yster. Dit is so bly om te lees dat iemand soos jy sy geloof so voor op die lewe stel. SY tyd en metodes kan ons nie bevraagteken nie.

Sonja Fouche ·

Baie Sterkte Steve. Jy is vir ons Land baie kosbaar.

izette ·

By God is alles moontlik….spoedige herstel en beterskap….

maryann ·

Ek bid vir jou Steve, en God sal jou gesond maak daar is nog te veel wat jy vir ons moet doen. Plaas jouself net eers eerste en vat dit kalm. Jy is great.

Issabella Grey;ing ·

Môre Steve Deur Jesus se wonde is jy genees. Jeremia 29:11

Hannelie ·

Steve jy bly ‘n vegter, en is ‘n GROOT voorbeeld vir ons, wat baklei vir dit waarin jy glo. Word gou gesond, weet sommer Janine gaan die beste en mooiste verpleegter wees wat mooi na jou gaan kyk. Baie sterkte – Stormer groete.

Meraai ·

Sterkte Steve!!! Gou gesond word,jyt wonderlike kinders wat vir jou wag om huis toe te kom.

Gesiggie ·

Waar woorde Steve, partykeer moet dinge op n mens se pad kom, sodat ons net weer kan besef, dat God is Groot en ons kan nie sonder Hom lewe… Ek is so bly dat jy ok is… weet mons jy is n vegter en sal altyd weer opstaan, maak nie saak wat jou oorkom. Pas jouself mooi op , dankbaar dat Jesus jou nog n kans gegee het, sodat jy kan deel wees van jou dogter se 1 ste verjaarsdag. Alle sterkte en vat dit maar rustig… hoop dat als van nou af net beter sal gaan…

Susan ·

Sterkte Steve, gou gesond word, hou moed……..jy is Fenominaal!!!!

Lien ·

Ai Steve, ons het jou nog baie nodig in díe land. Jy moet jouself mooi oppas.

Sunette Nel ·

Sterkte Steve. Ek hoop jy herstel volkome. Vat dit asb eers rustig. Jy moet tog nie iets oorkom nie asb. Baie sterkte en pas jouself mooi op vir jou familie en ons as aanhangers..xxx

Susan de Klerk ·

Steve hou op om ons so die skrik op die lyf te jaag. Van nou af is dit gereelde mediese ondersoeke – eers kolon en nou dit!! Beterskap!!

Blondie ·

Sterkte Steve, mag jy volkome herstel. So dankbaar dat jy vir ons gespaar is.

mirrie raubenheimer ·

jy moet sterk staan in jou simpelste engel. dis min mense wat n tweede kans kry. benut die kans terdee. ek ‘watch’ jou!

Yvonne ·

Sterkte Steve on is vreeslik lief vir jou en almal staan agter jou.
Word gou gesond.

vonnie ·

Steve ons bid vir jou. Hoop jy sterk gou gou aan.
Baie baie dankbaar God het jou gespaar!!!!
Jy is n ikoon op soveel gebiede en velde. Baie dankie wat jy vir die afrikaanse taal ook doen.

Elsje ·

Steve sterkte jy sal beslis n ruskans moet vat…daar is nog konsterte wat wag.Gesondheid is heel 1ste.Rus nou man!

Ranta Greeff ·

Baie baie sterkte Steve ekt in 2015 n bloedklont in my linker been gekry op die ouderdom van 22 tydens my swangerkap en dit was n onbeskryflike pyn. Ons bid vir n spoedige herstel.

Larochelle ·

Staan sterk , Staan trots ons staan agter steve omdat hy ons hoop gee , ons land verteenwoordig!! en nog sy stem met ons deel , hy gee ons nie net hoop nie , maar al daai ware woorde in sy liedjies. We bless you steve.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.