Steve Hofmeyr kry hofbevel teen komediant

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr het ʼn hofbevel gekry waarvolgens Conrad Koch, die buikspreker agter die karakter Chester Missing, hom nie verder mag “teister” nie.

Praag het Hofmeyr bygestaan in die proses en het in ʼn verklaring gesê dat die hofbevel Woensdag in die Randburg-landdroshof bekom is. Volgens die hofbevel mag Koch Hofmeyr nie “verder teister, sy borge of vennote kontak of bykomende lasterlike of kwetsende aanmerkings oor hom publiseer nie”.

Volgens die verklaring is die hofbevel geldig tot 27 November wanneer Koch glo in die Randburg-landdroshof moet verskyn om te verduidelik waarom die bevel nie ʼn finale bevel gemaak moet word nie. “ʼn Lasbrief vir Koch se inhegtenisname is reeds uitgereik en sal uitgevoer word indien hy die bevel, wat oral in die Republiek van Suid-Afrika van krag is, sou verontagsaam.”

“Ons kon eenvoudig nie langer stilsit om te sien hoe Steve Hofmeyr, wat steeds die gewildste sanger in Afrikaans is en met wie ons al meer as ʼn dekade saam vir Afrikaans en Afrikanerregte stry, op kwaadwillige wyse en deur teistering benadeel word nie,” het dr. Dan Roodt in die verklaring gesê.

Volgens Roodt oorweeg Praag en Hofmeyr ook die moontlikheid om Koch vir laster te dagvaar weens “onwelvoeglike uitlatings oor die sanger wat hy op Twitter gepubliseer het”.

Hofmeyr het vroeër ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak nadat hy voorverlede week getwiet het: “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.” Talle Twitter-gebruikers, waaronder Koch, het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur.

Koch het ook in ‘n meningstuk in The Times uitgevaar teen Hofmeyr en onder meer vir Pick n Pay en Land Rover, borge van Afrikaans is Groot, gevra of hulle gemaklik is daarmee om met Hofmeyr verbind te word.

Koch intussen Woensdagmiddag op Twitter reageer op die hofbevel:

Klik hier vir vorige berigte oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hein Swart ·

Welgedaan, Stan, Steve.
Wonder wat die reaksie sou wees sou Steve hom op dieselfde wyse aangevat het.

Frik Lotz ·

Mooi so, Steve. Ek ondersteun jou 100%. Weereens ook dankie vir die goeie werk wat jy vir ons volk en ons taal doen. Doen so voort!

Tokkie ·

Grotentot, miskien moet iemand wat weet hoe bietjie in sy kas gaan krap?

Paul ·

Wat sê Eben nou. Plaas van vir Steve op Twitter vra wat hy bedoel het met sy uitspraak oor swartes, het hy probeer op hierdie forum om hom te laat goed lyk. Slaap lekker met jou rooi keppie, ou. En o ja, onthou om vir Tony Edenrich, Bossi en die ander wat gereeld veral die wit man probeer bykom, ook aan te vat.

David ·

Vat so Conrad Koch! Voor hierdie onwelvoeglike tirade van jou het niemand eens geweet wie jy is nie, EN sal ons jou naam tien teen een voor die einde an die jaar weer vergeet het…

Melt Olckers ·

Dit is vreemd dat hierdie nuusberig ontbreek in die Engelse pers. Lyk of hulle laer bou om Koch.

Nico ·

Eerste keer wat ek die naam Conrad Koch hoor. Hy kan nie te bekend wees nie.

Estelle ·

Nico ek ook! die ou soek ‘n platform om homself te verkoop, verkeerde platform gekies!

anet ·

Dankie Steve, jy is ‘n voorbeeld vir ons almal. Dankie ook dat jy baklei vir ons Afrikanerregte.

Sing jou hart uit tydens die Musiek fees.

Rieks ·

Mooi so Steve – het bietjie gewonder hoe lank die man sy opmerkings kan maak en weg kom met dit. Sien hierbo hy mag jou beskuldig van rassisme, maar jy mag nie iets sê wat nie direk gemik is op ‘n spesifieke persoon nie…

Hey @steve_hofmeyr, i am with the puppet of u @zanews and he agrees with @PicknPay & @LandRoverZA, u a RACIST.

Wonder wat die Koch-digge mannetjie volgende gaan doen? Miskien omdat die een pop dit vir die ander pop sê maak dit van hom die “onskuldige” paplepel houer? Hy roer net aanhoudend!

carel ·

Ons staan saam met jou Steve, miskien moet ons maar nie Koch/Chester se borge ondersteun nie.

Pick n Pay/Landrover neem kennis as julle nie verstaan wat Steve se nie dan wys dit maar net insig is n tekortkoming – pasop ons as publiek kan ons ondersteuning aan julle onttrek.

Mense – Checkers is goedkoper en Toyota is beter as Landrover……

Kobus ·

Ek is vir seker geen Steve aanhanger nie, en dink self hy jaag aan. Dit nou daar gelaat. Ek lees ook ‘n persoon se kommentaar op ‘n ander forum en is dit as volg:

“Ek sweer ek verstaan nie wat die problem is met wat Steve gesê het nie. Steve het basies gesê dat toe Europeers hier voet aan wal gesit het, ons al kon lees en skryf, ons het uit borde geeet en uit glase gesdrink. In Europa het ons toe al vir honderde jare klipgeboue en katedrale gebou. Die mense wat ons hier gekry het, kon niks van daardie dinge doen nie. Dit beteken nie hulle is sleg nie, maar hulle het mos n agterstand teen ons gehad. Dis n feit. Enige een wat dit nie kan of wil verstaan nie, het n probleem. Steve sê verder dat ons nie kon stilsit en wag vir die plaaslike mense om op te vang met ons nie. Soos die jare aangesap het het ons ook maar verder ontwikkel, maar die agterstand is baie baie moeilik om uit te wis. Ek bedoel dit nie rassisties nie, ek stel dit as n feit. Dit is mos logika.”

Kaspaas ·

Die Conrad Koch gedoente gebruik net Steve om vir homself naam te maak. Nog nooit van hom gehoor voor ek die artikel gelees het nie. Dalk moet hy liewers bly pop speel.

Louise Visser ·

#SteveVatNIEnonsensVanKabouters ;) <3 ;) krY vir julle!… "̮…ƗƗɐƗƗɐƗƗɐ…"̮ #GENOEGisOokMosMaarGENOEGne ! :)

Danie ·

Ek is n betalende lid van Afriform,Solidariteit en Helpende Hand.Die redakteur sal dit kan bevestig deur my e-pos adres na te gaan.So ek het die volste reg om my mening hier te lug.

Ek dink nie Steve is n sleg ou nie.Ek hou van hom.

Maar hy het so pas sy eie en ons almal se saak enorme skade aangedoen deur swart mense die skuld vir apartheid te gee.Dit doen die saak waarvoor hy en ons almal veg enorme skade aan.Ons vyande sal nou gesterk word en Afriforum vir rassiste uitmaak,en ons saak so skade berokken.Dit is om homself en ons almal in die voet te skiet.
Swart mense het nie apartheid ingestel nie.Ons voorvaders het.Vir redes wat hulle gedink het reg was,maar vir swart,bruin en indier mense was dit diskriminasie.
Steve moet sy stelling terugtrek dat swart mense die skuld vir apartheid moet kry.

Danie ·

Ek is n betalende lid van Afriform,Solidariteit en Helpende Hand.Die redakteur sal dit kan bevestig deur my e-pos adres na te gaan.Ek dink nie Steve is n sleg ou nie.Ek hou van hom.

Maar hy het so pas sy eie en ons almal se saak enorme skade aangedoen deur swart mense die skuld vir apartheid te gee.Dit doen die saak waarvoor hy en ons almal veg enorme skade aan.Ons vyande sal nou gesterk word en Afriforum vir rassiste uitmaak,en ons saak so skade berokken.Dit is om homself en ons almal in die voet te skiet.
Swart mense het nie apartheid ingestel nie.Ons voorvaders het.Vir redes wat hulle gedink het reg was,maar vir swart,bruin en indier mense was dit diskriminasie.
Steve moet sy stelling terugtrek dat swart mense die skuld vir apartheid moet kry.

Leeutjie ·

Die woord apartheid het vir my ‘n vloekwoord geword en moet as ‘n vloekwoord beskou word. Dis verby, dis oor en ja! ons het ons verskille maar in baie gevalle stem wit en swart saam. Vergeet van die verlede…. dis verby vir altyd en dis om gedurig terug te kyk en die pad vorentoe stadiger te maak!

Patat ·

Gaan kyk gerus in ‘n ou HAT wat die woord “Heilig” beteken. Apartheid sal nòòit uitsterf nie.

Paul ·

Die meeste mense wat kommentaar steun Steve en dan kom ‘n Afriforum lid en breek Steve af. Afriforum se amptelike kommentator vandag het dieselfde dwaasheid begaan. ‘n Baie duidelike bewys dat met Afriforum as vriend het jy geen vyand in die hele wye wereld nodig nie.

Hanna ·

Ek wens net dat hulle vir Steve kan uitlos. Om iemand so te teister is Rassisme en Jaloesie wat gepaard gaan met vrees. Hou se aan Steve ons land SA is baie lief vir jou en trots op jou. Veg vir ons.

JOHANNES ·

Mooi Steve ek staan agter jou oja nog iets ek hoor die Afrikaans is groot fees het alreeds meeras 50 000 kaartjies verkoop maar wil ook vir pick en pay se verlede naweek was die laaste keer wat ek by julle gekoop het.YOU GO STEVE.

Anita ·

Koggie of wat jou naam ookal is, vryf jou pop……….

Nie eers al betaal iemand my sal ek jou ondersteun!

Grassie ·

Dit sal interessant wees om te sien wat gebeur as Steve en daardie Koch ou mekaar persoonlik raakloop. Steve het in die verlede nie baie verdraagsaamheid getoon teenoor mense wat hom beswadder het nie.
Bravo, Dr Dan Roodt met u aandeel in die hofproses!

Charl ·

So Steve mag se en skryf net wat hy wil oor ander, maar as ander iets oor hom se word hulle hof toe gevat – ag nee, nou verstaan ek dit nie? leef ons nie in n demokratiese land nie – wat geld vir die een, geld vir die ander???

Nee kom Steve, jy mag gerus se wat jy dink, maar dra dan die gevolge daarvan – en laat ander toe om te se wat hulle dink.

En hoe twiet ou Steve nou so in Ingils deesdae – Afrikaans nie meer goed genoeg vir hom nie?

Leeutjie ·

As hierdie seuntjie se vertonings leegloop moet hy homself die vraag vra: Wie is die argitek daarvan? Onse Steve is eg Suid-Afrikaans en as jy met hom speel is so goed is jy is binne in die leeu se hok! Ek dink kokkerot kry te veel publisiteit!

ANNE-MARIE ·

Danie Danie….Moet ons regtig altyd op ons knieë kruip voor baäl hmmmm?Nee wat al is ons min staan ons BANKVAS agter STEVE ~ Dankie Steve en die ou koggelmandermannetjie moet maar aanhou popspeel…ons lewe in die werklikheid en o-ja….ek is ook sommer klaar met die pik en betaal winkeltjie….sien deesdae in koerante Woollies word so gekastei met varkkoppe en al….DIE WIEL DRAAI STADIG MAAR DIT DRAAI….destyds was hier nie eens wiele wat kon draai toe kom die ossewaens….wys jou net
STEVE BO !!!!!1

EMK ·

Patat, wonder ek ook. Mense moet tog dink voor hul sommer net skryf…

Danie ·

Anne Marie.
Ek wil graag n eerlikke antwoord van jou he asb.Is jy n betalende lid van Afriforum,Solidariteit en Helpende Hand soos ek?Nog n vraag.Wat is Baal vir jou in hierdie konteks van wat Steve gese het?
Ek sal n eerlikke antwoord waardeer.

Danie ·

Anne Marie.
Ek wil graag n eerlikke antwoord van jou he asb.Is jy n betalende lid van Afriforum,Solidariteit en Helpende Hand soos ek?Nog n vraag.Wat is Baal vir jou in hierdie konteks van wat Steve gese het?
Ek sal n eerlikke antwoord waardeer

Danie ·

Anne Marie.
Ek wil graag n eerlikke antwoord van jou he asb.Is jy n betalende lid van Afriforum,Solidariteit en Helpende Hand soos ek?Nog n vraag.Wat is Baal vir jou in hierdie konteks van wat Steve gese het?
Ek sal n eerlikke antwoord waardeer

Sollie ·

Danie, sy sal jou nie antwoord want sy lyk na een van die wat sommer net skryf om ook ‘n eiertjie te lê. Iemand wat kinders by verskillende vrouens het (sonder om met hul te trou) is vir my maar nes Zuma; iemand wat so infantiel optree deur tee oor iemand van wie se artikels/uitsprake hy nie hou se te kop gooi; iemand wat Zuma uitnooi vir ‘n braai en hartlik saamkuier en dan agterna weer as die vyand beskryf (sic) – so iemand is nie ‘n leier wat EK wil hê nie dankie!

Tian ·

Ek dink nie dit was slim van Steve om die aap hof toe te vat nie. Niemand het nog ooit van hom gehoor nie, nou weet almal van die idioot. Lekker free Add gekry en nou is die hele storie op die map. Plaas hy net die aap ignoreer…

Phillip Britz ·

Steve vir President. Moet jou nie aan die Liberaliste steur nie. Hulle hoort op die as hoop.

Muriel ·

Mooi so steve wys die bang slapgatte dit het groter rassiste geneem om jou raak te sien jy bly my rol model

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.