Steve Hofmeyr: ‘Laat die wêreld weet wat in SA gebeur’

Steve Hofmeyr by ‘n protesaksie Vrydag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria (16 November 2018). (Skermskoot uit video: Facebook)

“Suid-Afrika het ʼn baie mooi gesig, maar ʼn bitter siek Grondwet. Ons boere en ons vroue, swart en wit, word steeds geslag in hierdie moord- en verkragtingshoofstad van die wêreld. Laat die wêreld weet. Hulle kan hulle geld bring na die Hotel ANC, maar hulle kan dit nooit verlaat nie.”

Só het Steve Hofmeyr Vrydag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria gesê waar lede van ToekomsVonk en ander organisasies saamgekom het in opstand teen veral plaasaanvalle en plaasmoorde, maar ook onteiening sonder vergoeding en ander kwessies.

Die geleentheid is die tweede van sy soort wat deur ToekomsVonk gereël is. Die organisasie het twee maande gelede ook ʼn protesaksie by die ambassade gereël waar inligting en statistieke rakende plaasaanvalle aan verteenwoordigers van die ambassade oorhandig is.

Behalwe vir Hofmeyr was Mosiuoa Lekota, president van Cope, ander lede van dié party, verteenwoordigers van VF Plus, en Mariandra Heunis, ʼn vrou wie se man tydens ʼn kleinhoewe-aanval doodgeskiet is, deel van die skare van sowat 250 mense by die geleentheid.

Hofmeyr het tydens sy toespraak na pres. Cyril Ramaphosa as “die liegende koning” verwys. “Ons president sit tussen die duiwel en die diepblou see. Hy moet ʼn mooi prentjie aan die wêreld verkoop, terwyl hy hier die monster wat hy geskep het moet onderdruk. Hy het vir New York vertel daar is geen plaasmoordprobleem nie. Maar plaasmoorde is onophoudelik en was al voorheen onophoudelik, tydens en ná ons president se ontkenning dat dit gebeur,” het Hofmeyr gesê.

Mense by ‘n protesaksie Vrydag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria (16 November 2018). Foto: Twitter (@toekomsvonk)

Volgens Hofmeyr word ʼn kommersiële boer elke 1,4 dae in Suid-Afrika aangeval en word daar elke vyfde dag ʼn boer vermoor. Dié syfers kom uit statistieke wat deur ToekomsVonk saamgestel is.

Englie Botha, direkteur van ToekomsVonk, sê aan Maroela Media die organisasie se ondersoekspan stel self hierdie statistieke saam uit ʼn kombinasie van mediaberigte, gevalle wat direk by hulle aangemeld word, asook sake wat by die polisie aanhangig gemaak word. Botha sê hoewel hulle hul eie syfers met dié van ander organisasies wat ook dié statistieke byhou vergelyk, ontvang hulle nie hul statistiek van eksterne bronne nie.

Behalwe vir die statistieke het die organisasie ook vandag plaasaanvalslagoffers se stories aan die ambassade oorhandig. “Ons het ʼn klomp briewe [van slagoffers] ontvang en het dan dele uit hierdie briewe in ʼn dokument saamgestel wat ons oorhandig het. Mense vertel in die briewe waar hulle vandaan kom en wat met hulle gebeur het. Só kan hul stories gehoor word,” sê sy.

Sy sê die organisasie is van voorneme om elke twee maande ʼn soortgelyke protesaksie te reël en die jongste statistieke en slagofferverhale aan die ambassade te oorhandig.

Botha sê ToekomsVonk fokus egter nie net op plaasaanvalle nie, maar op alle kwessies wat minderheidsgroepe in Suid-Afrika raak, insluitend onteiening sonder vergoeding.

Grondonteiening sonder vergoeding het vroeër vandeesweek nog ʼn stap nader daaraan gekom om ʼn werklikheid te word nadat LP’s Donderdagoggend ten gunste van die voorgestelde wysiging aan die Grondwet gestem het.

Mense by ‘n protesaksie Vrydag buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria (16 November 2018). Foto: Twitter (@toekomsvonk)

“Ramaphosa vertel vir die wêreld om te belê in ʼn ‘vennootskap van gelykes’, maar waarsku hulle amper nooit dat hul grond en hul bates hier nie veilig sal wees nie, aangesien hy op ʼn ondeursigtige manier die Grondwet verander het om grond- en batediefstal ‘wettig’ te maak,” het Hofmeyr vanoggend gesê.

“Laat die wêreld weet. pres. Ramaphosa stel ten volle die nasionale demokratiese revolusie in werking wat Suid-Afrikaners op grond van velkleur marginaliseer, met meer rasgebaseerde wette nou as tydens apartheid. Sy idee van ‘gedeelde waardes’ is ʼn regering met onreëlmatige besteding van R74 miljard per jaar.”

Hofmeyr sê dit is daarom dat die groep pleit vir ingryping deur ander lande, dieselfde lande wat voorheen sanksies op Suid-Afrika toegepas het. “Ons kan nie Suid-Afrika regmaak nie. En die meeste van ons wil nie ʼn burgeroorlog hê nie. Ons los hier by julle ambassade petisies en akkurate bewyse van hoe Suid-Afrika, asook ons baie klein minderheid wat vandag hier verteenwoordig word, die onderwerp van verdagmaking in ons vaderland geword het. Soewereiniteit is nie iets om mee ruilhandel te doen nie. Ons het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Logika ·

Ag asb. sonder ‘n nie liberale media help die dinge niks. Wanneer is MM in Engels beskikbaar?

Gekke paradys ·

Goeie vraag. Die wêreld weet boggerall! Toe ek laas gekyk het verstaan hulle nie Afrikaans nie.

Dis valse-vlag daai ·

Net so valse-vlag soos al die ander sogenaamde “regse” organisasies + hulle almal word deur die intelligensie dienste beheer & bestuur. Hahahaha!! Emigrasie is die beste opsie.

Boggom ·

EK HET GAAN STAP VANDAG

Ek het gaan stap vandag…
… namens honderde boere wat nie meer kan stap nie, omdat hulle wreed op hulle plase vermoor is.

Ek het gaan stap vandag…
… sodat ek kon gaan luister hoe Mariandra Heunis haar geliefde man se moord beskryf onder die titel “The Day I Died”.

Ek het gaan stap vandag…
… namens al die Afrikaanse kunstenaars en celebs wat te bang is om standpunt in te neem teen plaasmoorde en grondonteiening.

Ek het gaan stap vandag…
… vir my volk, my taal en my kinders se toekoms, selfs al word dit nie erken of waardeer nie.

Ek het gaan stap vandag…
… vir elke keyboard warrior op Facebook wat gewoonlik meer bek as binnegoed is, maar vandag geskitter het in sy/haar afwesigheid.

Ek het gaan stap vandag…
… namens die apatiese Afrikaner wat wegkruip in ‘n hoek, en hoop dit sal vanself beter gaan.

Ek het gaan stap vandag…
… sodat ek Die Stem saam met boere-Afrikaners uit volle bors kon sing, dalk vir die laaste keer.

~ Boggom
16 November 2018
Amerikaanse Ambassade, Pretoria

Audrey Bierman ·

Dankie Boggom. Daar waar jy soos n brandwag bo in die Afrikaner boom sit, sien jy wat soveel van hulle wat op die grond rond ploeter en in die sagte grassies speel hopeloos te laat sal besef.

Foxi ·

Boggom, beter kon jy dit nie gestel het nie. Dit kom uit jou hart uit, wat jy sien, hoor en beleef! Dankie….

TLC ·

Boggom
En deur jou treffende boodskap is ek so lief vir jou al weet ek nie eers wie jy is nie
Aan Steve
Hkm die samekomste reel as meeste van ons by die werk sit
Want ons is wit en die wat nog kan moet werk
Steve sterkte aan jul almal en ja ek het sms van julle gekry en ja ek wil ook my bydra gee

Wim ·

Baie dankie Boggom jou woorde tref diep hoop vals vlag lees ook wat jy skryf en al die liberales wat so vinnig op die keybords spring en die persone wat iets probeer doen veroordeel laat hulle koppe in skaamte sak.
Ek was ook nie daar nie en vra omverskoning , dat ek te slap was om die moeite te doen om my volk te gaan ondersteun, om dat ek soos vele ander, altyd ons werk of afstand as n verskoning gebruik. Baie dankie vir wat jy en al die ander wat daar was gedoen het dit word opreg gewaardeer.

Boggom ·

Baie dankie aan diegene wat kommentaar gelewer het op my skryfwerk, dit gee my sommer ‘n warm gevoel om die hart. Vir die van julle wat my wil volg, sal dit nie te moeilik wees nie – my webwerf het bloot ‘n punt co punt za agtervoegsel agteraan die boggom-gedeelte. As jy my sou gaan Google, sal dit net giggel-geel orals te wees.

My doel is om daagliks iemand se dag te maak deur middel van humor. Dis egter net so nodig om nou en dan ernstig te raak, en uit die hart uit te skryf.

Kom kuier gerus vir hierdie brandwagbergbobbejaan op sy plat klip in die Magaliesberg. Hoe meer boggomjane, hoe meer vreugde.

~ Boggom

Elvira ·

Ek het nie saam gestap nie maar was in die gees met julle almal.

Andrea van Vuren ·

Dankie Boggem. Roerend mooi en so fyn raakgevat. Ek sal jou gedig beslis verder versprei! Nogmaals dankie!!!

Johann M van Heerden ·

Gee hulle alle hel Steve. Probleem is om die Volk agter jou te kry. Gewoonlik is minder as 10% bereid op te offer vir die saak

Andrea van Vuren ·

Ons volk het akademies lui geword. Danksy valse beloftes in die media…

Pieter ·

Mooi so. Dis ‘n goeie begin en hou so voort. CR is ‘n leuenaar en hulle probeer n sekere beeld na buiteland wys wat ons weet is nie waar nie. Die regering is korrupte plunderaars moet hulle nooit vertrou nie asb.

Verster ·

Jammer dat die grootste huigelaars in eie geledere is. Die stroom-op, randfigure wat dink hul psigoses kan geakkommodeer word, deur hul te skaar aan die kant van sosiopate, terroriste en misdadigers.

leser ·

waarom kan “stir-all” nie by die wereldhof aangekla word vir mense (boere) slagting wat hy nie wil erken nie

Johan ·

Steve ek en baie ander is so bly jy doen iets. .waar is die klomp DA . Vir hul gaan dit net oor geld. Love y Steve

Andrea van Vuren ·

My stem bly by Pieter Groenewald van die VF+. Wat ‘n heer en man van inbors en integriteit! Mens kan ten minste na hom luister. Los die DA hulle gaan niks vir jou doen nie!

Pieter ·

Ek is so kwaad vir myself dat ek nie daar was nie. Wat is n groep van Steve dat ek weet wat waar aangaan asseblief. Ek is nie op facebook of so nie. Steve ek volg jou!

PJ ·

Lees maar net die storie oor die R500 000 wat ou paddapot se seun ontvang het van Bosasa was eers glo vir dienste gelewer nou ewe skielik skenking gewees vir sy veldtog as pres.

Koos Malan ·

Ek haal my hoed vir jou af Steve , Jy is die enigste openbare figuur wat die murg in jou pype het om so op te staan vir jou voik en vaderland

Al ·

Ek stem saam met jou. Steve het guts en ruggraat.
Ons is trots op jou Steve!

Paul ·

Graag maak ek van die geleentheid gebruik om Herman Toerien te betrek. Herman, jy vat als so raak in jou weeklikse rubrieke, maar dit help nie ons skram daarvan weg as kommentators onderaan jou skrywes kritiese vrae het nie, ook nie as hulle die ingesteldheid en die gewete van die ANC regering se gebreke uitlig en bevraagteken nie. Gaan kyk wat sê die HAT oor gewete, ook oor moraliteit. Een of ander tyd moet mens ophou om té diplomaties te wees en afrontasie binne perke te vermy.

Dankie Steve dat jy onverskrokke die waarheid vertel.

Paul ·

Graag maak ek hier van die geleentheid gebruik om Herman Toerien te betrek. Herman, jy vat als so raak in jou weeklikse rubrieke, maar dit help nie ons skram daarvan weg as kommentators onderaan jou skrywes kritiese vrae het nie, ook nie as hulle die ingesteldheid en die gewete van die ANC regering se gebreke uitlig en bevraagteken nie. Gaan kyk wat sê die HAT oor gewete, ook oor moraliteit. Een of ander tyd moet mens ophou om té diplomaties te wees en affrontasie binne perke te vermy.

Dankie Steve dat jy onverskrokke die waarheid vertel.

P G Slabbert ·

Boggom ek is 1200 km weg van jou ; maar baie dankie !

Jean ·

Mooi so Steve… waar leer n mens van sulke optogte? Wil saam gaan !!!

AmandaV ·

Wil ook saam stap. Is nie op Facebook nie, so niks gehoor van dié optog, tot vandag op MM nie. So waar kyk ons uit vir die volgende een?

Piesang ·

Hazyview vandag: Boer (A Rutven) se outomatiese hek word met draad vasgebind. Toe hy uitklim, word hy geskiet. Gelukkig oorleef. Nie een enkele berig daaroor in die media nie.

Paul ·

En vandag gaan die “koning” toe terug op sy woorde oor Bosasa! Dit was toe aldie tyd ‘n skengking aan die “koning’ vir sy veldtog om die presidentskap.

Paul ·

Ek haal ‘n berig van tyd gelede uit die Engelse pers aan:

In Parlement president Ramaphosa reacted to a question from the DA and said he confronted his son about the Bosasa payment, Andile Ramaphosa explained that the money was for advisory services provided to Bosasa.

“He advises both local and international companies and this payment, I can show you Mr Maimane that I asked him at close range whether this was money that was obtained illegally, unlawfully and he said this was a service that was provided.”

Nou waarom het Ramaphosa hier bo in die parlement gejok? Nou vertel dat sy seun nie binnelands met Bosasa besigheid doen nie, maar dat die R500,000 ‘n skenking aan hom was vir sy veldtog om presidentskap van die ANC en dat hy nie van die skenking bewus was nie. Dus is dit duidelik dat die voormelde gesprek nie met sy seun plaasgevind het nie.

Melanie ·

Daar is baie meer mense waarvan jy weet wat hulle agter jou skaar Steve. Jy word baie waardeer. Dankie! Trots op jou.

Johannes ·

baie dankie, sou graag daar wou wees, vanuit die suid Kaap, Ek is so lief vir my volk!!!!

Koos de Meyer. ·

Ten minste iemand wat ruggraat het. Trots op jou Steve.

Al ·

Ek stem saam met jou. Steve het guts en ruggraat.
Ons is trots op jou Steve!

Redmari ·

Dankie Steve. Mense soos jy maak my ‘n trotse Afrikaner.

Mrs H ·

Die volk is die vrou met trane op haar wang, agter hierdie man, Steve! Dankie, jy is gestuur. Hoop van harte jy staan ook saam met VF+?! Ek het ook nie van die optog geweet nie en is baie spyt dat ek nie daar kon wees nie. Ek is glad nie op facebook nie. Stig asb n Whatsie groep toe?

Chris ·

Baie dankie Steve, waardeer opreg. Ek is erg gegrief dat Groot FM vir Roelf Meyer uitnooi en lugtyd gee om oor grond hervorming te kom praat. Hy het al in die 80’s by Ruiterwag vergaderings vertel van sy groot huis vriend Ramaphosa. Hy is ‘n volks verraaier.

Brutus ·

Van 94 af het SA net agteruit gegaan – op alle vlakke, maar dit gee n mens hoop as daar mense is wat opstaan teen die onreg wat tans aan die gang is , om stil te bly gaan ons nerens bring nie,die wereld daar buite moet weet wat hier aangaan.

ISABEL ·

Dankie Boggom jou woorde het diep getref.

Dankie Steve jou dade tref nog harder. Jy bestaan nie net om te sing nie. Jy bestaan om werklik vir elke Suid Afrikaner n verskil te maak. Jy veg om elkeen van ons n plekkie in die son te gee.

Mag jy en almal betrokke in jou lewe geseend wees met alles wat mooi is.

Yankee ·

Al hierdie dankie se wys maar net weereens hoe verdwaald en stukkend die SA blanke is. Hoe gatvol vir wat eens n pragtige Land was.

Andrea ·

Jys reg, ek is opreg dankbaar vir mense wat ruggraat het en opstaan teen die verwoesting. Al werp dit geen vrugte af nie. Steve staan op en sê sy sê. Word sekerlik gemerk deur die Rooi Brigade… Maar nogsteeds staan hy op. En so mense soos Ernst Roets, Kallie Kriel, ens. Hulle besef dat daar tien teen een dadels van gaan kom, maar hul doen dit nogsteeds. En ons as leierlose, vertrapte, uitverkoopte nasie is dankbaar, en het respek vir iemand met outydse ‘guts’.

Meester Manupileerder ·

Ek dink tog iets is aan die gebeur in Afrikanergeledere…
Hoog tyd om n streep in die grond te trek…

Olivia Hossell ·

Ek sou graag daar wou gewees her, maar kon dit nie maak nie . Die toesprake was uitstekend en het tref krag gehad. Dankie Steve ons is trots op jou

Callie ·

Laat ons gebede verhoor word. Laat almal met integriteit en liefde vir geregtigheid saam begin staan. Dit is saamstaan teen die bedrog, diefstal, leuns, idiotiese idealisme van Eff en die grootste agterbakse president wat die land kon kry

Jerry ·

250 mense by ToekomsVolk se protes. 250 woorde om kommentaar te lewer op MM. Julle denke plaas te veel beperkings op julself! Jan Braai se gebraaiery lok meer woorde van n groter getal mense as ToekomsVolk en MM, saam!

An ·

Jerry, waar was die ToekomsVolk vergadering waarvan jy praat??

SP ·

Ek is gatvol.

Was net-net te jonk om in ’94 te kon stem. Die ouer Afrikaners (de Klerk, Meyer, ens) het nie ‘n Afrikaner vriendelike platvorm vir my generasie gelos om op voort te bou nie. Ek dink ons grondwet is net geskryf om die wêreld te beïndruk. Mandela het julle ‘n rat voor die oë gedraai.

Dalk moes julle eerder geonderhandel het vir ‘n eie afsonderlike Afrikaner staat. Die Afrikaner kon geonderhandel het vir ‘n eie staat, eie grondwet en en regering. Amper soos Lesotho, of Swaziland. Hierdie Afrikaner staat kon internasionale erkenning verkry het.
Orania het probeer, met ‘n ilussie van selfbeskikking. Orania se ekonomiese vordering is pateties, veral na 25jaar se bestaan. Vergelyk met hoe die Afrikaner opgestaan het, periode tussen 1902 en 1948. Gaan kyk na hoeveel besighede, Sanlam, Naspers, ens gestig is gedurende hierdie periode. Neem in aanmerking die geletterheidsvlak van die Afrikaner.
… Vervolg

SP ·

Gatvol. (deel 2)

My oor grootjies, was nie naasten by the so geleerd soos die meeste van ons nie. Maar Orania roem homself op die Ora. Wat is die Ora? Dit is tans slegs Monopoly geld. ‘n Aandenking dat ek ook hier was.

Dalk kort ons weer ‘n Dr. Malan? ‘n Nasionalis? Iemand wat die Afrikaner na dis beloofde land toe kan lei.
Om te gaan huil by ambesades en ander regerings gaan ons niks in die sak bring nie. Ons moet iets drasties doen.

Ek stel voor dat ons afstig van die Republiek van Suid Afrika. Hier sal ruimte wees vir ons eie skole, kerke, universiteite, hospitale, polisie, ‘n staats hoof. ens. Hier sal ons vry wees. ‘n Volk wat weer kan op staan en ‘n regverdige plek on die son kan hê.

Sal dit nie lekker wees nie?

Fransie Rowles ·

Dankie Steve. Jy maak ons trots. Sou graag wou saamstap. Jy is my No1.

Quentin Viljoen ·

Sirkuleer tog enige voruitbeplande bewegings in die toekoms, sodat ons in getalle daar kan opdaag

De moer in ·

Boggom jou doring!
Wens ek kon saam stap
Wens ek kon saam huil
Wens ek kon saam “Die Stem” sing
Wens ek kon nog voel hoe my R1 se warm loop brand
Wens…

Sputnik ·

SP, lê asb. vir ons jou siening van hóé so ‘n “eie staat” befonds sal word (want ek twyfel sterk of ‘n sent van die RSA-regering sal kom), hoe en met wie dit besigheid sal doen, wat dit sal uitvoer na die buiteland om valuta te verdien, ens, ens. Ek sal baie graag jou mening wil hoor.

Adam ·

Steve ek dink nie SA het ‘n “mooi” gesig en ‘n “siek” grondwet nie. Doe Grondwet is heel aanvaarbaar maar ons gesig is “terminaal siek” weens die korrupte politieke hansworse wat die Grondwet bykans in sy totaliteit ignoreer.

Ben ·

Die buiteland moet weet wat hier aangaan. Dit is verbasend hoeveel europeêrs goed ingelig is oor ons penarie. Hulle hoor dit nie in die hoofstroom media of televisie nie, maar op radio. Daarom moet ons voortgaan om elke geleentheid te gebruik om die boodskap uit te dra. Wanneer die spreekwoordelike “Paw Paw die fan” slaan, en dit gaan, is dit nie ‘n verrassing vir die mense wat ons goedgesind is nie—en daar is baie.

Sarie Swanepoel ·

Steve ek haal my hoed af vir jou. Well done. Dankie dat jy opstaan vir ons regte. Stig ‘n politieke party en ek is seker jy sal baie aanhangers kry en dan weet ons ook vir wie om te stem as die verkiesing kom. ss

Groenie ·

Weet nie of dit die moeite werd is om kommentaar in MM te gee nie, maar wat ek graag wil sê/vra is: Waar is FW de Klerk nou met sy wigte en teenwigte? Ons wag daarvoor!

Johnny ·

Ons het nou ons eie Ben Gurion nodig en daar is geen ander uitwrg meet as ons eie onafhanklike staat nie. Die groot probleem is egter dat die Afrikaner nie kan saamstaan nie en dat Afrikaners regtig nie vir makaar omgee nie, selfs Afrikaanse famielies gee nie om vir makaar nie. Ongelukkig is ons self ons grootste vyand of ons dit nou wil erken of nie en ek is baie jammer om dit te moet se. Ons twis, ons is elkeen net vir homself en die duiwel vir die res en buit mekaar uit. Weereens jammer om sulke harde waarhede en woorde te moet spreek. Ons sal baie vinnig ons huis in orde moet kry. Ons sal by Israel en die Jode moet gaan probeer leer wat omgee vir mekaar en saamstaan is. Gaan bestudeer maar die Jode se situasie na die 2de wereld oorlog en julle sal sien dat jy ons in dieselfde situasie sit, maar vandag is Israel suksesvol “against all odds”! Uit die aard van my beroep weet ek min of meet wat dit kos om infrastruktuur daar te stel en dit sal etlike triljoene DOLLARS kos vir slegs ‘n miljoen burgers. Jammer, maar ‘n plek soos Orania is nie volhoudbaar nie, want Orania is steeds grootliks van Eskom afhanlik, van SA aghanklik vir besproeiing, SA se swak paaie, ens. Ek sal seker nou gekruisig word vir alles wat ek gese het hier. Gaan leer by die Jode.

RG ·

Stem 100% saam Johnny. Dankie aan julle wat gestap het.

Na “Holocaust” het die wêreld beloof: NOOIT WEER.

Die keer sal die Wêreld nie kan sê: “Ons het nie geweet nie”.

Andrea ·

Johnny, stem 100% saam. Dit sal seker ook amper totale uitwissing kos vir ons om uit ons gemaksones te tree. Ongelukkig is daar nie n tuisland vir ons nie. Ons sal altyd in diaspora bly. Ek sê nogsteeds ons ‘leiers’ , die ouens wat ons het wat vir ons opstaan, moet by ander nasies wat mense nodig het om hul te help hul lande opbou en uitbou, hoor of hul grond kan koop vir ons om en masse te emigreer. Ons hoort nie hier nie. n Tuisland sal nie hier in Afrika werk nie.

Desiree Spies ·

Baie danke aan ider en elkeen wat hierby betrokke is, was en vir ons Volk en Vaderland opstaan. Ek is lief vir my land en ek glo en vertrou as almal saamstaan, alle kleure kan die land Suid Afrika weer n goeie plek wees vir ons kinders en kleinkinders se toekoms. Ekt nog nooit daaraan gedink om te immigreer nie,want met die hulp van mense soos julle en ons Grote Hand van Bo is alles moontlik. Steve jy is n wonderlike mens, ek was al op twee van jou shows, en ek elke keer gaan wanneer ek kan wanneer jy P.E. toekom. Met iemand soos jy kan ons net sterker staan, ons het jou nodig. Jyt al sover baklei en nog nooit opgegee of gaan le nie. Ek bid vir elke vrou, kind en plaasboer wat al hulle lewens verloor het en hulle families wat elke dag probeer oorwin en dit deur die selfsug van mense wat in beheer is en hulle doen dit omdat hulle vere voel. CR glo ek sal nou seker besef ons is nie die soort mense in S.A. wat sal gaan le nie, al is ons in die minderhuid, hierdeur sal ons kom. CR moet ek glo sy toespraak maar mooi agter makaar kry wanneer die ander lande hom toegooi met vrae, dan sal ons sien watter liegstories hy vlg gaan opdis. Baie dankie vir jou Steve vir jou groot hart vir die land S.A.

Schalk ·

Dankie Steve. Min mense het jou moed en die wat slap kniee het kritiseer jou. Ons boere nasie en elke ander mens wat ongeag ras of geslag genoeg gehad het kan saamstaan. Dikwels is daar in veldslae gevegte gewen met mense wat bang ingaan maar met die regte mense langs jou en vir die regte saak as helde ander kant uitkom. Selftrots en geloof in die regte saak is genoeg om die wiel te draai.

HPV ·

Schalk, met respek teenoor Steve, so almal wat hom kritiseer het slap kniee? Ek ken oud grensvegters asook werkgewers wat mense ‘n inkomste bied en so bydra tot algemene welvaart wat hom kritiseer en ek kan jou waarborg hulle is nie slapg*tte nie! Weer met respek teenooer jou en Steve, hoeveel mense het julle in diens en was julle deel van die veiligheidsmagte? Vra maar net…

Matthys ·

Bravo Steve, ons het mense nodig wat die waarheid vir die wêreld kan vertel. Wens CNN / BBC kan dit uitsaai…

Staak saam ·

Steve ons beursies is leeg, ons brandstof is klaar en ons bande is gaar gery, ons stemme word stil en ons pennet is leeg geteken aan petiesies, ons koskaste is leeg uitgedeel, al voorraad wat oorbly le in ons kluise, vir 25jaar vul ons nog net aan en die tyd is naby dat ons daarin gaan delg.
Plaas aanvalle raag wit en swart en dit steun die staat se verskoning dat dit net misdaad is alhoewel blankes die meeste geraak word.
As jy vir die boere volk opstaan noem dit dan, maar as jy vir die NSA opstaan wit en swart dan is jy nog vasgevang in jou JA stem.
Diplomasie en politieke korrektheid werk nie meer vir ons nie wat daar word dan aan beide kante van die draad gevreet.
As jy n spreukbuis vir die blankes wil wees maak jouself dan reg om nog meer onpopuler te wees as nou.
Feit is, ek kan jou toegooi met statestiek oor watter groep statisies geteiken word en watter groep van die populasie met graagte moor.
Ons bedel al vir 25 jaar vir genade van die buitewereld en niks gebeur nie en vir die volgende 25 jaar gaan daar ook niks gebeur nie.
Ons moet besef dat ons nog hier is uit die genade van die swart hand en nie omdat dit ons reg is nie.
Baie meer sal hulle gewig agter jou ingooi as jy vir die blanke opstaan maar nie vir die NSA nie.

Schalk ·

HPV ek het twee besighede met baie werknemers, positief aktief probeer ons daagliks almal help en ondersteun in die moeilike tye. Ek het blanke en nie-blanke werknemers van alle sosiale afkoms wat ons voed en onderrig om positiewe bydrae te maak. Dit terwyl mans en dames van my ouderdom en velkleur meer rede het om negatief te raak as die gewone salaristrekker want ons baklei teen onregverdige BEEEE en openlike diskriminasie ook nog.
Ek was in aktiewe grensdiens betrokke. Het my volle twee jaar by 8 SAI gedoen. Ek het ook al my kampe gedoen en was twee keer gewond . Lees weer my boodskap. Dit gaan oor die mense wat Steve kritiseer oor hy probeer om vir ‘n saak te staan wat ons almal raak en dit openlik waar hy ‘n teiken is vir misdaad . Sonder BBP beskerming soos JM. Slapkniee is mense wat saam praat maar niks positief doen nie in my opinie. Jy kan kritiseer die man maar nie die saak waarvoor hy staan nie want mens gaan nie net oorgee nie.

HPV ·

Schalk, ons het baie in gemeen, veg self positief voort in besigheid teen onreverdige BEE bevoordeling, steeds betrokke in die weermag as vet asook in besigheid. Doen dieselfde as Steve maar net met selektiewe e-pos aan internasionale besighede. Stem saam met jou antwoord (verduideliking) insake slapknieë. Sterkte.

Johnny ·

Dankie Andrea, die tyd vir wonder daaroor en praat is lankal verby en die skrif is ongelukkig aan die muur. Ek wens Maroela Media kon vir ons ‘n Tuisland Forum daarstel sodat ons mense gedagtes kan wissel en begin saampraat. Wat ons nie meer nodig het is allerhande groepe en groepies nie, maar ‘n verenigde front wat hom beywer vir ‘n nuwe land vir ons mense om heen te kan gaan. As ons ‘n paar honderd duisend kan wees moet iemand tog na ons begin luister en die Blanke Suid Afrikaner Vraagstuk op die tafel plaas. Vergeet daarvan om vir ons ‘n toekoms te probeer uitkap in die huidige SA en vir die donker toekoms wat voorle vir almal in hierdie land (wit, swart, ens.). Ek is ‘n Ingenieur en ek sien wat kom t.o.v water, krag, infrastruktuur, voedsel, ens. Met ‘n paar honderd duisend mense se sente en paar rande kan ons seker ‘n begin maak. Gestel ons aanvaar dat ongeveer 500 000 blankes elke dag iewers parkeer en elke keer R2 vir ‘n sogenaamde karwag gee. Dit beteken dat ons dus R365 miljoen per jaar ($26 miljoen) op hulle spandeer. Dit is wel ‘n druppel in ‘n emmer om ‘n nuwe land meer op te probeer bou, maar ons sente en paar rande kan ‘n begin kan wees. Ons moet net ons eie $ bank he,sodat ons nie nog die RSA se banke se fooie hoef te betaal nie. Ek hoop maar die regte mense lees hierdie.

Sloet ·

Maar min mense wat na die regses se byeenkoms kom…
En dít is ‘n samekoms van verskeie groepe…. nie veel steun nie. Nie vir hulle politiek nie en ook nie vir hulle onsamehangende spreker nie.

JG ·

@ Sloet, gaan lees jou bybel (as jy een het) en sien wat het Gideon met sy handvol manne reggekry met God aan hul kant…ons saak is reg.

Anton X ·

Ek sien MM is maar kieskeurig met die tipe kommentaar wat gelewer word. Of miskien die persoon.
Ek persoonlik voel dis ‘n mors van tyd, want ek kry die gevoel my sienswyse stem nie ooreen met die normaal nie. Dit laat my goed voel, so ek verstaan hoekom my kommentaar nooit geplaas word nie. Ander kan snert na snert plaas, en julle aanvaar dit.
Asseblief MM, skruf ‘n artikel oor julle reels en regulasies. Se watter woorde outomaties gesensor word. Te minste weet mens dan hoe om jou kommentaar te bewoord.

Frik Lotz ·

Dankie Steve, vir als wst jy vir ons mense doen. Dit word baie waardeer en gaan nie ongesiens verby nie. Weereens dankie my ou vriend!

Hendrik ·

Sover ek weet is die grondwet nie verander nie. Hulle wil maar hulle gaan sukkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.