Steve Hofmeyr maak aankondiging oor AIG

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Woensdag bekend gemaak dat hy nie deel van die Afrikaans is Groot (AIG)-konserte in Kaapstad sal wees nie.

“Na gesprekke met Afrikaans Is Groot se direksie het ek besluit om terug te staan sodat die AIG konserte in Kaapstad in 2020 wel kan plaasvind,”  het Hofmeyr gesê.

“Ek doen dit in belang van die totale produksiespan en my medekollegas. Ek verstaan die enorme uitdagings in terme van infrastruktuur en kostes en wat die verlies aan inkomste aan my medekunstenaars sal doen.”

Hofmeyr sê ook verder dat hy besef Sun International hul lokaal in Kaapstad sal weier vir die vertoning indien hy nie dié besluit gemaak het nie. “Dit sal my altyd grief dat geld, borge en politieke narratief ons kultuur en ons kunste vandag voorskryf. Ek ken nie daardie taal nie en ek het geen behoefte om dit ooit te leer praat nie.

“Ek buig nie die knieg voor die haters van vryspraak nie en geen boikot sal my oor my volk en taal se griewe maak swyg nie. My toere sal voortgaan ongeag en ek sal nie huiwer om die name van ons volk se uitwissers uit te basuin nie, dit terwyl Sun International, Toyota, MTN en Multichoice geen woord rep oor die aanhitsing tot geweld en haatspraak teen my mense nie. As hulle my kan stilmaak kan hulle ons saggies uit die prentjie verwyder.”

Dit het verlede maand aan die lig gekom dat Sun International sy misnoeë oor Hofmeyr se deelname aan die Afrikaans is Groot-konsertreeks te kenne gegee het.

Die konserte vind vanjaar van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Die datums vir die Kaapstad-konserte is nog nie aangekondig nie.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, het in ʼn skrywe aan die organiseerders van Afrikaans is Groot (AIG) gesê Sun International word wetlik verplig om nog vanjaar se konserte by Time Square te huisves.

“Op grond van regsadvies kan ons nie weier om die konsert aan te bied óf eis dat die organiseerders Steve Hofmeyr [van die lys van kunstenaars] verwyder nie. Die kontrakte is ongelukkig ʼn paar maande gelede reeds gesluit,” het Leeming gesê.

Sun International het egter die organiseerders van AIG versoek om Hofmeyr se insluiting by die konserte te heroorweeg.

AIG se organiseerders en Solidariteit Helpende Hand, AIG se gemeenskapsvennoot en amptelik begunstigde niewinsgewende organisasie, het egter toe bevestig dat die konsertreeks vanjaar by Time Square voortgaan en dat Hofmeyr sal optree.

Brendon Hargrove, uitvoerende vervaardiger van die AIG-vertonings, het ook toe gesê Sun International se uitlatings wys wel moontlike implikasies uit vir die toekomstige aanbieding van die vertonings aangesien dit sinspeel op die goedkeuring van inhoud en kunstenaars wat daar optree.

ʼn Herrie het vroeër vanjaar om die AIG-vertonings losgebars toe talle borge onttrek het weens Hofmeyr se deelname aan die konsertreeks.

AIG het intussen in reaksie op Hofmeyr se aankondiging gesê hy respekteer Hofmeyr se besluit en die feit dat hy begrip toon vir die uitdagings wat die AIG-span in die gesig staar.

“Steve sal steeds optree tydens die Pretoria-konserte in November 2019, asook die Somerfees wat op 28 Desember in Mosselbaai plaasvind. Kaartjies vir AIG-Kaapstad sal binnerkort aangekondig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

171 Kommentare

AIG Mosselbaai? ·

Gaan Steve by die AIG optrede in Mosselbaai wees 28 Desember?

Spikkels ·

Ja hy tree op in Pretoria – November by AIG asook die 28ste Desember te Mosselbaai. AIG het dit aan my op hul FB bevestig. Dit is blykbaar net 2020 se AIG vertonings waar Steve nie gaan optree nie.

Jansen ·

Ons verstaan jou besluit..hulle verlies om jou nie daar te hè nie..jy bly ons nommer 1 vir ALTYD!!

Nettie ·

@AIG Mosselbaai? Sien die laaste sin in die berig???????? Ai, ons mense het verleer om te lees!!!

Johann ·

Ons was n groep van 15 ondersteuners van Steve en sou ook ‘n vertoning bywoon. Ons al egter soos baie van ons ander vriende AIG ‘n mis gee. Dit is tragies dat politiek mens van groot geleenthede soos diè ontneem.

Lorette ·

Dit is so frustrerend dat hierdie groot maatskappye wil inmeng by ons vermaaklikheid.

EBG ·

Wonder of die ander kunstenaars ook Steve se beeld gaan volg en nee se vir Aig en Sun International . Neem n standpunt in en se nee, genoeg is nou genoeg
Steve 120 uit 100 vir jou

Rooijan ·

En tog ry die meerderheid met Toyotas rond en gaan Saterdag DSTV kyk…

MARIETTE ·

AIG sal nooit weer dieselfde wees sonder Steve nie. Ek sal ook nie moeite doen om vir volgende jaar se konsert te bespreek as hy nie daar is nie. Groot jammerte

Poot ·

@Rooijan
Jy kan seker nie ñ Hilux of DSTV bekostig nie. YOu GO STEVE!!!

Marita ·

Ek het nog al die AIG konserte bygewoon, maar as dit so is GEEN STEVE dan ook GEEN AIG in die toekoms vir my nie. Dink maar wat met Skouspel gebeur het…
Ek is n trotse Steve ondersteuner

Johan ·

Mooi en daar eindig my en my gesin se paadjie met AIG. Vaarwel en Steve ons is trots op jou.

Koors ·

Ek is glad nie n Steve Hofmeyr fan nie. Ek koop trouens nie eers n Afrikaanse CD as een liedjie op die hele CD deur Hofmeyr gesing word nie. Maar ek sê AIG verdien nie ondersteuning nie. My Toyota het vinnig plek gemaak vir iets anders ook. Was nog nooit n MTN kliënt nie en het nou net Netflix.

Stokkies du Toit ·

Laat ek een van julle daar vang. Dis soos die dekodeerder debakel. Almal sê maar Hoeveel doen?????

Bosman ·

Steve jy is en sal altyd n wenner wees.
n Man met rugraat en integriteit.
Daar is baie wat reeds hulle siele vir geld een aansien verkoop het.
Jy is nie een van hulle nie en dankie daarvoor.

Kobus ·

Die sg. groot Maatskapye ondersteun ook dus nie die Welsynwerk wat uit die inkomste van AIG Konserte gedoen word of Diskrimineer hulle ook teen o.a. Helpende Hand. Intussen is hulle te lafhartig om openlik te verklaar waaroir dit gaan. Dit gaan nie oir Steve nie , hy is maar net maklike klip om.op te tel. Hulle Diskrimineer teen Afrikaans sprekendes maar aanvaar tog ons geld

Outoppie ·

En ek staan bankvas agter Steve. Nie een van daai borge spoel hul mondecuit oor haatspraak vanaf die anderkant maar ons mense wat staan vir sy taal en volk en land word gekniehalter

Spikkels ·

Ja hy tree op in Pretoria – November by AIG asook die 28ste Desember te Mosselbaai. AIG het dit aan my op hul FB bevestig. Dit is blykbaar net 2020 se AIG vertonings waar Steve nie gaan optree nie.

Johann Jordaan ·

Ons kla oor ons taal onderdruk word , Steve word geboikot wie van die AIG entoesiaste gaan hulle boikot deur nie te gaan nie? Kom ons wys waar ons steun lê!!

Ivana ·

Ek stem, staan saam en boikot AIG by Sun International, wie gaan dan n verlies lei. Die hele lot moet die see ingejaag word, dan het ons baie minder probleme (kry net die vissies jammer)

Liza ·

Dit is ‘n groot verlies, maar ek is seker die ander kunstenaars waardeer dit baie en soos Steve se is hulle afhanklik van die inkomste van hierdie konserte. Steve, ek haal my hoed vir jou af, weereens is jy die verantwoordilike party was ander eerste stel. Ek hoop van harte die ander kunstenaars gee jou die erkenning wat jy verdien. Van die 80’s af is jy my nommer 1 kunstenaar en sal dit altyd bly.

Nienie ·

Steve, ek haal my hoed vir jou af. Jy kry nou swaar, maar sulke ongeregtigheid sal nie ongestraf bly nie. Ons hemelse Vader sien dit.

Carolina ·

Ook my laaste AIG. Dit was die hoogte punt voor jaar einde. So jammer Steve dat die bohaai oor jou gaan. Jy wat net vir Afrikaans baklei.

Sirkus ·

Nienie, ek stem saam en gaan nou oor die volgende paar maande elke CD en DVD van Steve koop wat ek in die hande kan kry en ek sal nooit iemand ondersteun wat hom boikot. Dis ‘n aanslag op ons nasie en taal en omdat Steve dit openlik aanspreek probeer hulle hom saboteer en sleg maak

Christo coetzee ·

Jammer Steve sing nie . Hy sing mooi. Baie van die ander Afrikaans sangers is maar eintlik net Praat sangers, met lekker ritme musiek.

Liefvirsteve ·

Johan as ek nog in SA gewoon het het ek definief AIG geboikot ????.

Elsabie ·

Dankie Steve! Ek staan ten volle agter jou en ek weet daar gaan sommer ‘n klomp mense wees wat nie sal gaan nie. Jy’s ‘n yster!

Buddy ·

Ek was nog nooit n Steve Hofmeyer aanhanger nie maar ek haal my hoed af vir sy guts. Sonder Steve se deelname aan gesprekvoering om in te tree vir die Afrikaners sou die terroriste ons lankal tot niks gered user het.

AIG ·

Net soos Hy nie haat en onvergewensgesindheid ongestraf gaan laat nie. Onthou ASB Jesus het gekom met ‘n nuwe gebod wat die oue vervul naamlik Jy moet God liefhê en jou naaste soos jouself. God IS liefde waar daar nie liefde is nie IS God nie.

Willie ·

Nou val jy uit die bus uit. Steve het nog nooit haat aangeblaas nie. Hy het altyd gesê hy staan op sy reg om sy kultuur op sy manier uit te leef. Wat is fout daarmee. Hoekom preek jy nie vir Malema wat so haat aanblaas nie.

JohanR ·

Gaan jy/sy AIG dan ons spreekbuis word? Vandag Steve, more iemand anders, volgende week not tien, volgende maand nog twintig en einde 2020 is vyftig verban! Word ons spreekbuis asseblief AIG….hy/sy.

Lucy Strydom ·

Nou kom sing by die Paardekraal Monument. Dis in volkseie besit,.

beginsils ·

En uiteindelik gaan al die “anti – steve – konserte” begin dood loop want mens staan agter Steve, behalwe nou vir spikkels, maar ja, ek sien al hoe begin Steve shows reel wat beter grooter en meer geld sal wees vir SA kunstenaars, dis kwessie van tyd.. sal gebeur. Bank vas agter Steve

Naomi ·

Wat van ‘n eie fees op Wolmaransstad met Steve as hoofsanger? Inspuiting vir Noordwes se ekonomie en ons het nog ‘n fees.

Maureen ·

Ek sal beslis nie n AIG kaartjie koop nie!! Ek hoop die konsert flop, want Steve is AIG!! Geen Afrikaanse konsert sonder hom sal ooit weer my geld ontvang nie! Hoop die ou “sussies” verloor almal hulle werk! VIVA STEVE!!!

Mike ·

Steve jy het rugraat en integriteit om terug te staan.
Min mense beskik daar.
Ek ondersteun jou en weet ook dat jy beter as die ou klaepotte sing

Linda ·

Verstaan ek verkeerd? Is dit nie Sun City wat hom nie daar wil he nie of is dit AIG?

Koos ·

Debbisch en AIG wat het julle al gedoen vir afrikaans????? Niks!!!! Steve staan op vir ons en ek sal hom altyd ondersteun

Anti AIG ·

AIG is n uitverkoper van Afrikaans.
Gaan n Spur met julle doen.

George in Bloem. ·

Afrikaans is groter as AIG. Doen jou ding Steve!

marous ·

Hy sal onthou word vir sy onwrikbaarheid . Die ander sal onthou word vir hul vooroor
buig …

Jax ·

Cheers AIG. Spandeer nie weer n sent aan julle nie asook nie aan enige kunstenaar wat wel in 2020 in die Kaap optree nie.
As Steve nie in die show is nie, Sal ek nie gaan kyk nie.

remondo ·

So dis dan my laaste AIG as SUN International my wil sensuur wie ek mag luister dan sal ek nie verdere ondersteuning gee aan die groep nie … AIG ondersoek ander heenkome daar is seker plekke wat wel Alle kunstenaars verwelkom SONDER politieke inmenging – Dit is mos Afrikaans is groot -Nie POLITIEK is groot nie.

A ·

Almal wat julle bekke oor hom uitspoel kan maar in diensee gsan spring. Daar sal nie weer ‘n kunstenaar soos steve wees nie. Hulle mag sê en doen net wat hulle wil maar o wee laat ‘ n blanke net waag iets sê.

Elize ·

TROTS Afrikaner sê jy. Wonder waarop is jy trots!!! Ek sien wragtig NIKS om op trots te wees in SA nie. Ek is nie n Steve “fan” nie, maar “you go son” jy het ten minste “guts” Hier is baieeeeee wat jou siening deel.

Marlene ·

En net soos Huisgenoot se skouspel sal AIG ook doodloop! Huisgenoot het vir Steve laat gaan en daarna is al die groot name agterna, dit het nie lank gevat nie en daar is skouspel in sy maai in! AIG leer uit ander se foute

A ·

Almal wat julle bekke oor hom uitspoel kan maar in die see gaan s spring. Daar sal nie weer ‘n kunstenaar soos steve wees nie. Hulle mag sê en doen net wat hulle wil maar o wee laat ‘ n blanke net waag iets sê.

leser ·

steve, indien jy deel van die kunstenaars gaan wees met die konsert reeks hier in pretoria, kan ek nou al voorspel dat jy gaan uitgejou word deur gesiglose publiek wat baie jaloers op jou is
sterkte met jou besluit

Koos de Meyer. ·

AIG seker maar weer een van daai, if jou can’t win them join them. Steve staan ten minste op vir Afrikaans. Ongelukkig is daar ook die ruggraatlooses tussen ons. Trots Afrikaans.

Joe White ·

Steve , jy bly n yster en ek ondersteun jou 100% Ek en jy weet SA behoort aan alle suid afrikaners en nie net aan n sekere groep wat dink omdat hulle die meederheid is , hulle het alleen reg nie. Ware suid afrikaners behoort nie eers hierdie konserte by te woon nie.

Suzette Geringer ·

Ek staan bankvas agter Steve. Dit verg werklik baie moed om terug te staan ter wille van ander. Dit wys weereens wat sy karakter is en dat dit vir hom oor sy eie mense gaan. Soos ek al vantevore gesê het, hy vra nie vir uitmoor van enige ander ras nie, meer as wat daar gese kan word van hierdie ander rasse. Ek stem saam met JohanR – wie word volgende verband? Oormore is AIG te Afrikaans – wat gaan julle dan sê!!!

Gerrit ·

Lekker floppie wat nou wag vir die organiseerder, maar als ‘n poging om die Afrikaner se kultuur te verwoes. Saai onmin in die hoenderhok. Die vyand en hul propaganda-vennote teiken al lankal dit, waar die Afrikaner se hart lê…sy kerk, sy taal, sy kultuur. Ongelukkig is daar soveel rugstekers binne eie geledere.

Valerie ·

“Kerk” is die Afrikaners wat jy in gedagte het se grootste manier van onderdrukking van almal wat nie saam met Calvyntjie en sy duiwels stem nie. Snaaks dat jy die woord “kerk” gebruik asof dit nou iets magies is. Die kerk is betekenisloos. Vra ek iemand nou die dag of hy ‘n Christen is. “Nee, ek’s ‘n Calvinis.” Oh, well.

Dolf ·

Kaartjieverkope was traag lank voordat Steve onttrek het. Pryse is reeds gesny.

Chantas ·

Wat doen jy vir die behoud en ondersteuning van en vir Afrikaans???

Morney ·

Dit gaan nie oor een persoon nie. Jy is reg as jy dit se. Maar gaan dit oor baie groter dinge. Dit gaan oor ons taal en kultuur wat onder skoot kom. Al hierdie twee gesigte wat weier om saam met Steve/Afrikaans te staan, is soos die engelse se two faces. Malema is welkom, maar Steve nie. Zuma was welkom, maar Steve nie. Sun International sal my nooit weer sien nie!!! Viva Afrikaans, Viva Steve, jy is ‘n ware Afrikaans vegter

wsp ·

ek was onlangs by een van Steve se “shows” hy het 2x liedjies gesing wat mense soos een laat opstaan het en saam sing dit was ongelooflik
DANKIE DAT JY NIE BANG IS OM OPTESTAAN VIR DIE AFRIKANER REG EN WAARDES NIE

SWL ·

kom sing weer in Ottoshoop hier is genoeg mense wat kaartjies sal koop

Mrs H ·

@AIG… lol duidelik verstaan jy nie die Afrikaanse trots nie! Hoeveel “onse” in jou pond swaap? Praat vir jouself en los Steve uit…hy IS ons Trots op vele gronde en feite.

Derick ·

Die ANC, EFF en die linksgesindes is bang vir:
N stuk lap ( die ou SA vlag)
N taal (Afrikaans)
Die beste SA sanger ( Steve Hofmeyer)

Marius ·

Lyk my almal is bang om dit te sê maar EK HET OOK MY LAASTE TOYOTA GEKOOP

ADK ·

Steve dis net die begin, ek is verskriklik hartseer hieroor. Ek is bevrees AIG gaan dooi….Wil net graag by SUN INT hoor of daar ander uitgesproke mense is wat ook by hulle verban word, nie net op die verhoog nie, maar wat ook hulle ander fasiliteite gebruik. Moeilik om te glo dat organisasies hulle nie net kan distansieer van goed af nie. MTN is beboet vir onreelmatighede in ander lande en word ook in SA beboet. Baie oneties van hulle. Gelukkig maak ek nie van SUN se fasiliteite gebruik. Ek ondersteun fasiliteite wat Afr vriendelik is en wat hulle nie met politiek besig hou nie. Sterkte Steve en AIG….Ek hoop eerlikwaar die konserte loop nie dood nie….

Leon ·

Ons staan saam met jou Steve Los maar die hensoppers in vrede die goed is vervuild

Disselboom ·

Dit raak nou bokant Disselboom se vuurmaakplek wanneer vryheid van spraak tot in die hof beveg en gestry word, en wanneer en vir wie dit geld en nie geld nie ?

Willie ·

jy is reg. Steve praat nie namens al die Afrikaners nie, maar hierdie afrikaner van Europese afkoms ondersteun Steve ten volle.

Hennie ·

Steve, ek dink jy moet jou eie show reël op die datum wat Sunk International die datums vir AIG aankondig in Kaapstad. Kobaso AIG en bogger off Sunk Interwhatever!

Foxi ·

Ek wil net vir Steve sê…….eendag sal jy weer vry wees om te sing waar en wanneer jy wil.
Al kom ek met n kierie by jou fees aan, al is ek amper doof en stiksienig van ouderdom, maar daar sal ek wees vir jou. Want jy is my taal werd!

se net ·

Wel AIG , is jul verlies, toyota, ek sal nooit ooit weer by jul koop, mnet, lank terug deur jul gesien, multichoice nog een maand en dan groet ek julle ook. So aan my kant vorder ek goed.

Manie ·

Daardie maatskappye wat genoem word deur Steve is groot onderdrukkers van die Afrikaanse Afrikaner. Maar dit is vir my vreemd dat soveel van die Afrikaners die maatskappye ondersteun. Is dit nie bietjie twee gesig?

hercu ·

en so het die mensdom die land in ‘n kompos status in verwerk!!

ek sal nooit ophou afrikaans praat nie en ek is nie bang vir niemand nie, want ek is groot gemaak deur ‘n trotse boere ma!!

en daar sterf AIG ‘n stille dood saam met Sol Kezner(Sun Int)

*saluut Steve*

Alida ·

Steve, ons is trots op jou want jy weg vir Afrikaans. Daar is baie soos hierbo wat agter jou staan.

Mads ·

AIG 2020 gaan ñ duik vat – hoor wat ek sè!
Jammer Steve. Wens dit was anders. Wens ons het in ñ Demokratiese land gebly waar alle mense gelyk is en vryheid van spraak, kultuur, taal mag beoefen…

LADY ·

Wat n wonderlike mens. Jy is my nommer een en sal altyd die grootste superster wees. Wat jy doen is prysloos. Love you Steve.

Jeremia ·

Ek staan bankvas agter jou Steve én die beginsels waarvoor jy staan!

Kerneels Wolfaardt ·

AIG sal my nie weer sien nie. SA is in hierdie toestand omdat ons Afrikaners ruggraatloos geword het.

Vintcent ·

Die ruggraatloosheid word maksimaal uitgebuit deur almal wat die Afrikaner se uitwissing najaag. Die grootste vyande is mede-Afrikaners.

Liefvirsteve ·

Steve het nie Toyota, MTN, Sun Internasio (whatever) of AIG nodig. As ek so kyk vul hy sy konserte chock en block vol by homself. En wat meer belangrik is sy ondersteuners geniet sy musiek. Jy voel en sien gees by sy konserte. Viva Steve Viva!!!!

.Dries ·

Ek staan BANKVAS agter Steve!Dis tyd dat daai borge en geldmagte in die bek geruk word

Riaan ·

Salut! Steve.Jy bly n ou yster. Sal jou altyd bly ondersteun

JohanR ·

Dit verbaas my altyd hoe vrek bang die ANC is vir ‘n Afrikaner gemeenskap in SA wat maar baie klein is, in verluiking met ‘n populasie van R58 miljoen mense. As ons BOO se, dan skrik hulle hulself boeglam, en maak hulle broeke nat. Lekker om so baie mag te he, en dit sonder ‘n wapen in die hand!

Cherokee ·

Saamtrek van die DA en ander liberaliste… by AIG.
Steve, ek is wel nie ‘n groot aanhanger van jou musiek nie maar ek respekteer jou standpunt. Ek is bewus daarvan dat ander sangers wat by AIG optree, het gekla oor jou saamwees, en jy noem dit nie eens in jou kommentaar nie. Jou rug-teen-die-muur veg vir Afrikaans verdien niks anders as respek.

kolla ·

Laat net weet wanneer die Kaapstad kaartjies te koop is asseblief.

Fanie ·

Uit dankbaarheid vir Steve se besluit sal ek voorstel dat al die ander kunstenaars ‘n Steve-Tribute sal doen. Elke aand van die vertonings. Of ‘n Steve-medley, uit protes teen die AIG direksie en borge. Amper soos die 1985 Live Aid konsert in Engeland. Dis nou ‘n baie goeie tyd vir saam-staan! Julle kan ook ‘n paart ander protes liedjies sing, om julle mismoe teen die huidige regeering aan te dui. Steve is immers nou tegnies in isolasie.

charmaine ·

Fanie, dit is n baie goeie voorstel vir die tribute maar die wat gekla het oor Steve sal te jaloers wees om sy liedjies te sing en party van daardie sangers is ook maar net daar agv n tv kompetisie of is toevallig gehoor en gaan kyk hoeveel van daai sangers het al saam met Steve liedjies opgeneem en saam gesing.

Lero Lino ·

Wel Steve, ons sien almal die Afrikaans Is Groot (AIG) advertentie op die All Blacks se rugby truie. Dit is duidelik water kant die wind toe waai, jy is ‘n beter patriot deur op te staan vir “Local is Lekker”. Jy is nie uitverkoop aan ‘n regering wat buitelanders huur om landsgenote te ondermyn vir nog ‘n fyftig sent nie. Boonop kan hulle nie eers die volgorde van Arificial General Intelligence (AGI) wat hulle koppe beheer regkry nie. Gaan aan, sing, ons sien jou en ons is ook patriote….

Yolandi ·

Kom nou solidariteit julle Kan nou n konsert begin. Dalk iets soos AIG (AFRIKANERS Is Groot)????

Bees ·

Moenie stres nie Steve, jy is n offer vir ons wat omgee. Die nuwe SA is n gemors van A tot Z. Hou jou kop hoog, hulle probeer mense wat soos jy is afbreek, want hulle is vrek bang vir die handjievol opregte Afrikaners.

KrokodilBotha ·

Ja well no fine. Is ook nie dat ek nou op my perd gaan spring om n cd van steve te wil gaan koop nie. Daars beter musiek.

Hans ·

Jammer vir jou krokodil. Naas goeie rugby gespeel. Ander Bothas ons gedrop?

Db ·

@KrokodilBotha. Is jy seker dit is ‘n perd en nie ‘n muil nie?

Only me ·

Daar is niemand maar niemand wat kan sing soos Steve met sy sexy “rasper stem”…en dan daai mooi glimlag en oë van hom!!Gn wonder almal het n issue met hom!Stevie jy is en sal altyd my no. 1 mans sanger wees…love u!!!
..

Waarheid ·

Dit is nie waaroor dit gaan nie Krokodil.
Dit gaan oor veel meer

Christa ·

N ma se Hart Kan swel van trots. Jy is n man so na my Hart. Jy staan vir jou reg. Jy skuld Niemand Niks. Jy trek op jou eie Groot sale en het nie nodig om ander se kleinlikheid op te vreet nie.

Dewie ·

Waarom nie die Voortrekker Monument toe skuif nie dan bly die kaartjie geld in Afrikaanse hande en nie in Sun Internation se reeds oorlaaide sakke nie

Flippie ·

Die Kaap bly maar die bakermat van die Cape Dutch. Hulle hou nie van die Boere nie. Dit is maar so. Jammer.

Hans ·

Soo teleurgesteld in al die kunstenaars wat wel gaan deelneem sonder Steve. BAAAIE DANKIE Steve dat jy STAAN BY WAT JY GLO. Ons is trots op jou. Soveel sangers wat deesdae kulturele liedjies sing om geld te maak en nie omdat hulle so voel nie.Aan almal van hulle, wys vir ons dat Afrikaans ook vir julle groot is,weier om deel te neem en kry 2020 n ander plek . Sonder Steve is dit ” afrikaans is klein” en sal my nie sien nie. Dan hou ons ons eie” Steve is groot” elders.

Laetitia ·

Ek is nou al so keel vol vir hoe vryheid van my taal, kultuur my geboorte grond onderdruk word. Wie gee enige van die borge die reg om namens hulle kliente te besluit. Hulle is gou om jou geld te vat. Ek bedank jou Steve .

Petrus ·

Ek vertrou die Steve hoofstuk word nou finaal afgesluit. Daar moet aanbeweeg word.

Bekommerd ·

Ek dog AIG staan vir AFRIKAANS IS GROOT, maar die meeste mense wat dit boikot is ander taliges en woon nie eers afrikaanse koserte by nie. Steve stuur vir AIG n “my innige simpatie met julle verlies” kaartjie.

Andre Stander ·

Wel, dan kan kaapstad maar AIG.

Alles in (hulle) G (opdruk).

W S von Willich ·

Steve, “Ek hou van n man wat sy man kan staan.” Beginsels en integriteit is baie skaars deesdae. Organiseer n boikot teen die boikotters – bv hoe gaan Toyota vaar as Afrikaners weier om hulle produkte te koop? Moenie Spur vergeet nie. Ek sal steeds nie weer daar eet nie.

izak van zyl ·

Verstommend hoe vinnig AIG Jesus in die prentjie inbring om ‘n kampvegter vir dieselfde taal as waarvoor AIG staan, aan te val en te beskuldig van onvergewensgesindheid.
Wat ‘n skande dat die liberale deel van Afrikaans wees laer trek teen Steve wat as Patriot vir sy taal en sy kultuur veg teen gewisse uitwissing.
Die liberale sotte onder ons moet maar mooi trap, want die strop trek al nouer om julle nekke. Daar kom ‘n dag….en dis nie baie ver in die toekoms nie…..dat julle die VERRAAD gaan sluk. Merk my se nedrige woorde maar! Saluut

Apie ·

Die borge van AIG moet geboikot word en tot ‘n val gebring word. Trots op jou Steve, en, die kunstenaars wat teen jou is (omdat hulle mammon dien) moet ook geboikot word. Hulle cd’ s moet le en vrot op die rakke!!!

Magda ·

Groot dankies aan Steve… hou verby AIG. Steve, jy is so verskriklik dapper, dankie daarvoor, dankies….

Hans ·

Valerie. Dit gaan nie oor die mannetjie wat lief is vir homself nie. Dit gaan oor die mannetjie wat mannemoed het en sy man staan om dit waarin hy glo en dit waarvoor hy lief is te verdedig al kos dit wat. Hy is NIE n politieke marionet nie.

Eugene ·

Wel aangesien steve nie daar gaan wees nie stel ek nie keer belang om te gaan nie

Justice ·

AIG is `n belediging vir die naam – maak dit eerder Politiek is Groot – PIG

kraai ·

Doen die ding Steve!!!!!!!Doen dit. Moenie stop nie. hulle skend jou mense-reg.

Marius ·

Steve, jy is altyd welkom in Perth en Brisbane!. Sien uit na jou volgende besoek, en jy mag die Die Stem en Die Ou Vlag gerus ook sing, trouens duisende sal saamsing.

Stiks ·

Sien jou Desember in Hartenbos met my nuwe Ford. Het intussen my verbintenis met Aig verbreek

Sieg ·

Ek het ook maar good bye gesê vir AIG kommunistiese aan hanger.

Rika ·

Wonder wat sal gebeur as al die sangers saamstaan en weier om op te tree

charmaine ·

Rika, nee jong jy sien mos hulle is bekommerd oor hulle salarisse. Ek sal graag net wil weet wie die snagers is ek het n paar name maar kan nie hardop dink nie. Ons sal geskok wees as ons weet en hulle sal dit nie wil het nie want hulle sal dan baie verloor.

Papbroeke ·

Die sangers het ongelukkig nie die mannemoed of rugraat nie.
Hulle kla mos nou reeds oor Steve wat hulle geld gaan kos – so wat verwag jy? Hierdie sangers gaan baie geld verloor want deur hulle papbroekigheid gaan hulle CD’s nie verkoop nie. Hulle skiet hulself in die voet en het dit nog nie agtergekom nie. Dit se al klaar baie van hulle.
Dankie dat jy opstaan vir Afrikaans Steve – min ‘bekende sangers’ doen dit en hulle behoort hulle koppe in skaamte te laat sak.
Hulle buig eerder vooroor.

Db ·

Aan al die negatiewe ou nat skroplappe hierbo – jaloesie is ‘n lelike ding. Steve, jy is ‘n yster en hou aan om vir ons taal te baklei. Staan saam met en jou en geniet al jou musiek

KietieKat ·

Stil mense, daar gaan n man met integtiteit verby. Steve dis hoekom jou ondersteuners jou ondersteun want ons kan opkyk na jou.
Dankie wat jy vir ons taal AFRIKAANS doen en beteken.
Sal graag wil weet wie is die sangers wat oor Steve se teenwoordigheid so mor. Hulle moet net weet ons sal hulle boikot sonder n oog knip.
DANKIE STEVE????????????

Anoniem ·

Nee Rika hulle sal nie weier nie, hulle stel net belang wat in hulle gatsak kan beland. Dit gaan nie vir hulle om die mens Steve nie.

Leonard ·

Boikot die hele AIG dan sal hulle sien dat n volk kan saam staan. Steve jy is n Yster ek haal my hoed vir jou af. Lewe voort en doen wat jy goed doen en moenie dat hulle jou onder kry nie. Reel jou eie vertonings die skare sal nogsteeds opdaag en betaal en jou ondersteun maak nie saak waar nie dink baie boere sal laat jy optree op hul plase

Leon ·

Sun International, MTN, Toyota en Multichoice is pionne en in die sak van die Britse regering wat Afrika bly onderdruk. Hulle probeer Afrika in ‘n prehistoriese tydperk hou.
Hulle moet gebikot word totdat hulle bankrot is.

theo ·

TN as jy nie van Steve hou nie moenie jou mond oop maak nie. Jy gebruik n skuil naam(TN) dit wys jou karakter. Verduidelik wat jy bedoel by gemors??. Steve is nie bang vir dit waarin hy glo en wat reg is. Daar is ander mense wat jy van hou wat my weer dwars in die krop steek. groete

Hendrik ·

Die paadjies is stadig besig om te skei. Dit is sigbaar op alle terreine.

Frikkels ·

Hierdie gaan eenvoudig AIG se einde beteken, AIG was lekker maar nou is dit klaar. Selfde soos met skouspel, hulle was groot en vandag is daar niks van oor nie. Dis n jammerte dat hierdie dinge moet gebeur, welkom in SA.

Rubber ·

Die kunstenaars is in die middel van die politieke debakel. Dis nie AIG se skuld wat gebeur nie. Plaas hierdie kultuur geweld voor die deur van Sun International, MTN, en Toyota SA. Afrikaners word op alle fronte vermoor. Die vyand doen alles in sy vermoë om ons te vernietig. Ter wille van geld laat ons dit toe. Te hel met die borge, reël iets vir Afrikaners deur Afrikaners.

Db ·

TN – een ding wat vir jou gesê kan word – “ag shaim” :(

Amelia ·

AIG
Verstaan ek jou reg My naaste is die mense na aan my Gaan slaan die woorde naaste na 1 my gesin
2 my familie
3 my bure
4 my volk
5 my landsgenote
Miskien kan jy ook Jesaha 14 lees en baie goed daaroor na dink

HPV ·

Hoe goed Hofmeyr ookal is, hy alleen kan of sal nie AIG sink nie. Die produksie bestaan uit baie net sulke goeie kunstenaars, met duisende aanhangers. Die lewe gaan net eenvoudig voort sonder of met wie ookal. Die lewe wag vir niemand nie.

GL ·

Wel gedaan Steve. Ek stem met jou besluit saam. Dit is hoog tyd dat iemand iets drasties doen vir die Volk. Dit is net jammer daar is nie meer van jou kaliber nie.

HPV ·

Ek is deel van die volk, hy hoef regtig niks anders vir my te doen as om sy beroep te beoefen as sanger en akteur, dit wat hy ken en dit waarin hy goed is, nie die beste en enigste nie, daar is baie ander.

Catherine ·

Baie baie jammer hieroor. Steve is die beste sanger wat ons het. Absoluut beste. Die ander sangers ….klomp papbroeke en kan net sing van “baby, baby”Very few have real talent but Steve has

Japie ·

‘Buig nie die KNIEG’? O, hoe lekker lag ek nou. VOOR volk en taal – WOO SHAM!!

Bridget ·

Koebaai AIG Hello Steve jy sal altyd ons held wees jy doen soveel vir Afrikaans staan bankvas agter jou

Hester kuhn ·

Ek weet Steve sal dalk nie saamstem nie, terwille van sy goeie hart tov sy mede-sangers. Ek en ‘n vriendin gister gesels. Dis tyd dat al die kunstenaars wat optree dan ook die geleentheid boikot. Hoekom moet Steve, en ons, kultuur elke keer lei onder die verdrukking van borge? Dit is nonsens. As al die kunstenaars die geleentheid boikot kan daar nie ‘n geleentheid wees nie! … Dan gaan ons volk regkom!

Adam ·

AIG is in elk geval bloot ‘n geleentheid waar die liberales die konserwatiewes se beursies plunder terwyl hulle na vrotsige musiek luister. Wie dus aan- of afwesig is, is irrelevant.

Steve Ondersteuner ·

Hoekom voel hulle bedreig deur 1 persoon?
Steve, ons ondersteun jou en bewonder jou dat jy by jou standpunte staan!

Ceryllene ·

Ek se dankie aan Steve dat hy by sy beginsels staan. Dis hoogtyd dat die Afrikaner volk by hulle sin staan, of hulle geskiedenis, tradisies ens verloor. Hierdie onderdrukking is onaanvaarbaar. As ons nie ALMAL saam gaan staan nie en hierdie maatskappye stop nie, is dit ons pad vorentoe. Dis n skreiende skande. Wie is Anthony Leeming? N uitlander wat hier wil kom reels maak en voorwaardes neerle? Waarvoor staan AIG? Regtig? Die grootste en trotse Afrikaner mag nie optree nie. Dis n grap! Totsiens aig, ( julle is nou te klein) van my kant af ook.

Grassie ·

As Steve nie daar sing sal ek vir die eerste keer in jare dit verseker nie bywoon nie! Hoekom moet ek mense ondersteun wat nie saam kan staan vir my taal! Lyk my ons het baie meer joiners in musiek as wat ons dink!

ZeeBee ·

Afrikaans is Groot maar …… Steve is GROTER !!! Ek wonder net of die res van die kunstenaars wat nou seker elkeen ‘n ekstra liedjie kan sing omdat Steve uit is, dieselfde vir hom sou doen ?

ZeeBee ·

Afrikaans is Groot, maar …… Steve …. Jy is GROTER. Ek wonder net of die res van die kunstenaars, wat nou ekstra liedjies gaan kan sing omdat Steve uit is, dieselfde vir hom sou doen ?

Cassie Kruger ·

Ek hoop julle paaidjies stop ook met SI want hulle plaas die druk op AIG AAI as jy te dom is en die Korupsie van die land eered ondersteun as dit wat jou kliente wil he

Gert Midstream ·

“Ford for me”. Kan herstel word sonder moeite. My keuse. Afrikaans taal. Wat van minderheid en geregtigheid.

Luister ·

Kry ‘n ander plek om die konserte aan te bied. Wat van die groot sportarenas?

VW aanhanger ·

Ek wonder of Sun Intnl regtig gaan nee se as AIG volgende jaar ‘n ander plek wil bespreek met Steve op die program?? Dis mos groot inkomste om die Sun Arena vir amper 2 weke uit te huur……. Geld praat hard! Ons geniet ons haastige VW’s wat in elk geval elke Toyota en Ford stof in die oe skop!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.