Hofmeyr sal onder meer by die Vlaamse parlement in Brussel, België, gesprek voer met Tom van Grieken, voorsitter van Vlaams Belang, en optree tydens ʼn openbare debat in Den Haag saam met Martin Bosma, LP van die Partij voor de Vrijheid (PVV).
“Ek sal vir hulle belig hoe dit voel om een oggend wakker te word as ʼn minderheid in jou eie land, nie straatname te herken nie, met standbeelde wat verwyder word en stede wat na voormalige terroriste vernoem word. Ek sal dit doen in die vorm van nuusbrokkies en die plekname na Nederlandse name verander.”
Volgens Hofmeyr sal sy toesprake onder meer fokus op die geweld in Suid-Afrika en of apartheid beter was. Die onderwerp is ‘Waarskuwings uit Afrika: Die aftakeling van identiteit as jy ʼn minderheid in jou eie land word’. Ek sal ʼn paar parallelle tussen ons en Europa belig.”
Hofmeyr sal ook die rolprent Treurgrond en die dokumentêr Tainted Heroes vertoon tydens sy besoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
66 Kommentare
Dankie Steve. Ons waardeer wat jy vir ons doen. Seën vir jou.
As een man dit kan reg kry was Steve reg kry wonder ek wat sal gebeur as die hele Suid Afrika op staan vir on taal en land DANKIE STEVE TROTS AFRIKAANS
Namens ons blankes verskriklik dankie!
Hoop hulle neem die waarskuwings ernstig op wat dit is hulle voorland met al die immigrante wat instroom in hulle land.
Jys n ster Steve…..vertel alles. Ons het hulp van hul nodig. Baie sterkte