Steve Hofmeyr praat in buiteland oor Afrikaners

Steve-Hofmeyr-en-AG-Visser-featured

Steve Hofmeyr

Die sanger Steve Hofmeyr sal dié week op uitnodiging onder meer toesprake lewer in Den Haag en Antwerpen in Nederland oor die toekoms van Afrikaners in Suid-Afrika.

Hofmeyr sal onder meer by die Vlaamse parlement in Brussel, België, gesprek voer met Tom van Grieken, voorsitter van Vlaams Belang, en optree tydens ʼn openbare debat in Den Haag saam met Martin Bosma, LP van die Partij voor de Vrijheid (PVV).

“Ek sal vir hulle belig hoe dit voel om een oggend wakker te word as ʼn minderheid in jou eie land, nie straatname te herken nie, met standbeelde wat verwyder word en stede wat na voormalige terroriste vernoem word. Ek sal dit doen in die vorm van nuusbrokkies en die plekname na Nederlandse name verander.”

Volgens Hofmeyr sal sy toesprake onder meer fokus op die geweld in Suid-Afrika en of apartheid beter was. Die onderwerp is ‘Waarskuwings uit Afrika: Die aftakeling van identiteit as jy ʼn  minderheid in jou eie land word’. Ek sal ʼn paar parallelle tussen ons en Europa belig.”

Hofmeyr sal ook die rolprent Treurgrond en die dokumentêr Tainted Heroes vertoon tydens sy besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

AmY ·

Dankie Steve. Ons waardeer wat jy vir ons doen. Seën vir jou.

Ami ·

Hallo Amy ek is ook Amy. Ek bly in Holland en ek gaan my bes probeer om te gaan luister wat Steve sê. Die PVV is bietjie mal maar hulle gedagtes tel. Vir hulle gaan dit oor “eigen volk eerst” en ek glo ook daar in! Al is ek nie ‘n Nederlander nie. Ek is ‘n immigrant, maar al die ‘niet-westerse’ immigrante hier maak almal siek.

Pietskiet ·

As een man dit kan reg kry was Steve reg kry wonder ek wat sal gebeur as die hele Suid Afrika op staan vir on taal en land DANKIE STEVE TROTS AFRIKAANS

Grap ·

Hoop hulle neem die waarskuwings ernstig op wat dit is hulle voorland met al die immigrante wat instroom in hulle land.

Leeukop ·

Sommer gougou gaan hulle agteroorbuig vir vreemde gelowe en om askies en jammer te se dat hulle wit is.

steve ·

Jys n ster Steve…..vertel alles. Ons het hulp van hul nodig. Baie sterkte

Cobus ·

Kom ons hoop een of meer besluitnemers in die Vlaamse Parlement se oë gaan oop na Steve se besoek.

Cobus ·

Kom ons hoop een of meer besluitnemers van die Vlaamse Parlement se oë gaan oop na Steve se besoek!!!

Leon Coetzee ·

Steve vertel hulle wat se gemors ons mee opgeskeep sit

Tiger ·

Maak hulle ogies mooi oop vir wat hier aangaan Steve!DANKIE ons is TROTS op jou!!

Sê maar net ·

Dankie Steve. Maak my hart sommer warm klop. God seën jou met wat jy doen, vir my en my kinders se toekoms in ons pragtige land

John ·

Mense, ons sal ons eie kastaiings uit die vuur moet krap. Ons hulp kom van Bo, nie uit Europa nie, nie eens as Oom Steve al die versies van die stem uit volle bors onder die vierkleur sing nie.

Ander Kooa ·

Met respek, wanneer kom die hulp van Bo dan? Dit gaan al slegter. “God only helps those who help themselves” Gesonde denke, rede en aksie is nou belangrik

Basson ·

Soos die geval was in Zimbabwe John? (Of Sirie, ens ens) Bid maar solank, ek gaan ‘saal die perd solank op’……. :)

marianne ·

MY HELD!!! Staan op en kom uit met die waarheid. God dank daar is mense soos jy wat nog TROTS Afrikaans is! Ek hoop jou “uit tog” gaan suksesvol wees.
Dankie!!!
Dankie aan all Afrikaner sangers wat ons vereer en ons oplig terwyl ander ons vertrap!
Ek hoop Janine gaan saam – agter elke man staan ‘n geinspereerde vrou!
Kom veilig terug!

Hannes marais ·

Dan roodt was ook al by die vlaamse regering vir hulp vir die witvolk van sa….niks het gebeur of verbeter nie…ons moet gaan hulp soek by sterker lande soos israel

Charl ·

Israel – grappie. Hulle het lekker gebruik gemaak van ons toe dit hulle gepas het, maar sal onder geen omstandighede hulp verleen aan ons nie. Sorg net vir hulleself. En om te dink Europa gaan help is eers snaaks. Maar laat ou Steve maar praat. Dit hou tenminste die hoop aan die gang van diegene wat glo n wonderwerk gaan gebeur om hulle te red.

Johann ·

Charl. Vir die Israeliese staat is dit alles net vir eie gewin. Hulle is daar niks anders as die Sjinese nie. Raak maar gewoond daaraan ou maat.

Rika van Loggerenberg ·

Dis moeilik om te glo daar is mense daar buite wat nie DIE man steun nie. Hy gaan ver uit sy pad uit vir sy land en sy mense. Ek is jammer as jy van Steve nie hou nie, le die fout by JOU. Steve is geensins ‘n saint nie, maar glo my hy gaan Hemel toe net soos wat hy is!

Otter ·

Mens het net ‘n paar mense soos Steve en Flip Buys nodig, en 100,000 van ons. Ons moenie wag vir die res nie. Hulle sal weldra volg.

Bullseye ·

You go Steve! hopelik snap hul nou die ware prentjie van hoe dit hier gaan!

Charlotte ·

STEVE VIR PRESIDENT!!!!! Dankie vir wat jy staan en vir ons almal doen!!

snoefie ·

ek hoop hy gaan ook vertel hoe blanks werknemers hulle were by feral myne verloor omdat die “local communities” ongeskoold alles geleenthede moet kry. herder how ones deur one ore betaal aan mediesefondse en Dan not hemelhoe bybetalings het terwyl dieselfde middels gratis by hospitale en klinieke uitgedeel word om net in die volgende blok under n boom neergegooi te word. dat hy gaan praat oor die hemelhoe skoolfonds by “blanke” skole terwyl swart skole gratis is. dat hy gaan vertel how water en elektriseteitstariewe, erfbelasting en munisipaledienste hemelhoog is in blanke woongebiede maar feitlik kosteloos in swart woongebiede uitgedeel word. DEMOKRASIE beteken verseker nie robin hoodisme nie.

Chrisjan ·

Dankie Steve. Ons ander moet aanhou voorberei, elkeen met die gawes en middele waarmee God ons geseen het. God het reeds voorsiening gemaak vir elke ledemaat van die liggaam. Berei voor liggaam, siel en gees. Dra by aan en onderrig die wat tekort kom. Kyk rond daar is baie wat elkeen kan doen op elke front. Die tyd loop uit.

Gesiggie ·

Hierdie man moes al lankal ons Minister geword het… hy is n man wat veg vir sy reg, wat veg vir Suid-Africa….maybe sal hul jou stem hoor Steve…. Viva Steve.. Viva… ons staan agter jou…. Go Get Them….. Trots op jou…

Basson ·

Ek verstaan die ATKV Applous koorfees wat by TUKS sou plaasvind die naweek moes gskuif word agv EFF dreigemente?
Toevallig sien ek die artiekl toe -en soos baie tereg beweer het, was Afrikaans maar net die eerste stap destyds – die tweede stap is nou in werking:
‘EFF Student Command spokesman Lungile Sonwabo told the Pretoria News the university still had events where white and Afrikaner culture was celebrated and imposed on black students.’
http://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/why-were-bringing-afrikaansmustfall-back-2026394
Hierdie is weereens ‘n wegneem van ons vryheid – waar kan so iets bevestig en opgeneem word?

Andrea van Vuren ·

Ek wonder of hierdie rooipette ooit weet waar kom die naam TUKS vandaan? In die vroeëer veertigerjare gestig deur ‘n paar Afrikaanse onderwysers onder die naam Transvaalse Universiteits Kollege. Nof ‘n erfenis net so van ons weggesteel!

Loslappie ·

Ek wil net weet wat staan dit vir ons tedoen ? hoe kan dit ons bevoordeel ? Wat kan hulle vir ons doen?

gatiep ·

Dis mooi Steve maar jy is verkeerde plek daai ouens hou minder van witmense as wat die swartes in ons land van witmense hou.

Donovan ·

Ek is bly dat Steve dit in hom het om op te staan vir dit wat reg is, Afrikaans behoort nie net aan ons wit mense nie, daar is kleurling en swart mense wat ook die taal as huistaal het.

Jef ·

Ek hoop jy dring deur tot die mense en genoemde partye maar in Nederland het mense in die laaste verkiesing massaal op PVV gestem, uiteraard het hulle die meerderheid aan kiesers gehad maar is op alle vlakke en fronte teen gewerk.
Die res van die regering wil geen samewerking met PVV nie en Nederland is al weg gee aan die buitelanders.
Vlaams belang en PVV sal seker na hom luister daar twyfel ek geen oomblik aan nie maar of hulle iets kan doen want die feit bly staan , die partye kry ook niks reg in hulle eie land nie, teenwerking en beskuldiginge is al wat hulle kry.

Moeksie ·

Dankie Steve – sterkte – miskien gebruik Ons Hemelse Vader vir Steve as instrument om vir hulle te vertel wat regtig hier aangaan.

Danielle van Eck ·

As ‘n nasie moet ons dankie sê. Net moontlik kan Steve ook ons pleit bring om toe gelaat te word om terug te keer na Europa toe. Terwyl Europa hulle arms oopgehou het vir derduisende Muslims, is dit dan nie ook net regverdig dat Suid Afrikaners toestemming ontvang om terug te keer Europa toe sonder om massiewe beleggings te moet maak nie? Gee die wat wil toestemming om terug te keer na hulle voorvaders se geboorte lande toe.

charlene ·

Kyk ons weet die mense in ons eie land wat ons verdruk gaan nie verander nie en ek is seker Steve weet dit ook maar hy probeer die ander mense in ander lande se oë oop maak om te sien wat werklik hier gebeur. Ons mense word dood gemartel en jy lees dit nie eens nie, dis haal nie eens die nuus op die internet nie, wat nog te sê nuus op tv. En ek is seker Maroela Media mag dit ook nie stel presies soos wat dit is nie, en mag nog minder foto’s op sit oor wat werklik gebeur! Steve ons waardeer dat jy omgee dat jy probeer dat jy vir ons baklei. Wens net meer van ons het die guts gehad om te sê genoeg is genoeg nou baklei ons terug. Maar dan weer ons wil nie baklei nie ons wil nie `n bloedbad hê nie, dis nie wie en wat ons is nie. Jy baklei maar gebruik niks geweld. Die teen wie ons baklei ken net geweld.

koot ·

Jy praat definitief nie namens hierdie blanke nie, Steve. Hierdie selfopgelegte leierskap van jou laat my baie dink aan mnr WindsakTrump van neffens. Sterkte met jou sogenaamde roeping.

Leon van Rensburg ·

Koot, WAT het Jy al vir die Afrikanermens gedoen?? Wat is jou belonging as jy ‘n betreder, in jou kamer, wat veronderstel is om ons elkeen se domein te wees, voor jou bed, met ‘n mes in sy hand skiet? Twee dae in die selle voor jy kan borg kry, dit is regtig nie aangenaam nie!!

Leeukop ·

koot geniet seker die land lekker baie. Lekker luister na zzzzz en sy sabc en enjoy.

Amanda Burger ·

Ai Koot, jy hoef jou nie by Steve te skaar nie. Miskien moet jy jou eie praatwerk gaan doen behalwe natuurlik as jy baie gelukkig is met die situasie soos dit is! Dan mag jy maar stilbly….

Hannie ·

Op n ligter noot, ek gaan nou op my gevorderde ouderdom begin oefen vir die volgende Comrades wedloop, na ek die wenners se kontant pryse gesien het!

treurgrond ·

Eendag, lank lank lank gelede was daar ‘n held gebore STEVE HOFMEYER – ek was nog altyd mal oor hom en is nog steeds. Kyk wat doen hy vir ons land. Jesus gaan asseblief saam met Steve – staan hom by my God. Ons land is ini moeilikheid en ons het ‘n uitweg nodig.

Theuns ·

Dankie Steve! Die zika virus wat so baie ouens verlam pla jou nie. Jy is nie ‘n man wat kleinkoppie trek nie. ANC Muskiet waar is jou angel?

Shirley Wassenaar ·

Die mense het al alles gese wat ek wou se. Ek kan net se dankie Steve, dat jy probeer. Ek hoop dat dit vrugte afwerp..

John ·

Steve is ‘n goeie akteur. Dis al. As ons in dink ons kan in die’ land oorleef sonder die hulp van die Here, op sy goeie tyd, maak ons ‘n groot fout. Die Hemelvader spring nie net wanneer ons die vinger klap nie. Dit is miskien juis hoekom dit nou so met ons gaan…

koot ·

John, my maat, weereens spreek jy goue woorde – the gift of the gab, soos die Ingilse sê. Steve blom inderdaad wanneer hy aandag kry, maak nie saak hoe, wanneer en wat nie. Gevaarlike man … soos andere soos hy, no matter what colour or creed.

Andre Visagie ·

Ander Kooa, jy is tog so reg. Ons Hemelse Vader het nog nooit -die hele Bybel deur en tot vandag, nog nooit vir Sy volk gese om te gaan sit en net te bid nie!!! ALMAL MOES EERS BEGIN OM IETS TE DOEN!!!! Nie net sit en bid nie, maar daawerklik optree – en as ons geloof na al die jare te klein is, fan verdien ons werklik om uitgewis te word, want dan is ons geloof net lippetaal – lee woorde sonder betekenis – ‘n klinkende metaal en ‘n luidende simbaal. Diegene wie se geloof nie warm isnie en ook nie koud nie, sal volgens die Skrif uit Vader se mond gespuug word. Wee hulle!!!

Hannes marais ·

Ha ha ha…netso koot netso…ek het steve nog nooit gesien as n leier van blankes nie…dalk n ‘hasbeen ‘….

koot ·

Ek sien die perd is die deur gewys in Nederland oor sy rasistiese uitsprake. Ai, en die Blou Bulle vaar ook sleg – arme, arme ou Steve …. en dan word hy nog oud ook, dêm, voorkanttoe sal niemand eers weet wie hy is nie.

Stienie Strydom ·

As jy nie iets doen vir ons taal en land nie het jy nie die reg om Steve aan te vat nie. Hy is n staatmaker

John ·

Andre, jy’s reg. Doen, maar bid vir leiding wat om te doen, dan sal die seen volg. Om in te storm in ‘n ding kan tragiese gevolge he. Brute woede is nie ‘n gesonde beginpunt nie. Ons wil nie die Boere-oorloe herhaal nie. Daar is baie opsies vir aksie. Rustig beplan is beter as grootdoenerigheid. Ons wil vorentoe nie agteruit nie. Dooie mense kan nie sing nie.

Boerin ·

Dankie Steve. Bid vir jou en jou missie. Paul Kruger het dit ook n paar jaar gelede gedoen voor die aanvang van die “Boeremag-saak”. Baie sterkte!!!

Lourens ·

Glo nie dit gaan help nie maar try anyway sterkte steve hou nie van jou musiwk nie maar jy is darem n waare afrikaaner

Emile ·

Die groot illusie van die Europeers dekades gelede was dat die immigrante sou integreer en hul nuwe tuisland se kultuur en waardes aanneem. Die omgekeerde het gebeur. In groot getalle en met militansie het immigrante die inheemse kultuur begin verplaas met hul eie. In sekere buurte van stede soos Parys en Brugge word geen inheemse Europese taal meer gepraat nie en kan inheemse Europeers hulle nie meer begeef nie agv onverdraagsaamheid van immigrante teenoor hulle.

Seker maar blinde sambok vir die dekades se vingerwys na die ou SA se binnelandse beleid wat probeer het om beskawing en rede te handhaaf in die aangesig van ‘n oormag. Nou ervaar Europa en Engeland dit aan eie bas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.