Steve Hofmeyr se apartheid-twiet veroorsaak opskudding

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

Steve Hofmeyr. Foto: Burger Meyer/Maroela Media

ʼn Twiet deur die sanger Steve Hofmeyr dat swart mense die argitekte van apartheid was, het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.

Hofmeyr het Donderdag getwiet:

Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.

Hofmeyr se twiet het gemengde reaksie uitgelok. Hy is onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn rassis en dom is. Hofmeyr het egter voortgegaan met verskeie twiets oor die onderwerp. “Apartheid was ʼn stelsel van segregasie. Jy moet vra waarom.”

Hofmeyr het Sondag getwiet:

Denial.Expected no less. It’s tough to know that no-one wanted to play with you. They even institutionalised a little distance. #architects

Beeld het Dinsdag berig dat ʼn bakkie wat vir Hofmeyr geborg is terwyl hy in Port Elizabeth was, teruggevat is weens sy twiets. Trevor Villet, bestuurder van die Williams Hunt-tak in Port Elizabeth, het aan die koerant gesê hulle het Vrydag klagtes ontvang oor Hofmeyr se twiet. “Ons wil nie betrokke raak nie en ons wil nie kant kies in ʼn Twitter-geveg nie,” het Villet gesê.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê die motor wat deur Williams Hunt geborg is, was slegs vir gebruik in Port Elizabeth en dat hy daarna ʼn ander motor gebruik het toe hy Mosselbaai toe is.

“As daar ‘n boikot is van Williams Hunt sou ek graag skriftelik wou verneem daarvan, veral die redes, omdat ek my borge se voertuie nog altyd met groot respek en waardering gebruik. Indien daar boikotte is oor my opinie, vryheid van uitdrukking (en geloof- en seksuele voorkeure), sou dit ongrondwetlik wees,” het Hofmeyr gesê.

“Gelukkig is ek en die publiek op dieselfde bladsy. Beide my nuwe CD en nuwe boek is nasionale topverkopers ten spyte van die boikotte. En ek is meer gemotiveerd as ooit om my land en mense te verlos van politieke korrektheid, kinderverkragtings, bejaarde moorde en algehele verval. Stilbly is aandadigheid,” volgens Hofmeyr.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Corne Meiring ·

Daardie spul mense wat anner so rondruk, moet net die regte mens rondruk, dan sien jy hoe val hulle!!

Griet ·

“Ons wil nie betrokke raak nie en ons wil nie kant kies in ʼn Twitter-geveg nie,” het Villet gesê. – nè?
Mr Trevor Villet, julle optrede wys JUIS dat julle kant kies!

My volgende voertuig sal BESLIS NIE uit die Williams Hunt – stal kom nie…….

boer ·

Verseker, die dae van stil bly en die ander wang drai vir net nog n klap in die gesig,
is verby. Staan saam WIT volk, staan saam.

Hanno Visagie ·

Terugwaarts beskou, sedert die oomblik wat die Van Riebeeck-skepe hier aangeland het, was die ontwikkelingsverskil tussen wit en swart in pk-taal die wittes se skuld. Jy moet egter nie jou teenstanders se IK’s oorskat en hul anti-Afrikaner-Christen Mammonaanbidding onderskat nie, Steve.

Nefie ·

Hulle kan nie sy vraag beantwoord nie, en uit kom die raskaart.
Doen so voort Steve.

Grant Fox ·

Hoekom die groot bohaai? Het Steve dalk op ‘n sensitiewe punt gedruk?

charmaine ·

Die waarheid maak altyd seer. Ek is seker daarvan die wat so teens Steve is, sing baie lekker saam aan die BLOU BUL LIEDJIE?? Draadsitters en rugstekers, dit kan blankes baie goed doen.

YOU GO STEVE!!!!

SJ ·

Geen beisgheid wat AA/BBEE of enige van daai tipe goed aanhang sal ooit my besigheid kry nie. Daar is net een pad vorentoe vir die Boer volk: ‘n Eie republiek.

Debbie ·

Ons is trots op jou Steve. Gelukkig is jy nie afhanklik van die wat jou veroordeel omdat jy nie bang is om n stand punt te maak nie. Die ware Afrikaner sal jou vorentoe nog onder steun, jou cd’s en boeke koop en jou vertonings en flieks gaan by woon. Ons hou van n man wat sy man kan staan en opstaan vir wat reg is. Ons wens net daar was meer Afrikaner selebs wat n ruggraat soos jy gehad het. Moet nooit knak onder die liberale se druk nie. Sterkte! ons is bank vas agter jou.

CAV ·

Ja nee. Laat n blanke nou so iets se dan word dit as rasisme verklaar, maar laat n swart persoon nou iets se dan word dit geregverdig verdedig om te se ” tradiesie”…..

John Dex ·

Hierdie dinge gaan nie stop totdat Ons Ons Mense se Veiligheid kan verseker nie…Ek wil Elkeen Vra om aan te sluit by Kommando Sorg. ‘n Dame het sopas haar Hele Plaas in Mpumalanga vir Ons geskenk met Selfonderhoudende Water…Dit is Binne Ons Mag om Werk daarop te skep vir Ons Mense soos Hoender en Vark Projekte ens. Huise daarop te bou vir Ons Mense, ‘n Ouetehuis ook daar te bou vir Ons Bejaardes maar waar gaan Ons die Geld kry om dit te kan doen ??? By Jou en my wat Elkeen besluit om ‘n Donasie te gee per maand wat Ons kan bekostig…Hierdie Dinge gaan net Vererger Mense…Hier is die Skakel om aan te sluit : https://www.facebook.com/groups/Kommandoprotection/

Werner ·

Dis reg Steve ref hulle, Malema kan se wat hy will, ma as wittes iets se dan is dit die grotoste sonde onder die aarde. Hoe lank wil apartheid holrug gery word

Drieks ·

Jjobson, die anc LAAT VAL DIE LAND en deel net hier en daar water en huise uit en bedel geld en verdien so hul posisie. Ons is gebore uit ‘n voorgeslag van OPBOUERS en daarom is die land vir ons ‘n nagmerrie. Wie het die sokker kaptein die naweek vermoor man. Die ANC het, hul het misdaad geskep en getroetel.

EMK ·

Drieks ignoreer tog ou jobbie, hy is verveeld en soek aandag. Enige antwoorde/opmerkings aan hom laat hom in sweet uitbreek van opwinding.

Anton le Roux ·

Dankie Steve, ons is agter jou. Hoogtyd dat blankes in hierdie land wakker word!!

Babs ·

Trevor Villet het nou sy naam met ‘n plank geslaan. Jy het kant gekies – ANC se kant.

Boland Boertjie ·

Die waarheid het die gewoonte om opskuddings te veroorsaak – veral onder diegene wie nie gereed is vir die waarheid nie.

Johan ·

Steve het ‘n punt beet in die wyer sin om die wereldwye “slagoffer mentaliteit” aan te spreek. Daar’s ‘n storietjie wat soos volg lui: “If Bob encounter a problem with Steve, and with Mary, and Tom, maybe the problem is not with Steve, and Mary and Tom, but with Bob. Are you Bob?” Soms moet mens hand in eie boesem steek en nie die victim wees nie. Maar ons wereld is mos deesdae ‘n plek waar ons altyd die fout elder kan gaan soek.

Theresa ·

Ek ondersteun Steve. Niemand anders in hierdie land het die “balls” om op te staan teen die spul nie. Daar word maar net gestaan en toekyk hoe ons land en ons mense vernietig word. Amazing hoe ander “onttrek” van sy CD en hom kruisig oor die Stem waarmee almal grootgeword het en selfs nou Steve se kar-borg. Hy lig sy opinie en maak sy stelling. Dit is in ander se oë SO verkeerd, maar Julius Malema kan die wit mens vloek, rondpluk en skel. Hulle mag wat hulle wil op plakate skryf. Hulle mag sing wat hulle wil en NIEMAND doen iets daaromtrent nie. Kry maar vir julle. Steve het julle nie nodig nie.

Pieter ·

Ek dink daar is net een song wat jy sing waarvan ek hou, ek persoonlik is nie mal oor jou songs nie maar damn jy het n boer se hart!!!! Excellent!

Sjert ·

Duidelik dat FNB voor in die koor staan wanneer dit by ‘Steve-bashing’ kom
Wonder ek of Afriforum steeds hul rekening by FNB gaan behou.
Vreemd hoe deurmekitaar dinge kan raak…
:-))

Anita ·

Koop vroeg volgende jaar ‘n nuwe kar………..en dit gaan NIE by Williams Hunt wees nie!

Marianna ·

My seuntjie vra of oom Steve asb. ons volgende president kan wees! Trots op jou Steve…ons mooi land het baie meer mense soos jy nodig!

Gina ·

Dankie Steve; min mense sal jou persoonlik aanvat omdat hul redenasie vermoee nie op jou standaard is nie! PS: Wie se wat oor die JZ YouTube video waarin “Kill the Boer” deur Mr President homself gesing word? Hmmm

Eben ·

Ek hoop regtig julle mense weet meer van die konteks van Steve se twiets as ek, want as ek net lees wat hierbo staan, is Steve se uitlatings niks beter as Malema s’n nie. Dit speel op die gevoel van angsbevange, ongeletterde populiste. Ek is nie ‘n Steve-die-sanger aanhanger nie. Ek het wel gedurende die laaste jaar of twee respek begin kry vir sy bereidwilligheid om sy status te benut en uit te spreek teen alles wat so verkeerd gaan in ons mooi land. Ek sal die moeite doen om te probeer uitvind of hierdie uitlatings in ‘n breër konteks gemaak is, maar by gebreke daarvan moet ek sê dat daardie respek verdwyn het. Ek weet hier gaan mense wees wat my sal wil stenig, maar ons land het regtig nie sulke ondeurdagte uitsprake nodig nie en beslis nie deur mense wat oënskynlik deur apartheid bevoordeel was en goed geskool behoort te wees nie. ‘n Mens verwag dit van die ongeskoolde, ooglopend korrupte Malema’s van hierdie wêreld…….

jaco van Dijk ·

Ja lekker ou Steve vertel hulle !!!!! Als gaan tegronde kyk maar Poskantoor Geen meer SAUK nie maar kyk die SABC daar nodig jy geen sertifikaat nie nie eers n matiek nie dan word jy n bestuurder nou sit ons nog met ESKOM beurtkrag Hoekom gee ons vir Zim verniet nog krag?

Debbie Trollip ·

Steve jy hoef nie hulle karre en bakkies te leen nie. Ek is seker daar is duisende wittes wat met graagte hulle sn vir jou sal leen vir die dae wat jy in hulle dorpe is. Ons sal jou sommer rond ry ook. Viva SSteve Viva!!!

Kobus dendorff ·

Mooi so Steve. Ongelukkig het RSG en Dr.Piet weer dit verkeerd vertolk en vuur ge maak onder die rasisme pot. Jy moet onthou dat daar ‘n totale ontkenning van die waarheid vandag in S.A. is.
Ons leef NOU EERS apart met al die draadheinings, wagte ens! As jy na hierdie apartheid verwys was jy in die kol vir die tweede keer en niemand kan stry omtrent dit nie.

Kobus dendorff ·

Mooi so Steve. Ongelukkig het RSG en Dr.Piet weer dit verkeerd vertolk en vuur ge maak onder die rasisme pot. Jy moet onthou dat daar ‘n totale ontkenning van die waarheid vandag in S.A. is.
Ons leef NOU EERS apart met al die draadheinings, wagte ens! As jy na hierdie apartheid verwys was jy in die kol vir die tweede keer en niemand kan stry omtrent dit nie.

Kobus dendorff ·

Mooi so Steve. Ongelukkig het RSG en Dr.Piet weer dit verkeerd vertolk en vuur ge maak onder die rasisme pot. Jy moet onthou dat daar ‘n totale ontkenning van die waarheid vandag in S.A. is.
Ons leef NOU EERS apart met al die draadheinings, wagte ens! As jy na hierdie apartheid verwys was jy in die kol vir die tweede keer en niemand kan stry omtrent dit nie.

Kobus Adendorff ·

Mooi so Steve. Ongelukkig het RSG en Dr.Piet weer dit verkeerd vertolk en vuur ge maak onder die rasisme pot. Jy moet onthou dat daar ‘n totale ontkenning van die waarheid vandag in S.A. is.
Ons leef NOU EERS apart met al die draadheinings, wagte ens! As jy na hierdie apartheid verwys was jy in die kol vir die tweede keer en niemand kan stry omtrent dit nie.

Kobus Adendorff ·

Mooi so Steve. Ongelukkig het RSG en Dr.Piet weer dit verkeerd vertolk en vuur ge maak onder die rasisme pot. Jy moet onthou dat daar ‘n totale ontkenning van die waarheid vandag in S.A. is.
Ons leef NOU EERS apart met al die draadheinings, wagte ens! As jy na hierdie apartheid verwys was jy in die kol vir die tweede keer en niemand kan stry omtrent dit nie.

cecilia tjaden ·

Amen Steve! Steun jou 100% in elke word wat jy se! Mooiskoot en doen so voort!! So moet n bek praat en jy praat vir derduisende van ons! Lank gewag vir n man soos jy met moed man!
Jy kan my karrie ok leen as jy weer innie Kp kom en NOOIT weer gaan ek Williams Hunt steun nie.

Annetjie Kommentaar ·

Steve is ‘n ignoramus! Kan die man dan nie dink dat sulke twak ongunstige reaksie sal ontlok nie? Aantreklik? Ja beslis, maar ongelukkig blond onnosel. Gebruik jou talente waar dit geld en bly weg van enigiets was ‘n gesonde verstand vereis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.