Steve Hofmeyr verloor saak teen buikspreekman

Conrad Koch en Chester Missing Foto: Werner Beukes/SAPA

Conrad Koch en Chester Missing Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Randburgse landdroshof het Vrydag die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se interim beskermingsbevel teen die komediant Conrad Koch en sy buikspreekpop Chester Missing tersyde gestel.

“Mnr. Hofmeyr het homself aan kritiek, satire en bespotting blootgestel en die hof is nie oortuig dat die beskerming toegestaan moet word nie,” het landdros Naren Sewnarain, gesê. Hy het gesê hy stem saam met Koch se prokureur, Steven Budlender, wat aangevoer het dat Hofmeyr ʼn bevel soek om standpunte toe te laat wat kritiek uitlok.

“Ons voer aan daar is geen gronde om die beskermingsbevel teen die respondent permanent te maak nie,” het Budlender aan die hof gesê. Klik hier om meer te lees.

Hofmeyr het op 23 Oktober op Twitter geskryf: “Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”

Koch het in reaksie hierop ʼn veldtog teen Hofmeyr van stapel gestuur. Die veldtog het openlik Hofmeyr se standpunte gekritiseer en persone, insluitend maatskappye, is aangemoedig om hulself van Hofmeyr se standpunte te distansieer.

Lees alle vorige berigte oor Conrad Koch op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Sollie ·

Stem absoluut saam met tweede paragraaf in berig. Gee jou uit vir ‘n toffie dan GAAN jy gekou word.

Frik Lotz ·

Steve, moenie moed opgee nie. Gaan voort met die goeie werk wat jy vir Afrikaans en die Afrikaner doen. Onthou, hul kan nou lekker lag,maar wie laaste lag, lag die lekkerste.

Nee ·

Jammer, maar Steve verteenwoordig nie vir my nie. Ek wil nie deur iemand met sy menatliteit verteenwoordig word nie.

Derek ·

Nee, Beslis!! Hy is geen rol-model nie en al sy ondersteuners veralgemeen blanke suid Afrikaners. Hulle vergeet gerieflik van al sy indiskresies en blapse wat beslis nie verteenwoordigend is nie,

Andries ·

Derek en Nee,

Daar is n ander groep wat se “menatliteit” nie dieselfde is julle sin is nie. So wat maak jou mentateit die regte een dan?En dan staan hy staan verseker nie vir julle soort op nie. Al wat julle nog moet doen is ophou afrikaans praat, julle kinders is mos al klaar in Engelse skole.

En asb moet nie dat ek julle vang kla oor die toestand van SA nie, julle reg om te kla is in 1992 deur julle weg gestem. Anvaar maar dat julle lot in SA in ander se hande is, waarvan Steve wat julle nie van hou nie nogal een is. “Go figure”

derek ·

Ai tog Andries… Ek gaan stadig tik sodat jy kan verstaan…. my mentaliteit (kyk die spelling) is een van opheffing en ook een van versoening. Daar gaan elemente wees (soos die entiteite onder bespreking) wat nie oor dit gaan kom nie.

Ons het uitdagings van ‘n korrupte regering, plaasmoorde, vervalle infrastrukture, toegegee. Maar niks wat die agbare Mr Hofmeyr en deur assosiasie, jy ook , doen, gaan die problem oplos nie.

Ek kla nie, ek doen. En jy veralgemeen weereens deur aan te neem hoe ek gestem het. My lot is in my hande Andries en dit werk vir my.

susan ·

Wat was Steve se twiet? (“Sorry to offend but in my books blacks were the architects of apartheid. Go figure.”). Wie was die landdros? Natuurlik sou dit die uitslag wees. En oor conrad Kock sal ek liewer stilbly (as mens nie iets goeds oor iemand kan se nie bly mens liewer stil) Ons het dit mos geweet. Sterkte Steve. Jy staan ten minste op jou regte

Nee ·

Enige mens met ‘n brein sou daardie uitspraak maak. Buitendien, hy’s ‘n Indiër.

Derek ·

Goed so! Soos die Lunatic Fringe se ander opinies ook! As Hofmeyr aangetas word, skree almal “Vryheid van spraak” maar hulle kan nie verstaan dat Vryheid van spraak beide kante toe gaan nie

meisie ·

Kyk , ek stem meeste van die tyd saam met Steve, maar die hele spul is belaglik!! As jy kliphard skree vir Vryheid van spraak , en jy wil jou opinie lig,. maak nie saak wie luister of wie wil hoor, gun dit vir die volgende person ook . Steve wil se wat hy wil, maar dan wil hy hom opruk oor die gevolge daarvan. As hy wil se wat hy wil, is dit die reg van die volgende person – of pop – om dieselfde te doen!!

Eugene ·

Dit gaan oor die teistering. Dit hoort nie in ‘n ordelike beskaafde samelewing om iemand te ondermyn as jy nie met sy opinie saamstem nie. Koch het te ver gegaan deur sommer self te besluit dat die opmerking van Steve ‘rassisties’ is (hy speel die raskaart, maar geen wet is nog oortree nie). Verder, waar die hofsaak vandaan gekom het, het Koch alle grense van redelikheid oorskry met die teistering van Steve se borge en selfs die borge van groot konserte waar Steve as een van ‘n klomp kunstenaars optree. Dit is ook ‘n opswepery, en het selfs al gelei tot doodsdreigemente teen Steve. Dit is ‘n ‘race to the bottom’ as ons nie kan redeneer binne sekere riglyne met mekaar nie. Hoe gaan nuwe idees ontwikkel word? Hoe gaan ons konsensus bereik oor sake? Hoe gaan vryheid van spraak floreer as almal te bang is om iets te sê? Hoe gaan wanvoorstellings oor die verlede wat besig is om pos te vat by die meerderheid (bv. dat blankes alles in Afrika ‘gesteel’ het) reggestel word? ens.

Ek dink ·

Eugene – get real ou maat, Die doodsdreigemente is nie deur die pop veroorsaak maar agv van Steve uitsprake. Steve die man wat saam met Zuma gebraai het – op sy eie (Steve s’n!) se UITNODIGING – moet dit nie vergeet nie! Put that in your pipe and smoke it!

Derek ·

Skerp Eugene! En met daai einste braai het hy en Zuma vertel dat hulle soos Delarey ook baie kinders het. Enigste verskil is egter dat Delarey hulle by een vrou gehad het! En dieselfde Mr Hofmeyr reken hy is ‘n wit Steve Biko. Regtig????

Elize ·

Die gereg is n grap,om n pop in n hof toe te laat,Steve, moet nie sleg voel nie,n mens kan seker nie jou regte mening hier vasmaak nie.
Maar dankie wat jy vir Afrikaans doen,die wat jou boikot,sal maar uitvind hoeveel Afrikanders staan agter jou.Dan boikot ons hulle ook maar.

Derek ·

Elize, ek sal PnP Holdings se aandeelpryse met intense belangstelling volg – en as dit onder R20 per aandeel val, sal ek weet dat julle boikot werk. Maar ek gaan nie my asem ophou nie, inteendeel hulle aandeel prys is skerp op vanaf 10 tot 14 Nov.
Sterkte Julle!

Nico ·

Dis belangrikste om hieruit te leer, (en eintlik weet ons dit) as jy iemand hof te neem gee jy net publisiteit vir so ou. Al het Steve sy saak gewen, sou die ander ou (ek weet nie wat sy naam is nie) in elkgeval die publisiteit gekry. Ignoreer hom liewer.

Richard ·

Hê Hê, Kyk ou Steve het nou wel sy naam gat gemaak, maar Ou Dan Roodt het die koek gevat! Staan die nou en skrou vir ‘n Pop, en toe baklei ons nog ook met ou arme “Chester”! Praat van seniel raak!

Steve het homself nou met die Semels gemeng, en ons weet wat gebeur daarna…………….

Derek ·

Richard
Ons leef in ‘n wonderlilke land – en ek kon ook die humor in die onderonsie tussen Chester en Dan raaksien! Ek is meer besorgd oor die misdaad, geweld, water en elektrisiteit voorrsiening chaos. As onse hoogwaardige mnr Hofmeyr hierdie bekgevegte en vuis slanery en tee-gooiery kan laat staan, en bv. konsentreer op navorsing van volhoubare energie en plaas beveiliging beginsels, dan kan hy himself ‘n aktivis noem en ek mag hom dalk ondersteun en help. Die allerlaaste ding wat ons lieflike land nodig het, is om instellings en mede Suid Afrikaners te saboteur en te boikot. Geweld lei tot geweld maar ‘n sagte word keer die grimmigheid af.

Sollie ·

Derek – NOU praat jy! Mnr Hofmeyr moet die gesegde “skoenmaker hou jou by jou lees” onthou. Hy moet hom dus liewer by sy sang en vrou en ander familie bepaal as om, as hy lyk my nie genoeg aandag kry skielik allerhande nonsens kwytraak. Hy het gekry wat hy soek – die verkeerde aandag, so hy moet daarmee saamleef.

Dennis ·

Steve ek het nog nooit van hierdie Conrad Koch en sy Pop Chester gehoor tot ek dit op nuus gesien het nie Hy maak ons reg stelsel n grap ignoreer hom en sy pop daar is beter maniere om jou energie te mors STERKTE!!!!!!!!!!

LouiseV ·

Poppe het nog nooit asem in hul om self te kon praat nie. Hulle werk OF met batterye!… in die geval is dit #DieManOfStemAgterDiePopWatPraat ! DUH! #Belaglik !

Sebastiaan ·

Koch is ‘n huigelaar. As hy sy eie maatstawwe gebruik dan is hy ook ‘n rassis, want sy pop beeld duidelik ‘n swartmens in die vorm van ‘n karikatuur uit waarmee hy die spot dryf.

Veronica ·

Volwasse mans wat met poppe speel maak my BAIE, BAIE senuweeagtig!!!! Kyk, as ‘n pop namens jou moet praat, wat sê dit van jou as mens???
Ek sê nie ek stem noodwendig saam met wat Steve sê nie, maar……. rerig?!! Koch is in my oë pateties!! Miskien hoop hy Steve se bekendheid bring hom ook bietjie in die kalklig? Sterkte Steve! Dis nie maklik om jou oortuiging uit te leef nie!!

Sollie ·

AG tog Veronica – senuweeagtig oor mans wat met ‘n pop “speel”!!! Regtigwaar?? Het jy seker nog nooit ‘n buikspreker in aksie gesien nie – dis ‘n kuns en gebruik hul ook poppe; hierdie ou gee ALMAL gas, maak nie saak of dit Malema, Zuma, Hofmeyr of wie ookal is nie. Mens het bietjie komedie nodig tussen al die “doom” en “gloom” in ons land en dis alles baie tong-in-die-kies. Mense met geen humorsin wat dinge persoonlik opvat moet dit dan maar doen!

Derek ·

Puik Sollie – maar in Steverania (thks Mari) is dit net die Hoff wat bestaan – daar is geen Malema/Zuma/ens nie

burger ·

Dit raak regtig belaglik of dit wys dalk op goed wat ons nog nie uitgesorteer het in ons eie lewe nie.

Kyk op u tube , hierdie ou teiken nie vir Steve nie , hy doen dieselfde wat Trevor Noah doen . Van sy onderwerpe sluit ook in antie Helen en my cousin Julius .

Prominente mense se menings en dit sluit sangers in, ontlok reaksie , veral die wie sterk standpunte het , raak materiaal vir kommediante .

Dis soos om wors vir hond uit te gooi en se hy moet verby loop.

Bertus ·

Myns insiens is die vraag hier tot watter mate kan ek iemand se besigheid ‘target’ as ek verskil van sy mening? Ek dink nie dit gaan hier oor of Koch wel vir Steve mag aanvat as rassis nie maar eerder of jy jou kritiek verder kan vat deur iemand se besigheid te probeer ruineer. Dit opsigself is ‘n vorm van sensuur en die spreekwoordelike ‘slippery slope’. Waar gaan dit eindig?

nic bezuidenhout ·

Koch is n identiteitlose koggelmannetjie.Het net Steve gebruik om ook belangrik te voel en bekend te word. Het nog nooit voorheen van hom gehoor nie. Koch is te swak om self te praat en nou gebruik hy n pop om sy vuilwerk te doen.Gelukkig lyk die pop duisend keer beter as hy!!

Derek ·

Koch het ‘n wyer en meer diverse audience as onse Steve, jammer om te se.

Sollie ·

Derek – 100% !!! En hy is vreksnaaks – mits mens natuurlik ‘n sin vir humor het wat party mense NIE het nie!

Frik Lotz ·

Steve het derduisende ondersteuners in die land. Hoeveel het Koch? Seker net julle paar wat hom aanhang!

derek ·

Prik Flots, Chester Missing het ‘n tv show, met Lohiso Gola, elke aand op DSTV. Hy het meer YouTube dekking as ou stevi. Maak oop jou oge man! Jy sal dan agterkom dat die aarde rond is en dat die son Nie om die aarde wentel nie!

magda ·

Goed gesê Ek het dieselfde gedink maar nie geweet hoe om my self uit te druk nie.
Hy beskadig Steve se besigheid

Elfie ·

Magda en hoe doen hy dit nogals?? Belaglike stelling van jou. Steve is die argitek van sy eie probleme DIS WAT!

Mari ·

Dis absolute str*nt dat net Steve opinies en standpunte mag he. En behoed jou as jou opninie verskil! Magtag man. Kan niemand meer vir hulself dink nie? Ek is glad nie ‘n Stever nie en dink ook nie hy verteenwoordig my as Afrikaanse vrou nie. Ek sien hom ook nie as die ‘Boerevolk leier’ wat moet opstaan teen die massas nie. Get with the times people! Of stig ‘n Steverania en trek soontoe waar julle in vrede heeldag kan sit en tob oor die ‘goeie ou dae’.

Charl ·

Steve Hofmeyr herinner aan iemand wat n “midlife crisis” ondergaan – aan’t oud word, tog so bang die lewe gaan hom verby en dat hy vergeet gaan word – en dit als vir n bietjie publisiteit. Ai tog. Daar is so baie goeie dinge wat mens met jou lewe kan doen in plaas van ander hof toe te sleep. Veral as jy die oorsaak can ie pobleem is in die eerste plek. En nee, Steve verteenwoordig nie alle Afrikaners nie, hy verteenwoordig nie eens meeste Afrikaners nie.

Sue ·

Stem saam met Mari maar ek hou ook nie van Koch nie. Hy ly seker aan die klein mannetjie syndroom.

pop ·

Ek wil so gou moontlik uit hierdie land kom. Koch het n swart pop, wat se dit van hom???Die pop se naam moes eintlik Malema gewees het. Hys net so simpel.Witmense het bang draadsitters geword. En intussen werk die swart leier van die land ons almal se land in die grond in. Ons het almal n klomp narre geword.

Elfie ·

Pop – oorsee hou hul nie van aprtheid of rassisme nie – jy gaan maar swaarkry ORAL!

Afrikaner ·

Hofmeyr verteenwoordig my ook nie vir ‘n joos nie.

Hy is geen Afrikaner nie. Hy is geen boer nie. Hy is ‘n wit rassis.

En ek is net mooi keelvol daarvoor dat eersgenoemde twee in dieselfde asem as die laaste een genoem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.