Steve Hofmeyr: ‘Wonderwerk dat ek leef’

Steve Hofmeyr in die hospitaal (Foto: Twitter)

ʼn Besoek aan die dokter vir die behandeling van ʼn kniebesering het waarskynlik Woensdagoggend die sanger Steve Hofmeyr se lewe gered.

Hofmeyr is Woensdag in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy ʼn bloedklont deur sy hart en long oorleef het.

Die sanger vertel Donderdag in ʼn telefoniese onderhoud aan Maroela Media ʼn huisdokter het onraad gemerk toe hy swelling aan Hofmeyr se regterenkel opgemerk het.

“Die dokter het vir my gesê ons moet dadelik skanderings laat doen omdat die swelling aan my enkel vir hom baie vreemd is – veral omdat ek daar was vir ʼn besering aan my knie. Ek is onmiddellik opgeneem sodat toetse gedoen kan word,” sê hy.

Die skanderings het volgens hom “taamlik baie” bloedklonte in sy onderbeen getoon. Nadere ondersoek het bepaal dat daar reeds ʼn bloedklont deur die hart en twee deur die longe is. “As die bloedklonte vroeg gediagnoseer word, moet alles moontlik gedoen word om dit van jou hart en longe af weg te hou. In dié geval was dit reeds te laat, maar ek het dit oorleef. Terwyl ons almal daar gesit en frons het oor die feit dat ek nog lewe, het ek net gedink: Dis ʼn wonderwerk, maar ek sal moet gaan werk.”

Volgens die mediese span is die bloedklonte waarskynlik veroorsaak deur onder meer lang tydperke op die pad vir konserte waartydens hy lang ure in die motor gesit het. Die gebrek aan beweging is glo een van die hoofredes waarom die bloedklonte gevorm het.

Hofmeyr sê hy het tydens dié beproewing geen pyn ervaar nie. “Jy voel mos nie sommer die bloedklont nie. Jy swel wel, maar die meeste mense merk nie onraad nie. En wanneer die bloedklont dan deur die hart of long gaan, is dit te laat. In my geval was dit nie.”

Die sanger is steeds in die hospitaal en sal deur die loop van Donderdag nog ʼn rits toetse moet ondergaan. Hy sal voortaan ook medikasie gebruik in ʼn poging om die bloedklonte in sy liggaam af te breek.

Steve en Janine Hofmeyr (Foto: Facebook)

Dit is die tweede keer dat die sanger ʼn bloedklont deur sy organe oorleef. Die eerste keer was in 2008 ná ʼn operasie. “Ek ag myself gelukkig om die toestand twee keer te oorleef. Ek weet dit was ʼn Hoër Hand wat daarvoor te danke is. Noudat dit by my gediagnoseer is, moet dit net behandel word met medikasie om te verhoed dat dit in ʼn later stadium weer moeilikheid maak.”

Hofmeyr sê hy sal waarskynlik later Donderdagmiddag of vroeg Vrydag ontslaan word. Hy beoog dan om weer teen die naweek op die verhoog te wees, maar hy sal eers ná die laaste toetse afgehandel is, kan bepaal hoe die res van die volgende week of twee gaan lyk.

“ʼn Ou vat dit maar soos dit kom,” sê hy. “Die massiewe ondersteuning van buite, diegene op sosiale media en die personeel van die hospitaal dra my geweldig baie. Al die ondersteuning beteken die wêreld. Ek sal nou wag en hoor wat die dokters later sê, maar ek is nie sommer ʼn ou wat wegbly van die werk af nie – my stembande is dan nog heel oukei.”

Duisende aanhangers het sedert Woensdagoggend boodskappe van ondersteuning aan die sanger oorgedra nadat hy die nuus van sy hospitaalopname op Facebook bekend gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

MCD ·

Jy moet maar vir jou ‘n Qantum taxi aanskaf,Steve. Kan daarin rondbeweeg.

Al ·

Ñ Amerikaanse RV. Sjoe met daardie busse sal ek die land platry.

Anoniem ·

Hallo boerseun jy mag ons nie nou al verlaat. Bid vir jou

Al ·

Dis inderdaad die Hoër Hand wat ñ wonderwerk laat geskied het! Word gou gesond Steve, ons het jou nodig. Jy is ñ man met ruggraat.

jakes ·

Hoop jou sterkte toe Steve. Het self al n bloedklont deur die hart oorleef. Hou asb jou gesondheid dop want bloedklonte is n baie ernstige prognose. Vrede vir jou.

Regte attitude ·

Steve, jy het die regte attitude. Dankbaar in die regte rigting, dit is net een wat so genadig is, ons Liewe Vader. Ja kom aan die gang, hoe gouer jy oefen hoe gouer is jy beter hehehe. Nee grappie. Luister maar eers na die dokter se raad, na so ‘n dramatjie moet mens dalk rustiger weer aan die gang kom, skielik te vinnig en te veel kan net so sleg wees, soos die min beweging vooraf.

Steve Aanhanger ·

Dank die Heer dat jy dit oorleef het. Dit is nog nie jou tyd nie jy het nog baie vir ons om te doen. Hoop jy voel gou beter.

Reinette Vorster ·

Sterkte Steve… Dink eerste aan jou gesondheid en jou familie en vriende en aanhangers.. Ons is baie lief vir jou… Daar is net een Steve Hofmeyr!!!!!

Suzie ·

Ons dank die Hemelse Vader dat jy dit oorleef het Steve . Ek stem saam met jou dit is regtig n groot wonderwerk!!! ,die Here is so goed vir jou hy het beslis n doel met jou lewe . Dit wat Danien se jy is n Boer Seun in murg en been bang is jy beslis nie om te praat nie , dis baie waar !!!! . Pas jou self mooi op en luister vir die dokters asb . Bid vir jou Steve word gou gesond .

ELSA ·

STEVIE VAT DIT NOU RUSTIG – JY IS ONS LIEFLING – DANKIE VADER

Rhona ·

Steve pas jou asb mooi op jy moet nog ons leier word. Ekt oor paasnaweek ‘n bloedklont in my oog gekry wat my permanent met ‘n blinde oog gelos het.

BOLANDER ·

Hoop jy word gou gesond. Dit is absoluut net genade van bo. Jy het nog so baie om te bied. Ek is mal oor jou sang. Sterkte.

Phillip ·

Steve gaan jy strek genoeg wees om blikkie fees te gaan by woon in Hartbeespoort

riana ·

Dink aan jou en vat dit maar rustig jy moet nog lank vir patroon gespaar wees en haar sien groot word. Vat af en gaan rus n bietjie geld is nie als nie jou familie het jou meer nodig lewendig as wat jy met jou lewe speel.

Dink aan jou en gou beter word.

Theresa ·

Sterk word, Steve! Jou gesin het jou nodig! So ook duisende mense wat weet jy is wonderlik. Dankie vir die genade – dis groot!

Jim ·

Sterkte Steve, jou ou yster! Vat dit maar kalm met jou volgende vertoning. Sit liewers stil op n stoel wanneer jy Die Stem sing!

honourable member ·

Sterkte en gou gesond word. Bloedklonte is nie speletjies nie.

Oom Kalahari ·

Stevie, vat dit rustig en word gou gesond ou Grote. Kuier ‘n maand of so saam die familie en herstel eers die liggaam na die knou wat jy gekry het en gee kans dat die medikasie eers in werking tree tot die klonte behandeling. Wens jou en Gesin alle sterkte toe.

Rodney van Rensburg ·

Steve, God het jou gespaar om die Afrikaner Boere te lei.

HPV ·

Rodney, korrigeer asseblief, nie al die Afrikaners of Afrikaner boere wil deur Steve gelei word nie.

Magdalena ·

Wow Steve ….. God is net eenvoudig Asemrowend!
Jy het doel op aarde my vriend……
“Luister” wat God vir jou Sé…… God gebruik jou…..
Mag goedheid en guns jou en jou geliefdes volg?

Andrea ·

Baie dankbaar en bly jy leef. Luister, Steve, jy’s n man met ruggraat. Sodra jy gesond is, registreer asb n politieke party. Dan het ek darem ook iemand om voor te stem volgende jaar. Ernstig, ons het mense soos jy nodig in hierdie tyd. Daar is soveel wat gedoen moet word, en so min mense met insig… Word gou gesond.

Sonja ·

Baie bly jy is ok sou hartseer wees as jou musiek stil moes word.

Marie Senekal ·

Steve ek dank die Vader dat Sy Hand oor jou is. Dankie vir wie jy is. Dankie dat jy onbeskaamd staan vir jou taal.. jou volk en jou God. Ek bid die Here se seën oor jou. Marie Senekal.

Marie Senekal ·

Ek stem saam met Andrea oor die politieke party. Groetnis. Marie

Marie Visser ·

Al ons dank, lof en eer aan ons Drie-Enige God. Ons is so danbaar jou lewe is in die beste Hande. Dankbaar jy is vir jou familie en vir Suid-Afrika gespaar. God seën jou!

Ad ·

Steve jy het al ons ondersteuning en gebed. Wees sterk en hou vas aan ons Here wat na ons kyk vanaf geskiedenis tye terug. Sy oe is oop en weet wie moet sterk staan in sy stryd. God bless jou my vriend!!

Esta ·

Steve jy het nog te veel werk op hierdie aarde waar baie mense op jou staatmaak. Word hou gesond

Esta ·

Steve jy het nog te veel werk op hierdie aarde waar baie mense op jou staatmaak. Word gou gesond

Andre ·

From all the South Africans living in Spain, we wish you a Speedy Recovery!

Napoleon ·

Van die Suid Afrikaners in China, 祝你身体健康 wens jou goeie gesondheid.

Lukie Carelsen ·

Dis goeie nuus Steve! God het groot planne vir jou lewe. Hy is nie klaar met jou nie – om die waarheid te sê ek dink nie Hy het al begin met jou nie! Groot dinge lê vir jou voor. Sterkte met jou herstel.

Wil jou graag sien (as jy my kan inpas in jou besige program).

Jou vriend

Lukie

Wonder ·

Aag nee HPV moet nou nie so wees nie, Steve is ‘n goeie mens en kan ons al singend uit die moeilikheid kry. Steve kyk nou mooi na jouself. Jy moet nou die voortrekkers lei. Los maar die dwarstrekkers.

maryann ·

Dit is gewis ‘n Hoër Hand. God is lief vir jou en Suid Afrika en jou stem is nodig
Geseend is jy kyk mooi na jouself daardie stem het nog lank nie rakleeftyd bereik nie.
Jy gaan nog sing tot jy 154 is. Gods seen

Santie ·

Ek is baie, baie bly dat jy lewe Steve. Dit IS ‘n wonderwerk. Moes ‘n klein klontjie gewees het. My man was ongelukkig 4 mnde gelede nie so gelukkig nie. Sy storie loop soos joune. Klont in been was opgelos, maar ‘n ander klont is deur sy longe en hart. Pas jou mooi op, Jou kind is nog klein.

Anita Cellier ·

Om elke dag te kan lewe bly ‘n wonderwerk. Om met bloedklonte te oorleef net nog groter genade! SEEN WENSE EN SPOEDIGE BETERSKAP. God het ‘n groter plan en jou getuienis gaan BAIE mense bemoedig!

Houvas ·

Hi Steve. Sterkte. Bid vir jou . Hou vas. Ek is ook daardeur. Vandag amper 67 jaar oud, alleen vrou, en bly nog steeds vashou. Sterkte.

LB S ·

Ai Steve, ek sê vir my kinders jy weet jy word oud as al jou gunsteling sangers al oorlede is, Buddy Holly, Waylon Jennings, ens. maar regtig, ek sal snot en trane huil as jy moet doodgaan. Dankie Liewe Vader! Wees rustig, Steve en geniet en wees dankbaar vir jou tweede kans (of derde kans) wat jou gegun is. Maak dit tel!

Essa ·

Wonder, HPV is heeltemal reg. Al geniet jy groot aanhang is dit tog aanmatigend om namens “almal” te praat en te “lei”. Los maar mense soos HPV en myself om self te kies of ons iemand ondersteun of nie. Beterskap Steve. Niemand hou van siek wees nie. ?

Suzette ·

Steve, ek is baaie bly jy het die klonte oorleef, jy moet jou self oppas vir jou gesin en ondersteunings, ons wil nog baaie van jou pragtige liede hoor in die toekeoms. hoop jy word gou gesond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.