[Video] Steve in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo

‘n Skermskoot uit die video. Die volle video volg onderaan die berig.

Steve Hofmeyr is Dinsdagoggend in die noorde van Pretoria “in hegtenis geneem” terwyl hy in spitsverkeer beeldmateriaal vir ʼn nuwe musiekvideo geskiet het.

Hofmeyr het omstreeks 7:00 in ʼn regstreekse Facebook-uitsending aan sy meer as 400 000 aanhangers op Facebook gesê hulle het ʼn “flash mob” gereël om beeldmateriaal vir sy nuwe liedjie, “Feeslied”, te skiet en dat hulle die hele Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambesi-rylaan) tot stilstand gebring het.

“Ons is in enorme moeilikheid as jy my vra en mense gaan binnekort kla. Dit is chaos daar buitekant,” sê hy in die video.

ʼn Mens kan hoor hoe motoriste toeters druk toe Hofmeyr uit sy voertuig klim. Kort daarna kom ʼn hanswors tussen die voertuie deurgeloop en later ook iemand wat op stokke loop en vlae rondswaai. Daar is selfs ‘n vuurdanser.

Hofmeyr loop in die kruising, vra vir sy mikrofoon en klim dan op ʼn vragmotor waar hy begin sing.

Kort ná die liedjie word hy deur twee metropolisiebeamptes met sy hande agter sy rug van die kruising af weggelei. Sy “inhegtenisneming” het sosiale media aan die gons gehad en talle mense het hulp aangebied om hom te gaan bystaan.

Hofmeyr het kort ná die voorval aan Maroela Media gesê hoewel hy van die toneel af weggelei is, is hy nie in hegtenis geneem nie.

“Ons het die flash mob vooraf beplan en besluit om drie minute uit mense se lewens te vat en vir hulle in spitsverkeer te sing vir beeldmateriaal vir ‘Feeslied’. Ons het vyf kameras gehad, talle mense het selfoonvideo’s geneem en daar was selfs ʼn hommeltuig,” het hy gesê.

Hy het gesê dit was gewaagd om so iets in spitsverkeer te doen, maar dat dit goed ontvang is. “Selfs mense langs die pad het saam gedans en motoriste het uit hul voertuie geklim en ook saam gedans.”

Die pad is ná byna drie minute weer vir verkeer oopgemaak. Hy het almal wat “saamgespeel” het en al sy dansers bedank. Hofmeyr het gesê die video sal reeds voor vanaand klaar wees en op sosiale media gedeel word.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie onder wie se polisiëringsgebied Sefako Makgatho-rylaan val, het aan Maroela Media bevestig dat Hofmeyr nie by die stasie aangekla is nie.

Lees ook: [Kyk] Steve se musiekvideo sien die lig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

135 Kommentare

Elize ·

Carol…….hy mag maar…..YOU GO STEVE….vergeet van die suurknolle….doen dit somme wee maar die keer in Centurion asb….

Lize ·

Wat ‘n lekker vrolikheid so vroeg in die oggend! ‘n lekker ligteluim in hierdie andersins bedroefde- en uitdrukkings op gesigte wat wys dat hulle die wêreld op hul skouers dra. Great Steve … wens daar is meer sulke verrassings en “fun”. High five !!

Janine ·

Ja tereg gesê is ek al klaar uitgehaal op facebook omdat ek dit ondersteun….mens sal maar altyd daai suurknolle kry…

Ray ·

You go Steve, We love you. Seker die klag van sing in die straat sal nie te lank ‘n problem wees nie. Maar as hulle jou konserte wil kanselleer, dan hou ons hulle in die strate.

AP ·

“Hulle” het voorgegee die konserte was gekanselleer, en toe was almal uitverkoop. Het familie wat daar was in Aust en NZ en ver gery het daarheen en niks van dit wat verkondig is was waar. Dit is eintlik wonderlik dat “hulle” Steve so propageer en kry baie meer sosiale media terugvoer en snoer die “hulle’s” sonder komentaar…haha… Vanoggend se video was AWESOME!!!

Lize ·

Dankie AP…. dis nou goeie nuus. Ek is nou baie opgewonde dat dit net negatiewe sensasie was en dat dit POSITIEF geprojekteer was op onse Seve!!

bee ·

hahahaha; mooi so Steve!! dis vreksnaaks sou ek reken; aandag trek of te nie.

Casper ·

Jy wou seker weer iets lees van plaasmoorde en verkragting…duh…

isabel raath ·

Dis beter as moord en dood ……dankie ek sou daar wou gewees het….

Feite! ·

Jy moet eerder stil bly en jouself gou verwyder! Wat soek jy hier as jy niks goed te se het nie… ons praat weer as iemand na an jou vermoor word en dis in die koerante…gan dit dan meer interresant vir jou wees hmmm???

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons stout seun Steve het dit toe weer gedoen. Daar is nie kwaad in die man nie en wat hy ookal doen word aanvaar as sommer stoutighede en na die tyd gee hy sy almintige mooi glimlag, vra verskoning en alles is weer reg.

Martie ·

Ñ man sonder ñ bang haar op sy kop………you go Steve we love you ?

Liza ·

Nou het ek lekker gelag, dankie Steve jy maak my dag…….Jy bly maar die beste…..you go Steve…
STEVE VIR PRESIDENT……..YEBO YES………..

Pensioenaris ·

Ag nee, het vir jare daardie pad gery, en was n nagmerrie. Nou wat ek dit nie meer ry nie,
gebeur so n wonderlike ding daar. Sou wat wou gee om daar te kom wees. Jy is en bly my
HERO. XXXXX

Natasha ·

Ek stem so saam met jou Pensioenaris, verkeer stad toe vanoggend was ‘n nagmerrie as ek geweet het hy is daar het ek so omgery, sou met ‘n smile in verkeer vir hom sit en kyk… LOL

maritza ·

Aaa you go steve!! Awesome man. Wat n manier om n dag te begin.dit is so cool. Hoe sê Leon Shuster in sy een movie.we need people like YOU!!!!! wens ek was daar

Lourance ·

Meer mense wat die verkeer tot stilstand dwing? mmmm laat ek sien, daar’s baie wat dit weekliks doen, nou kan steve homself maar in daai bootjie sit.

Helien ·

Mooi man Steve moes lekker gewees het om dit te kon beleef. Bring n glimlag terug op baie mense se gesigte. Trots op jou.

Henk du Preez ·

Hy het dit nodig vir sy CV. Jy kan nie politiek in die land beoefen en ernstig opgeneem word daarvoor as jy nie ten minste al gearresteer is nie. Dit is n voorvereiste in die land van ons om parlement toe te gaan. Well played Steve,

Wendy ·

Ek stem Hend du Preez nou kan hy nog ‘n tick maak vir sy politieke loopbaan..

Tabu ·

Steve , kom besoek bietjie Stormvoelweg in Pretoria ook asb !!!!! ☺

Rita ·

Steve dit was nou awesome….wens ek was daar….sit naby Pennington….bietjie ver…??????

Judy ·

Musiek is beter as optogte en moord….Steve jy kan dit maar weer doen…daag die ander sagers uit.

andrea van vuren ·

Volgende is die Daspoort tonnel. Steve jy gaan wêreldberoemd raak as jy vroegoggend daar gaan sing! Wag vir jou!

Linda ·

Ek hoop die nimlike van Buuren Rd in Bedfordview is volgende!

G ·

As daar ‘n ongeluk op daardie pad sou wees, sou almal in elk geval in die verkeerd gestaan het, so hoekom nou kla juis omdat Steve nou iets met die verkeersopeenhoping te doen gehad het? Hy het dalk ‘n paar lewens ‘gered’ deur die spoedvrate ook tot ‘n stilstand te dwing. En ‘n paar taxidrywers geïrriteer wat dink die pad behoort aan hul. Give that man a Bell’s!

Afrikaanse Knaap ·

Ek sit daagliks vir ure in verkeer vanwee die DA Jhb se onvermoe om verkeersligte in stand te hou, sowel as die JMPD wat elke aand in hul hordes sit en mense aftrek, maar nie ‘n kilojoule energie sal aanwend om verkeer te reguleer nie.
Dan praat ek nie eers oor die onpadwaardige taxi’s wat in die middel van die pad staan omdat ‘n wiel af geval het nie.
Ek sou enige dag vir Steve ‘n paar minute langer sit.

Steven ·

Steve, kom maak jou volgende video op Atterburtyweg asb sodat ons net EEN KEER kan glimlag in daai belaglike verkeer elke dag…

Leon ·

So mooi, Steve, en daar is nie een klip gegooi of motors gebrand nie! Wys jou net, met die regte optrede, kan mense selfs dans in die strate.

TESS ·

dankie Steve, ek dra een keer ‘n jaar grimering en nou het ek dit af gechank agv jou manewales. Groot dankie

Alida ·

Fantastiese gebaar !!!! Kom bietjie ooste se kant toe ook Steve !!!! Jy is die koning.

Alta ·

Trots op jou Steve!! Jy het baie Suid-Afrikaners se dag gemaak. Almal het weer geglimlag en dit sien jy nie meer baie nie…..

Hannelie van Loggerenberg ·

Wat n aangename manier om jou dag mee te begin. Mooi so Steve

hannelie ·

You go Steve.Dis Awesome en ek sou nie gemind het om in verkeer vas te sit nie.Jy is iemand wat opstaan vir ons….

john samuel ·

Jy is Enige tyd welkom in Hans Strijdom laan ook Steve!!
Goeie Werk!!! : ]

susan ·

Go Steve dis goed gedoen, maar wys jou net jy word toegesluit omdat jy n show doen op n besige pad. haha kom maak volgende keer hier in witbank vir jou n video hier maak hul paaie sommer toe slaan groot tente op en dan moet mense ompad ry en hul word nie toegesluit…LOL Gol my in die middel van die pad slaan hul tente op.

Positief ·

Steve, jy besef nie hoe jy my dag gemaak het vandag nie en ek dink baie ander mense sin ook! Dankie, ons het meer sulke goed in die lewe nodig as net die negatiewe dinge wat ons elke dag in die koerante lees. Ek weet jy doen in elk geval nie maar steur jou nie aan die bitter bekker wat niks goeds het om te sê nie!

Ester ·

Baie mooi Steve. As die taxi’s al die paaie kan toe maak en niks daar aangedoen word nie kan ek nie sien dat hul iets aan jou kan doen nie. Jy wat so baie vir ons mense doen

CHRISTA ·

Ester, dis ook my vraag! Ek is nie ‘n aanhanger van Steve nie, maar hoe kan die polisie hom so gou arresteer, maar die minibus taxis wat die pad blokeer se bestuurders kom skotvry weg!! As HULLE almal gearresteer word, hulle taxis weggesleep word kan die metro’s DUBBELD geld maak – boetes vir die taxibestuurders en hulle moet eers boetes betaal voordat hulle taxis by die skut afgehaal kan word!! LAAT MENS WONDER . . . .

Mariette ·

Hy moes die saam kankerverenigin gedoen het ..Mense sou help bail betaal het , Hulle kon goed geld insamel ,

Min Woorde ·

Jammer ek was nie daar nie, maar jy het my dag gemaak. Maak gerus meer so. Heerlik gelag! Ons land het meer sulke ‘stories’ nodig.

Louise ·

Ek wonder of Steve my gaan betaal vir die kontrak wat ek verloor het omdat ek laat was agv sy selfsugtigheid? Nee ek glo nie, dit bring hom niks in die sak nie.

dave ·

Jy is net suur ,as jy jou roete van die begin reg beplan het sou drie minute glad nie saak gemaak het nie want daar is altyd iets wat die verkeer laat ophoop daar,miskien is dit nog iemand soos jy wat net op jou selfoon text terwyl jy moet bestuur

Erica ·

Ek stem saam Dave..Louise jy moes baie vroeer gery het om te verseker jy is op tyd by jou afspraak, aangesien dit spitstyd is en enige iets kon gebeur om jou laat te maak. So belangrike afspraak is mens altyd eerder vroeg as laat al wag jy voor die plek om in te gaan. Beplanning!! Sou dit ‘n ongeluk was, sou jy daai mense ook aanspreeklik hou?

susan ·

Louise, hierdie mense is gewone salaristrekkers en daarom is hulle trots daarop om hulle werkgewers se tyd te mors. Sterkte met nog kontrakte.

Dolla Louw ·

Het dit nodig in ons wonderlike land! Well done Steve en almal wat daarmee te doen gehad het. LEkker man lekker!!!!!

Mar777issa ·

You Go Steve!!! Jy weet net hoe om ñ smile op jou fans se gesigte te sit, wens ek was daar om dit te kon beleef!!

askies ·

het hy vir een oomblik gedink aan die mense wat by die werk moes kom? kon hy nie n ateljee vur sy video bekostig nie?

Steve-aanhanger ·

@Askies, ou SUURKNOL – Jy mis die hèle storie! Ek is sèker 3 minute “vertraag” in die verkeer oppad werk-toe is nie die einde van die wêreld nie, stadsverkeer is nòòìt dieselfde nie. Ek sou nie omgegee het om 3 ure laat ye wees as my dag sò kon begin het nie!

Etienne ·

@ Askies, hoekom so negatief? kyk hoe daans al die nasies saam. Gaan lees Forbes se berig “how-to-train-your-brain-to-go-positive-instead-of-negative”

Amanda Wait ? ·

??Net so Etienne. ? Die mense is so negatief, regte bitterbekke.

Madre ·

Awwwww So dit so gelove het om vir Ou Steve te sien, dankie dat jy mense se Maandag so opgekikker het, Jy is awesome

Nannie ·

Koos jy is n regte suurknol.
Louise wat sou jy gedoen het as die mense daar gestrik en dans het?
Nogsteeds die kontrak verloor het. Het jy nie gebel en gese jy gaan laat wees nie?
Hoekom het jy nie vroeer gery nie? Sal jy dan nog gese het die mense is selfsugtig?
O nee maar omdat hy Steve is is hy nou selfsugtig.
Bly jy het dit gedoen.

MyOpinie ·

Sjoe, jy kan darem ander mense se opinies vreeslik vinnig oordeel? Al ooit gewonder of Louise nie dalk ‘n enkel mamma is wat NIE vroeër kan nie ry nie want kleuterskole maak slegs ‘n sekere tyd oop? Moet sy haar kinders op straat los? Sy het dalk gebel om te sê sy is laat, maar sommige mense (soos jy en Steve) verstaan nie ander se omstandighede nie.

Steve, bly asb weg van die Ooste af. Die verkeer hier is erg genoeg!

belinda ·

U GO STEVE wens ek was ook daar baie moi liedtjie lief jou steve

Go Steve ·

You go Steve!!! Ons het meer sulke positiwiteit nodig, wat is 3 minute vir julle suur pruime. Ons lewens bestaan uit jaag, ongelukke, moord, verkragtings en so kan ons aangaan. Steve kom asb Kempton Park toe ook! Ek sal met liefde in die verkeer sit met n bietjie positiewiteit!!! Jy bly TOPS STEVE.

carel van der merwe ·

steve. kom calitzdorp toe asb. ons het baie lanklaas meer as vier motors op een slag in ons hoofstraat gehad. sal jou sommer volstruis biltong gee!!!

Bertha Phillips ·

Verseker anders en hoendervleis mooi!!!!! bie baie nice!!!!

Steve-aanhanger ·

Ek sou Steve se gratis “show” vanoggend baie graag wou beleef, is mèèr as bereid om vir èlkeen van sy optredes te betaal – nou kry mens ou Suurknolle wat niks waardeer nie! Steve is TOPS!

AP ·

Shame!!! Lewe is donker vir jou maar byt vas daar is “LIG” op pad in SA…..

Cielie ·

Well done Steve. Net jy wat so iets sal aanvang. Wonderlik en love dit.

Fanie ·

Steve baie goed gedoen daar kan mooi dinge ook gedoen word maar as jy in n verkeers stilstand vas ry dan brand dit robots lee om en die pad is vir ure gesluit nie net 3 min en weer op maar skoon wel gedaan my vriend.

Francois ·

Well done maak my sommer weer lus vir die lewe.Net jy sal dit waag dankie Steve

Amanda Wait ·

My hart klop halleluyah! AMEN! Hei, Steve kan nog né. Kyk hoe gooi hy daai mic? ??

Anna Bonthuys ·

Mooi so Steve….onse held…daardie jaloerses weet hulle kan nie vermag wat jy al vermag het nie en sal jou ook nooit ooit kan nadoen nie…ons lief jou stukkend

Leon ·

Wonderlik sal graag meer van dit wil sien. Positiewe ontwrigting!

Mariette ·

MOOI STEVE. Vir 3 min was almal rustig en het dit so geniet in ons mooi land. Dit mut gerus meer gedoen world.

Susan ·

Steve jy is ‘n doring, ons het meer sulke nuus nodig. Maroela dankie vir die nuus asook van die donkie wat die nuwe motor wou eet. Dit was lekker om nuus te lees met ‘n glimlag op jou gesig.

Willem ·

Mooi man jou yster. Ek sou sit self gedoen het maar hulle sou my werklik toesluit oor en nie kan sing nie. Wens daar was meer soos jy wat omgee oor ons volk. Hou so aan jy sal wel eendag die land regeer.

Nina ·

Haha, AP, watter “LIG”?
Baie mense se lewens sal ligter wees sonder aandagsoekerige “musici” wat spitsverkeer – waar elke minuut soos ‘n uur voel – net nóg vertraag. Daar’s ‘n tyd en ‘n plek vir alles – 7:00 in die week op ‘n hoofpad is nié die tyd of die plek nie.

Jollie, ek’s met jou. As O Grote Steve verkeer mag ontwrig, mag dié wat nie lus is vir sy selfsugtige kinderagtighede nie, mos oor sypaadjies en in “verkeerde” bane ry om daar verby te kom.

Widene ·

Ek wonder as daar n ongeluk was soos wat daar inelkgeval 99% vani keer is wat sou julle verskoning dan gewees het. Liewe land mense hou op moun flip weet ek bly nie in jhb nie en ek is een keer n maand da maar glo my as ek vir 3 min moes opghou geword het agv Steve dan sou ek rerig nie omgegee het nie. Sien net bietjie die Positiewe raak as altyd Negatief. Dis hoekom die land is waar hy is. Dit vat niks van jou om te smile nie dis verniet probeer dit n bietjie. Onthou jou lewenspaaitjie is wat jy daarvan maak. As jy gaan kies om nors deur di lewe te loop doen dit dan maar moeni verwag almal moet saam jou nors wees nie. Daar is party van ons wat dankbaar is dat ons Vanoggend weer ons oe kon oopmaak en nog n dag saam ons geliefdes he en dit nie te vat vir ag maar net nog n dag nie. Jy kon net so wel nie hier gewees het vanoggend nie.

Widene ·

En Oom Steve jy is en bly altyd die beste…. Verskoon maar die suurdruiwe as dit nie vir hulle was nie sou ons nie die dinge waardeer het soos ons doen nie.

dee ·

o, maar mense kan die R59 opgrawe sodat motoriste moet verongeluk, fisiese slote reg oor die pad uit die teer grawe. Maar steve word inhegtenis geneem

Theresa ·

Dit is ongelooflik ek is nou al vandag ek kan onthou n bitter groot fan van Steve en hierdie is nou net weer n bewys “HY MAG MAAR’!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! GOEIE WERK EK LOVE DIT

christa ·

Steve bly n wenner. Hy kan gerus nou politiek toe as President. Sal beter wees as die huidige.
Wat hy aanpak is ‘n sukses.

Soekie ·

Go STEVE EN JANINE staan saam. Wat van die R59. Ons moes 15km draai ry na Vanderbijlpark die naweek. Want slote is oor fdie snelweg gegrou en menslike gemors die slote vol gegooi. Wie vervolg die gemors?. Julle staan op vir julle mense, alle mense!! Ons ondersteun julle. Die ou suurknolle sit heeldag op die stoep en foutvind, buitendien. Lief julle en klein poprokkie xxx

Melanie ·

Steve, ek haal my hoed af vir jou! Fantasies!!
Great way to start the day!!!!!

s ·

Ai hoe lekker kry ek nou. Die klomp wat so kla oor Steve wat veroorsaak dat hul laat is vir hul werk. Ek ry altyd n bietjie vroeer want enigiets kan gebeur en dit kry jy elke dag op die pad. Die lewe is so stresvol en dit wat Steve gedoen het maak jou dag. Dankie Steve vir n bietjie humor.

Elza ·

Ek het gelukkig dit op fb gesien. Dit was ‘n belewenis. Paar minute van my besige oggend. Sien uit na nuwe CD

Lizl ·

That`s my man!!!! Steve, jy het meer aanhangers as wat jy besef !! Love you lots !!

Chris ·

oh how I love myself. Steve is the greatest! Ask him….he’ll tell you.

G ·

Ai Koos. Daar is soveel wonderlike, positiewe kommentare. Sou jy verkies het dat die verkeer stilstaan agv ‘n ongeluk? Die verkeer sou in elk geval gestaan het, met of sonder Steve. Hy het net ‘n hele paar mense laat glimlag. Hy maak ‘n verskil daar buite!

uGoSteve? ·

?My hartklop haleluja… ? iemand se amen… ?? aWe$oMe! Steve… #SimplyTheBest ?

as!?…as!?… ? wat as!?… wat as!?… “as is verbrande hout MOS”… ? #Suurknolle ? die lewe is kort & suurgenoeg!… #LeweVirNou! ?

Janine ·

Amen Steve… My Hart Klop Hallelujah….awesome..lief jou van Namibia…. Encore…

Koos ·

Dis baie baie beter om te sing eerder as die straat en hoofweg aan die brand te steek met buitebande en stompe!!! Sing Steve Sing!!!

danie ·

Kyk hoe die helde val, as jy nou al n verkeersknoop moet reel om mense te dwing om na jou te luister

JOEY ·

Steve daar is ook net een van jou die wereld sou so n beter plek gewees het met meer mense soos jy. Steve jy is n ou Yster ons is mal oor jou en jou musiek

Petro Botha ·

Ai Steve…. jy bly maar net eenvoudig tops. Voorspoed.

maureen van wyk ·

Fantasties, ek ken al klaar daardie woorde van die lied. Lekker om ‘n dag te begin met ‘n glimlag.

Sylvia ·

WOW, WOW, Fantasties Steve, so lekker om daardie pragtige stem te hoor, pragtige lied,

Jammer vir die snuurknolle in hierdie land, kom by, gryp ‘n mic en sing!! Halleluja, Amen!!

Ons het gedurig paaie wat toegemaak word, motoriste wat met klippe bestook word, sodat, skynbaar die wat mag, hulle misnoeë kan aan uitting gee, sulke optredes het ons nie meer nodig in hierdie land nie, gee liewer vir ons sangers wat die verkeer stop en almal se dag opvrolik of jy van die sang hou of nie

Annie ·

Love ou steve van kleins af. Jy Rock steve SA lief jou. Dankie vir jou musiek. Xxx

Amelia ·

Ek verstaan nie hoekom daar altyd “critics”moet wees nie, miskien moet die wat klippe gooi in hulle eie tuin werk en kyk wat daar begrawe is voordat hulle iets mooi in ñ oorlog verander. “Wake up”, luister na die woorde en kyk of jy so perfek is. Jy maak jou naam eintlik” @#$/”want ander lag vir jou kommentaar. Steve, “Well done”, ek dink dis “awesome”!!! Ek sal dit “like” as dit in ons dorp gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.