Steve, Janine in vakansiehuis beroof

Steve Hofmeyr en sy vrou Janine. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr en sy vrou Janine. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en sy vrou Janine was Woensdag in die vroeë oggendure die slagoffers van ʼn roof by hul vakansiehuis in Pennington, KwaZulu-Natal.

Steve en Janine se worshonde, Ouma en Trompie, het waarskynlik ʼn groot rol gespeel om die inbrekers te verjaag en die egpaar ongedeerd te laat.

“Ek en Janine was alleen in die huis – ons het Dinsdag die kinders lughawe toe geneem sodat hulle kon terugvlieg Gauteng toe vir skool,” het Steve Woensdag aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê weens herstelwerk aan die vakansiehuis was die elektriese heining afgeskakel. “Een of twee verdagtes het toegang tot die erf verkry en die veiligheidshek met ʼn skroewedraaier oopgebreek. Die televisie en ander elektroniese toestelle is naby die deur waar hulle ingekom het, en hulle het dit eerste gebuit.”

Volgens Hofmeyr het hy omstreeks 03:00 wakker geword van die worshonde se geblaf en gaan ondersoek instel. “Toe ek onder kom, was hulle reeds weg. Ek vermoed hulle het geskrik en gevlug toe hulle die hondjies hoor.”

Die polisie was sowat ʼn uur later by die huis om verklarings te neem en ʼn saak oop te maak. Van die goed wat gesteel is, is ʼn televisiestel, ʼn Xbox-konsole met ʼn paar speletjies, ʼn DVD-speler en afstandbeheerders.

“Ons is gelukkig ongedeerd, net geestelik ontsenu. Ek het al ʼn dekade die vakansiehuis in Pennington en so iets het nog nooit hier gebeur nie. ʼn Mens is nêrens meer veilig nie.”

Hy het gesê die voorval gaan nie veroorsaak dat hulle hul vakansie kortknip nie. “Ek is reeds besig om die gesteelde goedere te vervang en om verbeteringe aan die sekuriteitstelsel aan te bring. Ons gaan nog vir ʼn week vakansie hou voor ons terugkeer Gauteng toe. Ek geniet nog die rus, want ʼn rowwe jaar lê voor,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

scalla ·

Inside information, mense wat herstelwerk doen verskaf al die detail ens, sterkte by julle en geniet die vakansie

Gemsbok ·

Daar is één plek waar mens nog veilig is om rustig langs die water vakansie te hou: Orania.

cornelia teich ·

Jou beurt kom , maak nie saak wie jy is of waar jy is nie. In my tyd was ek al gekaap, 4 gewapende roof by my werk. So wees. Voor bereid.

Nardus du Preez ·

Cornelia Teich moenie dinge oor mense spreek en se hul beurt kom nie. Dit kan dalk net boemerang en die keer dalk is jy baie slegter af. Se eerder mense moet op hul hoede wees , waaksaam en voorbereid. Maar ek wens dit niemand toe nie.Sterkte Steve en al die slagoffers. Ek weet almal is kwesbaar. Ons moet maar net weet al bid ons is mens nie gevrywaar nie. Dis dalk net ook n leerskool en genade wat oor ons is.

Charlene ·

Mens kan nie eens bietie veilig rus nie. Steve ek is bly julle is ok, en ook die hondtjies – so baie kere word die arme goedjies vergiftig en/of seer gemaak. Geniet jou vakansie verder en hoop die jaar wat voorlê is vol soos in prop vol musiek optredes (in pretoria area verkieslik)
Geniet dit julle

Sonia ·

Bly julle en die hondjies is ongedeerd, kon so anders gewees het. Dink maar aan die 7 mense wat die eerste 12 dae van 2015 vermoor was deur die barbare

Rina Pretorius ·

Ek dink hulle wou ‘n punt bewys deur by jou in te breek Steve, hulle hou mos nie van jou nie want jy is volgens die goed mos ‘n rasis. Jammer om die nuus te hoor maar jy is ‘n sterk persoon en laat jou nie onderkry deur die gemors goed nie. Sterkte daar hoor en enjoy die res van die vakansie hoor.

Elize ·

Ja nee Steve,ons almal bly dat julle ongedeerd is.Want die barbare het mos geen gevoel nie,as hulle inbreek.Bly dat julle honde ook ok is,want dit is wat hulle mos maklik doen,om arme diere te vergiftig.
Sterkte vir 2015,en kom maak ook n draai in die Kaap.Ons wag vir jou musiek vertonings.

Asjas ·

Of jy weet nie wat karma beteken nie of jy is een van daai wat nog blind is vir wat besig is om in ons land te gebeur. As jy in karma glo dan gaan daar net goeie dinge met Steve gebeur in die toekoms. Ten minste gebruik hy sy talent, bekendheid en gewildheid om bewusting te skep. Skep nie net en dink hy is ‘n bleddie “celebrity” soos die ander nie.

pop ·

Scalla is reg dis inside information. Daai huis van Steve is soos n fort. So hoe het die vuilgoed geweet die elektrisiteit is af.

heila jacobs ·

Dis n feit soos n koei as daar by jou plek onderhoud gedoen word of naby gebou word is jy een van die wat besteel word ons het plekkie in margate en ken daai gevoel

charles ·

Sorry steve net bly julle is ok daai is aardse goed wat vervang kan word ai die waffers wil jou seker skrik maak sulke rubbish soos tannie stienie altyd gese het

lynette ·

Dankie tog julle is veilig . Die duiwel loop rond soos n brullende leeu . Mag julle nog n rukkie lekker vakansie hou en uitrus . Koop vir die woefkinders elkeen n T bone . Hulle is lifesavers .

Neptunus ·

Hulle is gelukkig dat dit nie erger uitgedraai het nie. Steve se geheue is kort, daar het al ‘n opspraakwekkende verkragting en werklike roof plaasgevind ‘n paar jaar terug toe ‘n paar jongmense in ‘n vakansiehuis oorval is. Het Steve nie destyds by die hof betoog nie? Sal dit moet gaan Google. Kom ons kry net iets reg Maroela: Wat hier by Steve se huis gebeur het is nie roof nie, maar huisbraak en diefstal. Roof is wanneer jou eiendom met geweld van jou afgeneem word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.