Steve kap na ‘analfabeet, manteldraaier en werfbobbejaan’

Hofmeyr het die foto op Twitter gelaai.

Hofmeyr het die foto op Twitter gelaai.

Die sanger Steve Hofmeyr het Saterdag ʼn skare op Kerkplein in Pretoria toegespreek en onder meer uitgevaar teen pres. Jacob Zuma, die DA-leier Mmusi Maimane en die EFF-leier Julius Malema .

Hofmeyr, wat ʼn koeëlvaste baadjie onder sy aanknoophemp aangehad het, het begin deur te vra: “Is 2016 nie die jaar waarin daar vir eens en vir altyd bevestig is hoeveel dooie gewig ek en jy saamsleep nie? Weet jy hoeveel dooie gewig subsidieer jou belasting? Die juk van transformasie is dooie gewig. Die plig om te versoen: dooie gewig. My skuldgevoelens oor die geskiedenis: dooie gewig. My skuldgevoelens oor my nasionale volkstrots: dooie gewig. My plig om die hoofstroommedia agting te gee: dooie gewig. In 2016 skud ek dit af.”

Hofmeyr het gesê sy verdraagsaamheid en respek vir ander volke sal van voor af verdien moet word. Volgens hom is daar drie eienskappe om ʼn volk te wees. “ʼn Onderskeibare kulturele karakter, belange en waardes waarvoor jy sal sterf, en jy moet oor jou eie belange en waardes regeer. Ons word regeer deur ʼn analfabeet. Wat is ons ander keuses? ʼn Manteldraaier in die DA en ʼn werfbobbejaan in die EFF.”

Hy het ook uitgevaar teen Fikile Mbalula, minister van sport, wat volgens hom rugby met politiek verwoes het en die mededingende gees in Suid-Afrikaanse sport vir altyd uitgedoof het. “Ek is vervreem van hierdie wanbestuur en onbevoegdheid en betaal nog net belasting omdat hulle my dwing. En hulle gaan nog smeek vir daardie belasting wanneer Donald Trump sy krane na Afrika toedraai en die nugter wêreld weer afsonderlike ontwikkeling voorstaan.”

Volgens Hofmeyr was apartheid nooit daar om enigiemand te onderdruk nie. “Daardie leuen is gebruik om ʼn klein minderheid uit hul soewereiniteit uit te boelie, te ruk. Probeer dit gerus vandag. Jy sal gou jou rieme styfloop. In 2016 wil volke, soos in enige ander tyd, weer apart wees. Goeie bure, maar onafhanklike bure wees.”

Hy het gesê die land kan nie werk wanneer die “kattekwaad van twee seuns in Middelburg” verhef word bo die sterftesyfer, bo die verkragtingsyfer en bo die mees brutale plaasmoorde in die wêreld nie. Dit was met verwysing na die doodskis-voorval waarin twee mans aangekla word omdat hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis ingedwing het.

Hofmeyr het die foto op Facebook gelaai.

Hofmeyr het die foto op Facebook gelaai.

“Mmusi [Maimane] wil saam met die EFF klippe gooi na twee outjies in Middelburg, want dit sal ons aandag aflei van die moorddadigste stad in Afrika, Kaapstad. Dit sal ons aandag aflei van derduisende verkragters, kleuterverkragters, strykysterkrygers, verwurgers, verdrinkers, aanranders en bejaardeboelies. Daar is, soos ek nou praat, ʼn vrou in Suid-Afrika wat skree vir haar lewe, Mmusi.”

Hofmeyr het gevra hoe dit kan gebeur dat ʼn “duisend jaar oue metafoor komende van ʼn wit persoon”, met verwysing na Penny Sparrow, meer aandag kan kry as “ʼn swart man wat petrol in ʼn bejaarde man se keel afgooi”.

“As ek vernietigende mense nie ‘ape’ mag noem nie, vuil mense nie ‘varke’ mag noem nie, skelm mense ‘jakkalse’ mag noem of wyse mense ‘uile’ mag noem nie, watter waarde het taal dan vir my en jou?”

Hofmeyr het die foto op Facebook gelaai.

Hofmeyr het die foto op Facebook gelaai.

Hy het ook ʼn boodskap vir die EFF-leier Julius Malema gehad. “Ek sal nie my land, grond of huis afstaan nie, want meer as genoeg mans, vroue en kinders het gesterf daarvoor en dis moeilik genoeg om dit af te betaal. Ek sal nie val vir hierdie substandaard wat jy opdis as die norm nie. Nie op my skof nie. Ek sal nie voorgeskryf word waarop en wanneer ek trots mag wees nie. Ek sal sing, skryf en rym soos my hart my lei. Ek sal nie stilbly omdat my woordeskat gekriminaliseer word nie. Nie op my skof nie. Ek sal skree tot ek gehoor word.”

Hofmeyr het afgesluit deur te sê vir die eerste keer in 21 jaar gaan hy nie net swartgallig wees nie. “Meer as enige ander tyd in die afgelope 21 jaar, sien ek weer hoop op die horison, dat my politieke behoudendheid en nasietrots dalk die norm kan wees en dat die wêreld die Boere-Afrikaner al beter gaan verstaan in 2017. Let maar op my woorde. Wees veilig. Wees trots. Bly by my. Dankie.”

Lees Hofmeyr se volledige toespraak op sy Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

139 Kommentare

FBOOY ·

Daar is mense wat Steve veroordeel.Ek wil net dankie se aan Steve,jy is ons Blankes se spreekbuis,jy se wat almal dink,maar te bang is om te se.Die tyd het aangebreek dat ons blanke Afrikaners,en ALLE ander rasse wat moeg is vir hierdie absolute chaos in ons mooi land,begin saamstaan en NEE se!Ek is nie n rassis nie,ek is n realis,daarom besef ek dat ons nou iets moet begin doen!Dankie Steve,jy is n Yster.

Suki ·

Steve ons stem saam met jou en vir jou.! Jou hart is groter as SA. Goedheid en guns.

annatjie ·

As jy nasietrots het, hoekom maak jy engelse cd’s. Ook soos dit jou pas. Geld die wortel van alle kwaad.

trots ·

Hy maak cd’s in ander tale want hy kan. Want hy is nie eng en verkramp soos jy nie en besef dat die een cd wat jy gekoop het in 1990 lankal nie meer brood op sy tafel sit nie. Want al is ek Afrikaans, luister ek ook nie net Afrikaanse musiek nie, leer ek nie net in Afrikaans nie en doen ek ook nie besigheid net in Afrikaans nie. Party van ons is meer tale magtig en ook wys genoeg om te weet dat ons onsself nie in die voet hoef te skiet net om ons nasietrots te bewys nie. Enige goeie besigheid teiken die wydste moontlike mark wat dit kan – dit is maar een van die stappe om ‘n volhoubare inkomste te lewer.

Hermien Brittnell ·

Dankie Steve!!! Edna en Annatjie… julle kyk dan seker NET Afrikaanse televisieprogramme, of hoe…?!

Vivian ·

Ek stem saam Steve. Ek persoonlik dink almal behoort die boek “Confessions of an Economic Hit Man” deur John Perkins te lees. Dan sal mense die groter prentjie sien van hoe lande uitverkoop word ter wille van ander lande en van die rykstes wat die ekonomue besit. Dankbaar vir Steve wat opstaan vir wat reg is.

Spook ·

STEVE VIR PRESIDENT!!!1 Dankie aan Steve wat vir ons mense opstaan!

Jan ·

Jip, so jul rubrieksrywers/verslaggewers mag Steve en diesulkes (ook soos vir Penny Sparrow) aanhaal wat hy/hulle gesê het, maar sodra een van ons dieselfde woord of woorde hier onderaan ‘n skrywe in ons kommentaar gebruik, word die kommentaar of nie geplaas nie, of dit word, as dit deurgeglip het, summier deur jul mense verwyder. (Dit lyk my die harige woorde wat Steve en Penny gebruik het, is in alle geval by julle taboe, maar ook net as die by die lesers kom wat kommentaar lewer, al gebruik ons dit in ‘n idioom.)

Anton Visser ·

Steve ek en duisende ander staan langs jou ons sal oorleef!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Moet nie dat die hans kakies onder ons jou afskrik nie wat hulle is vollop in die da!

Landi Maree ·

Ek staan saam met Steve. Dis tyd dat hier iets aan di regering gedoen word. Ons land is ons land. Hoekom moet hulle als opmors n vernietig en vet word

Johann ·

Steve, die vraag wat jy hier bo gevra het oor die gebruik van die taal, soos om, onder andere, wyse mense uile te noem, ens, kan jy ook aan die webblad se mense hier rig, want hulle laat dit nie toe nie.

Theuns ·

Kommaan mense, ondersteun vir Steve! Of is julle ook bang om die waarheid te ondersteun? Dankie Steve ons het meer mense soos jy nodig en ek hou van jou aanslag!

liza ·

Dankie Steve… ek dink al die nasies is nou al moeg om te hoor van rassisme…. want ek is regtig ook al g@tvol daaroor.

Nicky ·

Stem 100% saam met als wat Steve gese het. Wens daar was meer sulke mense en ek wens ek was daar om hom staande toe te juig. Ek sal vir jou stem as jy jou eie politieke party begin.

Manie ·

Man so reg na my hart. Ek het al baie gedink hoekom moet van ons Afrikaners heeltyd gedreig word met moord en grondbesetting. Vir iemand wat nee gesê het vir fw en sy liberale gespuis is dit moeilik om sulke gedrag aan te hoor. Ek loop nie elke dag en verkondig dat ek swartes gaan uitmoor of soos hulle hanswors se nog nie nou. Steve is 110℅reg dat die ANC met sy sportbeleid rugby vernietig het. En ek hoop alle Springbok ondersteuners bly weg van die stadions soos wat ek nou maak. Ons het ons mensereg weggegee in1995 vir rugby.

Hendrik ·

my pa is nie meer met ons nie. in 95 het hy gesê ons land is nou weg maar ons kan darem bol speel wat saak maak. Ek wonder hoeveer van die mense wat nou trots is op Steve sal wanneer ons moet regtig agter hom staan. hoeveel is weg by VFplus en na DA toe. STEAVE JY PRAAT REG EN HET N BOERE HART. EK HOOP REGTIG ONS ONDERSTEUN JOU MET N BOERE HART.

Nicky ·

Stem 100% saam met als wat Steve gese het. Wens daar was meer sulke mense en ek wens ek was daar om hom staande toe te juig. Ek sal vir jou stem as jy jou eie politieke party begin. Nee maroela hierdie is my eerste kommentaar op Steve se artikel.

snoefie ·

maar ware woorde all the same. die skrywer van jou toespraak moet regtig self tot die politiek toetree.

Anton Visser ·

Steve dankie ons staan langs jou! Moet na die libterte van die da luister nie hulle gaan nou galbraak want hulle kan jou nie n beterantwoord gee ne en verkies om jou te beledig did hoe hulle werk want hulle idiologie is uitgeleef ons glo hul nie meer nie! Steve vir President!

Sonet ·

Steve was al my hero van hy Neil Diamond sing en in Treurgrond my laat tjank het oor ons land. U go Steve….. Ek en my familie staan bankvas agter jou…. Of langs jou as dit meer sal beteken

treurgrond ·

100% vir Steve 100% dankie dat jy opstaan vir ons land en sy volk. Ons land is ons land ons staan saam jou.

Heleen ·

Ag ou Snoefie …. lyk my jy is ‘n stem roepende in die woestyn?

Pampoen ·

LOL hoekom word daar nie genoem dat die “skare” mense, wat toegespreek is, minder as 100 was nie? En dit meestal uit wat lyk verregses met hulle kakies.
Die Afrikaners was nog nooit die skerpse spiese is die oorlog nie.
Al die beledigende naampies en oproer wat ou Steve nou weer gooi, is maar presies dieselfde as wat Malema en kie doen. En die wat hom/hulle ondersteun is van dieselfde stoffasie.
Maar een ding moet julle besef. Hofmeyr is n hensopper. Hy sal sy sienings en stellings verander soos hy lus kry, hoe dit sy eie sak pas, nes Malema.
Die ou het genoeg geld, hy gaan die haat aandryf en julle gaan hom ondersteun, en die dag wat die moeilikheid spat, is hy op die eerste vliegtuig hier uit, en julle gaan hier huil en skree met met gebakte pere.

ouma ·

Pampoen, en wat het jy al gedoen om vir die Afrikaners op te staan. Net mooi niks.

Lettie ·

Vra vir Pampoen, hy/sy het al die antwoorde, net nie ‘n naam nie. Beledig maar die Afrikanervolk as dit jou goed laat voel. Dis mense soos JY wat haat aanblaas. Steve staan op vir sy volk, hy het die meeste om te verloor, het glad nie nodig om sy tyd te ‘mors’ op mense wat dit nie waardeer nie. Baie dankie Steve, jy laat my hart swel van trots. Ek is siek en sat vir Afrikaanse mense wie hul eie mense wat bereid is om hul monde oop te maak, af te kraak, dit walg my. Vir sulke papbroeke is daar geen hoop nie!

wirrim ·

Stem Pampoen.. Praat is goedkoop en maklik. Iemand met guts moet opstaan en iets doen. Ek myself kry baie keer lus om iets drasties aan te vang wat die hele blanke SA sal laat cheer en hande klap. Maar dan begeef my moed my omdat ek warrie oor wat met my nalatenskap en familie wat agter bly sal gebeur.

foxi ·

Ag pampoen………kry lewe man! Of het jy miskien ‘bodygards’ wat jou elke dag beskerm.
Steve het n MAN in hom….nie hierdie wat om n vuur staan met n bier in die hand en net groot praat nie! Die enigste tyd wanneer daar wit massas bymekaar kom, is wanneer hulle in rye kan gaan staan vir n rugby kaartjie. Maar nee…….om saam op te staan vir jou volk of om saam n biddag te hou is mos tydmors ensv. Hoogmoedigheid en lafhartigheid is nou n algemene ding onder ons mense. Steve……..daar is min van jou soort. Stem saam met jou.

Louis ·

Hoekom se jy JULLE pampoen?Sit jy dalk klaar in n ander land?Klaar weggehol…..hahahaa.

poot ·

@Pampoen
As jy sê die Afrikaners was nog nooit die skerpste spesie nie………wat maak dit dan van jou? Dan is jou kommentaar mos ook nie van die skerpste nie. Of is jy ‘n DRAADSITTER?

Ella ·

Pampoen …. almal baie vinnig om jou met klippe te stook…almal kan hier iets se en ek stem NIEMAND doen niks as almal dan so sterk voel oor wat aangaan hoekom nie dan die goed bywoon maar ja is te papbroek daarvoor … kruip weg agter mekaar …..almal wil n iets se maar as die aksie daar is wat dan waar is julle dan …..wat van julle lewer kommentaar op die berig wat julle lees en hou op kyk waar kan die een die ander sleg se en sleg maak

Justice ·

Steve is beslis nie ‘n pampoen nie – welbelese en puik Afrikaanse woordeskat – dankie

Duppie ·

Ag Edna, wat het engelsemusiek nou met die saak uit te waai???
Dis hoekom ons onderdruk word, kan met niks saam staan en altyd trek iemand dwars.
Bly die punt waarvoor Steve opstaan asb of bly stil!!! Ons oderdrukking, uitmoor, slagting, verkrakting, aanvalle teen ons as Afrikaner-, Wit- en Blankemense….
You go Steve!!!
Ons almal is gatvol vir misdaad, ons regering wat net belowe, van ons vat en min tot niks terug gee. Kyk na ons dorpe, strate, skole….

Buurman ·

Steve, jy is n yster.Jy het die waarheid gepraat en reguit.

Moeksie ·

Ek stem vir Steve. Dankie dat jy nie bang is om te se wat op jou hart le nie…..

thea ·

Steve jy het my stem ek is so trots op jou
jy weet waarvan jy praat, en die waarheid maak seer

Will i am ·

Dankie Steve. Ek is n man wat op ons grense geveg het. Sal saam met jou stap

alids ·

as ons almal maat net Steve,s kon wees dan kon saamstaan moontlik gewwes het

Eugene ·

Stevie Wonder! Hou maar tog by jou beroep as Sanger! Jy sweep tog net n minderheid konserwatiewes op! Van jou aspirasie om n politikus te raak het niks van gekom nie want jy het besef jy is geen faktor nie!

Mike ·

Ai tog Eugene en jy is seker maar net een van baie wat die stroom volg. Dankie Steve jy is bereid om jou mond oop te maak en nie soos baie ander wat te bang is om op te staan vir volk en vaderland nie.

poot ·

@Eugene
Net so G@tvol ons almal vir die chaos in hierdie land is…..is ek G@ATVOL vir negatiewe individue soos jy. Wat jy jy al ooit gedoen om hierdie land beter te maak. Seker ook net ‘n salaris trekker.

Susan ·

Ek dink daar is baie mense wat soos Steve voel – veral ons ouer mense. Ons raak bang om ons neus by die deur uit te steek. Well done Steve!

johann brits ·

Mooi so Steve,ons is trots op jou-iemand moet die dinge se.Bly ek beleef die voorreg om jou te ken.

Grassie ·

Steve – dankie vir jou mannemoed. Ek sal die pad saam met jou stap.

pj ·

Mooi so Steve – Ons is agter jou ….ONS SAL DIT OORLEEF!!!!!!

Herman ·

Steve jou yster. Na die hel met die een of twee wat negatiewe snert kwyt raak, Staan op vir dit wat reg is, Ek is langs jou, en so is duisende ander.

gizelle ·

Geagte eugene en pampoen ek staan bankvas agter steve en so ook my mede boeremense my ouers lewe op n plaas my ander familie bly ook versprei oor plase en met die hooligans wat die land regeer moet ons worry so vat jou sorry exscuse en gaan na die maan man steve ek staan agter jou dankie vir jou tyd wat jy afgestaan het om optestaan vir ons land en sy mense

Vark ·

Steve wat jy sè is waar maar daar is geen oplossings van jou kant nie. So jy trek soos Malema maar net na die ander kant ipv om saam te staan

Edna ·

Ek stem saam ou Vark. As jy nasietrots is hou op om engelse musiek te maak. Leef jou lewe reg dan sal ek opkyk na jou.

Yvett ·

Belaglik! Engelse musiek maak het NIKS te doen met nasie trots en opstaan vir dit wat REG is nie! Ek hou ook van Eng musiek en is TROTS Afrikaans! As ek Koek bak vir ‘n lewe, en nie melktert bak nie, maar ook opstaan omdat ek glo in reg en verkeerd….gaan jy my ook kritiseer. Wat is JOU tipe saam staan? Kritiek lewer van die kantlyn a? Steven Hofmeyer het baie meer te verloor as baie van ons, tog staan hy op en PRAAT! jy skuil agetr ‘n skuil naam……..waar is jou trots?

Hannetjie Harvie ·

Pampoen, jy is seker een van daai mense wat op die stoep sit en vir ander vertel wat gedoen moet word, en as die moeilikheid kom hardloop jy eerste weg. Mans lees asseblief hierdie toespraak van Steve en dan se julle vir julle self “DIS N MAN!!!!!!!!!!!!!!!” Hy staan op vir wat hy glo, hy erken sy foute, hy skaam hom nie vir sy kinders nie, hy behandel sy vrou soos n prinses!!! WAT N MAN Steve, ons is agter jou.

RENS ROODT ·

REGUIT – DIS HOE DAAR GEPRAAT EN OPGETREE MOET WORD – GEEN DOEKIES OMDRAAIERY NIE EN GEEN POLITIEKE KORREKTHEID NIE – LAAT JOE JA JOU JA WEES EN JOU NEE JOU NEE – DANKIE STEVE – WIL NOG MEER EN MEER VAN HIERDIE OPTREDES SIEN!!

Vic ·

En aan al die wat nou weer hoop het – wat presies gaan Steve doen om julle te beskerm? Gaan hy oorlog maak? Gaan hy n brigade manne met gewere bymekaar kry? Hoe, presies, gaan hy dit ongedaan maak wat nou gebeur? Nes Trump, is Steve n grootprater. Baie wind, min waarde. Daar is geen hoop vir julle nie. Nie van Steve af nie, nie van die buiteland af nie, nie van erens af nie. Aanvaar dit maar

Susan de Klerk ·

Moenie so aanmatigend teenoor Steve wees nie. Gaan lees Fidel Castro se geskiedenis hy het slegs 1200 lede jaarliks gewerf. Donald Trump was vergruis, beledig en nou? Gee elkeen n regverdige kans.

Tiaan ·

Vic, om die waarheid te praat is soos om ‘n kers in die donker aan te steek

Willie E ·

Baie geluk Vic…lyk my jy dink julle het gewen…ha ha haaa…

Vic ·

Donald Trump was vergruis? Mens nou se jy my. En ek dag hy’s besig om vrouens te gryp? Is dit werklik moontlik dat mense so naief kan wees?
Komende van n vrou is die aanbidding van Donald, net soos Steve iemand wat geen respek vir vrouens het nie, skrikwekkend.
Maar nie een van julle kon my nog antwoord nie – hoe gaan Steef julle beskerm?

Snip ·

Kan net vir jou baie dankie sê Steve. Darem maak jy ook jou stem dik en daar is baie wat na jou luister en saam jou staan. Ek is verseker een van hulle.

James ·

Gelukkig dra ek my nie dood aan al daardie “dooie gewig” nie. Ek’t ‘n broertjie dood ann geforseer word om iets te doen. Daar is geen wet in geen land wat my kan verplig om respek te betoon aan iemand wat dit die minste verdien nie. Respek word verdien, maar deur jou dade en dit wat jy voorstaan kan jy beslis ook disrespek verdien! As jy wat ‘n openbare figuur is en sogenaamde leier van die vryheids vegters jou gaan skuldig maak aan haatspraak elke keer wat jy jou bek oopmaak kan jy mos wraggies nie verwag dat ek jou enige respek moet betoon nie, of hoe?
Ek is al so ge “transformeer” dat ek skaars my eie kultuur kan erken – Ek leef my herkoms uit en ek leer my kinders al die goeie dinge van my herkoms. Eintlik as jy al die “dooie gewig” bymekaar sit is die Boer / Afrikaaner al reeds in ‘n virtuele konsentrasie kamp. Met belasting op belasting wurg hulle jou en met die swak optrede van die regering beneuk hulle die ekonomie daagliks verder en word jou geldjie minder en minder werd.
Ek’t simpatie, ek’s gevul met deernis en het vragte vol epatie saam met baie respek met / vir elke mens wat dit verdien, maar moet nooit ooit dink jy gaan my forseer om ‘n vals noot uit my te kry nie. Ja Steve, jy is reg! Dis hoe dit is!

Skatymir ·

Die gebrek aan denkvermoe gaan my verstand te bowe. Kyk byvoorbeeld na Vic hierbo se kommentaar. Hy impliseer dat Donald Trump net ‘n grootprater is, ‘baie wind min waarde’. Trump is miskien ‘n grootprater maar hy is ‘n selfgemaakte dollar multimiljarder en ook nou die president van die grootste ekonomie in die wereld. Ai as die manne net so bietjie dink voor hulle skryf sal hulle onkunde nie so openlik raakgelees kan word nie. Ag en dis so lekker om te kritiseer.

Vic ·

Skatyie, Don is die president van die land met die grootste skuld in die wereld – en raai watter land is die bankier? Binne 8 jaar neem die Don vir Amerika tot in die afgrond. Lyk my jy leef in n sprokieswereld. Dink seker die don gaan jou ook kom red.
Die naiwiteit is verstommend. Donald is n narcissis, n geldgierige vroue mishandelaar, en julle almal val voor hom soos mis voor die son. Wee die een wat mense aanbid.

Denise ·

Dankie Steve dat jy die enigste een is wat mans genoeg is om ons wit mense te ondersteun en jou stem te laat HOOR!!!!

FM ·

As iemand nou nog nie geroer is deur Steve Homeyr nie, is daar n fout by jou. Die man is n yster en sê wat ons ander bang is om te sê. Die kritici teen Steve slaap hand om die nek met die anc en ander. Hulle werk seker vir n anc baas en wil tog nie hul job op die spel plaas nie. Dis so jammer. Wie kan vir my bewys hoe fisies brutaal witmense teenoor swartmense was? Hoe wittes die swartes uitmoor op die mees wreedaardige maniere. Kyk hoe wreed word weerlose oumense en vrouens vermoor. Steve se kritici, julle keur dit goed as julle stilswye openbaar. Of sal julle gemaklik sê ” Dit traak my nie, want dit het nog nie met my gebeur nie. Wat sal jou siening wees as dit die dag met jou gebeur? Julle speel so reg in malema se hande.Steve is nie regs nie en ook nie n rassis nie, hy is n kultuurmens.Asb mense ons het julle stem nodig. Besef asb wat aangaan in hierdie land. Ek hoop julle kom tot jul sinne voor dit te laat is. KOM ONS STAAN SAAM. Dankie maroela dat julle my kommentaar gaan plaas!!!

Pokmemon ·

Ek skaam my dood… Dit is die beeld van die Afrikaner wat na buite gestuur word. Geen wonder niemand neem ons ernstig op nie.

FM ·

Ou Vic jy is reg as jy sê Trump is n grootprater, maar die Amerikaners het vir hom gestem. Dan is hulle seker, volgens jou, onnosel deur vir die grootprater vol wind te stem. Steve is wel ter tale jong. Asb ondersteun hom. Ons wil gehoor word, magtag man!!

Alwyn ·

Ek weet dit sal verskeie Steve aanhangers vreeslik bly maak sou hy president kon wees, maar mense kom ons wees nou bietjie realisties. Ek sien vergelykkings met Donald Trump, en dat almal hom ook onderskat het – wie het hom onderskat? Die media het hom onderskat nie die mense wat stemlokale toe is nie. Blankes is in die meerderheid in die Verenigde State. in Suid-Afrika beslaan blankes volgens 2011 se sensus-opname maar slegs 7.6% van die bevolking – sou ons ou 7.6% almal saamstem en gaan stem, moet ons nog ’n paar nie-blanke Steve ondersteuners kry om Pampoen te begin luister. Moenie ’n pampoen wees nie…wees ’n realis en word wakker.

Vic ·

FM, ek is die pa van drie dogters – ek skaam my dood as ek vir Trump of Steve stem – waar is julle respek vir julle vrouens en dogters, man.
Om gehoor te word gaan ons niks help nie. Die wereld stel nie belang nie. Die regering stel nie belang nie. Waar dink jy sou ons nasie gewees het as ons net stilgesit het en gepraat het in die dae van die Voortekkers of die Boere oorlog?

gatiep ·

Alwyn dit is nie n wit teen swart ding die wat besig is om te gebeur in wereld nie.
Dis.mense wat sien die wereld is oppad na die Hel. Wanneer die swart mense ook gaan begin wakker word sal jy sien Steve sal steun kry onder hulle.
Sien jy nie watse vreemde snaakse besluite word in wereld geneem nie,hoeveel regte die skelms het nie?
Gaan kyk net wat gaan aan in die USA
Sal maar sien of die post opgaan?

Lolapot ·

As jy gehoor wip word kies dan tog eerder iemand wat se woorde waarde het en nie iemand wat ‘n gek maak van die Afrikaner om hulle af te maak as eng dinosaurs wat net nie kan weg beweeg van hoe dinge was. L

toy ·

Steve dankie vir wat jy vir ons doen. My hele huisgesin stem vir jou vir president. !!!

FM ·

Volgehoue druk binne en buite SA oor die uitroei van minderhede in SA sal nog die gewenste uitwerking hê. Ons moet net aanhou om aan te hou. Pokmemon jy moet asb nie die woord AFRIKANER gebruik nie, want jy kan nie een van ons wees met jou onvleiende kommentaar nie. Kom man help eerder!!!!

Ina ·

Steve ons sê DANKIE DANKIE DANKIE…ons het meer mense soos jy nodig wat nie bang is om jou mond oop te maak nie

Lyn ·

Manie, voor 1995 was die springbokspan nie toegelaat in internasionale rugby nie.

Lilla B ·

dit was Manie se punt..die land is weggegee sodat ons rugby kan speel in die buiteland.

linda ·

Steve kort baie meer as n koelvaste baadjie om gewig aan hom te gee… Hy kan toor met woorde en liedtjies skryf en is nie bang om voor n gehoor sy se te se nie.. Maar wat hierdie LAND en SY MENSE nodig het.. is n man van Integriteit. wat sonder TERUGHOU met DADE hierdie land verander.. Terwyl daar so baie gepraat en gese word… word die WIT S.Afrikaners vermoor.. Stelselmatig word ons uitgewis Onder ons eie neuse.. En ons is magtelose toeskouers

Carel ·

As jy jouself “pampoen” of “vark” noem kan ons seker so n aanmerking van julle verwag
Steve ek staan bankvas agter jou

marie bisser ·

Pampoen en Wirrim hoef nie veel te sê nie, hulle name spreek vanself. Dankie Steve dat jy jouself so blootstel vir ons land en sy mense. So jammer daar is so baie wolpraters wat so vinnig is om sulke swak kommentaar te lewer. Jaloesie? Dit vat ‘n man met goeie inbors om homself vir sy land en volk te gee.

BOLANDER ·

Hierdie man praat nie sommer nie. STEVE vir PRESIDENT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johan ·

Die “meerderheid” in die land gaan nie Steve se opinie sien as sy reg en sy siening oorhoe hy die situasie sien nie……….hulle sal elkegeval dink wat hy sê omskakel as rassisties….. verseker……ek stem Saam met Steve……..ek sien n paar hofsake kom………dalk moet daar n hofsaak in die hof gaan draai oor ons reg om ons opinie te lig en reg om te sé wat ons op die hart het……..daar is n verskil on jou opinie te lig en om geweld aan te moedig…..

Dita ·

Daar word byna daagliks op Twitter deur EFF lede gekonkel om u leed aan te doen. Wees asseblief versigtig, ek is bekommerd oor u veiligheid.

annatjie ·

Hoekom bring jy cd s uit in engels as jy dan afrikaans is. Jy ook nie elke dag dieselfde nie.

gvol ·

Gee vir hom n Bells!!……of sommer n kasvol! Man van staal….

theo ·

ek het nie geweet van die byeenkoms, ander sou ek ook daar gewees het. Steve jy is wonderlik. jy weet van swaar kry en waarvoor ons grens diens moes doen.

FM ·

As Trump dan n vrouemishandelaar is, dan moes geen vrou vir hom gestem het nie en tog het baie. Dan is hulle mos lekker stupid! So as geen vrou vir hom gestem het nie, wie het dan vir hom ingestem tot president? Seker net die mans?? Maar dan is daar baie mans in VSA. En nou sal my vriend seker nog sê die swart Amerikaners het ook nie vir Trump gestem nie, want hy is n rassis. So die mense het vir die windlawaai gestem,né?!Eintlik praat ons oor Steve. Viva Steve!! Hou aan ou maat.Pas jou op, verskerp jou veiligheid. Dalk help Trump ons, al is dit dan net met woorde!!

gatiep ·

Dankie Steve
Ek kan sien jy doen dit uit jou hart vir ons ,ons is agter jou.Dis nou of nooit!

Skatymir ·

Vic, partymaal is dit nie moontlik om ‘n fyn uitgewerkte plan te he in moeilike tye nie. Om egter niks te se nie sal ook niks oplewer nie. Jy klink baie wys miskien kan jy vir ons se wat die Afrikaner nou moet doen eerder as om net te kritiseer. Moet asb ook nie aanames maak dat ek van Trump hou nie dit staaf weer net my punt in die vorige komm.
Om met ‘n slim mens te redeneer is moeilik, maar om met ‘n dom mens te redeneer is bykans onmoontlik. (en Vic, ek het nie gese ek is slim nie).

Jay ·

white South Africans I wish you can wake up and smell the coffee. Yes, Steve might be right but if you all keep following new and smaller political parties because of your “believes” then the ANC will remain in power.
Wake up and vote for a strong opposition, get the ANC out of power then you have alternatives. We have no choice either you vote DA or you keep the ANC in power until they have enough power to change the constitution.
Wake up and stand together, it’s not only the whites who struggle.
But South Africans prefer not to listen, you guys prefer to struggle so Vote Steve ! Good luck!
I want a better South Africa and that’s not with Steve!

gatiep ·

Jay gelukkig is ons afrikaners nie so onosel om vir engeland se DA te stem nie.
Those who don’t know history are destined to repeat it.Jy sien Jay ons ken daai geskiedenis.

Paul ·

Jay,
Die DA se beleid is dan presies dieselfde as die van die ANC, BEE, onteiening, ens. Verder hits julle leier mense aan om witmense met klippe dood te gooi.
DA=ANC Lite=ANC.

Dear Jay ·

We get your point, and yes, what you say is not a lie, the problem is, how can you rape your own conscience by voting for a person who has promoted the killing of two white men (with stones) by blacks because they have forced a black guy into a coffin. It was not right, yes we all agree, but his racist rant wasn’t either but we have clearly noticed on whose side he is.

Cacophony ·

By equal measure how can you support a man who degrades all other cultures? A man who condones the actions of the coffin boys? Wake up and smell the coffee this country will NEVER be the way it was. Get over your air of entitlement and realise that people like Stevie are just out to rile you up or to increase the sale of his records.

Celia Tjaden ·

Vic! Daar kan maar 20 Trumps en 20 Steves gebore word! Hoera vir Trump en vir Steve! Ek stem vir hulle en ek is trots op my stem! Dankie Steve ! Jy t als gese wat ek in my hart voel en weet is die waarheid. Baie sien dit nie- maar die Here het Trump uitgekies en vir STEVE OOK! Manne wat opstaan op die regte tyd vir die waarheid! Die meerderheid in die VSA het hul stem gewys!! dit het my nuwe moed gegee. Daars nog mense met VERSTAND!
Ons is net so bietjie min, maar onthou GELOFTEDAG wat Bloedrivier herdenk ……

Vic ·

moenie woorde in die Here se mond plaas nie, Celia – jy weet regtig nie wie sy uitverkorenes is nie. Geen wonder daar is mans soos Steve en Trump nie.
Johan, ons stem basies saam. Maar Steve se gepraat sal nie help nie

Johan ·

Ai Vic. Hoe gaan JY jou dogters beskerm wanneer daar mense by JOU huis in kom en jou aanrand en jou dogters wil verkrag. Sal jy nie wil he dat die mense opstaan en saam staan om jou dogter te beskerm? Of gaan jy net komentaar daar oor? Steve wil die mense kry om saam te staan om een volk te word. Hy wil he die afrikaaners moet by mekaar staan en se genoeg is genoeg. Ons gaan dit nie meer duld nie. Dis nie van hoe gaan HY alleen ons beskerm nie maar hoe kan ons as afrikaaner mekaar beskerm in nood. Ek stem saam met Steve en ek sien darm raak wat hy probeer doen

Mellie ·

Gaan groot Steve!! Mag jou woorde tot aksie oorgaan – die vet weet ons het dit nodig. Give that man a Bell’s!!!

Veertjie ·

Dankie Steve – ‘Steve is groot’, Afrikaans is ‘groot’ ons staan BANKVAS agter jou. Dankie vir jou liefde vir ons volk, ons taal en ons erfenis. Ontvang God se guns en gelukkig weet ons dat GOD in beheer was, is en sal bly! Jy is my held.

chris ·

raai wat as al die skrywers daar was kon die getal mense dalk 200 haal

Fanie ·

Visielose kragdadigheid lei tot ‘n dawerende ondergang. Klinkende uitsprake is nie ‘n plaasvervanger vir uitvoerbare planne nie. Die grondoorsaak van die ANC se oorheersing van Afrikaners is demografies, en dit kan nie opgelos word deur politieke aktivisme, grondwetlike bepalings, gewelddadige opstande of politieke partye nie. Demografiese probleme moet demografies opgelos word, en daarom is demografie die basiese data van politieke beplanning.

SkarrelKind ·

Fanie – en in gewone Afrikaans sê jy wat presies asseblief?

Johannes Meintjes ·

Mooi so Steve! En die res van ons … kan nou weer met arms gevou terugsit en wag vir beter dae, – of kan en wil ons saamwerk tot volwaardige en oortuigende selfbestuur op die pad na selfbeskikking?

Johann Smith ·

Steve, ek wens ek kon daar gewees het maar ek sit hier in ie Wes Kaap. Jy is reg, dit is tyd dat ons Boere wakkerskrik. Ons word uitgemoor maar ditr lyk nie of iemand omgee nie. Jy is reg, ons hoef gladnie omverskoning te vra vir enigiets nie. Ons het lank genoeg die vrede probeer bewaar maar nou moet ons na ons eie belange begin omsien. Ons land word geplunder en as ons nie nou briek aandraai nie verloor ons alles. Word wakker mense, moet nie dink dat hul enigsins in ons voortbestaan belang stel nie.

HENNIE DU TOIT ·

president steve hofmeyer. my pa en ma is reeds oorlede partymaal se ek dankie .hulle is dood aan n siekte .hulle is nie gemartel en vermoor nie ek sou dit nooit kon hanteer nie. mag GOD met ons wees

Elize ·

Ek lief my taal, maar ag nee annetjie en edna, moenie so verstok wees nie. Steve se engelse musiek is baie mooi. Hy mag maar enige taal sing wat sy hart begeer. Ons sal daarna luister.

Piet ·

Ek betreur dit dat Maroela Media altyd so vinnig is om kommentaar te delete, maar ek kan wel insien dat ‘n mate van beheer nodig is. Dit is duidelik dat baie mense niks voel vir die voorbestaan van die blanke Afrikaner as ‘n unike ras nie. Mens verstaan dit wanneer ‘n persoon nie ‘n Afrikaner is nie, maar dit is altyd vreemd wanneer ‘n Afrikaner geen probleem sien met selfverniettiging nie. Ek wonder of dit nie dikwels net mense is wat sosiaal korrek wil wees nie. Wie wil nou verkramp wees, want as jy koserwatief is dan is jy kwansuis verkramp? Onthou net, dalk sal dit eendag mode wees om deel te wees van ‘n ras wat besig is om uit te sterf, dan het dinge reeds te ver gegaan.

Jan ·

Nou hier laat jy die aap uit die mou. Ek ondersteun jou, by tye is hulle reg, ander kere is hulle net té. Dit is soos iemand wat sy werk met te veel oorgawe en entosiasme doen, dan mis hulle in watter konteks ‘n woord of sin gebruik is, hulle sit net kop neer en weg is die kommentaar.

andrea van vuren ·

Iewers flonker daar ‘n liggie op die horison. Steve hulle kan jou toegang weier na musiekkonserte of by plekke waar jy die Stem van Suid-Afrika met jou pragtige stem wil sing. Moenie ophou nie Steve, ek vou my hande in nederigheid saam en dank die Here dat hy jou vir ons gegee het!

Wilma ·

Stem saam met alles wat Steve gesê het en staan ook 100% agter hom.

Andrea ·

@ Edna
Wat is dit met jou en die Engelse musiek/liedjies? Verstaan jy nie Engels nie? Dis mos nie n sonde om meertalig te wees nie! Liewe genade, as Steve vir ons n leier kan wees, kan hy maar in Russies ook sing! Ons het geen leier nie, en het een bitter, bitter nodig!

Schalk ·

Steve enige mens wat jou kritiseer is self te Slapgat om sy gesig op TV, Koerante of Sosiale media te plaas en op te staan vir homself. Die DA is net agter die wit stem op die stembrief aan. Niemand by die DA het nog ooit opgestaan vir die wit man nie. Ek sidder om te dink wie hulle as die opposisie sien wat na die Blanke gaan omsien. Jou taal as blanke maak nie saak nie Pampoen jou trots as blanke maak saak. Jy is ‘n lafaard om te kritiseer. Wat het jy gedoen?

Steve Hofmeyr ·

Dankie almal. Jy, die mag om die land oornag op sy kop te draai, die het ek nie. Die getalle ook nie en die waarop ek kan vertrou is maar vuisvoos. Maar daar is BAIE wat gedoen kan woord voordat ons die niet in gepers word. Ons kan die wereld laat weet, met aktivisme, in musiek, toesprake en films. Dan moet dinge vir die rekord gesê word, sodat niemand kan sê hulle het nie geweet nie. As jy nou swyg vertoon dit soos tevredenheid. Ek sing soms in Engels want dis lekker, vir dieselfde rede dat jy Colgate gebruik, 007 kyk, Japanees ry en velasting betaal wat allermi s terugkom na Afrikaans en Afrikaners. Nee wat, ‘n klein ou verkrampte Boertjie gaan ook nie ver kom nie. Ek doen wat ek binnekort hoop om te sien onder my mense en hul jeug: ons staan op teen boelies veel groter as ons. En DIT is in ons DNA.

Cacophony ·

Ai Steve jy kan tog so mooi praat en jy sing ook nie te bad nie (behalwe vir daai bloubul song natuurlik). Jou woorde kwel my egter geweldig veral die feit dat jy onmenslikheid sommer afmaak as kattekwaad. Is dit regtig jou opinie dat dit wat gedoen is kattekwaad is? As jou twee seuns (nie regtig seker hoeveel jy het nie maar jou bedsake het net mooi boggerall met my uit te waai nie) so onmenslik opgetree het sou jy hulle op die skouer klop en giggel oor hulle “kattekwaad”, of sal jou hart gebreek wees deur die feit dat jou kind ander so onmenslik kan behandel het. Sekerlik is kattekwaad nie om te verneder en te verkleineer nie. Jy sê ons word geboelie maar is jou woorde oor die “ander” dan nie ook maar net boeliery nie? Ek twyfel of my woordjies jou enigsins sal beinvloed en jy sal sekerlik dink en sê net wat jy wil maar nou ja dis van die hart af. Ek huil sommer as ek hierdie goed sien want die man op.straat probeer sy bes om oor die weg te kom maar die Hofmeyers en Malemas stook daai vure totdat dit ontplof.

Mellie ·

Amen, Steve. As jou ondersteuners dan vuisvoos en dalk in die minderheid is (alhoewel ek glo meer Afrikaners sal agter hul veiligheidshekke en 8 voet ge-elektrifiseerde heinings kruip indien n openbare figuur soos jy jou standpunte tot daadwerklike akkies kan omskakel …), so be it. Saam staan moet ons dan maar saam staan – eendag maak immersed mag!

Johann Smith ·

Al wat ek die volk aan wil herinner. Kyk en luister wat Siener van Rensburg voorspel het. Sekere dinge het reedes gebeur en baie ander dinge is nou besig om in vervulling te kom. Moet nie blind wees. Verootmootmoedig jou voor God en Hy sal na jou luister en jou uitred.

Kevin ·

Ons moet almal reg oor die wereld saam staan, moet nie gan oor n spesifieke ras of kultuur seksuele orientasie nie. Ons almal moet saam staan en veg teen alle misdaad korrupsie en rassisme almal verdien n kans om soos mense te lewe. God het almal gemaak. Niemand is beter as ander nie dit geld vir almal letterlik almal oor die wereld. Ons moet op hou om selfsigtig te wees, dis of dit of God moet ingryp en n project “clean up” doen en die mensdom weg vat en diere oor laat teminste sal ons aarde skoon wees en weer mooi groen en heel wees. Hoopenlik plaas maroela media my kommentaar. Ek spraak haat uit nie ek wil he almal moet begin saam staan soos God dit wil he. Want voorentoe gan daar niks meer oorbly behalwe haat, dood en oorlog en hartseer ons moet stop met kinderagtige goed en staan saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.