Steve-konsert gekanselleer oor nóg ʼn herrie

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het die kansellasie van sy konsert in Caledon in die Wes-Kaap as ʼn oorwinning vir selfhaters bestempel.

Dít kom nadat die ANC-jeugliga in dié provinsie die organiseerder van die konsert, die NG Kerk Greyton, in ʼn geskrewe dokument met ʼn optog “gedreig” het indien die konsert nié gekanselleer word nie.

Ds. Marius Greeff, predikant van die Greyton-gemeente, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat die kerk ʼn dokument van die ANC-jeugliga ontvang het waarin die party sy teenkanting teen die konsert duidelik stel en die organiseerder waarsku om nie met die konsert voort te gaan nie.

Greeff sê die dokument is via die boodskapdiens WhatsApp aan hom gestuur. Hy sê die kerk het “om veiligheidsredes” toe besluit om die konsert, wat veronderstel was om in die saal van die Laerskool Overberg in Caledon aangebied te word, te kanselleer.

“Daar was geen manier om die veiligheid van die konsertgangers en selfs die inwoners van die dorp te waarborg nie,” sê Greeff.

“Die jeugliga het reeds Vrydag aansoek gedoen om dié optog te doen, en dit het paniek op die dorp gesaai. Die jeugliga het Maandag (16 April) met die polisie en die munisipaliteit vergader om goedkeuring vir die optog te verkry. As die optog goedgekeur was voordat die konsert gekanselleer is en die konsert eers daarna gekanselleer word, sou die optog steeds kon voortgaan.”

ʼn Gedeelte van die ANC-jeugliga se verklaring aan die organiseerder lui: “Steve Hofmeyr is ʼn onbetwiste rassis wat steeds die apartheidslied sing terwyl hy die apartheidsvlag vertoon. Hy verdien om in ʼn tronksel langs Vicki Momberg geplaas te word. Jong leerders in ʼn demokratiese Suid-Afrika hoef nie hul skole te besoedel deur rassiste wat die gees van nie-rassigheid ondermyn nie, dié gees wat ons skole met moeite probeer bevorder.”

Die ANC-jeugliga het verder ook na die konsert as ʼn “rassistiese inisiatief” verwys wat “nie moet slaag nie”. Die party meen dié konsert is ʼn teelaarde vir die “voortbestaan van rassisme”.

Hofmeyr het Woensdag aan Maroela Media gesê indien bogenoemde waar is, is dit vreemd dat “die DA in George geweier het om deur die ANC gedomineer te word, maar in Caledon ingegee het”.

Hy sê die jeugliga het dié waarskuwing gerig omdat “Afrikaner-uitwissing en kulturele marginalisering nie slegs hul president [pres. Cyril Ramaphosa] se prioriteit is nie”.

Oor teenkanting van ʼn plaaslike oogarts wat ook in ʼn geskrewe dokument aan die organiseerder gevra het dat die konsert nié voortgaan nie, sê Hofmeyr: “Hy is eintlik die enigste aanhitser hier en die enigste een wat baat as gehoor gegee word aan sy protes: dat die vaandeldraers van die veldtog teen wit uitwissing, fisiek en kultureel gesnoer moet word. Om my stil te maak is ʼn groot oorwinning vir selfhaters. Hoekom sou die ANC nie verheug wees nie?”

Die sanger sê Muhammad Khalid Sayed, voorsitter van die jeugliga, se verwysing na hom as rassis is nié gegrond nie. “Ek stel alleen belang in die gesprek [oor rassisme],” sê hy. “My hardste uitsprake is maar waarnemings uit ons geskiedenis en kan verkeerd bewys word. Wat niemand doen nie. Ek weet nie hoe feite rassisties kan wees nie. Ek is nog nooit skuldig bevind aan rassisme nie en ek weet nie eers by watter definisie dit sal gebeur nie.”

Hofmeyr se jongste album (Foto: Facebook)

Op die vraag of hy die kontaknommer van die oogarts op sosiale media versprei het soos daar in die media beweer word, het Hofmeyr gesê: “Dit is duidelik dat slegs ek gestraf mag word vir my oortuigings. Toe ek by ʼn vorige geleentheid die hof vra om my kliënte te beskerm (teen Conrad Koch), is dit van die hand gewys. Ek en my mense het geen beskerming nie. Ons is uitgelewer aan fasciste wat ons sal uitwis deur die digters en spreekbuise van ons minderheidsgroepie dwing om te swyg.”

Hofmeyr het bevestig dat Greeff voor die kansellasie van die konsert versoek het dat geen “politieke agenda” deur die konsert gedryf sal word nie. “Liberaliste noem ons kulturele uitdrukking ʼn ‘politieke agenda’ met die hoop dat ons sal swyg en ons mense eerder dom sal hou met eendimensionele drie-akkoord vermaak. Daar is geen politiek in my konsert nie. My veldtog is kulturele oorlewing en die plaasmoordkwessie. Ek dink die dominee het sy bes gedoen, maar ek twyfel of hy namens ‘my mense’ in sy gemeente of die dorp gepraat het.”

Dié teenkanting volg nadat die George-munisipaliteit vroeër vanjaar sy toestemming teruggetrek het dat Hofmeyr in die plaaslike saal in dié stad ʼn konsert mag hou. Die sanger het destyds aan Maroela Media gesê hy gaan regstappe doen, maar die munisipaliteit het sy besluit hersien en die konsert het voortgegaan.

Oor die teenkanting teen dié konsert is hy nie positief nie. “Die enigste voorwaarde waarop ek sal emigreer is as ek nie meer in my land mag werk, praat, sing en trots mag wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Jane ·

So die een groep mag sing wat hulle wil en dit is reg en word verdedig met tradisie. Die ander groep wil net n gesellige aand he en word afgepers met dreigende geweld. Waar is ons regsstelsel? Is dit nie al klaar tekens van wettelosigheid?

willie ·

Wetteloosheid is lankal aan die orde van die dag en eskaleer by die dag! Daar is verskeie voorbeelde daarvan! Dan praat ons nie eers van die dubbelstandaarde van hoe die wette vertolk en toegepas word nie!

L ·

Is ons bang vir n spul kindertjies wat hulself jeugliga noem?! Komaan! Laat die spul kom asb… Ons weet mos hulle kom, dis reg, want ons sal dit accordingly hanteer. Hierdie kindertjies soek mos nou pakslae?!

Andreas Meyer ·

Daar is wetteloosheid, lankal, maar ‘n mens moenie ingee vir dit. Steve en die mense in die dorp moes voortgegaan het met die konsert.

Wessel ·

Wette is daar om minderhede by te kom. Terloops, waar en wanneer is Baas Hofmeyr se volgende makietie. EK S DAAR!

ferdi ·

Wat se snert is dit om julle te laat dreig deur di Anc wat groot nes is Hulle slaag daarin om julle op Caledon te intimideur sies dis skande spul slapgatte op Caledon

Gert Meyer ·

Tipies DA. Hulle is slapgattig en absoluut anti-Afrikaner!

Susan ·

Nie eers die ANC nie die jeugliga die dominee en tandarts moet hulle koppe in skaamte laat sak en verduidelik hoekom hulle nie op hulle Vader vertrou het nie.

Annelize ·

En malema kan enige openbare toesprake reel en doen sonder enige bohaai…en sê net wat hy wil en dis okay vir die regering?

Eish ·

Regeer deur intimidasie.
Skokkend.
Steve het n goeie kans om die eerste kunstenaar te word wie se optredes in die helhool verban gaan word.

AJ ·

Steve ek onderstrun jou besluit. Staan vas vir wat jy glo en jou chirstelke waardes en Afrikaans. Lank lewe Afrikaans.

Amelia ·

Ai Steve dit is lelik wat die jeugliga se jaloesie veroorsaak.
Jy het nie nodig om n optog te reel om jou se te se nie. Ons almal is mal oor jou sang en niemand wil na hul gesanik luister nie. Sekerlik word die optoggangers nog betaal om teenwoordig te wees.
Kom sing eerder weer in die Vrystaat vir ons. Die BielieMielie fees met jou optrede was destyds n treffer. (ongv 10 tot 11jr terug.) Ek wens jy kan soos in George ook die een bestry. Sterkte ou maat.

christa ·

almal weet dat Steve sal die hele dorp betrek. Mense is life vir hom en sy musiek. Dit sal nie Steve se mond snoer nie, net so min as mense Malena se mond kan snoer.

pieter ·

STEVE SING ONDER N SKUILNAAM, SOOS EEESHFF HOFMEYER DIT WERK DALK.

Kasper ·

Siende dat die NG kerk nou politiek speel, eerder as siele probeer red, dink ek dit is tyd om heeltemal vannaf hulle te onttrek, so-ook die maandelikse bydrae’s. Baie ander denominasies wat mense met oop hande sal ontvang.

Leahim ·

Kasper die bybel sê daar sal in die laaste dae vals predekers wees wat profeteer en die toets het hy gedop.

willie ·

Ek stem, ek het die NGK al jare terug gegroet! Hulle is die Spoor al jare duister! Meer gepla oor ras en gays as Die Woord!

Saartjie ·

Kasper, waar val jy nou uit? Die NG Kerk het jarelank apartheid van die kansel af verkondig – was dit dan nou nie politiek nie? Miskien is jy te jonk om dit te onthou?

Annamarie Olivier ·

Die kerke laat weereens die Afrikaner in die steek geen wonder die mense verloor vertroue nie. Dit gaan nie oor politiek maar wat reg en verkeerd is.
Ons het nie meer leiers nie ook nie in die kerke nie

Susan ·

Die kerk moes nie teen Steve gedraai het nie wat as die jeugliga besluit hulle soek die kerk vir n saterdag aand dans gaan die dominee toegee oor hy bang is ??

Etienne Prinsloo ·

Die NG kerk was en is aandadig aan die ondergang van die blanke Afrikaner. Onthou Johan Heyns se 180 grade ommeswaai na die destydse “ja” referendum?

vonny ·

Genade! Die predikant kan nie eens vir sy ‘eie mense’ opstaan?!!!!
SWAK!!!!!!!!!!!!
Ons HELE familie het al jare terug die NG kerk verlaat. Ek weet van soveel NG kerke wat leeg
loop…..geen wonder……

Vermeendes ·

En so verkoop die leeraar sy siel vir n pot lensie sop.

Willem ·

Ek lees nou die berigte oor Australie en me Lindiwe Sisulu. Man, dit is heerlik om te sien dat die wêreld vir die haters so ongemaklik gemaak word. Steve, julle moet net aanhou, irriteer die helle uit hulle uit.

Sann ·

Willem, en as jy êrens vir ou Sloet raakgelees het, beweer hy dis nou al “oor vier kontinente”. Asof hulle hele bevolking teen hom gekant was. Ek sal my glad nie verbaas as die opstokery deur sy enigste 4 pêlle afgespreek was nie.

DR ·

Willem moenie se julle moet aanhou nie,,,, ons moet almal aanhou help, Dankie Steve

Willem ·

DR, dit is die eerste keer in my lewe dat ek sien of lees van één persoon, wat 45 miljoen ander in ‘n land só irriteer.

Thinus Erasmus ·

Vryheid van spraak geld dus nie vir Afrikaner sake nie, punt.
Net so is ander mense- en grondwetlike regte nie van toepassing op blankes in SA.
Steve, lei ons, al is dit dan nie polities is nie, dan kultureel.

Lenie ·

So baie jammer dat jou optrede gekanselleer is. Het werklik daarna uitgesien. Ek betreur die dag wat die sogenaamde NG Kerk hom bemoei het met politiek. Baie dankie wat jy vir ons doen en beteken

Elize Geldenhuys ·

Die logika en dubbele standaarde in hierdie land laat my met sekere gebeure:
1. Kopskud
2. Verdwaas
3. Lag met verstomming
4. Woedend
5. En (ongelukkig) soms kras taal gebruik.
Hoe redeneer mens met sulke … wat ook al …? ‘n Spesifieke diersoort se naam
is binnekort seker ook ‘n skelwoord!

Vannessa ·

Ai, die ruggraadloosheid van die gemeente en dominee … die sinvolle ding sou wees om n hofbevel teen die EFF te kry.

Gerrit ·

Steve ons steun jou 100% jy is een van die min mense wat ruggraat het nie soos die bang dominee wat se geloof so wankelrig is dat hy ingegee het onder die vyand se druk in n ” demokratiese land”

Hansie ·

Steve jy is welkom in groot-marico . kan nie wag om my held in lewende lywe te ontmoet nie.

Mare ·

Die kerke en die leeraars preek vir gemeentes maar hulle geloof is so swak as dit lyk of dit n bietjie warm word dan hardloop hulle ou Ngee.Ngee storie.

Cherokee ·

Heeltemal verstaanbaar Hansie, want daar is geen universiteit in die land waar vir daardie graad gestudeer kan word nie.

Rynhardt ·

Stevie,jy sal moet op pas!Hul wag dat jy net een woord se wat haatspraak is,dan is tronkstraf jou voorland!!?????

Duitser ·

Ek is totaal verstom die dominee hardloop stert tussen die bene oor die jeugliga hom dreig seker n dominee wat nou net klaar studeer het, Steve hulle kan loop vlieg jy kan enige tyd Namibië toe kom ons het ruggraat hier.

Leahim ·

Kasper die bybel sê daar sal in die laaste dae vals predekers wees wat profeteer en die toets het hy gedop.

Reguit ·

Self die kerk staan magteloos teen die vloedgolf van WIT HAAT in die geliefde Azanië.

Manie Strydom ·

Ek hoop Steve dagvaar die klomp vir skadevergoeding nou dat hulle openlik erken het dat hulle buig as die jeugliga praat.

Netso ·

Dis Caledon ! Daar waar boerseuns nog gemaak was toe ek laas gekyk het? Jammer Steve jy moet maar n ander beroep kry!

Boet ·

Ek sien met winnie mandela was die stem gedeelte geboe en uitgejou maar Steve word n rasis genoem oor hy opstaan vir sy mense daai ” dominee” het n groot fout begaan hoe sterk was sy geloof as nie in sy geloof nie in die polisie wat die optog goedgekeur het en dit dus sou moes monitor.

Rynhardt ·

Conrad,Steve ons De La Rey?????Beslis nie myne nie!!!???

Wiehan ·

Steve, gaan tree liewers op in Orania waar jy definitief baie welkom sal wees. Jy sal verbaas wees hoe ver ons sal ry om jou daar te sien op tree. Lank lewe ORANIA

Wiehan ·

N G Kerk. En gee, en gee, en gee. Net nog ‘n politieke party

Andrea ·

Steve, as jy emigreer, gaan ek wragtag saam, want dan weet ek hier is geen, maar geen hoop om te oorleef in hierdie land nie. Jy is n bittereinder, die ou wat die kersie wat Jan van Riebeeck aangesteek het, sal doodblaas wanneer almal SA verlaat het. Ek wens jy wil ons leier word wat ons so nodig het. En jy kan dit maar singend doen ☺️

Francois ·

Steve,
Jy is welkom om hier by ons te kom bly. Baie groot sterk Afrikaanse gemeenskap wat mekaar ondersteun . In vryheid leef, waar alles mooi skoon is en alles werk! Ons lees, bid en dien God in Afrikaans. Die enigste probleem is dat omdat dit so na aan die paradys is, is hier nie eindlik werkers nie, almal moet self werk. Maar dit kan ek jou se, al my maters wat kom kuier het, sal alles opgee om hier te bly!
Die plek – New Zealand

Bennie ·

Net jammer ons “self-employed” siele kwalifiseer nie, al is ons die ouens wat ons eie potjies kan krap. Salaristrekker met R35 000 p/m verloor sy werk – no prob. Hy kan maar kom. Maar ‘n “self-employed” wat gewoond is daaraan om deur dik en dun sy kop bo water te hou – “too bad”. En dan nog ekstra bog soos NZ$ 1 miljoen neersit om te “invest” nogal – terwyl al wat jy eintlik wil doen, net is om jou eie ding te begin! Selfs al is jy bereid om totaal afstand te doen van enige staatshulp (medies, ondersteuning, wat ookal) – selfs dan is “self employed” mense en hul families nie (op papier) welkom nie. Jy MOET mos werk ge”offer” word of klaar familie daar he. GEEN opsies vir kleinsake om oor te kom en minstens te kom probeer nie! Selfde probleem in Australie, en nog erger in die VSA.

Oom Kalahari ·

Aangesien my vorige skrywe nie aan die polities korrektheid voldoen nie sal ek maar net noem: Steve daar is alternatiewe optree plekke in omgewing en jy is ‘n ware Suid Afrikaner. Moenie jou kultuur en sang loopbaan laat kelder deur ‘n paar liberale nie. Hul probeer jou laat knak om hul selfsugtige doelwit te bereik. Jou karakter is vir hul te sterk en ‘n probleem.

Anti EFF ·

Beter kon ek dit nie stel nie OOM KALAHARI. ons is uitgeboul vir ‘n 6

HP ·

Laat ons nou maar eerlik wees met mekaar. Daar is GEEN fout met die besluit van die ds om die funksie eerder te kanseleer nie… Sou dit voortgaan met die waarskynlikheid dat massa geweld plaasvind, die saal beskadig, motors brand, mense beseer…. of gemoor? Mense moenie teen die prikkels skop nie. Was jy al met n petrolbom gegooi? Ek wil dit nie eers uitspreek nie, maar glo my vry as jou geliefdes met die gevolg van hierdie WAARSKYNLIKHEDE by die huis kom gaan jy wonder hoekom het die ds en die gemeemskap dit wel laat voortgaan. Die ds is ook maar net n spreekbuis vir n gedeelte van daardie gemeenskap……. Wonderlik hoe julle hom uithaal… A nee a!

Ds dankie vir die omsigtigheid en julle volwasse en wyse besluit.

thinus ·

Ai HP, dit is juis omdat mense so maklik ingee op onbillike dreigemente dat dit so vrot gaan in hierdie land. Die EFF en ander sal altyd brand en beskadig en het nie Steve as verskoning nodig nie.
Jy, ons moet besluit: gaan ons voort om onself uit ons eie land te laat boelie, of gaan ons erens die streep trek en die boelies teenstaan – en die volle prys te betaal.
Ek en Steve is bereid om vir ons lewe en regte op te staan, waar staan of val jy?

Gerhard ·

Haal net asseblief daai Ausie vlaggie af ek het nou al 3 keer opgegooi. Sterkte Steve moet net nooit ophou of gaan le nie

rollie ·

Hofmeyr het ongelukkig vir hom nou ‘n reputasie dat hy sy konserte as platform gebruik om sy politieke sienings te bevorder. As hy hom streng hou by die doel van ‘n musiekkonsert ie. om mense te vermaak, sal ons nie hierdie probleme he nie. Hy kan begin deur op te hou met hierdie ‘wit uitwissing” twak.

Valerie ·

Rollie, ‘n puik en pragmatiese idee, maar ek dink dit is te laat daarvoor. Dit sal lank vat om dit weer normaal te kry. Dalk moet hy en Julius face-to-face ordentlik praat. Is dit nie die moeite werd om te probeer nie? Om hardkoppig te wees, beide kante toe, gaan geen oplossing bring nie.

VanAfrika ·

Wel, bou nou n nasie met hierdie aanmerkings of is of was julle twee Rip van Winkel. Dink julle nou dat n debat om n tafel sal seining in JM se kop gaan vul. Hy is nie lus vir praat nie, hy wil nie praat nie en hy gaan nie praat nie. Hy haat jou, hy soek wit bloed en hy wil jou en jou geliefde laat uitmoor. As julle, soos ons plaasboere, n panga, sambok, wapen, warm strykyster, kookwater, jou kinders se vrees en marteling in n aanval in die gesig staar, kom praat dan weer hier met ons en gee dan weer vir Steve die advies dat hy stert tussen die bene vir Julius moet smeek om ons nie dood te maak nie. Kom ons kyk dan wat se Juius op “sy” platforms oor hoe Steve en sy nasie vir hom gekniel het. Wakker skrik nê, wakker skrik!! Ons sit klaar in die midde van n stille burger oorlog, enigste rede ons mag nie wapens optel om terug te veg en ons mag nie slagspreuke skreeu soos hulle nie, anders is die tronk jou voorland, in jou eie land.

rollie ·

Die probleem wat ek met Hofmeyr het, is dat hy die sangverhoog misbruik om sy politieke sieninge te bevorder. Mense (van alle politieke oortuigings) gaan na sy konserte om hom te hoor sing nie vir iets anders nie. Hy is welkom om sy politiek op ‘n politieke verhoog met mense wat soos hy dink te deel.

Judge Dredd ·

En as die liberale “celebrities” dit doen, dan juig jy natuurlik.

Yankee ·

Komaan Steve, wat maak jy nog daar!! Sunette Bridges is al lankal weg uit die verlore Land van moord en doodslag. Sy is so bevoorreg om in die VSA nou nes te skop.

Dude ·

Nee.. Dit is oor ons Blanke volk te slapgat geword het om enige iets te doen.

As ons maar net kon saamstaan.

Ons menslikheid is soos ‘n koek.
En die regering eet dit stukkie vir stukkie tot die hele koek op ge-eet is.

Yankee ·

Dude, ek stem halfpad saam met jou. Suid Afrikaners in ander Lande staan wel saam, maar slegs n korrel op die strand in getalle. Maar by julle, geen korrel, niks, nada!! Maar verduidelik asb, hoe gemaak om “saam” te staan!! Wat moet gedoen word?

Johan ·

Steve ons ondersteun jou 100%.Wonder wie staan agter die deur van rassime..Net God kan ons help en lei na vrede en vryheid!!

Theresa ·

Steve, jy het duisende mense al oor-en-oor beïndruk met jou intelligensie, wonderlike talent(e) want jy sing nie net fantasties nie, maar jy is ‘n spreker van formaat; jou insig en standvastige standpunt-inname van waarvoor jy staan. Jy is lief vir die Afrikaner en vir Suid-Afrika. Ek kan 100% verstaan dat hierdie tipe optrede jou sal frustreer. Moet vir jou vra om te maak wat ons almal moet: Haal diep asem. Daar is ‘n jaloesie wat nie in woorde beskryf kan word teenoor jou en almal wat dink en voel soos jy in hierdie land. Nyd wat vernietig waar dit ookal trefkrag kry. Ek vra jou om NIKS te sê of te doen wat jou jou vryheid hier laat verloor nie. Hou dit so, jy is meer werd as vryman, as om iewers as martelaar te sit. Ons waardeer jou ongelooflik! Ons sien jou wysheid en insig. Ander is “bang” daarvoor. Want dis ‘n nypende tekort waaraan niks gedoen kan word nie…

ACJ ·

Ja nee wat die EFF KOM NIKS OOR NIE HULLE SE NET WAT HULLE WIL,GEE NIKS OM ANDER RASSE NIE

corne ·

Ja nee kyk belaglik deur die NG Kerk de DS “Waar is jou geloof broer”Daar is niks vout met steve se optreedes nie as ons nie gaan opstaan nie sal dinge nooit verander nie.Soos die Stem se:Ons sal Lewe ons sal Sterwe vir jou Suid Afrika.Dit l sal lank vat maar land sal weer regkom as ons saamstaan!!!

Erika ·

As daar van jou verwag word Eintlik dat jy jou I Christen/Afrikaner dentiteit en waardes moet prysgee ter wille van Politieke Korrektheid ter wille wat ander wil sien..terwyl die meerdereid se belange beskerm word ten koste van minority en dit nie gaan oor reg of verkeerd nie moet jy dit bevraagteken terwyl rassisme omgekeerd is aan die orde van dag is. Wat hierdie sogenaamde demokratiese land n klug maak Because rassism doesnt discrimenate neither does crime
Maar as skoen aan ander voet is en jy as deel van n betrokke minoriteit groep word gou gese “Wat soek jy hier. .dit is ons eksklusiewe byeenkoms”. Maar dit is n issue as die Afrikanse persoon sy identiteit will uitleef en moet veg vir plek in die son omdat dit nie” toegeaat” word Omdat Waarheid uitgelig word en die betrokkenes hou nie daarvan nie

bgj van der westhuizen ·

wel die kerk hou die konsert om geld in te samel wat hulle weer vir liefdadig hied gebruik en wie kry die meeste uit dit hulle die bruin en swart dus hulle het nou net vir hulle self geskop nou wel wit mense van daar die area as die kerk nou eits anders hou om geld in te samel moet dit nie onder steen nie en so ver ek weet word die stem gesing wat nog steeds deel is van die land se volks lied en ek het nog nooit gesien die vlag word vertoon deur hom nie dis as die anc in ding wil hou moet ons hulle die selde behandeling gee en oog drieg om op togte te hou en alles stukkend te breuk soos hulle mos maak

Barbara B ·

Steve ons staan bankvas agter jou – dankie vir dit wat jy doen vir ons boere – God is in beheer van Suid-Afrika!

VanAfrika ·

Die stiksieniges waarvan jy praat is die konsertgangers en hulle geld. Dit is nie hulle wat die dreigemente maak nie, dis die opposisie wat nie hou van die blankes nie en dis daai wat n grief in Steve het omdat hy nie bang is om te wat hy wil nie. Hulle haat die vlag en ons stem wat vrede vir die blanke Afrikaner beteken het. Hulle wil hê ons moet hulle vlag aanvaar wat die gebreekte kruis simboliseer. Daardie vlag sal nooit die vlag van die Christen wees nie en omdat ons onder hom staan en sing en juig by sosiale geleenthede sal God nie teenwoordig wees nie.

Alicia ·

HP. Dankie. Ek stem 100% saam met jou. Die Dominee en Kerk loop erg deur hier onder die kommentaar, maar hulle besluit is gebasseer op die mense se veiligheid, niks anders nie.

Hendrik ·

Ons gemeenskap hou gereeld konsert saam met Steve en selfs die DA word nie eers toegelaat nie.

Anelle ·

Gaan liewer saam met Steve! Dit is die enigste beste besluit vir enige blanke wat hier woon. Die meerderheid van die land haat die Afrikaner en dit gaan tot in lente van dae so wees. Gee jouself veiligheid en n toekoms waar jy n reg het tot lewe. Ek gaan saam met Steve!!

Piet Pompies ·

As ek die kommentaar so lees wil dit voorkom of die meerderheid kommentators daarin glo dat Steve eerder die oplossings vir SA se probleme kan verskaf as wat die Here dit kan doen. Steve is ‘n sanger en akteur, hy is goed daarmee en ek bewonder sy talent, die Here is my en ons verlosser, my toekoms is in die hande van die Here, geen ander persoon.

Fred ·

Dis vir my snaaks dan dat daar soveel leiers en profete in die Bybel is, nie waar?

Anthony ·

Nee, Steve het verseker nie die antwoorde op al ons probleme. Maar hy is ten minste bereid om op te staan en erkenning te gee aan die misdade wat teen ons volk gepleeg word. Ja, ons moet volhard in ons geloof, maar om agteroor te sit en net te bid gaan ons nie help. Ons moet eerder bid vir wysheid om te weet WAT om te doen en krag om dit deur te voer.

Wonder ·

Hoekom wil n kerk vir steve nooi, hoekom kry hulle nie n gospel groep wat kom sing wat God se Naam verheerlik nie?

Wat het van ons geword ·

Dit is hartseer om hierdie artikel te lees en almal se kommentaar. Het ons geen skaamte nie, het ons geen berou nie, besef ons nie wie God is nie? Het ons geen respek vir Hom nie en vir dit wat Hy gemaak het nie? Noem ons onsself christene en dat ons die beeld is van Jesus? Hoe kan ons Sy naam loof en prys en met dieselfde mond al hierdie goed kwytraak? Dan is dit soos Johannes se in 1 Johannes 1:6 As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Mense met al die kommentaar is die vrug duidelik, ons leef in die duisternis. Mag ons wakker word, berou betoon en verander, vergewe en vergeet soos Jesus met ons sondes gedoen het, asof dit nooit gebeur het nie en as dit weer gebeur se Hy vir jou dan vergewe jy weer 70 x 7. Gee jou jas, gee alles sodat die ander een skaam kan word. Ons kan dit nie eers begin as ons nie eers God ken en weet wie Hy is nie. Dink hieroor en besin waar ons staan in ons lewens en nie waar ons dink ons staan nie.

Hannetjie Harvie ·

Ai, nee ek glo dit nie, waar is ons geloof en saamstaan as Afrikaners? Hulle sou n optog gehou het, so what??? Wie is bang, as hulle gesien het hoeveel mense woon die konsert by, en WIE woon die konsert by, nl. stoere Afrikaner boere, groot manne, trotse manne, sou hulle stert tussen die bene verdwyn het. Maar nee, ons is te bang, ons gee net in, want O!! Wee!!! wat as? Steve sing weer op die high way, sien op Kerkplein, sing by die skole en oral, moet net nooit stilbly nie.

Wonder ·

Dalk probeer God met die kerk praat, draai trug na My en vertrou eerder op My as julle God vir fondse as om te vertrou op n wereldse konsert.

CAROL ·

Dink ek moet ook op die “Orania” dorpie gaan woon. Geen probleme nie

jaco ·

As SA regtig so aaklig vir wit mense is, waarom bly daar dan, 27 jaar na Orania gestig is, meer net steeds 1200 wit mense daar en waarom is daar AG kerke tussen daardie klein groepie mense?

Linda ·

Ons Afrikaners het ook tradisies, dit het niks te make met rassisme nie ! As kerke nou ons tradisies begin te verwerp, dan laat dit n mens wonder of ons as Afrikaners dan ook nie deel van ons land se grondwet is nie !! Ons het die reg om ons sangers ten volle te ondersteun.

Elize ·

Wel wat my grief is toe die dominee die whatsup gekry het,nie n hofbevel teen hulle gekry het nie.Hoekom sal die polisie dit dan toegelaat het want daar is n hofbevel.Of is die polisie deel van die jeugliga.?So word almal skrik gemaak deur die ANC en Malema en daar word niks gedoen nie.Waar is die gereg in SA.Steve doen mos geen leed aan niemand nie.Hy sing en dit is wat almal wil hoor.Daar is mos geen rasisme betrokke nie.

Nico ·

Dit is baie sleg dat mens nie ‘n konsert kan hou in vryheid nie. ‘n Hofbevel vat tyd om te kry en die ANC ‘jeugliga’ gaan hulle tog aan so ‘n dokument steur. Ek dink die kerk wat die konsert gereël het was bang dat die ANC jeugliga die dorp kom verwoes soos hulle en hulle EFF geesgenote al ‘n paar keer gedoen het. Ek glo nie mens kan op die polisie in SA vertrou om enige iets teen hulle comrads te doen nie.

Andre C ·

Die vraag is . wie hoort in die trunk ? Steve of ANC jeugliga.

Hannelie ·

Nee kyk nou sê ek NIKS meer nie. Hierdie klomp rassistiese mense in hierdie land wil nou sommer ALLES regeer, dit raak nou te erg. Hoekom bou hulle nie ‘n dorpie op ‘n eiland ver van ons, en ons is almal uit mekaar se hare uit. Want soos dit my klink, kom die haat net van net een kant af.
Steve dis beter dat jou konsert gekanselleer is, want mens weet nie waartoe hierdie “brigade” in staat is nie. Want lyk my deesdae as jy uit die huis gaan om na ‘n ordentlike konsert te gaan moet jy jouself bewapen.

Leeu ·

Daar wil nie oorlog verklaar word nie, want dan mag ons terug veg, so bedek dit net met “crime”.

Casper Labuschagne ·

Die ANC Jeugliga moet my maar ook in ‘n tronksel langs Steve en Vicky plaas.

Tina ·

Genade mense maar julle monde is groot. Wat as hierdie spul die gebiede invaar en mense se huise begin afbrand en kindertjies en oumense seer kry of self hulle lewe verloor? Wat gaan julle dan doen, net julle koppe skud en anderkant toe kyk? Hierdie mense het geen genade nie, hulle sal jou koelbloedig vermoor sonder om ‘n oog te knip. My ouma het altyd gesê, liewer Bang Jan as Dooie Jan.

Koos ·

Dan begin die Derde Vryheidsoorlog waarvan Oom Siener, Apoleux en Nostradamus gepraat het. Inderdaad, beide die Franse voorspellers het gereken daar kom een MASSIEWE oorlog aan die Suidpunt van Afrika, en dat daar tientalle klein, onafhanklike staatjies sal oorbly na die tyd. Plaas dat almal net saamgegaan het met Oom Hendrik se OORSPRONKLIKE plan – een SOEWEREINE, ONAFHANKLIKE staat vir ELKE volk – een vir die Zoeloes, een vir die Xhosas, een vir die Vendas, een vir die Sothos, ens. Vir en deur hul eie mense. Wat in VREDE met mekaar saamleef, handeldryf en betrekkinge het. Maar toe MOET dit mos versuur word met allerlei EKSTRA en onnodige sosiale verordeninge. En NEE, “wittes” sou nie onregverdig die “meeste” grond gehad het nie. Daar was maar skaars 1/3 van die totale swart bevolking in die 60’s as wat daar vandag is. En Julius en kie gaan MOEILIKHEID kry om vir almal “grond” te gee – want “sy mense” se bevolking groei JAARLIKS met ‘n halfmiljoen! Daar IS NIE genoeg grond nie!

H. Stoltz ·

Steve, jy beter vasbyt en aangaan soos nou. Ons wil jou konserte he en bywoon en jou stem hoor vir blankes en veral die Afrikaner…. Hoef ek iets verder te opper?

Hendrik van George ·

Wat is die naam en nommer van die oogarts in Caledon? Ons moet maar die Afrika manier van dinge doen en hom en sy besigheid BOIKOT.

lizl ·

Tina… so ons moet almal nou stilbly, ons mag vertrap word. Winnie met haar karbande mag vereer word, Steve mag nie konserte hou en die Stem sing ( wat terloops deel is van die landslied) Wat is nou reg en verkeerd, en hoekom moet ons wegkruip en stilbly ? Dit is ook ons land mos die ?

White Rhino ·

So hierdie lot bevestig dan dat Ramaposa Afrikaner uitwissing steun.
Daar het jy dit dan nou.

Kort geheue? ·

Meeste mense se geheue is maar KORT???
Het julle vergeet wat in Coligny gebeur het? Waar was al die “Dapper Muise” tóé gewees?

Caledon se inwoners wou nie hulle dorp afgebrand hê nie . . . hulle doen maar net soos wat al die Dapper Muise sou gemaak het, indien die ANC gedreig het om HULLE voorstad of dorp te verwoes.

Of die burgery tree soos een man KRAGDADIG teen die gepeupel op . . . óf jy bly stil & hou op om vinger rond te swaai & “Ek ‘n dapper Muis” te sing

Hans ·

Dieselfde ng kerk (kleinletters met opset) wat destyds teen die Groot Trek gekant was….

Marius Ellis ·

Steve los die DA en ANC se “sale”… hier is genoeg Boere/Afrikaner waenhuise buite die dorp beskikbaar.

Tania ·

Die ANC het gedreig om dit te doen by die Strand Gholfklub, maar dit het nie gewerk nie en Steve het lekker gesing en daar was geen betogings, so die ds skrik vir koue pampoen!!!

White Rhino ·

Steve. ek dink jy moet jou konserte in Australie en Belgie hou en sodoende dan ook vertel wat in S A aan die gang is. Tore sommer die hele Europa vol – ek is seker jy sal ‘n sukses wees.
Dink asb daaroor na?

Vanessa Moore ·

Lyk my hulle is bang vir Steve (ha ha). Ek staan agter jou Steve. Jy is nie bang om jou sê te sê nie. Malema mag sê net wat hy wil. De hel met die ANC en die EFF.

Rhona ·

Wat van ‘n eis van skade vergoeding teen die ANC jeugliga, vir verlies van inkomste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.